Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die selfgerigtheid van die mens laat hom dink die uitsluitlike lewe se doel is om hom geluk te laat smaak – niks kan verder van die waarheid wees nie: die doel van jou lewe is om produktief te wees, bruikbaar te wees, om 'n positiewe verskil te maak – dáárom leef jy! En as jy dit doen, sal jy uitvind wat ware gelukkigheid is.
1917: DR HJ TERBLANCHE
KULTUURDAGBOEK 4 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vir die jonger geslag sal hierdie nie so 'n bekende naam wees nie; dit is egter die naam van 'n man aan wie elke Afrikanernageslag wat nog hoegenaamd trots op sy taal is,eer kan bring vir die baanbrekerswerk op Afrikaanse vaktaalgebied. Hy was die skrywer van agt woordeboeke, drie taalboeke en duisende artikels. Hy was 'n ware kultuurleier, onverskrokke, omstrede vegter vir die gelykberegtiging van Afrikaans, die taal waarvoor hy gelewe het.
Hendrik Josephus Terblanche is op hierdie dag gebore en het as boerseun in Aberdeen-omgewing grootgeword. Hy het aan die universiteite van Rhodes en Pretoria studeer. Sy werk hang ten nouste saam met die geskiedenis van Afrikaans deur drie dekades.
1837: 1e KERKRAAD IN OVS
KULTUURDAGBOEK 3 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers was pioniers in die sin dat hulle die beskawingspad na die binneland van Suid-Afrika te midde van groot gevare en ontberings met heldemoed, dapperheid en durf oopgebreek het.
Nog 'n ander karkatertrek van die pionier is te bespeur naamlik 'n sterk neiging tot selfstandigheid en individualisme, wat dikwels tot koppigheid en partyvorming gelei het en taamlik probleme in die Voortrekkerlewe veroorsaak het, veral ten opsigte van effektiewe kerklewe en administrasie.
Maar die ander, minder goeie karaktertrekke van pioniers naamlik wetteloosheid en losbandigheid wat gewoonlik gepaardgaan met (en voortspruit uit) veragting van God en sy gebod, soek 'n mens tevergeefs by ons Voortrekkermense.
1836: VOORTREKKERS KIES 1e BESTUUR
KULTUURDAGBOEK 2 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Kaapkolonie, van waar die Trekkers afkomstig was, het die grensboere geen aandeel in die regering van die land gehad nie. Dit is dus te begrype dat die Trekkers totaal onervare was ten opsigte van doeltreffende landsbestuur.
Omdat die Trekkergroepe enigsins geïsoleerd van mekaar die binneland ingetrek het, was die noodsaak van 'n vaste regeringstelsel nie so dringend nie. Die Trekkergroepe het egter nie in wanorde die binneland ingetrek nie en daarom kan aangeneem word dat elke groep, volgens die eise van omstandighede, sy eie maatreëls getref het om sake so glad moontlik te laat verloop. Wat hierdie maatreëls was, weet ons nie omdat dit nêrens 'n skriftelike neerslag gevind het nie. Namate die verskillende Trekkergroepe in die Transoranje aangeland en in mekaar se onmiddellike omgewing begin woon het, het daar egter 'n behoefte aan groter eenheid en beter begrip vir mekaar se omstandighede ontstaan, en hiervoor was 'n regeringsvorm van een of ander aard onontbeerlik.
1914: GENL DE WET GEVANG
KULTUURDAGBOEK 1 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Ek het gedink aan die vloek van God wat op die volk gaan rus as hy hom skuldig maak aan landrowing. Nadat ek eers begin optree het, het ek vrede gehad. Ek het geen knaende gewete gehad nie. Al het ek nie daarin geslaag om die goddelose inval op die gebied van 'n volk wat ons geen kwaad gedoen het nie, te keer nie, dan het ek tog probeer."
Na liggaam en siel moeg en hulle perde uitgeput en dors, het genl CR de Wet en sy manskappe op 30 November 1914 op 'n waterryke plekkie tussen die sandduine afgekom – 'n ware paradys waar daar volop gras, water en koelte was.
Ten tye hiervan, met die wete dat die Rebellie weinig hoop op welslae het, was genl De Wet en sy klompie volgelinge op weg na Duitswes-Afrika, waar hulle met genl Jan Kemp in aanraking wou kom. Hoewel genl De Wet steeds nie die vrede vertrou het nie moes hulle noodgedwonge 'n dag lank daar uitrus. Met sonopkoms die volgende oggend weerklink die opdrag: "Ons moet begin trek!"
KERSSANG-OORDENKING
Ds A E van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis oor minder as ‘n maand Kersfees en 'n anderse dag as ander Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartssaak.
