Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons lewens hier op aarde is soos 'n dagboek voor ons Vader in die hemel. Elke dag word daar 'n datum en 'n bladsy vol inligting geskryf. En op die meeste van daardie bladsye is daar maar vieslike blertse – waar ons baie verkeerde dinge doen, mekaar beskinder, beleuen, besteel, versuim om belangrike dinge te doen en talle ander sondes pleeg. Genadiglik gee ons Vader vir ons saam met die boek ook 'n sterk uitveër wat ons kan gebruik om daardie lelike plekke uit te vee. En Hy verseker ons in sy Woord dat Hy nie eers weer dink aan daardie vuil kolle nie want as ons die uitveër gebruik, is alles weer skoon en netjies voor Hom.
1730: JAN DE LA FONTAINE WORD GOEWERNEUR VAN KAAP
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grootste vyand van die georganiseerde staat is onafhanklike denke.
Daar is min ander geleentheid as wanneer ‘n mens so diep in jou gedagtes kan insak wanneer jy ver ry. Darius hou die pad dop, wat nou in lang ente verlate is, behalwe vir die voertuie agter hom, natuurlik. Hy sal onwillekeurig kort-kort na die meters kyk – die oliedruk, hitte, ammeter, spoed en so af en toe na die toere of rewolusies. Daar is genoeg om te doen sodat jy nie aan die slaap raak nie, maar min genoeg dat jou gedagtes die loop kan neem.
1902: KMDT GIDEON SCHEEPERS TERREGGESTEL
KULTUURDAGBOEK 18 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die ouderdom van sestien het Gideon Jacobus Scheepers tot die Transvaalse Artillerie in Pretoria toegetree. Vanaf 1894 dus sou hy in militêre kringe beweeg. Hy was skrander, fier, bekwaam en baie gewild. Die manne het hom Die Springbok van die Hoëveld begin noem.
Scheepers is opgelei as heliograaf deur luit. Paul C. Paff, en sy skoolonderrig het onder maj. Thomas Kroon voortgegaan. Heliografie is 'n metode van kommunikasie met sonligflitse, en Gideon was spoedig so behendig in die stuur en lees van boodskappe, soms oor groot afstande, en hy soveel aandag getrek het dat maj. Richard Albrecht van die Vrystaat-Artillerie vir pres. Kruger gevra het of hy Scheepers kan leen om sy jong manne op te lei.
WEES IN ALLES DANKBAAR
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:12-28
“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (:18).
As gelowiges in Christus behoort ons primêre fokus te wees om die wil van God te doen. Maar hoe sal ons die wil van God ken? Hy openbaar dit aan ons deur sy Woord. Dit is vir ons duidelik uit Heb. 1:1&2 sowel as Joh. 1:1-3. “NADAT God dikwels en op verskeie wyses in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as Erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.”
1838: BLOUKRANS- MOORDE
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan of gewag. Retief het 'n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Maritz se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by Moordspruit, Bloukransrivier en Doornkop (vandag naby Chieveley), saamgetrek; andere by Malanspruit.
Hulle was onbewus van die moord op Retief-hulle op 6 Februarie, dog Maritz het onrustig geraak en die groepe op 'n Zoeloe-aanval probeer voorberei. Maar in die oggenddonker is die families Liebenberg, Rossouw en Bezuidenhout uitgewis.
1888: DR NJ VAN DER MERWE - KULTUURLEIER
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nicolaas Johannes van der Merwe is op hierdie dag op Senekal gebore en op 11 Augustus 1940 in Bloemfontein oorlede. Hy het in die Konsentrasiekamp op Norvalspont as kind besondere ondervindinge meegemaak wat beskrywe is in sy boek Die Burgemeester van Sannahspos (1929).
Hy behaal sy BA aan UKOVS en voltooi sy teologiese studie am die Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. Hier was hy 'n studenteleier. Hy volg Tobie Muller op as leier van die Afrikaanse Taalvereniging en speel 'n belangrike rol om die studente van Stellenbosch bewus te maak van hulle taal.
