NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling

KERK MOET LIEWER SY EIE DEMONE 'BEVRY'

Jeanette Koekemoer

RAPPORT berig op 2011-01-22 onder die opskrif  Betesenes braak en brul, oor jong mense wat soos diere brul, lag, teen mure uitklim, naar word en selfs winde laat, met ander woorde besete voorkom, en nou gaan NG Kerk-predikante glo hierdie demoniese manifestasies besweer met 'bevryding' (berig onder aangeheg).

Dit is ironies dat die kerk wat hierdie besetenheid in die eerste plek help bevorder nou skielik die held in die verhaal wil wees deur 'bevryding'. Dit herinner sterk aan die kommunistiese regime wat chaos, misdaad en moord bewerkstellig en dan as die 'redder' gesien wil word terwyl hulle niks aan die toestand verbeter nie. Suid-Afrika is vol van kerke wat in die naam van 'herlewing' en 'bevryding' self demoniese praktyke aanhelp.

'n Natalse koerant in Durban publiseer op 5 Oktober 1994 'n artikel met die opskrif "Pupils convulsed by mystery curse." Die inhoud: "Since September 9, dozens of pupils at a high school have collapsed into convulsions during which they babble wildly and scream. Locals believe the curse is either the result of the schools location on top of an old grave yard or because the school watchman has upset the spirit that watches over the school by teaching traditional martial arts to pupils, it said. The crisis reached it's peak during a school flag raising ceremony when 41 students fell to the ground screaming hysterically. The school and student's parents recently sacrificed 4 black goats in a bid to end the curse, but another 23 students were struck down last week." 

Rapport het ook verlede jaar berig dat die NG streeksinode van Natal gemeentes in dié gebied aangemoedig het om sprekers van die Reformed Church in Africa (RCA) uit te nooi om hulle oor dié onderwerp te kom onderrig omdat RCA-leraars glo heelwat van die bevryding weet. Deur wolf só skaapwagter te maak het daar juis vreemde invloede van buite in die kerk gekom en is daar talle kerke wat Christene op 'n geloofsdwaling stuur. Die een waar mense soos diere brul, onbeheerd lag, en hulle totaal onbehoorlik gedra het ook van buite na Suid-Afrika gekom in die naam van 'herlewing'. Sal die NG-dominee se 'bevryding' anders wees?
Moontlik het u nog nooit gehoor van die "Lag-in-die-Gees" nie,  ook genoem die "Toronto Blessing". Dit is 'n verskynsel wat in die naam van 'herlewing' jare gelede in die VSA posgevat het en na baie lande, ook Suid-Afrika, oorgewaai het. Dit is 'n geloofsdwaling deur sogenaamde geestelikes waartydens hulle kwansuis die Heilige Gees oor gemeentelede tydens 'n diens uitstort, wat dan by die besoekers manifesteer as 'n onbeheersde oorboordgooi van alle inhibisies in die liggaam, siel en gees. Dit beheer die persoon se gemoed geheel en al en word in baie charismatiese kerke deur massahipnose uitgevoer. Die waarheid is dat dit in werklikheid demone van Satan is wat van die persoon besit neem.

In Buenos Aires, Argentinië was daar 'n sekere pastoor Claudio Friedzon wat na die VSA gereis het nadat hy 'n boek van Benny Hinn gelees het, en hy Hinn by een van sy dienste ontmoet het. Friedzon het teruggekeer na Buenos Aires en as 'n "veranderde pastoor" vorendag gekom met eienaardige manifestasies.  Benny Hinn is bekend vir sy valse leringe oor die Heilige Gees.

In Toronto het Christene van alle denominasies saamgekom in 'n klein charismatiese kerkie, die Airport Vineyard Fellowship, waar hierdie sogenaamde herlewing uitgebreek het. God is glo daar "gesien, ondervind en gevoel." By al die dienste is mense aangetref waar hulle op die vloer lê, sommige rondrol terwyl meeste totaal buite beheer aan die lag is. Histeriese lagbuie is een van die manifestasies asook 'n rondrollery op die vloer, 'n beswymingstoestand wat heeltyd tydens die diens kan duur.