Daar is geen Persoon na wie se koms so uitgesien is as na Jesus s’n nie. Die Jode het eeue lank die koms van die Messias verwag omdat dit deur profete voorspel is. Toe Jesus gebore is, het God gesorg dat mense dit weet, maar op ’n plek begin waar dit die minste verwag is – by ’n weiveld en herders.
1938: FAKKELLOOP BY MONUMENT
KULTUURDAGBOEK 30 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) was verantwoordelik vir die reëlings by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Met die organisasies van die program en die uitnodiging van sprekers het al spoedig die grondliggende politieke verskille van die tyd baie duidelik deurgeskemer.
Genl JBM Hertzog het genoeë geneem met die lys van sprekers wat by die hoeksteenlegging sou optree,dog het gemeen dat genl JC Smuts ook gevra moet word om as spreker op te tree, en hy het verder daarop gewys dat die Goewerneur-generaal amptelik by die hoeksteenlegging aanwesig moet wees. Uit alle oorde van die land is egter hierteen protes aangeteken omdat die indruk bestaan het dat by so 'n byeenkoms, wat dan 'n staatsplegtigheid sou wees, die Britse volkslied gespeel en die Britse vlag gehys sou moes word.
1869: TEOLOGIESE SKOOL BURGERSDORP OPEN
KULTUURDAGBOEK 29 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die ontstaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in 1859 was die vrug van 'n krisis op kulturele, politieke, sosiale en godsdienstige gebied wat die geskiedenis teen die middel van die vorige eeu oorheers het.
Tot 1864 is die hoop gekoester dat predikante uit die konserwatiewe Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland, self die vrug van 'n krisis in 1834, bekom sou word. Toe slegs twee predikante na herhaalde beroepe gehoor gee het die herderlose kerkraad van Burgersdorp by die Sinodes van 1866 en 1869 daarop aangedring dat daar 'n skool opgerig moet word waar predikante en onderwysers opgelei kan word.
DIE DOOD VAN 'N HELD
M T STEYN STERF OP 28 NOVEMBER 1916
"Die Afrikaner onder die Afrikaners,” so het mense president Steyn genoem. Maar hy was ook ’n groot Suid-Afrikaner. Soos Louis Botha was hy ’n man met die ideaal om alle gemeenskappe in die land in vrede en harmonie te sien lewe. Hy het geregtigheid vir almal nagestreef: vir Afrikaner, Engelssprekende, Kleurling, Swarte en Indiër. Maar hy wou dat elke groep sy eie identiteit, sy eie kultuur, en alles wat vir hom heilig en dierbaar is, behou sodat elk met trots en waardigheid sy eie plek kan volstaan. Die Afrikaners is verpletter. Slegs deur weer op te staan, met volkstrots en waardigheid, kon hulle hul regmatige plek inneem. Alle Engelssprekendes wat lojaal aan Suid-Afrika was en wat hul Afrikaanse landgenote met regverdigheid, vriendelikheid en respek behandel het, was na aan Steyn se hart.
1916: PRES M.T. STEYN
KULTUURDAGBOEK 28 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
" ...die stryd was 'n smeltkroes waarin die Afrikaner gelouter sou word – 'n skeiding van getroues en ontroues, van hensoppers en bittereinders – 'n tyd wat die Afrikaner binnekort weer in sy volle felheid sal beleef wanneer die Boerevolk van God hom sonder keuse sal moet afskei van die verraaiers, die liberaliste, die geldmagverslaafdes en veral die ongelowiges en diegene wat hulle rug op hul Skepper gekeer het."
Net drie jaar jonger as die Oranje-Vrystaat, sou president Steyn saam met hierdie republiek grootword. Marthinus Theunis Steyn is op 2 Oktober 1857 by Rietfontein digby Winburg gebore.
Soos feitlik alle Vrystaatse seuns van daardie tyd sou hy gaan boer maar op aandrang van regter Buchanan, 'n huisvriend van die gesiene Steyns, besluit hy om hom in Nederland en daarna in Engeland in die regte te bekwaam.
Ná sy terugkeer bou hy 'n florende praktyk as advokaat in Bloemfontein op en met die rondgaande hof ontmoet hy vir Rachel Isabella (Tibbie) Fraser, pastoriedogter van Philippolis, met wie hy in 1887 getroud is.
1798: ANDRIES PRETORIUS
KULTUURDAGBOEK 27 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius, groot Voortrekkerleier, is op hierdie dag op die plaas Driekoppen, distrik Graaf-Reinet gebore. As Oosgrensboer speel hy 'n belangrike rol in die gebeurtenisvolle jare voor die Groot Trek.
