Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moenie bly kla oor die dinge wat die lewe van ons weggeneem het nie. Vertroetel eerder die dinge wat die lewe ons gee en wat ons nog kan geniet.
DIE LEUEN OOR KLIMAATSVERANDERING
In 2017 het die Verenigde Nasies ‘n konferensie oor globale verwarming gehou onder die vaandel van die International Panel on Climate Change (IPCC) in Suid-Korea. Die groot vraagstuk was hoe om die globale temperatuurstyging stop te sit. Die media blaas natuurlik paniek aan met berigte in hierdie verband.
So word aangevoer dat ons ‘n katastrofe tegemoet gaan indien CO2 (koolstofdioksied) uitlate nie dringend verminder en selfs stopgesit word nie. Biljoene is reeds bestee aan konferensies, ondersoek en modelle om hierdie vraagstuk op te los. Maar wat is die waarheid?
Sekere “kundiges” het aangevoer dat globale verwarming met minstens 1,5 grade Celcius verminder sal moet word in die volgende 12 jaar. Teen 2050 mag daar geen CO2 uitlate meer wees nie. Dit beteken geen voertuie wat met brandstof-enjin aangedrewe is nie, geen steenkool-aanlegte nie, ensovoorts.
Volgens die IPCC verslag, getiteld SR15, sal globale verwarming van 1,5 grade Celsius sekere spesies geheel en al uitwis, radikale weersveranderinge tot gevolg hê met katastrofiese gevolge vir voedselproduksie en ekonomiese groei. Die IPCC beveel dan aan dat $2,4 triljoen per jaar van nou af spandeer moet word vir die projek. Uiteraard het hierdie bedrag veral die banke se belangstelling gewek.
Die VN het ook saamgespeel met hierdie gedagte deur te verklaar dat mense wat globale verwarming ontken” climate change deniers” is en dat “the debate over the science of climate change is well and truly over.”
Dit is natuurlik onsin. Die debat is ver van afgehandel. Net in die VSA het 31 000 wetenskaplikes die volgende verklaar:
There is no convincing evidence that human resourcesof carbon dioxide, methane or other greenhouse gasses is causing or will, in the future, cause catastrophic heating of the earth’s atmosphere and disruption of the earths’s climate. Moreover there is substantial scientific evidence that increases in athmospheric carbon dioxide produce many beneficial effects upon the natural plant and animal environments of the earth.
So, hier is nou 31 000 wetenskaplikes teenoor die betaalde wetenskaplike standpunt. Laasgemelde “voorspel” en “waarsku”. As na 12 jaar niks gebeur het nie, sal ‘n nuwe gevaar uitgedink word.
In 1982 het die VN se UNEP gewaarsku dat teen 2000, as dringende aksie nie onderneem word nie, die volgende sal gebeur:
...an environmental catastrophe which will witness devastation as complete, as irriversable as any nuclear holocaust.
In 1989 het dieselfde UNEP verklaar dat verhoogde seevlakke teen 2000 “entire nations” van die aarde gaan afvee as daar nie dringend aandag aan die saak gegee word nie.
Die vlak van 350 ppm CO2 is aangegee as die absolute perk wat nooit verbygesteek mag word nie om die planeet aarde te beskerm. 2012 is daarna as die laaste datum aangegee. Intussen is die vlak van 414 ppm CO2 bereik.
In die 1970’s was globale verkoeling die groot probleem. Teen die 1980’s het globale verwarming die probleem geword. Met die globale verkoeling-waarskuwing sou die VSA se bevolking tot 22 miljoen daal teen die jaar 2000.
Die oorsprong van hierdie oordeelsprofete is te vinde by die Rockefeller-groep wat met hierdie “wetenskaplike” bevindings vorendag gekom het, en soos nou gesien kan word astronomiese bedrae geld kos om te finansier waaruit die banke en dus die groot geldmagte, geld maak.
Die mede-stigter van die Rockefeller-geïnstigeerde Club of Rome, dr Alexander King, het die bedrog erken in sy boek The First Global Resolutions:
In searching for a new enemy to unite us, we came up with the idea of pollution, the threat of global warming, water shortages, etc. But the real enemy is humanity itself.
So, die mensdom en nie die 147 globale banke en multinasionale maatskappye nie (wat vir vandag se probleme verantwoordelik is) moet die skuld kry.
Die IPCC van die VN is ‘n politieke projek en het met wetenskap niks te make nie. Professor Richard Lindzen het onlangs skerp kritiek op hierdie uitgangspunt gelewer:
It is totally impossible for such a complex “multifactor system” as the climate, to be summarized by just one variable global mean temperature change, and primarily controlled by just a 1-2 percent variance in the energy budget due to CO2.
So, daar het u dit. Enigiemand wat baie warm kry in Januarie dink ook aardverwarming is aan die orde van die dag…