Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die wonder by Bloedrivier het gebeur omdat die Voortrekkers tot God gebid en onwrikbaar geglo het dat Hy hulle sal red. “Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Ps.33:12).
SEERS – DV?
SEERS - dit is die naam van die nuwe virus wat die Bill Gates-bende gekies het, SEVERE, EPIDEMIC, ENTEROVIRUS, RESPIRATORY SYNDROME 2025. So het hulle ook die datum van die nuwe pandemie gekies terwyl hulle pas daar in België, Duitsland weer 'n voorspel gaan hou het soos wat hulle in 2019 gedoen het net voordat die Koronavirus vrygestel is. Ons kan dus die SEERS-virus-kabaal binnekort verwag.
Toe ons nog kinders was het die ‘oumense’ dikwels gepraat van "as die Here wil". Sommige van ons wat nie meer so jonk is nie, doen dit steeds omdat ons die begrip daarvoor by ons ouers geleer het. Ons ouers het dikwels gesê "as dit die Here se wil is sal ons dit of dat doen" – in Latyn Deo Volente (DV). Dus, niks is vanselfsprekend nie, maar elke dag is 'n geskenk, ‘n gawe van God. Hierdie goeie ou tradisie het uit die volksmondverdwyn. Vandag hoor mens dit skaars. Is dit omdat die Grondwet nou “oppermagtig” is?
Alles dui daarop dat ons, ons land en ons wêreld, ‘n ekonomiese ramp tegemoet gaan. En by sulke gebeure moet mens vra: Cui Bono? Wie trek voordeel hieruit? As jy dít kan bepaal, dan weet jy wie die vuur aangesteek het wat nou nie geblus kan word nie. Die media, as die Judasbokke, ingespan deur die magte van onheil, verkoop steeds die storie dat dit ‘n Sjinees was wat ‘n vlermuis geëet het. Dis glo pasiënt Zero, daar waar alles begin het. Nou ja, waar nasionaal-gesinde mense dikwels deur links-liberales van samesweringsteorieë beskuldig word, klink hierdie vlermuis-storie eerder na ‘n wolhaarstorie.
Ons staan in die begin van 2025 waar die Geldmag weer ernstig van hulle laat begin hoor, hierdie keer met groter en sterkter dreigemente as tydens die Korona-virus-tydperk.
Die sterftesyfer van die Korona-virus was baie laer as wat voorgegee is. Of dit dieselfde sal wees met die STEERS-virus wat ‘n entero-virus is, anders as die Korona as griepvirus, sal die tyd ons leer.
In Suid-Korea is massa-toetse op die bevolking gedoen om die effek van die Korona-virus te bepaal. Hulle data dui op ‘n 1% sterftesyfer. Volgens Wikipedia was daar met 8 320 positiewe toetse net 81 sterftes. Dis veel minder as wat met griep die geval is. Maar mense weier om dit te glo, selfs in die aangesig van die naakte waarheid. Hulle verkies blykbaar om paniekerig te voel. Toestande van paniek is die ideale teelaarde vir histerie, irrasionale besluite en ook geweld. In die VSA staan mense lang toue by wapenhandelaars om wapens en ammunisie te koop want hulle verwag grootskaalse onrus. Dus, noodwendig gaan dit tot gevolg hê dat die weermag gaan ingryp – krygswet gaan afgekondig word. In Spanje is private hospitale deur die regering genasionaliseer en is die stappe wat regerings in talle state neem (ook uit paniek), eenvoudig verstommend. So sien ons voor ons oë hoe George Orwell se 1984 en Animal Farm in ons lewens werklikheid word.
Wat ons uit die Korona-kabaal geleer het, is dat die virus nie die groot wolf was nie maar wel die Geldmag – met hulle voorskriftelike reëls van toesluiting en veral met hulle gifinspuitings onder die voorwendsel van inenting teen die virus – wat toe uiteindelik met die gifspuite geslaag het om miljoene mense wêreldwyd te laat sterf. En ons moet nie vergeet dat hulle nog baie ver weg is van hulle uiteindelike doel om 7 biljoen mense te laat sterf nie. Maar daar is rede om te glo dat dit weer eens die reeds voorbereide inspuitings teen SEERS is wat die moordtog sal laat slaag - nie die virus self nie.
Ook sal ons seker in hierdie jaar beleef hoe ons bankrekeninge gevries word indien ons nie na die spul se pype dans nie. Mag die Here ons ook daar die krag en wysheid gee om nie ons siele verlore te laat gaan nie.
Ons volk hier in Suid-Afrika is tans geheel en al uitgelewer aan barbare wat hulle verbeel hulle weet presies wat om te doen met alles wat hier vir ons voorlê. Ons is in 'n absoluut haglike situasie. As geweld hier uitbreek is volksgenote uitgelewer aan die ‘genade’ van ‘n onbevoegde regering en ‘n patetiese, korrupte, swak opgeleide polisie- en weermag wat hoegenaamd nie sal huiwer om vir hulle rasgenote ‘in te staan’, eerder as om wet en orde te probeer handhaaf nie.
In hierdie onsekere tye wat op ons wag waar duistere magte ons land in chaos dompel en mense se lewens in die naam van ‘n virus van vooraf gaan probeer verwoes, moet ons besef: Alles gaan nie op ‘n gegewe dag net weer na normaal terugkeer nie. Alles gaan nie net weer ‘normaal’ wees nie. Die ‘nuwe normaal’ gaan gans anders lyk. Die magte van onheil het ‘n vuur aangesteek wat hulle self nie eers kan blus nie al sou hulle ook wou. Dis tog duidelik dat ‘n ekonomiese ramp die wêreld in die gesig staar. Dit het ‘n sneeubal-effek wat elke dag groter word.
Wat staan ons dan te doen? Eerstens, om alles te doen wat menslik moontlik is om onsself fisies te beveilig en toe te rus. Oor hierdie saak sal nou ernstig besin moet word. Maar daarby sal ons weer in nederige afhanklikheid teenoor die Almagtige God, soos ons ou Grondwet dit so pragtig gestel het, moet verklaar dat ons, omdat ons nie weet wat more inhou nie, die dag van more alleen met God se hulp sal aanpak. Ja, ons hulp is van die Here! Hy is die Beskikker van die lotgevalle van nasies. Alleen só sal ons DV (as die Here wil), more met geloofsvertroue aanpak, in skerpe teenstelling met die arrogante “we, the people”, soos dit in die nuwe Grondwet uitgebasuin word – daardie “people” wat se selfvertroue toe al die tyd so dun en min is dat hulle deur ‘n virus die hasepad (of is dit die vlermuispad?) gekies het!