NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer dit moeilik raak om iemand anders onvoorwaardelik lief te hê, bid opreg vir hulle. Voor jy jou kom kry sal jy met God se oë na hulle kan kyk en sy liefde sal jou hart in oorvloed vul.

MANDELA EN DIE GEWELDSFAKTOR

DIE HISTORIESE KOMPAS
DIE GEWELDSFAKTOR

IN DIE

GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA

Geagte Leser

Hiermee die tweede uitgawe van Die Historiese Kompas. Die Historiese Kompas laat die lig van die verlede op die hede val met die oog op die toekoms . Die kultuur van geweld wat tans in Suid-Afrika heers, het 'n geskiedenis en dié geskiedenis kan ons help om die toekomstige uitdagings wat met die geweldsituasie gepaard gaan, die hoof te bied. Ons vertrou dat die lees daarvan 'n verskil aan u eie toekoms en dié van ons volk gaan maak.

Frikkie Strauss

Die kritieke siektetoestand waarin Nelson Mandela  tans verkeer, gee aanleiding tot allerlei bespiegelinge oor wat moontlik na sy dood kan gebeur.  Daar is onder andere gerugte van vrese dat daar groot getalle blankes in een nag deur swartes met pangas uitgemoor gaan word, die sogenaamde “nag van die lang messe”.  Tot nou toe is dit deur politieke kommentators in die media as onsinnig verwerp.  Baie Afrikaners op grondvlak is egter nie oortuig daarvan dat dit wel so onsinnig is nie.  Hulle voer baie redes aan waarom dit wel kan plaasvind en voel selfs dat die nodige voorbereidings daarvoor getref moet word.

As 'n mens bloot kyk na die huidige omstandighede rondom die dreigende dood van Mandela is daar seker rede om te wonder of daar wel gronde vir sodanige vrese is.   As hy sterf, sal niemand seker kan aanvoer dat 'n blanke die oorsaak daarvan kan wees nie;  trouens, volgens mediaberigte staan van die beste (blanke) medici dag-en-nag rondom sy hospitaalbed, hy word aan die lewe gehou deur toerusting wat deur blanke ingenieurs ontwerp is en wel in 'n hospitaal wat deur blanke sakelui gebou is.  As oud-president word daar waarskynlik vir sy behandeling betaal met geld wat hoofsaaklik uit blanke belastingbetalers se sakke kom.  Teen hierdie agtergrond sou mens eintlik oorweldigende toegeneentheid deur swartes teenoor blankes verwag vir dit wat blankes aan hulle geliefde oud-leier doen.  Voeg daarby die gevoel van saambinding, versoening en vrede wat tans rondom die siektetoestand van Mandela heers en dit raak omtrent ondenkbaar dat 'n gewelddadige aanslag van een rassegroep op 'n ander die gevolg daarvan kan wees.

BOERE VERTROU NIE DIE VREDE NIE

Tog is daar by baie Afrikaners 'n diepe onrus en 'n instinktiewe aanvoeling vir gevaar.  Die Boere vertrou nie die vrede nie.  Wat kan die rede hiervoor wees?   'n Ontleding van die historiese feite rondom die kontak tussen swart en wit in Suid-Afrika kan moontlik die antwoord gee.  Die ontleding sal gedoen word binne die raamwerk van die doelstelling van Die Historiese Kompas, naamlik om die waarhede van die geskiedenis vir die huidige geslag Afrikaners te ontsluit, met die oog op die skepping van 'n toekoms vir ons nageslag.  Die saak word ook nie net teen die agtergrond van die huidige toestand van Mandela beskou word nie.  Dit word primêr teen die agtergrond van die huidige algemene veiligheidstoestand in die land beskou.  Ongeag of Mandela binnekort gaan sterf of nog vir 'n korter of langer tydperk gaan lewe, het 'n deeglike risiko-analise uiters noodsaaklik geword.

'N SPOOR VAN GEWELD DEUR ONS GESKIEDENIS

Die eerste kontak tussen swart en wit in Suid-Afrika het in die laat agtiende eeu aan die destydse Kaapse Oosgrens plaasgevind tussen die Ooswaarts-trekkende blanke koloniste en die Suidwaarts-trekkende Xhosa-stamme.  Sonder dat die koloniste die Xhosas se grond of beeste gevat het of hulle enige leed aangedoen het, het hulle begin om die koloniste op die plase te vermoor, hulle vrouers te verkrag, hulle huise af te brand en hulle vee te steel.  Nege grensoorloë was die uitvloeisel hiervan.

Toe die Voortrekkers die Vrystaat binnegetrek het, is hulle deur Silkaats se Matabeles aangeval en vermoor.  Die bekende slag van Vegkop, waar ±33 Voortrekkers die aanslag van ongeveer 6 000 impi’s van Silkaats afgeslaan het, het daaruit voortgevloei.

