NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie.  Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland.  Daarna word hy soos room - ryk en dik!

SKRYF NÓU JOU KOOPBRIEF...

... EN VERSEËL SÓ JOU ERFREG IN DIE LAND WAT GOD AAN JOU GEGEE HET

Jeanette Koekemoer

"Daar het die Here egter ook die belofte aan Jeremia gemaak dat Jerusalem nie net herstel sou word nie maar dat Israel en Juda se grondgebied ver buite sy grense sou uitbrei die dag as die Here hulle weer 'na hierdie plek terugbring – uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap - en hulle veilig laat woon...'   -  Lees Jeremia 32."

Suid-Afrika, ons voorspoedige en selfonderhoudende land wat met vaste tred op die pad na wêreldleierskap gestap het, is nou 'n Derdewêreldse land waarin misdaad, korrupsie, moord en verwoesting van alles wat met sorg tot stand gebring is, seëvier - op so 'n skaal dat die uiteinde daarvan, in die woorde van die Here, "...'n wildernis, sonder mens of dier", 'n gegewe is. Hierdie is nie 'n oordrewe siening wanneer die potensiaal van barbare gemeet word aan hul verwoestingsvermoë nie. Daarvan is talle voorbeelde dwarsoor die wêreld bekend. Suid-Afrika staan reeds in daardie statistiek opgeteken ná vernietiging van ons kernbedryf wat ten volle in ons elektrisiteitsbehoeftes kon voorsien, van ons uitvoerbedryf wat ons ekonomiese infrastruktuur gedra het; ons ryke grondstowwe wat nou aan buitelanders verkwansel word tot verryking van korrupte ampsdraers, en die ergste wag nog op ons wanneer die duiwel self onder sy kinders gaan losbreek in hul sogenoemde laaste fase van rewolusie met grootskaalse anargie, verwoesting en afbrand van alles wat voorkom.

Ons situasie in Suid-Afrika is nie uniek nie. En dít wat aanleiding gegee het tot die verval van alles rondom ons, ook nie.

Die oorsaak en sy gevolge is so oud soos die berge; dit is selfs in die Bybel aangeteken, geval ná geval, en kom woord vir woord ooreen met wat in ons land gebeur het: sondige volke word gestraf met heidense oorheersing, godlose barbare wat alles wat kosbaar is vernietig.

Suid-Afrika staan soos in 'n spieël na homself en kyk ook wanneer Jerusalem se geskiedenis herroep word waar Jeremia as profeet vir sy eie veiligheid in koning Sedekia se huis toegesluit is omdat die magte van Nebukadnésar, koning van Babel, hulle in Jerusalem beleër het. Daar het Jeremia aan koning Sedekia voorspel dat Jerusalem deur dié heidense koning ingeneem en tot 'n wildernis vernietig sou word.

Daar het die Here egter ook die belofte aan Jeremia gemaak dat Jerusalem nie net herstel sou word nie maar ver buite sy grense sou uitbrei die dag as die Here die kinders van Israel en Juda weer "na hierdie plek terugbring – uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap - en hulle veilig laat woon..." Lees Jeremia 32.

Só vas het hierdie belofte gestaan dat die Here ook daar vir Jeremia 'n kontrak vir die aankoop van 'n stuk grond laat teken het met die opdrag om die koopbewys in 'n kleipot te verseël tot die dag waarop hulle na Jerusalem sou terugkeer. Natuurlik was Jeremia baie skepties hieroor want die Chaldeërs was reeds besig om Jerusalem te verower; hy sou waarskynlik die grond nooit in besit kon neem nie. Maar in geloof het Jeremia ten einde die kooptransaksie afgehandel en kontant, sewentien sikkels silwer, aan die verkoper, sy neef Hanámeël, uitgetel.  Die brief is in tweevoud voor talle getuies geskryf en onderteken. Soos die gebruik was is een brief verseël en die ander oopgelaat.  Beide is voor die Joodse getuies aan Barug gegee om in die erdepot waarin dit lank behoue kon bly, gebêre te word.