Gedurende die Sesde Oosgrensoorlog van 1834 tot 1835 voer hy 'n kommando van 800 burgers aan. Toe die eerste Voortrekkers in 1836 uit Graaff-Reinet vertrek, gaan hy nie saam nie maar besoek in 1837 die Voortrekkers in die Vrystaat en Natal en koop selfs 'n plaas in Natal. Daarom is hy die vanselfsprekende keuse om ná Pieter Retief se dood, leier van die herderlose Voortrekkers te word.
Op 22 November 1838 sluit hy hom by die hooflaer teen die Klein-Tugela aan en begin dadelik voorberei vir die stryd teen Dingaan.
VERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (5)
NIE MEER SABOTASIE, MAAR OORLOG!
Die Johannesburgse stasiebom
Bram Fisher (Slot)
"In afsienbare tyd sal Suid-Afrika weer die kruheid en wreedaardige dade van die Kommunisme en sy terroristiese barbaarsheid beleef wat weer sal begin met gevegte onder sogenaamde 'comrades', waarvan die gevolge elkeen in die land ernstig sal raak."
Die onmenslike gebeure rondom die stasiebom kan beskou word as 'n intermezzo in die hoofdrama waarin die Kommunisme met Bram Fischer en sy 'comrades' die botoon gevoer het.
Tydens die Rivonia-verhoor waarin Mandela en sy mede-terroriste verhoor is, is 'n opdrag uit die binnekring van die ANC/SAKP-alliansie na buite gestuur met die strekking dat tot tyd en wyl die verhoor afgehandel sou wees, geen sabotasiedade gepleeg moes word nie, klaarblyklik omdat gemeen is dat sodanige dade die beskuldigdes se saak sou benadeel. Hierdie opdrag is nagekom, want terwyl die verhoor aan die gang was, was daar relatiewe stilte op die veiligheidsterrein. Hierdie stilte sou egter nie lank duur nadat die verhoor op 12 Julie 1964 ten einde geloop het nie.
1862: HOF BESLIS OOR NG KERK
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is deur die Kaapse Hooggeregshof beslis dat die Kaapse NG Kerk slegs uit gemeentes binne Kaapland geleë, saamgestel moet wees, en dat al die ander gemeentes wat tot dusver in die Sinode sitting gehad het, voortaan nie meer daardie reg sou geniet nie.
Vir ouderling Hugo Hendrik Loedolff van Malmesbury, was dit 'n persoonlike triomf. Hy het lankal oor die saak ontvrede gevoel, 'n hofgeding aanhangig gemaak en gewen. Vir die Kerk was dit 'n ellendige oomblik. Dit het daarop neergekom dat die staatsgrense ook as kerklike grense gegeld het, en dat die lidmate in die ander gebiede sonder sinodale gesag of binding was.
1931: GENL A.M. PRINSLOO
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is heelwat dapper Boereleiers van wie ons nie veel weet nie omdat hulle nie so bekend as genl Koos De la Rey of genl Christiaan de Wet was nie. Maar hulle het dieselfde tydperk van oorloë en politieke spanning beleef en verdien vandag nog ons erkenning. So 'n generaal is Antonie Michael Prinsloo wat op 11 Julie 1862 in Bloemfontein gebore is en op 26 November 1931 oorlede is. Sy vader en moeder het in Bloemfonteindistrik geboer maar toe hy 'n jong seun was na Betlehem getrek waar hy ook mettertyd begin boer het.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 ruk hy saam met die Betlehemse kommando op waar sy leierskaphoedanighede spoedig opgemerk is sodat hy teen Februarie 1900 reeds tot kommandant van sy kommando bevorder is.
Prinsloo se ontluikende kalme onverskrokkenheid het spoedig vir hom verdere bekendheid meegebring. So is hy byvoorbeeld tydens die Britse aanslag op Colesberg in Maart 1900 in die lugpyp gewond. Desnieteenstaande was hy die laaste burger wat uitgejaag het, in die proses 'n medeburger op sy perd gelaai en daarna ook nog die Norvalspont-brug opgeblaas het.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (4)
BRAM FISCHER
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Fischer se finale verhoor
In Clingman se werk word Fischer geprojekteer as 'n beteuterde, gefrustreerde, platsakmannetjie wat deur sy kamerade wat knus in Londen weggekruip het, versaak is en wat, versteek agter 'n mombakkies, en met hoofsaaklik die bystand van 'n groepie bang vrouens (teen die einde het hy dit selfs oorweeg om sy dogter, Ilse, deeglik bewus van die gevare wat dit vir haar sou inhou, te betrek as lid van die Sentrale Komitee van die party), probeer het om die Kommunistiese Party weer in Suid-Afrika op dreef te kry. 'n Patetiese prentjie, om die minste daarvan te sê.