Die verraderlike moord op die Retief-geselskap en die nagtelike aanval deur die Zoeloe-impi’s op die niksvermoedende Voortrekkerlaers in Natal waarin ±200 Voortrekkers gesterf het, is bekende historiese feite.  Die slag van Bloedrivier was die noodwendige gevolg daarvan.

TOTALE UITWISSING DIE DOELWIT

Al hierdie aanvalle deur swartes op blankes het een groot gemeenskaplike doelwit gehad:  Die totale fisiese uitwissing van die hele blanke gemeenskap.  As enigiets soortgelyks in ons tyd sou plaasgevind het, sou dit beslis as volksmoord bestempel gewees het.  Dan was daar nog die Basoeto-aanvalle op Oos-Vrystaatse boere, moorde en diefstalle teen boere in die ZAR wat tot laat in die negentiende eeu voortgeduur het en wat verskeie strafekspedisies genoodsaak het.  Ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog het swartes wat aan Britse kant geveg het, dade van geweld teen die Boere gepleeg, in besonder teen weerlose vroue en kinders wat op die plase agtergebly het en ook in die konsentrasiekampe byeengebring is.

OPERASIE MAYIBUYE

Sedert Uniewording, toe staatsgesag in Suid-Afrika stewig gevestig was, wet en orde gehandhaaf en moorde met die dood strafbaar was, het swart-op-wit geweld drasties afgeneem.  Onder kommunistiese aanstigting is daar egter in die sestigerjare 'n revolusie beplan, wat as dit sou slaag, tot die dood van honderde duisende blankes sou lei.  Danksy die kragtige optrede van die destydse regering onder leiding van Dr HF Verwoerd is dit onderdruk.  Die sentrale figuur in dié beplande revolusie was Nelson Mandela en daarvoor is hy en sy handlangers na die Rivonia-verhore lewenslank tronk toe gestuur terwyl hulle eintlik gehang moes gewees het omdat hulle hoogverraad gepleeg het.  In sy boek  Die  Mandela Legende gee die historikus Dr Pieter Möller die volgende opsomming van die omvang van die beoogde revolusie, soos dit voor en tydens die Rivonia-verhore ontbloot is: “Met die klopjagte het die polisie 'n groot aantal inkriminerende dokumente gevind, waaronder die belangrikste een waarin Operasie Mayibuye (wat beteken ‘kom terug’), die meesterplan vir die omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering, in die fynste besonderhede uitgespel was.  Dit het ook dagboeke van Mandela bevat, wat in die dokumente as die hoofsamesweerder onthul is.  Daarin kom onder meer gegewens oor sy ondermynende bedrywighede voor, sy betrokkenheid by sabotasie, sy besoeke en samesprekings enersyds met Afrikaleiers en andersyds sy bywoning van die beraad van die Organisasie van Afrika-eenheid in Addis Abeba en sy toespraak aldáár met die oog daarop om die Afrikastate sover te kry om by die stryd teen die Blanke bewind in Suid-Afrika betrokke te raak.  Verder is ook 'n groot hoeveelheid toerusting van allerlei aard

gekry wat gebruik sou word om Operasie Mayibuye van stapel te stuur.

Die beskuldigdes het eers op 9 Oktober 1963 en daarna weer op 29 Oktober en 25 November in die hof verskyn, maar allerlei tegniese probleme het veroorsaak dat die saak telkens uitgestel is.  Gevolglik het die saak in werklikheid eers op 3 Desember 1963 in alle erns begin.  Die aangeklaagdes was Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Bernstein, Hepple, Mhlaba, Kantor, Elias Motsoaledi en Andrew Mlangeni.  Om sy bas te red het Hepple staatsgetuie geword, maar voor die sitting van 3 Desember vanweë dreigemente teen hom en sy gesin landuit gevlug.  Ook Vernon Ezra, Julius First (broer van Slovo se eerste vrou Ruth) Kasrils, Slovo, Oliver Tambo en Strachan het landuit gevlug voordat hulle aangekla kon word.

Die aangeklaagdes het tereggestaan op aanklagte van sabotasie, wat ingesluit het dade van sabotasie, die pleeg van onwettige dade, werwing van persone vir opleiding in oorlogvoering, vervaardiging en gebruik van plofstowwe met die doel om geweld te pleeg en verwoesting aan te rig (altesame 153 dade van geweld is gelys) en van sameswering om dade van guerrilla-oorlogvoering met behulp van vreemde invalsmagte te pleeg.  Hulle beplanning het die vervaardiging van 48 000 landmyne, 210 000 handgranate en 'n groot hoeveelheid pyp-, petrol- en bottelbomme ingesluit.  Te oordeel na JPJ Coetzer (van 1974 tot 1979 Sekretaris van Justisie en van 1979 tot 1984 Direkteur-generaal van Justisie) sou die beskuldigdes verder 1 500 lonte vir tydbomme, 144 ton ammoniumnitraat, 26,6 ton aluminiumpoeier en 15 ton swart poeier benodig om hulle kommunistiese rewolusie van stapel te stuur (Coetzer, p 127 asook HD Stadler: The Other Side of the Story). Volgens Coetzer sou vermelde verwoestingsmiddele genoeg wees om 'n groot stad soos Johannesburg op te blaas.  In die aanwending daarvan sou hulle op koelbloedige wyse niemand ontsien nie en dit binne die onskuldigste verpakkings, soos byvoorbeeld kissies landbouprodukte en koffie- en konfytblikke, en op die onskuldigste plekke soos byvoorbeeld voetpaadjies en ingange tot tuine, plaas met die doel om soveel moontlik dood, verminking en verwoesting te saai.”