In die Verenigde Koninkryk waar hierdie verskynsel volop is word dit 'herlewing' genoem. Die man wat hierdie gees van misleiding na Suid-Afrika gebring het is Rodney Howard-Browne wat ook van die dienste in Toronto gelei het. Hier het dit ook soos 'n veldbrand versprei onder veral CFI en IFCC charismatiese kerke, daarna na sommige AGS en ander Pinkster-gemeentes as gevolg van uitruilende predikers .

'n Man wat jare lank baie moeite gedoen het om Christene teen hierdie sluipende gedierte te waarsku is dr James van Zyl, 'n mediese dokter wat voor sy bekering self hipnose as 'n vorm van terapie vir sy psigiatriese pasiënte gebruik het. Sy verklaring is dat hy nie daardie tyd besef het dat hipnose okkulties is nie maar het dit volkome neergelê en daarteen standpunt ingeneem omdat die persoon wat hipnose toepas, beheer probeer verkry oor sy gehoor of pasiënt se gedagtes en gedrag. Gewoonlik begin dit met outo-suggestie waarop sommige mense maklik reageer deur  opdragte uit te voer.

'n Video van Rodney Howard-Browne toon 'n bekende tegniek om die "maklike" mense uit te sonder. Nadat hy hulle aangemoedig het om te ontspan en "hulle-self te laat gaan", maak hy  die stelling aan sy gehoor dat hulle sal voel hoe die warm olie van die Heilige Gees oor hulle kom (outo-suggestie). Aan diegene wat dan hierdie warm gevoel gekry het, (die ideale kandidate vir hipnose) word gevra om vorentoe te kom waar hulle die "blessing" sal ontvang. Dan beveel hy hulle om gevul te word met wat hy noem die Heilige Gees waarna hulle ten volle onder sy beheer is. Ek het ook 'n video van Benny Hinn gesien waar hy dieselfde tegniek gebruik en hy die hele gemeente so volkome beheer dat hy hulle met een gebaar omblaas en almal platlê nadat hulle agteroor geval het tydens ontvangs van die 'Heilige Gees'.

Wanneer 'n persoon gehipnotiseer is, bly hy onder die invloed van die hipnotiseerder en die kleinste stimilus sal hom terugplaas in dieselfde toestand. Op die video van Rodney Howard-Browne stel hy vas dat 'n jong meisie ook die vorige aand by sy diens was. Toe sy dit bevestig, klik hy sy vingers, en daar begin sy onmiddellik weer onbeheersd lag. Daarna begin die meeste van die besoekers so lag en talle val op die vloer en rol rond, maak dieregeluide en blaf ook soos honde. Daar is ook diegene wat só dronk is dat hulle nie kan staan of loop nie, en ander lê in beswyming vir ure aaneen. Geen selfbeheersing bestaan op hierdie stadium meer nie, net  onordelikheid. Toe mense gekies het om hulle wil onder beheer van 'n ander persoon te plaas het daar chaos ontstaan, en dít in die sataniese leuen asof dit ons God van orde se manier sou wees om sy Heilige Gees aan sy kinders te gee.

Dr James van Zyl vertel toe hy nog 'n mediese student was, hy praktiese opleiding by 'n gestig vir verstandelik versteurdes by Weskoppies in Pretoria gedoen het. Hierdie instituut het verskeie gevalle van gevorderde verstandelike afwykings gehuisves. Onder andere was daar die gevalle van Hebephrenic Schizophrenia, en baie interessant is die feit dat hierdie afwyking ook gepaard gaan met onbeheersde gelag en buitensporige optredes wat ooreenkom met wat in kerke gesien word.  Net soos daar in die gestig waar die demoniese mag in die pasiënt manifesteer, die lag 'aansteeklik' is en almal rondom die persoon aan die lag gaan, gebeur dit ook in baie kerke. Opregte Godvresende gelowiges gaan kertoe en word blootgestel aan dergelike demoniese magte.  En as hierdie gedagte vir u vergesog klink, moet u gerus so 'n gestig gaan besoek en die personeel vra om 'n pasiënt uit te wys wat aan so 'n toestand ly.