Kom ons kyk na die redes waarom, en die manier hoe die Here hulle in sy toorn na ander lande verdryf het.

In sy eie woorde soos aan Jeremia gespreek, sê die Here:
"Want die kinders van Israel en Juda het van hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; (dus reeds 'n hele geslag) want die kinders van Israel het My deur die werk van hulle hande net geterg...
Want 'n oorsaak vir my toorn en my grimmigheid was hierdie stad vir My van die dag af dat hulle dit gebou het tot vandag toe, sodat Ek dit van my aangesig moet verwyder weens al die boosheid...
...om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,
dat hulle my die rug toegekeer het alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem.
Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig..."

So het Israel afgode gedien, "hoogtes van Baäl gebou" waar hulle afgode aanbid en selfs hul kinders geleer het om deur vuur te loop, 'n afgodsoffer waarvan die Here sê: " – iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe..."  

Die Here bevestig uitdruklik dat hiérdie die redes is waarom hy die stad in die hande van die koning van Babel oorgegee het aan "die swaard, en die hongersnood en die pes." Hierná sou Israel lank onderdane van die heidense konings in Babilonië wees voordat die Here hulle Jerusalem laat herbou en hulle grondgebied uitgebrei het, waarvan sy belofte lui:
"En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier... Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem... want Ek sal hulle lot verander."

Die Here het nie 'n behae in die onderdrukking van sy kinders nie – dit geld ook vir ons hier in Suid-Afrika. Sy begeerte spreek duidelik in sy belofte oor hoe dit sal wees wanneer Hy Israel na hul eie land terugbring:
"Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel...  Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek...
...Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie...
Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van duursame vrede."

Kan u die ooreenkoms tussen die omstandighede van die Boerevolk in Suid-Afrika, en Israel van destyds sien?  Die Here het 'n verbondsvolk oor wie Hy heers en waak, ongeag watter tyd hulle geleef het en waar Hy hulle gevestig het. Onder die leiding van leiers wat God met oorgawe dien, volg die volk daardie leiding en gaan dit met hulle en hul land baie goed. Kom daar misleiers aan bewind soos reeds vanaf die bewind van John Vorster, en veral FW de Klerk en sy bende, vind afdwaling van God se weë sonder uitsondering plaas. Dobbelhole ontstaan en word meer as kerke besoek, moord in die vorm van aborsies word gewettig, baälpriesters mislei die Christelike denominasie en die volk draai hul rug op God. Dit gaan soms vir 'n geslag of twee so voort sodat die kinders geen kennis meer van God het nie, en dan straf Hy hulle met oorheersing van heidense owerhede en die verwoesting van hulle land.

Suid-Afrika is geen uitsondering op hierdie 'resep' van God om terugkeer en herstel te bevorder nie want dit is wat dit is: 'n metode om ons tot ons sinne te dring om uit radeloosheid na Hom terug te keer. Hy pleit dan in sy Woord dat ons na Hom moet terugkeer sodat Hy ons land kan herstel. En Hy sál dit doen, nie omdat ons dit verdien nie maar omdat Hy 'n God van liefde is wat geen behae in ons lyding onder godlose owerhede het nie. Hy wag egter vir die regte tyd wanneer ons gereed sal wees.  En wat sal ons gereed máák hiervoor?  Genoeg lyding?  Genoeg moorde, hongersnood (waarvan die duisende blankes op straathoeke kan getuig), genoeg onreg en pyn?  Ons het die keuse om hierdie lyding kort te knip deur elkeen na Hom terug te keer "met my hele hart en met my hele siel" – presies soos Hy met ons wil doen.

Laat elkeen van ons gelouterde volksgenote dan daardie koopbrief in die teenwoordigheid van getuies in duplikaat skryf, in 'n kleipot verseël en in geloofsvertroue bly wag dat God ons grond wat ons duur gekoop en lank reeds met baie sikkels silwer betaal het, aan ons teruggee.

Wees gereed, daardie dag sál aanbreek!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1711 gaste aanlyn