Die huidige orgie van swart-op-wit geweld in Suid-Afrika behoort eintlik vir niemand 'n ontnugtering te wees nie.  Is dit nie maar die logiese nalatenskap van dit wat Mandela en sy handlangers 'n halwe eeu gelede beplan het nie?  Mense moet dus nie verbaas wees dat daar baie Afrikaners is wat nie met soveel oorgawe en passie kan deelneem aan die uitstoring van lofbetuiginge rondom Mandela se siekte en sy verjaardag nie.

Op 6 September 1966 word Dr Verwoerd egter in die Volksraad deur 'n sluipmoordenaar van die politieke toneel verwyder.  Dit is gevolg deur die era van Vorster, Botha en De Klerk, waarin daar 'n kapitulasie van blanke gesag plaasgevind en die Afrikaner se reg op staatkundige selfbeskikking en selfregering prysgegee is.  As gevolg van die geleidelike aftakeling van wet en orde in Suid-Afrika het swart-op-wit geweld reeds in die tagtigerjare begin kop uitsteek, in die negentigerjare skerp toegeneem en vandag, 19 jaar na die 1994-oorgawe word daar, konserwatief bereken, jaarliks gemiddeld 52 boere in Suid-Afrika vermoor, dit wil sê een elke week. Dit is die ekwivalent van 150 per 100 000, by verre die hoogste in die wêreld. Wêreldwyd is hierdie syfer ±7 en die gemiddeld vir die hele Suid-Afrika word gestel op 40.  Dit is buiten die ander moorde en gewelddadige aanvalle deur swartes op wittes in Suid-Afrika.  Suid-Afrika word vandag allerweë as die gewelddadigste land ter wêreld beskou.

ONWEGWENSBARE WERKLIKHEID VAN DIE GESKIEDENIS

Dit wat hierbo geskryf is, kan soos volg saamgevat word:  Die hooftema van die grootste deel van die twee-en-'n-kwart-eeu lange kontak tussen swart en wit in Suid-Afrika is een van swart-op-wit geweld.  Swartes in Suid-Afrika het nog altyd gekies om die vermeende bedreiginge van hulle belange deur blankes deur die gebruik van uiterste geweld aan te spreek, alhoewel dit heeltemal onnodig was.  Dit is die onaangename maar harde, onontkombare en onwegwensbare werklikheid van ons geskiedenis.  Dit is die feite wat verreken moet word by enige oorweging van die moontlikheid van 'n grootskaalse swart-op-wit aanval in Suid-Afrika iewers in die toekoms.  Om te kies om hierdie feite te ignoreer, is dieselfde as om te kies om Einstein se swaartekragwet te ignoreer en van 'n tien-verdieping-gebou af te spring.  Die gevolge daarvan kan ook ewe rampspoedig wees.  (Billikheidshalwe moet dit genoem word dat daar enkele swart stamme was wat die Voortrekkers goedgesind was toe hulle die binneland ingetrek het.  Netso is daar vandag waarskynlik ook swartes in Suid-Afrika wat nie uit eie wil gewelddadig teenoor blankes sal optree nie.  Verder is dit ook nie net swartes wat geweld teen wittes gepleeg het nie.  Die Britse geweld teen Afrikaners tydens veral die Tweede Vryheidsoorlog is volgens een kenner van boeke waarskynlik die enkele mees beskrewe onderwerp in die geskiedenis van die wêreld.  Ons volstaan met die verwysings verder in hierdie artikel na die Britte se aanstigting van swart geweld teen Afrikaners.)