Dr Van Zyl het later in sy mediese praktyk in Stanger ongeveer 600 psigiatriese pasiënte behandel en baie ondervinding opgedoen wat hom oortuig het dat Hebephrenic Schizophrenia niks anders as demoniese magte in werking is nie.

Wanneer die element van gebrek aan beheer in so mate teenwoordig is soos hierbo beskryf, kan dit nie die Heilige Gees wees nie want ons het 'n waardige God van orde. Ons kan jubel en oorvloedige blydskap toon in die Teenwoordigheid van die Here waar en wanneer ons ookal met Hom ontmoet, maar die manifestasies wat voorkom saam met die lag-gees grens aan afstootlike histerie.

Ware Christelike herlewing kan uitgeken word aan wat voorafgegaan word. Daar moet selfondersoek en diepe berou wees by mense wat opreg na die Here soek, en hulle hartstogtelike behoefte aan sy Genade oor hulle sondige toestand blootlê. Hulle beroep hulle in ootmoed op sy vergifnis en barmhartigheid en ontvang dit in nederigheid sonder vertoon en wanorde. Hierdie Lag-in-die-gees-'herlewing' is nie vooraf gegaan deur enige van hierdie dinge nie, inteendeel, die selfverhoging en humanistiese leringe laat 'n nog groter vraag oor hierdie gelag en rondrollery ontstaan.  Min klem word op die prediking van die Woord gelê terwyl die 'ondervinding' nou die belangrikste aspek word. Nie een van die Skrifverse wat so graag aangehaal word deur hierdie geestelike bedieners waarin alle klem op 'blydskap' geplaas word, praat van 'n uitspattige gelag en 'n gerondrollery nie.  Hierdie 'herlewings'-predikers plaas self hierdie onordelike 'blydskap' daarin en so word duisende mislei.

Dalk moet die NG Kerk eers hulle eie huis skoonmaak voordat hulle mense van demone kan "bevry".

 

