Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verstommend is die passiewe rol wat Adam by die sondeval gespeel het. Hy was heelwaarskynlik by Eva toe sy mislei is om die verbode vrug te eet. Hy het niks daaraan gedoen nie. Eva het minstens probeer om Satan te antwoord, maar ons hoor niks van Adam nie, net dat hy van die vrug geëet het. Hy het dus ook die keuse tussen sonde en lewe gehad.
WORD PARAAT!
Elke dag hoor ons van misdaad in die vorige 24 uur gepleeg. Hierdie is ‘n paar doodgewone veiligheidsmaatreëls wat onder normale misdaadomstandighede gevolg sou word; hoeveel te meer nie nou in die ernstige rewolusionêre klimaat waarin ons tans verkeer nie.
INDIEN ONS NIE EERS DIE INGESTELDHEID HET OM DÍT NA TE KOM NIE IS ONS GEENSINS PARAAT VIR WAT WERKLIK OP ONS WAG NIE.
1. Wanneer gaan ons boere leer om nie saans uit die huis te gaan wanneer die honde blaf of die hoenders onrustig is nie? So ook elke huiseienaar. Skakel vir hulp indien u nie self die oorlog kan voer nie maar MOENIE NA BUITE GAAN NIE!
2. En wanneer gaan ons ophou om soggens outomaties die deur oop te maak en uit te stap? Omdat die son opgekom het beteken nie daar is geen moordbendes buite nie! Bewapen uself, al is dit dan ‘n mes of ‘n stuk yster, en stap behoedsaam na u motor of hek terwyl u ORAL OM U KYK!
3. Die meeste aanvalle vind deesdae tussen 7 uur en twaalfuur saans plaas. Moordbendes het dus besluit op die weg van minste weerstand. Braai ons nog lustig ‘n vleisie daardie tyd buite en glo ons moet ons veiligheidsdeure darem net voor slaaptyd gesluit hê? DINK WEER!
4. MOET NOOIT by u huisoprit indraai voordat u die straat in die truspieël asook deur elke ander venster bespied het nie. Ry verby as daar verdagte motors stadig ry of vir u wag.
5. Indien u beveel word om u selfoon, beursie of handsak te oorhandig, gooi dit so ver moontlik van u en die rower weg en hardloop in teenoorgestelde rigting om hulp of skuiling te soek. Die kans is groot dat hy eers u besittings sal optel voor hy u agternasit. 6. As u ooit agter in ‘n motor se bak toegesluit word, skop die truligte uit, bespied en soek hulp daardeur. Steek u arms uit en waai dat die biesies bewe terwyl die ontvoerder met u wegry, hy kan u nie sien nie maar ander bestuurders kan en mag dalk help.
7. Vroue is geneig om in parkeerareas in hulle motors te klim en eers dingetjies te doen voordat hulle wegtrek. Moenie! Sluit die deur dadelik as u inklim en ry onmiddellik weg. U word dalk dopgehou en die aanvaller klim by die passasierskant met ‘n wapen in.
8. MAAR, wanneer iemand reeds in u motor geklim het en met ‘n wapen dreig, moenie op sy bevele wegry nie! Jaag met spoed in enige ander voorwerp vas en trek so aandag. Hopelik sal die lugsak u beskerm. Hy mag dalk verras wees en weghardloop, anders moet u uitspring en hardloop vir skuiling:
9. WANNEER u u geparkeerde motor nader, kyk eers rondom u, dan deur die venster van die motor, veral die agterste sitplek/vloer. Moenie inklim as daar iemand of iets verdag is nie.
10. Voordat u in u motor in ‘n parkeerarea klim, kyk wie langs u geparkeer staan: indien daar ‘n VERDAGTE in die voertuig langs u voertuig sit, loop terug die winkel in, vra iemand daar om saam met u te loop na die motor. Dis verkiesliker om uitgemaak te word vir vervolgingswaan as om vermoor te word.
11. Indien u motor langs ‘n bussie of groterige voertuig geparkeer is, nader u voertuig vanaf die passasierskant. Menige reeksmoordenaar het in sy bussie aan die bestuurskant van die slagoffers se motors gewag dat hulle inklim en hulle daar oorval nog voor die deur gesluit was.
12. As daar ‘n stuk papier in u agtervensterruit vassit wat u sig versper, moenie in u motor klim nie, gaan terug in die winkel en soek hulp. Indien u reeds weggetrek het voordat u die versperring sien, moenie stop om dit te verwyder nie, u mag agtervolg en aangeval word. Moenie ook na u huis ry nie want dan weet u agtervolger waar u woon en keer u daar vas, dalk by 'n volgende geleentheid. Ry na ‘n motorhawe of oop plek waar baie mense is en kry daar hulp om die versperring te verwyder.
13. Hysbakke bly veiliger as trappe, veral in die aand. As u dit moet gebruik, maak seker daar klim geen vreemdeling saam met u in die hysbak nie!
14. Ons sluit snags ons deure en storm nie uit oor verdagte klanke nie; ook nie wanneer u ‘n babatjie buite voor u deur hoor nie! Daar is gevalle aangemeld waar aanvallers ‘n klankapparaat daarvoor gebruik om u sover te kry om die deur oop te sluit.
15. ‘n Ander slenter is wanneer aanvallers u krane/sproeiers in die nag oopdraai. Moenie uitgaan om dit gaan afsit nie! Skakel vir hulp maar bly binne u huis se veiligheidsgrense!
16. Onthou dat die elmboog die sterkste ‘punt’ in die liggaam is. Indien naby genoeg aan die vyand, gebruik dit!
17. Moenie barmhartige samaritaan speel in die Nuwe Suid-Afrika wanneer iemand op u gevoel probeer speel nie. Ted Bundy, ‘n reeksmoordenaar, was ‘n geleerde en aantreklike man wat die meeste van sy slagoffers met simpatie verower het deur mank te loop of hulp te vra by sy motor. En hy het gereeld mense geflous en daardeur vermoor!
18. Moenie langs die pad stop om gou iets agter in die bak uit te haal nie, daar sal heel moontlik binne een minuut ‘n voertuig vol verdagtes langs u stop. EN DEFNITIEF NIE OM HULP AAN TE BIED NIE!
19. Maak saans voor stikdonker u gordyne en blinders toe. U is ‘n sagte teiken met ligte aan en oop gordyne; moordenaars slaan gereeld toe op slagoffers wat hulle reeds ‘n geruime paar minute so dopgehou het. Hulle besluit selfs vooraf watter moordenaar watter huisbewoner presies waar gaan oorrompel wanneer hulle u lank genoeg dopgehou het.
20. Maak vensters wat nie in ‘n binnehof of ekstra goed beskermd is nie saans voor donker toe, en vergeet van vars lug en suurstof in die nag, dit is meer waarskynlik dat ‘n koeël of ‘n verdowende gasdamp deur die venster op u sal neerdaal!