Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het.
GEEN HULDEBLYK VIR 'N TERRORIS
DENIS GOLDBERG
Dit gebeur maar selde dat ʼn landsvlag vir ʼn oorledene halfmas gehang word en dis gewoonlik net vir uitsonderlike mense. Ongelukkig het dit ook ongure karakters soos Denis Goldberg te beurt geval wat op 29 April 2020 oorlede is. Die reënboognasievlag is vir vier dae halfmas gehang.
In April 1963 het die polisie ‘n klomp terroriste en samesweerders waaronder Goldberg, by ‘n huis in Rivonia in hegtenis geneem op twee aanklagte van sabotasie.
In die klagstaat word ook die name genoem van mense wat met die beskuldigdes saamgewerk het maar nie voor die hof verskyn nie. Arthur Goldreich en Harold Wolpe is twee van die sogenoemde samesweerders. Hulle sou saam met Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Kathrada, Bernstein en Mhlaba, lede van die Umkhonto We Sizwe se "National High Command”, die Opperbevel, gewees het.
As organisasies wat met die beskuldigdes en die persone saamgesweer het, is genoem die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, die African National Congress (ANC) en Umkhonto We Sizwe.
- Die Staat het bevind dat die beskuldigdes, saam met die ander persone en organisasies in die klagstaat genoem, skuldig is aan die 153 dade van geweld en verwoesting (dade van sabotasie);
- werklike onwettige en opsetlike dade gepleeg het, naamlik die werwing van persone vir onderrig en opleiding, sowel binne as buite die Republiek van Suid-Afrika in die voorbereiding, vervaardiging en gebruik van plofstowwe met die doel om dade van geweld en verwoesting in die Republiek te pleeg;
- die kuns van oorlogvoering, insluitende guerrilla-oorlogvoering en militêre opleiding in die algemeen, met die doel om ’n gewelddadige rewolusie in die Republiek te veroorsaak.
Die tweede aanklag kom baie ooreen met die eerste, maar in hierdie aanklag word ook gerep van sameswering ten einde dade van guerrilla-oorlogvoering, hulp aan vreemde invalsmagte en deelname aan gewelddadige rewolusie en opstand binne die land.
Albei die aanklagte voer aan dat die oortredings tussen 27 Junie 1962 en 11 Julie 1963 by Rivonia, Travallyn en Mountain View en ander plekke in die Republiek gepleeg is. Die A.N.C. het teen die tweede helfte van 1961 besluit om tot ’n beleid van geweld en verwoesting (sabotasie) oor te gaan om sy politieke doelstellings te bereik. Met dié doel het hy Umkhonto We Sizwe (Assegaai van die Nasie) gestig wat die militêre vleuel van die A.N.C. sou wees. Die lede van Umkhonto We Sizwe is gewerf uit volgelinge wat bereid was om te sterf, indien nodig, in die uitvoering van hul dade.
Soos die klagstaat beweer, het die beskuldigdes doelbewus en kwaadwilliglik die pleeg van dade van geweld en verwoesting dwarsdeur die land beplan. Die doel was om in die Republiek van Suid-Afrika teweeg te bring chaos, wanorde en verwarring wat, volgens hul plan, aangeblaas sou word deur die optrede van duisende opgeleide guerrilla-eenhede wat dwarsdeur die land in verskeie gunstige posisies versprei sou wees.
Hierby sou in die verskeie gebiede aansluit plaaslike inwoners asook spesiaal gekeurde manne wat in sodanige gebiede aangestel is. Hul gekombineerde optredes is beplan om te lei tot verwarring, gewelddadige opstand en rebellie op die regte tydstip gevolg deur ’n gewapende inval deur militêre eenhede van vreemde moondhede.
Te midde van die gevolglike chaos, verwarring en wanorde was die beskuldigdes se plan om ’n Voorlopige Rewolusionêre Regering te stig om die administrasie en beheer van die land oor te neem.
Goldberg se ondermynende kommunistiese bedrywighede soos hierbo vermeld het hom 22 jaar in die tronk laat deurbring. Goldberg se ouers was aktiewe Kommuniste in Londen en hy is van jongs af met Kommunisme besiel.
Goldberg het na sy vrylating in Londen gaan woon en die stryd teen apartheid voortgesit. Desondanks sy politieke droom wat in 1994 verwerklik het, het hy eers in 2002 na terug Suid-Afrika teruggekeer en jongmense met die bedenklike geskiedenis van die ANC se vryheidstryd vergiftig.
Na sy onlangse dood het die ANC-leier hom lof vir sy lewenslange toewyding om van Suid-Afrika ʼn beter land te maak,toegeswaai. Die teenoorgestelde is eerder waar. Suid-Afrika ervaar sedert 1994 toenemende landsontwrigting en lewensverlies soos nog nooit in die geskiedenis nie; daarom sal dit dwaas wees om so ʼn man se dood te betreur!