BERIG: BESETENES BRAAK EN BRUL

Dít is die soort manifestasies van duiwelbesetenheid waarmee hy al te doen gekry het en wat hom noop om demone uit die lewe van mense – selfs so jonk as 10 jaar – te help verdryf, sê ds. Pieter Fourie.
Dié predikant van die NG gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp aan die Wes-Rand het die afgelope week die gesig geword van ’n debat oor die bediening van bevryding (soos die beswering van demone en vloeke bekend staan) in die NG Kerk.
Dít nadat Fourie op ’n Facebook-blad die volgende diens aangebied het: “Dink jy iemand het dalk jou of jou familie getoor of vervloek? Spook dit in jou huis? Bel my of los ’n boodskap.”
Na aanleiding daarvan het Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, die NG Kerk se lyfblad, Fourie op Facebook met ’n “wit sangoma” en “bossiedokter” vergelyk. Die debat wat gevolg het, het die bediening van bevryding weer in die kollig geplaas. Bevryding word al meer in die NG Kerk beoefen.
Die kwessie gaan onder meer later vanjaar op die algemene sinode bespreek word.
Na verneem word het die storm om Fourie se bedrywighede selfs tot spanning in sy gemeente gelei.
Op ’n kerkvergadering Woensdagaand het die gemeente Fourie gevra om sy openbare uitsprake oor geestelike oorlogvoering voorlopig te staak totdat die gemeente ooreen kan kom oor hoe daar oor die saak gepraat sal word.
Volgens ds. Jannie Pelser, Fourie se medeleraar, is bevryding nie deel van Fourie se amptelike taakbeskrywing nie en hy doen dit in sy private hoedanigheid.
Rapport het egter vroeër die afgelope week met Fourie, wat veral graag onder jong mense werk en die bynaam “MXit-dominee” het, gesels.
Hy sê hy gebruik nie allerlei eksotiese rituele soos heilige water of die strooi van sout om demone uit mense te verdryf nie, maar bloot gebed en sondebelydenis.
Soms sal hy ook mense met olyfolie salf “sodat die vyand daarna van hom wegbly”.
Hy vertel dat hy by geleentheid al geeste uit brullende kinders van so jonk as 10 help verdryf het.
“Baie jong mense ondersoek die okkulte. Hulle kyk na Harry Potter en ander okkultiese goed.”
Mense wat deur duiwels ingevaar word, maak glo allerlei dieregeluide, vomeer en laat selfs winde.
Maniere waarop mense onder die invloed van demoniese magte kan kom, is volgens hom wanneer hulle Afrika-maskers en Boeddha-beelde in hul huise het, asook deur speletjies soos glasie-glasie en in minstens een geval ’n kind wat “met ander mense ’n bloedverbond in ’n grot gesluit het waarna hulle vir hom iets gegee het om te drink”.
“Ek was nou die dag by ’n vierjarige. ’n Dominee het kort vantevore tydens ’n kinderpreek ’n aapmasker opgesit en sedertdien kry die kind elke aand nagmerries. Die kind was vreesbevange en die duiwel het daardie vrees gebruik.
“Toe gaan ek na die huis en sê vir die kind om die aap te teken sodat ons dit kan verbrand. En toe bid ek subtiel: ‘Vader, kanselleer die plan wat die vyand met dié kind gehad het’. En toe salf ek hom.”
’n Beleid ingevolge waarvan kerk­rade en ringe toesig moet hou oor predikante wat duiwels uit mense dryf, kan heel moontlik later vanjaar deur die NG Kerk aanvaar word.
Die bediening van bevryding, soos geestelike oorlogvoering teen demone en vloeke bekend staan, is die laaste jare al hoe meer prominent op die kerk se agenda.
Hoewel ál meer predikante dit geesdriftig beoefen, is daar ook kritici wat meen dit is soms ’n vorm van geestelike misbruik (veral teenoor jong kinders wat geglo word besete is).
Op die vorige algemene sinode (in 2007) is ’n verslag oor die onderwerp bespreek, maar omdat baie afgevaardigdes ontevrede was oor argumente in dié verslag dat Satan en sy trawante moontlik nie letterlik bestaan nie, is die kwessie vir verdere studie terugverwys.
Rapport het ook verlede jaar berig dat die NG streeksinode van Kwa­Zulu-Natal gemeentes in dié gebied aangemoedig het om sprekers van die Reformed Church in Africa (RCA) uit te nooi om hulle oor dié onderwerp te kom onderrig omdat RCA-leraars glo heelwat van die bevryding weet.
’n Nuwe verslag sal nou op vanjaar se sinode voorgelê word. Die verslag, wat later vanjaar bespreek sal word, is nog in wording en het geen amptelike status voordat die sinode daaroor gestem het nie, het dr. James Kirkpatrick, voorsitter van die NG Kerk se taakspan vir leer en aktuele sake, aan Rapport gesê.
Dit sal waarskynlik groot klem lê op die tradisionele Christelike leerstelling dat die bose reeds deur Chris­tus oorwin is en dat duiwelse magte geen bedreiging vir ’n ware gelowige inhou nie.
Ruimte sal egter geskep word vir diegene wat wel geroepe voel om so ’n bediening voort te sit, het Kirk­pa­trick voorspel. Hy meen egter kerkrade en ringe sal gevra word om toesig te hou oor die predikante in hul gebied wat die bevryding beoefen.
“Dit sal ’n groter klem op verantwoordelikheid plaas. Dit sal ook getrouheid bring aan die boodskap van Christus se oorwinning. En dit sal mense beskerm teen misbruik deur beraders wat geen opleiding het nie. In baie gevalle word bevryding verkeerdelik aan mense bedien wat eerder na ’n psigiater verwys moet word.”
Kirkpatrick maan ook teen ’n “magiese en animistiese lewensbeskouing” wat die duiwel in voorwerpe soos Afrika-maskers of eksotiese tapyte soek. Dit is volgens hom vreemd aan die evangelie van Christus se oorwinning oor die duiwel.
“Ware bevryding is eintlik om die boodskap van Christus se verlossing te verkondig.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1879 gaste aanlyn