Volgens Pike se boek, daarenteen, is Fischer deur die polisie, wat tot op die datum van sy herarrestasie bykans 'n volle jaar regdeur die land na hom gesoek het, steeds beskou as die gevaarlike Kommunis wat die vermoë gehad het om die regering met wapengeweld te laat oorneem. Derhalwe is daar dan ook 21 polisiebeamptes onder die bevel van 'n kolonel gestuur om Fischer in hegtenis te neem. Party van hulle het in bosse en op 'n huis se dak in die omgewing geskuil om seker te maak dat Fischer (en wie ook al by hom was om hom te beskerm) nie kon wegkom of teenstand sou kon bied nie.
1899: SLAG BY GRASPAN
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 23 November moes die Republikeinse kommando's onder bevel van genl Jacobus Prinsloo met 2 500 man by Belmont wyk voor die oprukkende Engelse lord Methuen, wat met 10 500 man opdrag ontvang het om Kimberley te ontset. By Graspan het genl De la Rey hom by die magte aangesluit en het hulle posisie in die rante ingeneem.
Op 25 November begin Methuen die aanval met 'n hewige bombardement. Die barstende bomme tusen die granietklippe het die toestand vir die burgers onhoudbaar gemaak, en toe die Britse infanteriestormloop begin, moes hulle andermaal die wyk neem. Methuen sou eers in die bloedige slag by Magersfontein op 10 Desember 1899 in sy opmars gestuit word.
1497: VASCO DA GAMA SE RUILTRANSAKSIE
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Laatmiddag op hierdie dag het Vasco da Gama naby die huidige Mosselbaai anker gewerp. Hy was oppad na die Ooste – via die nuwe roete om ons Kaap, wat jare lank reeds deur die Portugese begeer en gesoek is.
Eers die volgende dag kon hy aan land gaan en presies die gebied se voorkoms bepaal – en eers op 1 Desember het Hottentotte hier van Angra de Sint Bras opgedaag om van hulle vee vir vreemde goedere soos klokkies en rooi musse te verruil Dit was die eerste handelsverbintenis tussen Europeër en inboorling op ons bodem.
1931: WESTMINSTER BEVESTIG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Balfourverklaring van 1926, wat die onafhanklike status van Suid-Afrika en die ander Britse Dominiums geformuleer het, het geen regsgeldigheid gehad nie. Om wetlike status daaraan te verleen moes dit eers in 'n Britse wet beliggaam word. Terselfdertyd moes die Colonial Laws Validity Act herroep word, want hierdie ou koloniale wet van 1865 het spesifiek bepaal dat geen dominiale wet strydig met 'n Britse wet mog wees nie.
Solank hierdie wet van krag was, was die Dominiums ondergeskik aan Brittanje.
1951: 1e GOUDSTAAF GEGIET
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Waar eens mielielande en 'n rustige, landelike atmosfeer was, is op hierdie dag die eerste goudstaaf in Welkom gegiet – vyf jaar nadat die ontdekking van goud in die OVS op 16 April wêreldkundig gemaak is.
Hierdie reuse nywerheidsgebied is deur kol. Deneys Reitz onder andere soos volg beskryf: "As kind het ek op die kruin van Koppie Alleen ten noorde van die huidige Welkom gesit en na die wildoortrekte vlaktes onderkant my gekyk. En nou soos toe, het daar groot troppe wild, bokke en wildebeeste aan die voet van die heuweltjie gewei..."
Die avontuurlike soektog en die goudbore het binne enkele maande die idilliese rustigheid in 'n sentrum van bedrywigheid omskep.
1858: ZAR VERENIG MET REPUBLIEK LYDENBURG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onderlinge verdeeldheid in die ZAR was in Desember 1856 vir die afskeiding van die Republiek Lydenburg verantwoordlik.
Voordat Lydenburg weer tot enige verenigingspogings sou instem wou hy eers sy posisie verstewig deur vereniging met die selfstandige republikeinse gemeenskappe van Soutpansberg en Utrecht.
Op 15 September 1857 is 'n verdrag met Soutpansberg gesluit.
VURIGE GEBED
Ds A.E. van den Berg
“Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag” (Jak.5:16).
Die mensdom is geweldig behep met krag. Hoe meer, hoe beter! Let maar net op die moderne meganika; masjiene raak al hoe kleiner, maar sterker. Dit wat 'n 1600cc masjien 20 jaar gelede gedoen het, verrig 'n 1100cc masjien vandag! 'n Paar jaar gelede kyk ek op TV hoe 'n groot boot wat met die destydse getygolf in Japan hoog en droog op land gelaat is, met masjinerie in die water teruggeplaas is en die toejuiging wat die bergingspan van die skare ontvang het. Ja, mense het eerbied vir krag. So ook vir mag, veral wanneer die skynbaar onmoontlike vermag word.