Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Oumense wie se harte jonk bly, is ‘n sieraad vir hul geliefdes en hulle gemeenskap. Ouderdom is dus ‘n geval van geestesingesteldheid en nie van jare nie.
SLAGOFFERS VAN KLEINGELOOF
Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Dit kom voor of ons volk 'n hulpeloosheid ervaar wat ons totaal weerloos laat. 'n Gebrek aan 'n positiewe toekomsverwagting is 'n duidelike teken van geloof wat plek maak vir kleingeloof. Wat is doelloosheid, rigtingloosheid en hopeloosheid anders as 'n tanende geloof? Dan neem Satan, die owerste van hierdie wêreld, ook in die gelowige se lewe oor.
Al waarom hierdie demoniese magte nou so sterk en magtig lyk, is omdat ons dit toelaat! Ons glo elke woord wat die duistere magte en hulle propaganda aan ons opdis en verroer nie 'n vinger om iets daaromtrent te doen nie. Vra jouself net 'n paar vrae oor wat jy "doen":‒
- In 'n verkiesing, stem jy onbybels vir die DA of ANC of EFF? Dit is immers kommunistiese partye wat anti-Christelik is en is buitendien vreemde volke. Daar is nie 'n verskil tussen hulle nie, behalwe populariteit.
- Doen jy iets om Afrikaans as eie taal te bevorder en ons kultuur en geestesgoedere te beskerm?
- Help jy om ons kinders en kleinkinders se skole in stand te hou? As jy toelaat dat ons skole andervolkiges inneem, sal alles wat ons volk se eie is, tot niet gaan.
- Veg jy daarteen dat ons Afrikaanse kerke vir ander volke oopgestel word? Toelating is afbrekend vir ons volk sowel as vir ander volke.
- Vrees jy die volkvreemde regering om politieke redes? Dit is onnodige vrees en toon eerbied vir bose magte. Daar is van ons volk se kerke en skole en besighede wat gedwongenheid weerstaan en bo uitkom.
Die vuurproef van die individu se vryheid en sy wil om die kwaliteit van sy lewe te beskerm, lê in sy houding teenoor hierdie afbrekende pogings wat blyk blufspel te wees. Hoe voel jý teenoor die magte van die duisternis? Die geesteskrag in die Bybel en in ons self te vind, is sterker as enige regering. So het ons voorouers bewys.
Dit wil voorkom of die moderne mens 'n gebreinspoelde sondebok geword het wat elke dag sy bevele kry uit die "nuus" wat aan hom opgedis word, terwyl hy in dieselfde asem enige idee van 'n wêreldwye bose sameswering ("magte van die duisternis") met minagting sal verwerp! Die moderne mens is darem veels te gevorderd om aan sulke bygeloof te glo! So het die moderne mens die ideale slagoffer van hipnotisme en kleingeloof geword juis omdat hy glo dat as kroon van die Skepping hy enige mag van die bose oor hom verwerp. Intussen is hy vasgevang in spreekwoordelike dwelms, onvermoë om te dink, beginselloosheid, ontdaan van die Bybel.
Daar is net een ongeneeslike siekte, naamlik niksdoen. As jy nie wil besef dat jy siek is nie, kan jy nie genees word nie. Die niksdoen mens hoef nie te sien nie - hy het alles klaar gesien soos hy dit wil sien, dit is soos geestelike vyande dit in sy kop geplaas het. Die res laat hy oor aan die "kenners" - dit is nou hulle wat hom verder sal wysmaak hoe bewonderingswaardig hy is om saam te speel met niksdoen en 'n slaaf te wees. Hy bewonder hulle omdat hulle hom vlei. Dit is dan ook die basis van elke vals geloof, kerk, beweging, party en sisteem: Hulle vertel aan die moderne mens dat gerieflik lewe en niksdoen goeie eienskappe is. Die fout lê elders (buite homself), dus moet ons ‘n koolkop wees.
Die popsterre en filmsterre (en selfs sportsterre) en die okkultiese simbole wat ons en ons kinders aanhang, getuig van hierdie gevorderde staat van breinspoeling. Demoniese magte het meeste van ons beetgepak - dog in 'n toestand van amperse beswyming - word steeds aan ons lippe gehang.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Ja, ons stryd is nie teen onbeskaafdheid of regering van die dag nie, maar teen onsself. Die magte van die duisternis, insluitend die regering en verkondigers van losbandigheid, het beheer oor ons om willoos te wees. Laat ons (jy ook) ophou met niksdoen teen die werke van die duisternis; laat ons (almal) die wapens van die lig opneem. Satan is netso sterk soos wat ons hom toelaat om te wees. Hou op om doelloos te fladder soos 'n afvlerk voël.