Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom het sommige van ons meer insig en wysheid as ander? Dawid het gesê God se gebooie maak hom wyser as sy vyande, verstandiger as al sy leermeesters, en dat hy meer verstand het as die ou mense, WANT: Hy het God se bevele gehoorsaam.
WAT IS JEUGDAG?
Johan Dorfling
Hierdie dag in Suid-Afrika het sy oorsprong by die opstande van ouer skoliere op 16 Junie 1976 in Soweto. Daar is steeds nie duidelikheid oor die rede vir die opstand nie omdat verwarrende berigte deur joernaliste die wêreld ingestuur is. Die regering het 'n ondersoek gelas om agter die waarheid te kom, maar onrusstokers wat ondergronds te werk gegaan het, het daarin geslaag om feite toe te smeer. Dat hulle hulself weerspreek het, is duidelik uit hulle bewerings.
Aan die een kant is beweer dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot gewelddadige verset gelei het. Let wel deels.
Dan beweer die opstokers dat Bantoe-onderwys beveel het dat Afrikaans, wat as die "taal van die onderdrukker" beskou is, as een van die onderrigmediums op skool ingestel word. Nou was dit skielik nie meer deels nie, maar verpligtend.
Ook is beweer dat, weens die regering se tuislandbeleid, is geen nuwe hoërskole tussen 1962 en 1971 in Soweto gebou nie. Daar is gemeen dat die skoliere na hul onderskeie tuislande moes terugkeer waar nuwe skole vir hulle gebou is en hulle in hulle eie tale deur hulle eie onderwysers onderrig kon word. Wat nie bygesê is nie, is dat hulle moeders grotendeels daar gewoon het. Die vaders was meestal trekarbeiders. Dit is die moeders wat hulle kinders die beste opvoeding kon gee.
Sonder dat dit vooraf ter sprake was, word agterna bygesleep dat die regering meer aan blanke kinders se onderwys bestee het as aan die onderwys van 'n swart kind. Hoe daarby uitgekom word, is vaag omdat skoolgeboue vir swart kinders gebou is waar hulle onderrig in hulle eie tale kon kry. Hierdie skole het uit moedswilligheid leeg gebly.
Op 16 Junie het skoliere op verskillende plekke in Soweto bymekaargekom met die doel om by die Orlando-Wes sekondêre skool te vergader. Wat hulle presies beoog het, het nooit aan die lig gekom nie. Dat hulle tot geweld opgesweep was, was duidelik. Die Buro vir Staatsveiligheid, wat in beheer van binnelandse veiligheid was, is onverhoeds betrap. Die polisie is ontbied om die marsjeerders te keer. Hulle het die jong skare beveel om uiteen te gaan en, toe hulle veglustig weier, is polisiehonde as afskrikmiddel vertoon en traangas gebruik. Joernaliste het later sonder foto's wat verwag kon word, berig dat hulle gesien het hoe 'n polisieman sonder waarskuwing met sy rewolwer op die skare skiet. Ander polisiemanne het volgens hulle ook sommer net begin skiet. Dit is nooit bevestig nie. Waar is die joernaliste se verwagte foto's van polisie en van leerlinge om hulself te bewys?
Die skoliere het simbole van apartheid, soos regeringsgeboue en munisipale biersale, asook die voertuie van ondernemings aan die brand begin steek. Hulle het nie eens geweet hoekom hulle dit gedoen het nie. Voertuie vir die bestryding van onluste het opgedaag. Omdat die leerlinge, met opstokers in skaapklere onopsigtelik tussen hulle, so aangehits was dat hulle met geweld voortgegaan het, moes die polisie tot geweld oorgaan. Die gevegte tussen skoliere en die polisie het tot in die nag voortgeduur. Waarom sou kinders so optree? Hoekom het joernaliste die opstokers nie afgeneem nie?
Die nagevolge van hierdie gebeurde was dat die latere volkvreemde regering die dag tot 'n openbare vakansiedag verklaar het. Let op dat dit 'n plaaslike wanordelike gebeurtenis was, gepleeg deur opruiers en onkundige ondenkende leerlinge, wat in een buurt plaasgevind het wat nou sonder nadenke tot 'n landswye kordaatstuk verhef word. Van die hele land word verwag om jeugdag te vier terwyl ons Afrikanerkinders niks daarmee te doen gehad het nie. Die aanhitsers moet opgespoor word en aan die pen ry.
Nog 'n noodsaaklike grondliggende vraag wat doelbewus onbeantwoord gelaat word: Waarom word blanke kinders onverdiend by die sinnelose gebeure ingetrek? Daar moet by die waarheid gehou word sonder om van dit wat ter sake is, af te wyk.