DIE SPOOR VAN GEWELD TOT IN DIE 21STE EEU

Die volgende logiese vraag wat sal opkom, is:  Gegewe die geskiedenis van swart-op-wit geweld in Suid-Afrika, en sekere ander faktore wat swart/wit verhoudinge beïnvloed, wat is die moontlikheid dat die huidige staat van eskalerende geweld teen wittes in Suid-Afrika kan kulmineer in 'n aanslag wat gerig is op die totale uitwissing van wittes soos wat wel in ons geskiedenis beoog was?  Ons sal soos volg daarop probeer antwoord:  Die  eskalerende geweld teen wittes in Suid-Afrika is algemene kennis en niemand sal dit betwis nie.  Die sangeres Sunette Bridges het byvoorbeeld onlangs die volgende syfers verstrek:  In die tydperk 1 Mei tot 27 Junie 2013 was daar 124 aanvalle op 202 slagoffers!  38 van ons mense is vermoor, 9 is verkrag en daar was 35 plaasaanvalle in 58 dae! In dieselfde tydperk – 1 Mei 2012 tot 27 Junie 2012 was daar 48 aanvalle op 74 slagoffers!  31 van ons mense is vermoor, 3 is verkrag en daar was 14 plaasaanvalle in 58 dae!  Wat waarskynlik nog nie tot baie blankes deurgedring het nie, is die brutaliteit, wreedaardigheid en sadisme waarmee dit gepleeg word.  Dit dui onteenseglik op intense rassehaat.  Dit spruit natuurlik voort uit die eeuelange antagonisme by swartes teen wittes, maar word verder aangevuur deur opruiende uitsprake deur swart leiersfigure waarvan “Kill a farmer, kill a boer” en “One settler, one bullet” en die onlangse “Kill the Boers” deur Julius Malema die bekendste voorbeelde is.  Talle soortgelyke uitsprake verskyn op 'n gereelde basis op Facebook en ander sosiale media.  Die merkwaardige van die situasie is dat die geweld teen wittes sowel as die opruiende uitsprake, wat beslis as haatspraak in die moderne politieke idioom kwalifiseer, nog nooit deur die ANC-leierskap veroordeel is nie.  Nie Nelson Mandela, Thabo Mbeki of Jacob Zuma het dit al ooit gerepudieer nie.  Tydens die 100-jarige herdenkingsfees van die ANC in Bloemfontein in Desember 2012 het Jacob Zuma self “Kill the Boers” in teenwoordigheid van al die afgevaardigdes gesing.  Die woorde “Bring my masjiengeweer.  Die kabinet gaan die Boere skiet,” is ook tydens sy sangvertoning gebruik.  Daarvoor het hy oorweldigende toejuiging gekry.  Dit kan nie anders as om die indruk by die swart massas in Suid-Afrika te laat dat die leierskap van die ANC ten gunste van die geweld teen wittes is nie en dat die jag op wittes dus oop is.

As 'n mens hierby faktore voeg soos die grootskaalse ellende en armoede waarin swartes sedert 1994 onder ANC-wanbestuur beland het, die wyd-verspreide ineenstorting van basiese munisipale dienste (gedurende April en Mei hierdie jaar was daar in Gauteng alleen 650 protesoptogte, waarvan 40 gewelddadig was), die afbreking van vertroue van gewone  swartes in die ANC- en Cosatu-leierskap (83% van mense het tydens 'n  onlangse opname gesê dat hulle dink dat die Polisie se optrede deur korrupsie beïvloed word terwyl berigte oor ontevrede gemeenskappe wat sê dat hulle nie aan die 2014-verkiesing gaan deelneem nie, al meer word;  selfs Tutu sê dat hy nie weer vir die ANC gaan stem nie!) en die opvatting dat die groot inkomstegaping tussen swartes en wittes die gevolg is van uitbuiting van swartes deur wittes (daar word al meer en meer gesê dat wittes swartes se grond gesteel of met geweld van hulle afgeneem het en dat hulle die grond dus sonder vergoeding en met geweld moet terugneem), begin 'n gewelddadige swart aanval op blankes al meer na 'n moontlikheid lyk.

Dit alles kom op die rug van twee-eeue lange aanstigting van haat teen Afrikaners uit Britse politieke, kerklike en finansiële kringe, gedra deur hulle handlanger-media in Suid-Afrika, waarin swartes wysgemaak is dat die Afrikaners hulle vyande is.  In 1886 skryf die Britse historikus, J A Froude, in Oceana:  “Die Boere was stelselmatig so beswadder en wanvoorgestel dat die Engelse hulle skaars as menslike wesens beskou het aan wie enige sedelike verpligting verskuldig was.......  Ons het ons verowering (dié van 1877) teenoor onsself geregverdig deur die verowerdes hulle karakter te ontneem, en ons het onsself teen hulle opgestel as die kampvegters van die gekleurde rasse, asof hulle (die Boere) verdrukkers en rowers was.”  In sy boek, That we may tread safely, skryf Arthur Barlow:  “Ek kry die indruk van dieselfde leuens, dieselfde aanvalle op die Afrikaner en sy regering, dieselfde skurkstreke wat die jare vóór die Engelse Oorlog in ons land gekenmerk het.”

Na 'n besoek aan Brittanje in 1961 het wyle Minister Paul Sauer soos volg opgemerk:  “Ek is getref deur die stroom van gif wat sy oorsprong in Brittanje het.  'n Mens is gedurig bewus daarvan.  Byna alle lande het Engelse koerante en almal saai gif teen Suid-Afrika.  Dieselfde geld vir die BBC.  Wat vandag uit Brittanje kom, is niks minder as 'n haatgesang nie.”

In die uitgawe van 23 – 29 Maart 1994 van die International Express, 'n Britse tydskrif skryf die Engelsman Peter Tory:  “The Boers are largely stupid.  They are gross, foul-mouthed and bloated with beer and arrogance.  They are probably the most unattractive breed on God’s earth.  And they are on their own.”

