Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jou lewe donker?
“Kom, huis van Jakob en laat ons wandel in die lig van die Here!” (Jes.2:5)
DA – ANC REGERING
‘N STEM VIR DIE DA WAS TOE ‘N STEM VIR DIE ANC!
Met die pas-saamgestelde “Government of National Unity” waarin die DA en die ANC die hoofrolspelers is, word ou geesgenote eindelik onder dieselfde sambreel verenig.
Die DA se wortels kan teruggevoer word na 1959 toe die Progressiewe Party gestig is. Daar was ‘n paar naamveranderings totdat dit uiteindelik die huidige Democratic Alliance geword het, met die belangrikste daarvan die Progressiewe Federale Party (PFP) wat dekades lank die Amptelike Opposisie in die parlement was. Vanuit daardie banke is aanhoudend gekerm vir stemreg aan die Swartes en vir ‘n “nie-rassige een-mens-een-stem bedeling” vir Suid-Afrika. Met die nuwe bedeling wat in 1994 ontstaan het onder beplanning van die Broederbond deur middel van uitverkoping en verraad deur die leiers van die Nasionale Party (NP) en die Konserwatiewe Party (KP) onderskeidelik, is hierdie ideaal van die Progressiewes uiteindelik bereik. Die ondenkbare het gebeur: die eertyds trotse, Afrikanergesinde NP het namens die Progressiewes, Jode en ander duistere wêreldmagte die politieke mag aan die Swart massas oorhandig en daardeur ‘n einde gebring aan Blanke heerskappy oor ons vaderland.
Dit is dus ‘n logiese konsekwensie dat die DA eindelik in die Swart regime opgeneem word, aangesien hulle hul van selfs voor doktor Verwoerd se sluipmoord vir hierdie bedeling beywer het.
Daar is ideologies gesproke weinig tot geen verskil tussen die DA en ANC nie. Dit kan byvoorbeeld gesien word uit die volgende aanhaling oor grondhervorming (lees: weggee van Blanke grond aanSwartes) vanuit amptelike DA beleid:
Progress in achieving equitable land ownership has been very slow and the ANC government’s land reform approach has not been successful in establishing an emerging class of commercial farmers.
Of in hul ooreenstemming met die ANC se sosialisties-kommunistiese beleid:
Increase the child support grant to the same level as the official food poverty line. This means that the child support grant, under a DA government, will be increased from R510 to R760 per month.
Hulle deel dieselfde norme en waardes en strewe selfs daarna om die ANC daarin te oortref. Die Joodsbeheerde DA is niks anders nie as ‘n “Wit” ANC.
Die DA, soos enige ander pragmatiese instelling, laat hulle hul lei deur omstandigheid eerder as beginsel. Daarom was dit vir hulle maklk om ná die pas-afgelope verkiesing hul rug te draai op die tiental ander partye waarmee hulle ‘n koalisie gesmee het en eerder hulle seile na die wind te span deur opgeneem te word in die GNU! Dit, ten spyte van hulle wekroep voor die verkiesing saam met die alliansie-vennote dat die ANC ten alle koste gestop moet word, en dat dit allernoodsaaklik is om ‘n verdere 5jaar ANC-bewind te verhoed. Maar twee weke na daardie verkiesing vat die DA hande met die gewraakte ANC as politieke vennote!?
Daardie soustrein-posisies lyk darem maar net te verleidelik…
Hierdie is poltieke oneerlikheid en manteldraaiery in die oortreffende trap. Die arme Blanke kieser wat hulle by die stembus ondersteun het wil elke haar uit sy kop trek.
‘n Stem vir die DA was toe inderdaad ‘n stem vir die ANC!
Wat wel duidelik uit die verkiesingsuitslae afgelei kan word is dat die DA, soos die EFF, sy kruin bereik het. Nadat die DA in die vorige verkiesing 5% steun verloor het moes hulle desperaat nuwe planne beraam. Vandaar die geboorte van ‘n veelparty-alliansie wat kwansuis die ANC moes ontsetel. Die hele oefening het tot gevolg gehad dat die DA ‘n skamele 2% steun gewen het, en nog steeds 3% minder steun geniet as in die 2014-verkiesing.
As al die vennote van hierdie alliansie se voor- en na-verkiesing-seteltal bereken word, dan besef mens dat die 7 ekstra setels wat na die verkiesing deur die Alliansie-vennote verkry is, maar ‘n skamele 1,75% groei in hulle parlementêre verteenwoordigheid behels! Al die groot geraas het duidelik nie hulle kiesers beïndruk nie. Hierdie foefie van die DA was dus ook futiel en daarom kan die voorspelling gewaag word dat die DA uiteindelik sal opgaan in die ANC net soos die NNP met Kortbroek Marthinus destyds. In ag genome hulle sterk ideologiese ooreenstemming sal dit ook glad nie verbaas nie.
Die DA sal natuurlik ook met hierdie skuif die grootste deel van sy Afrikanersteun verloor. Hierdie jakkalsdraai van die DA sal die laaste strooi vir hulle wees. Dit beteken noodwendige verdere drastiese agteruitgang vir die DA by die stembus, wat die vermoede versterk dat hulle eindelik in die ANC sal verdwyn.
Groot getalle Afrikaners het hulle gelukkig nie deur hierdie politieke streke en truuks laat mislei nie. ‘n Groterwordende aantal volksgenote het nie aan die veelrassige stemmery deelgeneem nie. U is weereens reg bewysdeur die voortgaande klugspel wat nou so pragtig ontvou!
Dat die liberalis nie die Afrikaan en Afrika-politiek verstaan nie, is duidelik te siene in die naïewe geloof van die DA dat hulle‘n verskil kan maak deur “keeping the ANC to higher accountability” soos die liberale media graag uitbasuin. Wat die geskiedenis ons deur Piet Retief se blindelingse vertroue oor die barbaar geleer het sal ons nou weer sien herhaal in die Government of National Unity.
En wanneer die verswelging volledig is en alles uiteindelik tot stillstand knars en ineenstorting noodwendig daarop volg, sal ons weer die kanskry om ons vryheid te herwin! Mag dit vroeër, eerder as later plaasvind!
Só bid ons in stilvertroue!