Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie bly vashaak op dit wat jou gees siek maak nie. Konsentreer eerder op dit wat jou gees gesond kan maak en gesond kan hou. Die beste raad teen neerslagtigheid is om jou seëninge gereeld te tel.
VERRAAIERS EN HUL HOOFSEUN-MENTALITEIT
Tyd om verraaiers met hul "hoofseun-mentaliteit" uit te skakel
Toe Robert Mugabe en sy Zanu-PF terroristebende Rhodesië met die hulp van Brittanje en Amerika in 1980 oorgeneem het, was dié land bekend as die "Broodmandjie van Afrika".
Dié land was vooruitstrewend en dit het 'n redelik gesonde ekonomie gehad, wat natuurlik sterk op landbou en mynbou gesteun het om te groei.
Soos in alle ander Afrika lande wat in die sogenaamde na-kolonialistiese era deur Swart kommuniste oorgeneem is, het Mugabe en sy bende die land stelselmatig geplunder. Hulle het soos koninklikes geleef, terwyl die gewone burger van die land, Zimbabwe, al hoe armer geword het en al hoe swaarder gekry het.
Uiteindelik het die Mugabe-bende Zimbabwe ná ongeveer 20 jaar van plundering só geruïneer dat die skrif aan die muur was kort voor die draai van die eeu. Mugabe se enigste taktiek om polities te oorleef was om die Swart massas teen die klein groepie Blanke boere op te sweep, want dié boere het nog in redelike voorspoed geleef.
Toe teiken Mugabe die Blanke boere en, steek sy sogenaamde "veterane" bendes op om boere met geweld van hul plase te verdryf, want "die grond moet aan die mense teruggegee word..."
"Suid-Afrika is anders. Wat in Zimbabwe gebeur het sal nooit hier gebeur nie. Ons ekonomie is te sterk en ons grondwet beskerm in elk geval ons eiendomsreg..."
Só is ons gepaai deur liberale "meningsvormers" toe Zimbabwe se samelewing in duie gestort het teen die draai van die eeu.
Dieselfde mense wat Afrikaners op hierdie wyse gepaai het was natuurlik die sogenaamde "openbare meningsvormers" wat die meerderheid beginsellose en goedgelowige Afrikaners tien jaar voor die val van Zimbabwe reeds oortuig het dat die hemele vir Suid- Afrika sal oopgaan as ons tog net ons "selfsugtige en rassistiese" apartheid-sonde wil bely en laat staan...
Vir baie jare voor die Witman van Suid-Afrika se bloedlose oorgawe aan die Swart kommuniste én vir jare daarná het die meerderheid Afrikaners toegelaat dat hulle aan die neuse rondgelei word deur hierdie "meningsvormers." Daar is hoofsaaklik drie redes waarom dié verraaiers so suksesvol was.
* Eerstens het hulle natuurlik 'n monopolistiese mediamasjien agter hulle gehad.
* Tweedens het die meerderheid Blanke Suid-Afrikaners toe nog te gerieflik geleef en hulle het nie kans gesien om in opstand te kom teen die magte in beheer nie, want dan sou hulle uit hul gemaksone moes tree.
* Laastens het Afrikaners, juis vanweë die gerief wat die sukses van die beleid van afsonderlike ontwikkeling gebring het, verleer om uit beginsel te dink en op te tree. Materiële voordeel het swaarder geweeg as die volk en hul kinders se toekoms.
Afrikaners se weerstand teen die verraad wat hom sy vryheid gekos het is gebreek deurdat die meerderheid die leuens en bedrog van die "meningsvormers" geglo en gevolg het.
Toe dit ná FW de Klerk se Rooivrydag toespraak blyk dat die verraad die oorgawe gaan versnel, was daar wel weer 'n groot groep Afrikaners wat instinktief wou weerstand bied. Maar die meerderheid van hulle is deur die "meningsvormers" in leiersposisies in die media, in politieke partye en ander volksorganisasies én in landbou- organisasies mislei en op 'n dwaalspoor gerangeer.
Die ANC-kommuniste is nou by daardie punt waar Mugabe aan die einde van die eeu gekom het. Hulle het die land bankrot geplunder en nou moet daar oorgegaan word tot desperate metodes om die mag te behou. Daarvoor het hulle die steun van die massas by die stembus nodig. Nou speel hulle die troefkaart van grondsake.