“OP DIE RAND VAN IETS BAIE GEVAARLIKS”

Alles wat hierbo geskryf is in ag genome, is dit glad nie vergesog om te sê dat die toneel reg is vir 'n klassieke volksmoord soos wat in 1994 in Rwanda en later in Bosnië plaasgevind het nie.  Die gerespekteerde internasionale menseregte-organisasie, Genocide Watch wat volksmoord-gevalle dwarsoor die wêreld bestudeer het, onderskei agt fases in die volksmoordproses.  Hulle siening is dat Suid-Afrika nou in fase ses verkeer.  Fase sewe is die finale aanslag en fase agt is ontkenning.

Enige persoon wat aanvaar dat Suid-Afrika dalk op die drumpel van volksmoord staan, sal logieserwys vra of die dood van Nelson Mandela tot so 'n gebeurtenis kan lei.  Soos reeds vroeër in hierdie artikel gesê, lyk dit nie of die onmiddellike omstandighede rondom sy siektetoestand tot so iets sal lei, sou hy sterf nie.  In die lig van die historiese agtergrond,  die huidige staat van groeiende rassepolarisasie sowel as die onstabiele toestand in Suid-Afrika soos hierbo geskets, kan die moontlikheid egter nie uitgeskakel word nie.  Daar verskyn van tyd tot tyd uitsprake deur politieke kenners en ander persone van invloed dat die situasie in Suid-Afrika tans uiters plofbaar is en dat slegs 'n enkele vonk nodig is om dit te laat ontplof en Suid-Afrika in 'n staat van totale chaos, anargie en vernietiging te dompel.  Sy dood kan so 'n vonk wees, want op hierdie stadium is dit heeltemal onmoontlik om te sê wat die invloed daarvan op die swartes sal wees.   Die bekende scenario-beplanner, Clem Sunter het 'n paar maande gelede tydens 'n onderhoud op Radio Jakaranda gesê dat Suid-Afrika net een gebeurlikheid weg is van 'n Arabiese lente.  Graca Machel het onlangs gesê:  “South Africa is an angry nation.  We are on the precipice of something very dangerous with the potential of not being able to stop the fall.”  Thabo Mbeki verwys na  Suid-Afrika se “progress towards a costly disaster of a protracted an endemic general crisis”.  Zwelinzima Vavi praat van 'n tikkende tydbom en Gwede Mantashe waarsku teen anargie weens stygende geweld en onrus tydens stakings.  Die gerespekteerde Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het reeds in 2009, met verwysing na die diensleweringsbetogings geskryf,  “........ it would be fair to conclude that if this situation is allowed to continue over a prolonged period it has the potential to spread and develop into a fully fledged revolt.”  'n Mens sal sekerlik nie een van hierdie persone kan bestempel as regse ekstremiste wat slegs sensasie soek nie en hoegenaamd nie as godsdienstige fanatici nie.  Daar  verskyn  ook  van  tyd  tot  tyd berigte op die internet van mense wat W0-soldate en -toerusting in die land opmerk en 'n foto van 'n pantserwa met groot letters UN daarop is ook gesien.  Dit is beslis nie sonder betekenis nie.  Die WO word gewoonlik ingebring om orde te herstel in gevalle van burgeroorlog of grootskaalse anargie in 'n land.

Die vraag na die moontlikheid dat die dood van Mandela tot 'n volksmoordgebeurtenis kan lei, moet ook binne die konteks van die sogenaamde Nasionale Demokratiese Revolusie van die ANC benader word.  Alhoewel hierdie begrip eers baie onlangs in die openbare domain bekend geraak het, is dit reeds ANC-beleid sedert die twintigerjare van die vorige eeu, toe die ANC deur die kommuniste geïnfiltreer en oorgeneem is.  In die onlangse tyd het dit egter in ANC-beleidstukke en deur uitsprake van ANC-leiers vir ons duideliker begin word wat dit in die praktyk beteken.  Daar word naamlik gesê dat die revolusie nog glad nie voltrek is nie. Die politieke oorwinning van 1994 is vir hulle slegs die eerste fase daarvan.  Die volgende fase, naamlik die sogenaamde sosio-ekonomiese revolusie moet nog plaasvind.  Kragtens die klassieke Marxistiese revolusie-konsep kan dit net een ding beteken:  Die materiële rykdom van die wittes (die kapitaliste) moet oorgaan in die hande van die swartes (die proletariaat of werkersklas).  En as die wittes nie vrywillig afstand  daarvan gaan doen nie, sal dit met geweld van hulle afgeneem moet word. Teen die historiese agtergrond soos hierbo geskets, sal dit met doodslag gepaard gaan.

