Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die humanis doen soveel moontlik goeie werke hier op aarde omdat hy glo hy sal in 'n hoër vorm terugkeer met reïnkarnasie – hy probeer dus self sy voorspoed bewerk, min wetende dis alles tevergeefs. Die Christengelowige doen goeie werke uit dankbaarheid omdat hy reeds gered is van die ewige dood en weet dat hy ná sy kortstondige aardse lewe vir ewig saam met Christus in die Paradys sal wees.
TEKENS VAN LAASTE FASE VAN REWOLUSIE
Ons het pas verneem dat daar die afgelope naweek 14 mense in die Kaapse kleurlinggebied vermoor is. Die aantal slagoffers was ‘n skrale twee weke gelede iets soos 26. Nou reken die ANC die weermag wat hy ingestuur het maak wel ‘n verskil maar dat dit nog te veel moorde is. ‘n Mens sou wou byvoeg dat net een moord te veel is! ‘n Polisie- en weermag wat sy sout werd is, sal daadwerklik misdaad beveg sodat wetsgehoorsames in volkome rus en vrede kan leef. Dit was vir baie jare die geval in ons land voor magsoorname deur die swart regering. Suid-Afrika het oor een van die mees effektiewe polisiemagte ter wêreld beskik. Vandag nie meer nie. Ná April 1994 het die getransformeerde Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD wat geen 'mag' meer is nie) geen oplossing gebring nie, maar eerder deel van die probleem geword.
Die regering het ook vandag die belofte gemaak dat dit baie beter sal gaan sodra die volgende groep weermaglede hul opleiding binnekort voltooi en dan ook ingestuur sal word om die misdaad in daardie gebied te beveg. Ons het ook kort gelede verneem hoe die ANC-jeugliga tans met ywer militêre opleiding ontvang.( Die kans is maar skraal dat dit enigiets met die bestryding van misdaad te make het!) Maar ten spyte van die skerp toename in aanstellings, neem misdaad steeds toe. Dit bring mens by een gevolgtrekking: die polisie en weermag is kop in een mus met die ANC deel van die oorsaak van misdaad.
Die geweld wat ons nou al vir etlike jare teister, is deel van die regering se politieke mondering. Daarom word die misdaadepidemie nie hokgeslaan nie. Een van die hoofredes is die uiters swak mensemateriaal in ons beskermingsdienste. Kundiges word doelbewus oor die hoof gesien, terwyl onbevoegdes in deskundige poste aangestel word.
Baie van die onbevoegdes het nie eens hul hoërskoolopleiding voltooi nie en derhalwe nie in staat om ‘n verklaring af te neem nie. Selfs die SAPD se blitspatrollie met hul 10111 noodlyn wat eers die juweel van die ou polisiemag was, het ‘n bespotting geword. Dit word dikwels deur onbevoegdes beman wat beswaarlik die vermoë het om noodoproepe na die regte afdelings te herlei. Dis nou indien hulle dit wel beantwoord.
Terwyl die klein aantal blanke polisielede basies al die werk doen, word onbevoegdes tot range bevorder waarvoor hulle glad nie opgewasse is nie. Blanke lede loop gereeld onder swartes se haatoptredes deur as dié hul onkunde ontmasker. Dit het ook al dikwels gebeur dat blanke lede na swart gebiede verplaas is ten einde hulle moed te breek en hulle te laat bedank; iets wat die afgewaterde polisiediens allermins kan bekostig.
Swak mensemateriaal het die SAPD tot in die kern verrot. Hoe kan wetsgehoorsames na sulke mense opsien? Die minister van Veiligheid en Sekuriteit ontvang ‘n reuse salaris om misdaad te bekamp, maar doen dit nie. In ‘n merietebedeling sou hy al lankal die trekpas gekry het! Desondanks sit hy nog steeds in sy pos en glo dat sy buitensporige salaris hom toekom.
Die SAPD gaan self onder ernstige korrupsie gebuk. Die gewese polisiehoof is selfs van sy pos onthef net om maar weer in ‘n ander seniorpos aangestel te word. Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Sê my met wie jy omgaan, en ek sê jou wie jy is. En dis so waar! ‘n Polisiehoof wat verbintenisse met dwelmbase, bendelede en veroordeelde misdadigers het, kan beslis nie op misdaadbekamping ingestel wees nie!
Die SAPD kon by meer as een geleentheid hulself nie eens teen rowers verdedig nie. Vandag het selfs een van die weermaglede in groot selfbejammering aan die media gewys hoe ‘n inwoner van die gebied hom geskop het. Polisiestasies is al bestorm en van vuurwapens en ander items beroof! In 2006 alleen, het die SAPD meer as 15,000 van sy eie vuurwapens verloor. Die nuusmedia het selfs bespiegel dat swart lede hierdie wapens aan misdadigers verkoop het! Die nuutste syfers oor verlore polisiewapens is tans yswekkend!
Polisiemisdaad neem onrusbarend toe. Wetsgehoorsames weet nie meer wie die gevaarlikste is nie – misdadigers of polisielede? Nou het die weermag by gekom, en binnekort sal die jeugliga ook hierby aansluit.
Dossiere wat verlore raak, het al die spot van die SAPD geword. Lede word omgekoop om dossiere te laat verdwyn. Rapport van 18 Junie 2006 berig van R14 miljoen wat spoorloos uit die kluis van ‘n polisiestasie in Benoni verdwyn het. Twee swartes wat later in dié saak moes getuig, is kort daarna op geheimsinnige wyse in polisieaanhouding dood.
Die plaaslike swart bewind verskil nie van die res van Afrika nie. Dis ‘n eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef en ‘n dolle gejaag na die afgrond. Plundersug skep geen demokrasie nie, maar eerder ‘n kleptokrasie waar elkeen gryp wat hy kan en na die duiwel met die res!
Die definisie van ‘rewolusie’ is die omkeer van sake: alles wat bo is sal ondertoe tuimel en alles wat onder was sal boontoe forseer word. Tot ‘n groot mate het dit in ons land reeds ver gevorder maar die laaste fase van elke rewolusie is groot chaos en anargie met baie bloed wat in die strate loop. Die rewolusie is teen die blanke gemik wat uit Suid-Afrika verwyder moet word. Dit het die ANC talle maal reeds hardop uitgespreek en is daar geen twyfel oor nie. Waaroor daar wel groot twyfel bestaan is of ons gereed is daarvoor, geestelik en fisiek paraat? Bid aanhoudend tot God dat Hy in sy almag Hom oor ons sal ontferm en hierdie uitwissingspoging sal omswaai en sy heilige Naam hier in Suid-Afrika groot maak!