Sedert Desember 2017 het die "meningsvormers" se kaartehuis dramaties in duie begin stort, want die grootste deel van die Blanke bevolking van Suid-Afrika (die wat nog in die land oor is) besef nou dat die versekerings oor "eiendomsreg" inderdaad nie die papier werd is waarop dit so netjies in die grondwet aangeteken is nie. Onder die beginsels van die "demokrasie", waar die wil van die massas die septer swaai, kan die regime die grondwet eenvoudig verander om Blankes se grond en goed wettig te steel.
So, hoe moet die Afrikaners nou in toom gehou word sodat hulle soos skape ter slagting aanvaar dat hulle grond en goed "herverdeel" kan word? Vir die magte in beheer is die antwoord blykbaar maklik – speel eenvoudig net weer die kaart om van "meningsvormers" gebruik te maak wat Afrikaners moet oortuig dat daar "vreedsame" maniere is om die krisis te hanteer. Hulle moet om hemelsnaam net nie in opstand kom en hul grond en goed soos hul dapper voorouers met fisiese weerstand verdedig nie.
So, laat die "leiers" die Afrikaner wéér oortuig dat hulle om 'n tafel moet gaan sit en met die vyand onderhandel.
Wat is daar om oor te onderhandel? In enige onderhandelingsituasie moet die partye mekaar tegemoetkom. Dit beteken dus die Afrikaner moet wéér ingee en oorgee, want hy is mos glo die nageslag van rowers en diewe wat die arme weerlose Swart volke se grond gesteel het.
Raai net wie is toe die eerste manne wat ewe vroom hande vat met die Swart kommunis en poseer vir die persfotograwe? Die landbouleiers.
Ja, alweer die Afrikaner se landbouleiers, net soos Piet Gous en Dries Bruwer destyds tydens die Idasa-komplot, waarmee die oorgawe-verraad verseël is in die vroeë negentigerjare.
"Vertrou Agri SA" lui die koerantopskrifte en dié woorde is gemik op die Blanke boere. Regtig? Gaan die boer dit wéér doen?
By een van die openbare forums waar elke raasbek tsotsi sy sê kon sê oor hoe die Witman nou die Afrikaan se grond terug moet gee, het 'n boer uit die Karoo opgetree. Hoewel Afrikanernasionaliste uit beginsel daardie forums moes vermy, het dié boer se toespraak opspraak verwek, aangesien hy reguit gesê het dat hy sy grond met die wapen sal verdedig.
Agterna het die boer 'n video op sosiale media uitgestuur waarin hy Afrikaners heel tereg gewaarsku het om hierdie keer die "meningsvormers" te ignoreer, want hulle het reeds te veel skade gedoen. Hy het 'n beroep gedoen dat Afrikaners moet saamstaan en hul Godgegewe vaderland en erfporsie, wat met sweet en bloed opgebou is, moet beskerm, en verdedig.
Dié boer het 'n baie waar stelling gemaak oor die "meningsvormers". Hy het hulle beskuldig van 'n "hoofseun-mentaliteit." Dít is nogal 'n baie raak beskrywing vir die verraderlike, ruggraatlose "meningsvormers" wat ons stryd nou reeds té lank verlam het.
Kyk nou weer na die drie hoofredes hierbo waarom die "meningsvormers" voorheen so suksesvol was. Die goeie nuus is dat daardie faktore òf reeds uitgeskakel is, òf baie vinnig besig is om te verander. Afrikaners se omstandighede verander. Dis duidelik dat hul kinders nie meer 'n toekoms het in Suid-Afrika as die kommuniste nie gestuit word nie, terwyl die ontploffing in tegnologie en die koms van sosiale media reeds besig is om die "meningsvormers" se mat onder hulle uit te ruk.
Twee dinge moet nou gebeur. Eerstens moet ons dié sosiale media optimaal begin benut om die boodskap van Afrikanernasionalisme by ons volk te kry. Tweedens moet ons in dieselfde proses die laaste bietjie mag van die "leiers" in georganiseerde landbou, arbeidsorganisasies en die bedenklike burgerregte kaartmannetjies met hulle "hoofseun-mentaliteit" vernietig.
Dán kan ons begin om weer op die beginsels van Afrikanernasionalisme 'n snelrat te vind vir ons vryheidstryd. En dan kan ons, as die kommuniste hulself verlam met hul geplunder, weer ernstig vir ons nageslag se toekoms veg.
Met dank aan die ANB http://www.anbsa.co.za
Posbus 293, Ferndale, 2160
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.