Die vraag wat natuurlik nou opkom is:  Wanneer gaan hierdie tweede fase van die revolusie voltrek word?  'n Definitiewe antwoord daarop is onmoontlik.  Daar is egter 'n redelik wyd verspreide siening onder Afrikaners, onder andere gevoed deur inligting wat uit intelligensiekringe uitgelek het, dat swartes al lankal daarvoor gereed is en ook al meer ongeduldig word om dit deur te voer, maar dit nie gaan doen solank Mandela nog lewe nie. Daar bestaan blykbaar onder andere 'n opvatting onder hulle dat 'n volksmoordaanslag op wittes nie sy goedkeuring sal wegdra nie en dat hulle hulleself daarvan sal weerhou tot na sy dood.  So gesien, kán sy dood die tweede fasie van die revolusie inlei.

SIENER VAN RENSBURG – ‘N MAN VAN WAARHEID EN INTEGRITEIT

Baie Afrikaners verwys ook na sekere visioene van die Boereprofeet Nicolaas Siener van Rensburg, wat sodanig vertolk word dat daar na die dood van 'n baie bekende swart leier, 'n nagtelike aanval op wittes in Johannesburg en Pretoria sal wees wat daarvandaan verder oor die land sal versprei.  Hulle wys onder andere op die volgende visioen:  “Ek sien 'n doodskis wat in 'n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom ....... Met die begrafnis van hierdie baie belangrike persoon sal daar nie net ongekende geweld in die land losbars nie, maar ook 'n volskaalse burgeroolog uitbreek.  Die Boervolk sal dan nakend, gestroop van alles wees.....”  Hy het ook gepraat van baie donker tye wat oor die Afrikanervolk sal kom, so donker dat 'n mens nie sy hand voor sy oë sal kan sien nie.  Hierdie skrywer is nie 'n gesaghebbende oor die visioene van Siener van Rensburg nie en sal dus nie in besonderhede daarop wil ingaan nie.  'n Studie van sy lewe het egter tot die oortuiging gelei dat hy 'n man van waarheid en integriteit was wie se visioene deur die God van die Bybel geïnspireer was.  Vir enige gelowige Afrikaner is daar geen rede om minder ag te slaan op sy visioene as op die profesieë van die profete van die Ou Testament nie.  Die gebeurtenisse wat hy in sy visioene gesien het en wat tot op hede plaasgevind het, het in die fynste besonderhede met sy visioene ooreengestem.  Dit sal net 'n uiterste dwaas wees wat weier om ag te slaan op sy visioene vir ons tyd.  Elke leser van hierdie nuusbrief word ten sterkste aangeraai om hulleself deeglik op hoogte te bring van die lewe en visioene van Siener van Rensburg.  Dit kan dalk die verskil tussen lewe en dood maak.

DIE MARITZ-KEUSE

Enige regdenkende persoon wat daarmee saamstem dat ons 'n volksmoordgebeurtenis te wagte kan wees, sal natuurlikerwys begin dink oor die tref van voorbereidings daarteen.  Om daaroor in besonderhede in te gaan, val egter buite die bestek van hierdie artikel, behalwe om te sê dat elke individuele Afrikaner persoonlik verantwoordelikheid vir die beskerming van sy eie lewe en die van sy dierbares moet neem.  Niemand anders gaan dit doen nie.  Daaroor kan ons egter baie uit ons geskiedenis leer en twee hooftemas word hieronder uitgelig.  Die gebeure na die moord op Piet Retief en sy geselskap word as voorbeeld geneem.  In die Junie-uitgawe van die ANB Nuusbrief word 'n beknopte opsomming van die gebeure voor en tydens die eerste Zoeloe-aanval in Februarie 1838 gegee.

Nadat Retief na Dingaan vertrek het, het die Trekkers van Doringkop begin wegtrek, ten spyte van Retief se vermaning om bymekaar te bly.  Die Botmas (die broer van die gehangde Botma van Slagtersnek), Liebenbergs, De Beers wie se ou vader saam met Retief na Dingaan is, ryk Josef van Dyk met sy 7000 stuks vee en wakis vol goue munte, die Rossouws en Heila Robberts met haar mooi dogters, was onder hulle.  So ver as wat hulle wegtrek het, het hulle name aan die riviere begin gee soos die Bloukrans- en Boesmansrivier.  Sommige van hulle was al tot vier ure te perd van Doringkop af.  Vanaf die 11de Februarie het Gerrit Maritz na die verspreide waens gery en gemaan en gewaarsku dat die mense moet terugtrek of in laers saamtrek, maar min van die voorste mense het op sy pleidooi ag geslaan.  Hulle het gevra waarom hy dan so bang en kleingelowig is.  Die lewe in die laers het normaal voortgegaan.  Die mans het gejag, velle gelooi, rieme gebrei en die vrouens het beskuit en brood in uitgeholde miershope gebak.

Maritz het al hoe meer onrustig geraak namate die rookseine op die berg vermeerder het.   Dit is herken as bymekaarmaak rookseine maar almal het geglo dat dit was om al die Zoeloes te laat weet dat die grond aan die Voortrekkers gegee is.