1890: ORDE VAN NEDERLANDSE LEEU AAN PRES KRUGER TOEGEKEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum is aan Paul Kruger by Nederlandse koninklike besluit, nr. 11, die onderskeiding toegeken van Ridder Grootkruis in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die toekenning is op 29 September 1851 deur koning Willem I van Nederland ingestel.
Dit is aan Kruger met die oog op die Nederlandse koning, Willem III, se verjaardag op 19 Februarie 1890 toegeken.
1877: VREDES- TRAKTAAT MET SEKOEKOENIE I
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorlogsverklaring van die Boere in Mei 1876 teen Sekoekoenie I, opperhoof van die Pedi-stam in Noord-Transvaal, is deur Sekoekoenie en die Britse regering tot hul voordeel uitgebuit. Sekoekoenie het hom hierdeur aan die wêreld voorgedoen as die onskuldige slagoffer van 'n aggressor wat daarop uit is om sy gebied met geweld of te neem.
Die Britse regering het aan die ander kant in die oorlogsverklaring 'n voorwendsel gevind om die anneksasie van Transvaal deur te dryf en as rede aangevoer die kwansuise onvermoë van die Republikeinse regering om die swartes in Transvaal te hanteer.
1854: J.D. CILLIERS DIE DIGTER
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Daniel Cilliers is op hierdie dag op 'n plaas naby Wellington gebore en het vroeg kennis gemaak met Die Patriot en sy strewe om Afrikaans erken te kry. In Die Patriot het die meeste van sy gedigte onder die skuilname Kleinjan Wat Versies Maak, Neef Jan (Wat Versies Maak), Jan die Versiemaker Junior verskyn.
In 1886 is by na die goudveld. Hy vestig hom en sy gesin mettertyd op Potchefstroom waar hy op 28 Mei 1922 oorlede is.
SOEK GOD NOU!
https://www.youtube.com/watch?v=1XlWc82Pr7g
By die skakel hierbo sal u die passievolle boodskap hoor oor waarom dit nou noodsaaklik is om God te soek, met u hele hart - die tyd raak min!
DIE MISLEIDENDE GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie” (Mat.23:13).
Die mens het van meet af aan 'n behoefte om iets/iemand groter as hyself te aanbid. Dis hoe godsdiens ontstaan het. Die Christen-godsdiens het die Westerse beskawing vir baie eeue lank positief beïnvloed. Ongelukkig het dinge teen die laaste helfte van die vorige eeu begin verander. Kerkbesoek het begin kwyn, mense het hul lidmaatskap opgesê en talle gemeentes het tot niet gegaan.
1743: POLITIEKE RAAD RIG KERKE OP IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Baron van Imhoff, besoekende goewerneur-generaal van Oos-Indië, het as voorsitter opgetree by die vergadering van die Politieke Raad op hierdie dag. Hy het sy kommer uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied wat hy op sy kort reis in die binneland teengekom het.
Talle mense het reeds meer as drie dagreise van die kerke van Stellenbosch en Drakenstein gewoon, sodat meer kerke en beter onderwys op die platteland 'n dringende vereiste geword het.
1976: 1e STUDENTE REGISTREER VIR NAGRAADSE DIPLOMA IN MUSEUMKUNDE BY UP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Raad van die Universiteit van Pretoria en die Departement Nasionale Opvoeding het die instelling van 'n nagraads diplomakursus in Museumkunde aan die Universiteit goedgekeur met ingang van 1976. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal wat lank reeds deur kultuurleiers gekoester is.
1839: PIETERMARITZ- BURG UITGELÊ
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die regulasies vir die uitleg van die derde Voortrekkerdorp Pietermaritzburg — die eerste in Natal— is op hierdie dag in 1839 gedateer. Dit was digby die laer van kmdt. Greyling, en hy het in Oktober 1838 reeds besluit dat 'n dorp op daardie plek aangelê moet word. Dit is ter herinnering van Pieter Retief en Gerrit Maritz as Natalse Trekleiers so genoem. Vroeër was dit as Stinkhoutrand bekend.
EK HET GESTERF ! (15 - SLOT)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Jesus het baie ernstig vir my gesê: “Nick, jou lewenswyse en jou gedobbel, lei tot jou ewige vernietiging. Jy moet nóú kies watter pad jy wil volg. Wil jy voortgaan om afgode te aanbid, of kies jy My – die weg, die waarheid en die lewe?”
