Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees gerus - gelowiges het geen beproewing waarvan die Here nie weet nie. Niks gebeur met ʼn gelowige waarvoor God hom nie krag gee nie. Daarom sluit Dawid die Psalm met die volgende woorde af: “Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my; U is my hulp en my redder…” (Ps.40:18).
ONS GEBOORTEREG GEROOF
Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunistiesgedrewe terroristebendes, is gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk is deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig terwyl hy die een gemeenskap is wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" ons geboorteland eerloos kon oorgee aan die vyande.
In die land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Die virus-kabaal het ryklik bygedra tot verarming van die Afrikaner en is ons nou ekonomies verkneg tot bedelstand. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
Die Engelssprekende groep van Suid-Afrika het niks prysgegee nie. In terme van kulturele en politieke invloed het hulle onmeetlik gewen. Suid-Afrika het in naam van "African nationalism" 'n Engelse land geword, met die Engelse taal oppermagtig, met Engelse verteenwoordigers in onverkose invloedryke posisies en met Brittanje (en Amerika) in koloniale afstandsbeheer.
Ook geen ander gemeenskap — Kleurling, Indiër of Swart, het enigiets prysgegee nie. Hulle sosiale invloed is ontsaglik vergroot en hulle oorname van die parlement, die provinsiale wetgewers en plaaslike owerhede, die staatsadministrasie, die regswese, die onderwys, die joernalistiek en die ekonomie het met reuse spronge gevorder tot hulle alles gekry het.
Die Afrikaner egter, wat die ekonomiese middelstand in Suid-Afrika gevorm het deur hulle posisie in die landbou, die klein en middelslag sake-ondernemings en die amptenary van die staat en die staatskorporasies, is progressiewelik deur 'n doelgerigte beleid uit die ekonomiese stroom aan wal gestoot.
"Middle class blown out of the economic water", het Sunday Star reeds op 8.9.91 berig. En die "middle class" was die Afrikaners. Maar dis te begrype want reeds in 1976 het dr Frans Cronje, nogal ‘n Afrikaner en toe president van Nedbank, gesê "The living standards of Whites must drop, but that of the others cannot be allowed to drop". Die “blown out of the economic water” was die resultaat van 'n jarelange sosio-ekonomiese beleid wat gevolg is om rykdom te herverdeel deur die Afrikaners se besittings van hulle weg te neem.
Cronje, woordvoerder van die georganiseerde Geldmag het dus of aan die Vorster-regering voorgeskryf dat die Blankes (Afrikaners) se lewenstandaarde afwaarts gedruk moet word, of hy het uitdrukking gegee aan wat reeds aan die Geldmag bekend was as regeringsbeleid.
In ooreenstemming met wat Cronje in 1976 gesê het, het Rapport op 3 April 1977 geskryf: "Blankes raak al hoe armer". En The Star (11 Jan. 1978) het geskryf "The living standards of Whites have been falling during the past five years and those of the Blacks have been rising sharply" -presies wat die Geldmag by monde van Cronje bepleit het. Die Staat se Jaarboek van 1981 het die berowing van die Afrikaners/Blankes gekwantifiseer. "Die reële inkomste van Blankes", is daarin verklaar, "het gedaal met 5,6 persent teenoor dié van die Swartes, wat gestyg het met 7,4 persent" — klaarblyklik as doelbewuste beleid om Afrikaners sosiaal en ekonomies te verswak. So is duisende huisbesitters en plaaseienaars tot insolvensie gedwing.
"South African families are being hit by summonses for debt at the record rate of more than 64 000 per month" (The Star, 31 Jan 1984) "700 boere elke maand gelikwideer" (Beeld, 24 Januarie 1992)
So is die Afrikaners ekonomies ontmagtig ter voorbereiding vir die militêre en politieke kapitulasie aan 'n swart terroristebende wat nooit 'n oorlog teen die Afrikanervolk sou kon wen nie en nooit ‘n land sal kan regeer nie as gevolg van hulle sug na geld, korruptiewe denke en veral hulle onvermoë.
Vanuit die verswakte posisie van die Afrikaners word die ekonomiese oorlog teen hulle voortgesit deur die huidige Swart regime. Onderwys vir Blankes word al duurder en duurder. Universiteitsopleiding vir Afrikaners word al hoe meer onbekostigbaar, terwyl Swartes miljoene rande skuld aan universiteite. Grondbelasting en dienstetariewe in stede en dorpe word al hoe meer verhoog om te vergoed vir die nie-betaling van gelde in Swart buurtes. Die pryse van brandstof word telkens verhoog om onder andere ook inkomste te verskaf vir die uitspattige besoldiging van al hoe meer mense wat al hoe minder bevoeg is om die staat se sake te hanteer. Voeg daarby die onuitspreekbare korrupsie in die ANC-regering deurentyd en nou in eerste rat met die groot Covid-skenkings van die Geldmag, besef mens weer eens dat die regime hulself nie kan help nie, nog minder die bevolking van die land en dat ons op ‘n enorme ekonomiese ineenstorting afstuur.
Reeds lank voor die Covid-sage ons getref het, het 'n groot armblankedom van Afrikaners ontstaan, waardeur gesinne gedwing is om in Swart plakkerskampe te gaan woon of in tente op oop terreine, ander totaal haweloos. Sedert die begin van die virus-kabaal tot nou het daar reeds drie miljoen nuwe werkloses bygekom en dit is maar net die punt van die ysberg Nou moet hulle in strate bedel om aan die lewe te bly. Dit is die Nuwe Suid-Afrika waarin die Afrikaners die skyf van uitbuiting deur die huidige Swart regime is. Dit is die skandelike onreg wat Afrikaners ly. Dit, in die land wat in die dae van apartheid onder 'n Afrikaner-regering die tweede hoogste ekonomiese groeikoers in die wêreld gehad het, waarin werkgeleentheid so volop was dat immigrante van Europa na Suid-Afrika gestroom het en amper 75 persent van alle jong mense van Suid-Afrika in die formele sektor werk gekry het maar nou verhonger, haweloos en identiteitloos op die straathoeke vir ‘n aalmoes bedel. Dit is die Nuwe Suid-Afrika, die maaksel van FW de Klerk en sy vervloekte bende, die man wat geglo het hy gaan binne vyf jaar nadat hy ons uitverkoop het, weer hierdie land 'regeer'. Dit is die man wat nou in ‘n ekstra versterkte Casspir rondry as gevolg van die gewelddadige misdaad, sy nalatenskap aan ons en ‘n eens ordelike Eerste Wêreldland, ons geboorteland, ons geboortereg!