Ongeveer drie-uur die oggend van Vrydag die 16 Februarie is die Voortrekkers verras deur Dingaan se Zoeloe-impi.  Die Voortrekkers wat hoër op gelaer was, het wakker geword van die snaphaanskote laer af teen die rivier en baie van hulle het geglo dat dit Retief was wat teruggekeer het.  Namate die geweervuur aangehou het en te vinnig op mekaar en op te veel plekke tegelyk geskiet is, het hulle geweet dat daar fout gekom het.

Die Zoeloes het die blankes verras en daar het in daardie oggend meer as 200 blanke mans, vrouens kinders en grysaards gesterf op die wreedste wyse.

Vrydag die 16de het hom stuk-stuk geopenbaar soos die son opkom.  Oor die veld het 'n wit donsigheid gelê.  Dis van die bulsakke en kussings wat deur assegaailemme oopgeskeur was.  Kaste, tafels en stoele was alles verpletter.  Mans wat nog met die geweerkolwe geslaan het, is doodgekry met die lope nog in hulle vuiste vasgeklem.  Moeders wat hulle suigelinge probeer beskerm het, is deurboor met assegaaie sodat die liggame aan mekaar gesteek was.

Grysaards se wit baarde en hare was rooi gekoek van die bloed.  Jong kinders se koppe is teen wawiele te pletter geslaan, bloed het tot op die skamels van waens gedrup so deurtrek was die buikplanke van die bloed.

So ver as wat die hulpgeselskappe gegaan het, het hulle grutonele gesien soos ook by die trek van die Botmas.  Die Botmas se kruit en lopers het opgeraak.  Daarna het hulle hul met geweerkolwe, byle en ligte houte probeer verdedig, maar die Zoeloes het van die beeste tussen die Trekkers ingejaag en hulle geledere opgebreek.  Ten spyte van hul heldhaftige pogings was oud en jonk uitgemoor.

In Augustus 1838 het die Zoeloes 'n tweede aanval geloods.  Dit word onder andere beskryf in die boek Bloed, Sweet en Trane:  Die Verhaal van die Voortrekkers deur Dr. EJG Norval. Onder die leiding van Gerrit Maritz was die Voortrekkers hierdie keer egter voorbereid.  Die hoofaanval deur ±10 000 Zoeloes was gerig op die laer van Gerrit Maritz, waarin daar ongeveer 150 goed gewapende mans was.  Die aanval is afgeslaan en volgens historiese bronne wat Norval geraadpleeg het, is slegs een persoon dood – en hy was buite die laer!  'n Histories-merkwaardige, maar tot dusver onbekende gebeurtenis, het egter direk voor die aanval plaasgevind.  Die prediker en swaer van Gerrit Maritz, Erasmus Smit het in 'n gebed die hulp en beskerming van God oor hulle aangeroep.

EERDER VROEËR AS LATER

Ons volk se verbondenheid aan God en sy bereidheid om self verantwoordelikheid vir sy eie lotgevalle te neem, was die twee groot faktore wat ons deur groot voortbestaanskrisisse gedra het en dit sal ons ook deur die een dra wat nou voor ons lê.  'n Volk se verbondenheid aan God kan egter net tot stand kom as sy individuele lede deur sy seun Jesus Christus in die regte verhouding met Hom is. Dit was die bloed van die paaslam aan hulle deurposte wat die veiligheid van die Israeliete in Egipte gewaarborg het.  Netso is God vandag nog in staat om ons veiligheid te waarborg as ons die bloed van sy Seun oor ons pleit.

'n Volk kan ook net verantwoordelikheid vir sy lotgevalle neem as sy individuele lede dit doen.  Afrikaners was nog nooit oorlogstokers nie;  hulle was nog altyd vredesoekers.  Laat ons egter maar deeglik kennis neem van die Engelse spreekwoord wat lui:  “If you want peace, prepare for war.”   Die voorbereidheid vir oorlog het die verskil gemaak tussen die gevolge van die eerste en tweede Zoeloe-aanvalle in 1838.  Doen dus wat u weet wat u moet doen – en doen dit gou.  Die prys van te laat is baie hoër as die prys van te vroeg.