My naam is Nick Carter. Ek is 35 jaar oud en ek bly in Las Vegas, Nevada. Op die oog af , het ek ʼn lewe gelei wat ander mense dalk sou beny. Ek het die voorkoms en sjarme gehad wat nodig was, en ook die vermoë om myself uit enige situasie uit te praat.
Ek was ʼn professionele dobbelaar en het die lewe geniet. Ek was altyd die middelpunt van belangstelling op elke partytjie; mooi vrouens het van my gehou en ek het ʼn weelderige lewenstyl gehad.
1840: NATAL WORD VOORTREKKER- REPUBLIEK
KULTUURDAGBOEK 14 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pas nadat Dingaan verslaan en Mpande tot koning van die Zoeloes verklaar was, is Natal op 14 Februarie 1840 tot Voortrekkerrepubliek geproklameer. Dit het naby die berg Ntabankulu plaasgevind nadat Andries Pretorius en sy kommando die vorige dag van die Swart Mfolozi af op die eerste skof van die terugtog na Pietermaritzburg vertrek het.
DIE FEES VAN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 5:1-13
“Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (:6-8).
Ons word in hierdie kosbare woorde uit Paulus se brief aan die Korinthiërs daarop gewys dat die lewe van ’n gelowige nie een van onophoudlike sorge, ellende, swaarkry en marteling is nie. Die lewe van ’n gelowige is natuurlik een van veel opoffering, maar dit beteken nie dat daar vir ons geen vreugde in mag wees nie. Ons word immers in hierdie hoofstuk daartoe opgeroep om fees te vier! Maar hierdie wekroep word opgevolg met ’n duidelike vermaning oor die wyse waarop hierdie feestelikheid gevier behoort te word.
1858: AANNAME VAN GRONDWET, VLAG EN WAPEN VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 13 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dit was die laaste dag van die sitting van die Kommissieraad wat op 2 Februarie begin het en waar besluit is om besonderhede aangaande 'n grondwet, vlag en wapen vir die ZAR aan die Volksraad voor te lê. Die aanvaarding daarvan deur die Volksraad het op 16 Februarie geskied.
Hierdie grondwet van 1858 is voorafgegaan deur die goedkeuring, by verskeie geleenthede, van die konsepgrondwette wat, met enkele uitsonderinge, dieselfde bepalings gehad het, en dit vertoon groot ooreenkoms met die Bataafse grondwet van 1798. Die laaste goedgekeurde grondwet, op 16 Desember 1856, is egter nie deur al die inwoners van die ZAR aanvaar nie, o.m. Stefanus Schoeman en sy Soutpansbergse volgelinge.
1869: 2e VERDRAG VAN ALIWAL-NOORD
KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Tweede Basoeto-oorlog (1865 tot 1866) het die Kaapse goewerneur, sir Philip Wodehouse, as bemiddelaartussen die Vrystaat en die Basoeto's opgetree, terwyl die grondgebied wat die Vrystaat in die oorlog verower het, aan hom toegestaan is. Plundering en diefstal deur die Basoeto's het 'n hernieude oorlog in 1867 ontketen en, strydig met die Bloemfontein-konvensie (1854), het Wodehouse in Maart 1868 Basoetoland geannekseer.
1880: ERMELO GESTIG
KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Voortrekkergesinne het hulle in die jaar sestig van die 19e eeu op plase op die oostelike Hoëveld gevestig. Ds. Frans Lion Cachet van die NG gemeente Utrecht in Natal het vir die Trekkergesinne 'n gemeente op 5 en 6 November 1870 gestig, en hieruit het die kerkdorp ontstaan wat deur ds. Cachet Ermelo genoem is ter ere van sy sendingleermeester ds. Witteveen van Ermelo, Nederland.
'n Noue verbintenis bestaan steeds tussen die Ermelo's in Suid-Afrika en Nederland. In die Engelse Oorlog is Ermelo met die uitsondering van een woning geheel en al deur die Engelse afgebrand, maar die dorp het uit die as verrys en die hoofdorp van Suidoos-Transvaal geword.