‘N LANGTERMYN TOEKOMSVISIE

In Afrikanergeledere draai die denke en emosies oor die dreigende dood van Mandela tans hoofsaaklik om persoonlike veiligheid.  Dit is ook waaroor hierdie artikel tot dusver gehandel het, want dit is 'n belangrike saak.  In die proses het een faset van die saak egter glad nie in die gesigsveld gekom nie.  As Nelson Mandela die oud-president van enige ander staat in Afrika was, sou ons net terloops van sy ernstige siektetoestand kennis geneem het en geen aandag daaraan gegee het nie.  As hy voor 1994 gesterf het, sou dit ook 'n fraksie van die aandag gekry het wat dit nou kry.  Die rede vir die veiligheidsrisiko wat sy dreigende dood vir ons inhou, is geleë in die feit dat ons as 'n verslane, verknegte en vernederde volk tans die onderdane van 'n swart regering is.  Wat dit erger maak, is dat ons nie met wapengeweld deur hulle onderwerp is nie, maar dat ons, wat eens 'n trotse en vrye volk was ons vryheid vir die spreekwoordelike pot lensiesop verruil  en  hulle uitgenooi het om oor ons te regeer.  Dit is 'n tragedie wat ten minste gelykstaande is aan enige tragedie wat uit die dood van Mandela kan voortvloei.  Die rede is voor die handliggend.  Ons het al die instrumente wat enige volk het om sy onderdane se lewens te beskerm, verloor.  Nie alleen staan die ANC-regering koud teenoor ons veiligheid nie;  hulle bevorder die bedreiging daarvan.  Wat ookal na Mandela se dood gebeur of nie gebeur nie, sal kom en gaan, en as dit verby is, dan bly ons  'n verknegte volk en wag ons maar net magteloos en in vrees en bewing op die volgende aanslag op ons lewens.  Dit is afgesien van die gewone daaglikse teistering en vernedering wat ons moet ondergaan, om nie eers te praat van die totale gebrek aan enige vooruitsig op 'n toekoms vir ons kinders nie.  Dit is te betwyfel of die geskiedenis van volkere 'n geval aanteken van 'n volk wat in 'n meer ellendige posisie verkeer het as dié waarin ons volk tans verkeer.  Dié toedrag van sake verg beslis baie meer tyd en energie van ons as die huidige toestand rondom Mandela, want dit raak nie net ons veiligheid nie, maar ook die toekoms van ons nageslag.

'N VRYE VOLK IN ONS EIE LAND ONDER ONS EIE REGERING

Daar is maar net een antwoord op ons huidige voortbestaanskrisis:  Ons moet weer 'n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word.  Vryheid was telkens die antwoord van ons voorouers op hulle voortbestaanskrisisse en daardeur het hulle vir ons, hulle nageslag, 'n lewensruimte geskep.  Vryheid vir ons volk is regverdigbaar, want die beginsel van vrye volke is ingebou in die Goddelike ordening van volke, dit word erken deur die volkereg en is selfs ingeskryf in die huidige Suid-Afrikaanse grondwet, hoe verwerplik hy ook al in beginsel vir ons mag wees.  En as daar by ons die wil is om weer 'n vrye volk te word, en ons is gewillig om die offers te bring wat dit vra, sal ons 'n manier vind om dit te verwerklik.  In hierdie verband is daar 'n faset van die swart-op-wit geweldsfaktor in Suid-Afrika wat nog deur min historici uitgewys is.  In al die gevalle waar dit tot 'n klimaks gedryf is, het dit gelei tot die eliminering van swart-op-wit geweld, die bewerkstelliging van veiligheid en van vreedsame naasbestaan tussen swart en wit en tot die verkryging van Afrikanervryheid.  Die Xhosa-aanvalle op koloniste in die Oos-Kaap was een van die belangrikste oorsake van die Groot Trek.  Na die slag van Vegkop en latere gevegte tussen die Voortrekkers en die Matabeles het Silkaats en sy hele Matebelestam uitgewyk na 'n gebied Noord van die Limpopo, die huidige Zimbabwe.  Dit het die weg gebaan vir twee vrye Boere-republieke in die Vrystaat en Transvaal.  By Bloedrivier is die Zoeloe militêre mag so 'n slag toegedien dat Dingaan moes vlug en later ook vermoor is en die stigting van die vrye Voortrekker-republiek van Natalia is daardeur moontlik gemaak.  Die geskiedenis het 'n manier om homself te herhaal en 'n swart volksmoordaanslag teen Afrikaners in ons tyd kan soortgelyke gevolge hê as wat hierbo genoem is.  Die Voortrekkers kon egter net die bedreiginge van hulle voortbestaan in geleenthede omskep omdat hulle bereid was om die geloofsmoed te openbaar en die persoonlike offers te bring wat dit geverg het.  Dit sal ook die enigste manier wees waarop ons die bedreiging teen ons in 'n geleentheid kan omskep.

Die vryheidsdrang in 'n mens is 'n onkeerbare krag want dit is deur God self in ons ingeplant.  Daarom kon die Engelse denker en Bybelvertaler, George Byron sê:  “Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen word, hoe moeilik ook al.”   Derhalwe is ons oproep aan u:  Laat die vuur van die vryheidsdrang wat diep in u hart brand, hoër opvlam.  Steek dit aan in die harte van u volksgenote en dra saam met hulle die vryheidsfakkel die toekoms in.  Vestig in u geestesoog 'n heldere visie van 'n vrye Afrikanervolk in sy eie land waarin u en u kinders veilig en in vrede kan woon.  Moenie toelaat dat die huidige en dreigende politieke storms in ons land u oë van die eindbestemming afneem nie.  Hou dit op die Rots daarbo wat self die vryheidsdrang in u hart geplant het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1333 gaste aanlyn