NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe Jesus een stormnag by sy dissipels in die boot geklim het, het die storm onmiddellik bedaar. Dit gebeur nie altyd met die storms van die lewe nie.  Soms klim Jesus in ons lewensboot, nie om die storms te bedaar nie, maar om te sorg dat dieselfde storm ons boot vinniger by sy verlangde bestemming uitbring.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (4)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die situasie het in die sestiger-jare geensins verbeter nie.

By my aankoms in die Verenigde State, in Washington, het ek gevind dat die Ambassadeur met'n Kanadese meisie getroud is wat geen Afrikaans geken het nie. Sy was 'n verfynde dame, maar dit was nie vir my ter sake nie. In Nederland het ek 'n Ambassadeur gevind, getroud met'n Sweedse meisie en ten spyte van 25 jaar saam met haar man in die diens van Suid-Afrika, ook geen duidelike sin in Afrikaans kon kwytraak nie. Wanneer sy Hollandse gaste onthaal het, het sy gewoonlik gesê: "Nou, in Swede maak ons Swede ..." wat daarop mag volg).

Hierdie was die "lae-profiel" mense.

In Nederland het die Ambassadeur by 'n dinee aan my huis vir die eerste keer met die toekomstige Eerste Minister van Nederland, Barend Biesheu en twee van die sterkste politieke leiers van daardie tyd, Toxopeus en Melle kennis gemaak. Dit moes natuurlik andersom gewees het. Ek het baie meer Parlementslede intiem geken as die Ambassadeur en sy hele personeel tesame. By daardie dinee was dit ek en my vrou wat, desperaat, probeer het om die gesprek in 'n vrugbare politieke rigting te stuur terwyl die Ambassadeur en sy vrou storietjies oor hulle kinders wat destyds in Kanada gewoon het, en mev. die Ambassadeur se familie in Swede, vertel het. Die Ambassadeur het later eiendom in Spanje gekoop waar hy wou aftree.

Dit is geen geheim nie, dat, gedurende die jare toe Eric Louw en dr. Hilgard Muller by Buitelandse Sake koning gekraai het, letterlik dosyne Nasionale Party-lede van die Parlement probeer het om hulle te oorreed om iets te doen omtrent die nie-wen, lae-profiel, moenie-die-boot-skommel-houding wat soveel Ambassadeurs oorsee ingeneem het. Baie van hulle kon op een slag anti­-regering, anti-apartheid sowel as Ambassadeur wees.

Verskeie kabinetsministers het mnr. John Vorster ook oor hierdie aange­leentheid genader. Hulle het oor Ambassadeurs gekla wat alles omtrent protokol geweet het maar niks omtrent entoesiasme vir die saak nie. Ambassadeurs wat ander diplomatiekebroeders onthaal het, maar geen ware kontak met die meningsvormers en besluitnemers gehad het nie. Hulle was ook van mening dat hierdie houding van hoofde van buitelandse sendings bygedra het tot die feit dat Suid-Afrika nie met die stryd om uit sy isolasie te breek begin het voordat dr. Connie Mulder en ek op die toneel verskyn het nie. Soos wat een onvriendelike Suid-Afrikaanse koerantredakteur dit aan my gestel het: "Dit ding moet ek toegee. Jy en Connie het ten minste daarin geslaag om Buitelandse Sake wakker te skud. Hulle het vir jare op hulle gestreepte broeke gesit en niks doen nie".

Die Ambassadeurspos in die Verenigde State, wat eintlik so ver as wat Suid­Afrika betref, die belangrikste land ter wêreld is, moes na 'n man van durf-en-­daad gegaan het. Iemand wat geglo het in dit wat hy doen. Maar wat het in Washington gebeur nadat Ambassadeur Taswell die amptelike woning in Massachusets Avenue ontruim het? 'n Verenigde Party ondersteuner, Frikkie Botha, is daarheen gestuur en binne ses maande het sake in Washington teen 'n slakkepas begin verloop. Botha het 'n diplomatieke-gevangene van die Staatsdepartement geword. Hy was eenvoudig nie sterk genoeg, nog gewillig genoeg, om sy weg na bo deur die middelvlak van die Amerikaanse Staatsdepartemente se beamptes oop te forseer nie.

"Wanneer die Staatsdepartement nies, kry Frikkie 'n verkoue", het 'n Republikeinse Kongreslid aan my gesê.

Toe dr. Connie Mulder vir Hennie Bekker as Inligtingsraad na Washington gestuur het, het Bekker baie gou teenoor Botha te staan gekom. Die Ambassadeur het nie van die manier gehou waarop Bekker met mening, op my instruksies, begin het om vriendskaplike betrekkinge met meningsvormers en besluitnemers in die Kongres en Senaat aan te knoop nie. Toe ek in 1974 na Washington gekom het, het Bekker 'n partytjie gereël wat deur 'n dosyn Kongreslede en ander belangrike politici bygewoon is. Twee dae later het die Ambassadeur 'n onthaal gereël en nie 'n enkele Kongreslid het opgedaag nie. Kort daarna is 'n brief aan die Departement van Buitelandse Sake gestuur waarin gekla is dat Bekker die posisie van die Ambassadeur "ondermyn". Sowaar. "Ondermyn".

"Die waarheid", het ek aan dr. Mulder geskryf toe ek om 'n verduideliking gevra is, "is dat Bekker daarin geslaag het om binne 18 maande meer en beter kontakte uit die geledere van Senatore, Kongreslede, Kongres- en Senaatassistente, top-sakemanne en koerantmense op te bou, as wat Ambassadeur Botha in vier jaar kon doen. Dit is ook (Don) de Kieffer se skatting. Frikkie Botha het teenoor Les de Villiers en myself erken dat hy 'n "lae profiel" handhaaf, waarom nou die trane? Hy het aan my gesê dat hy nie sake met die Amerikaanse Administrasie gaan forseer nie. Senater (Edward) Kennedy het ook persoonlik aan my gesê dat hy op goeie gesag van die Staatsdepartement verneem dat Botha nie aan die Suid-Afrikaanse Regering die "seine" uitstuur wat van hom verwag is nie. Toe ek Kennedy gesien het, was Don buite en ek het hom onmiddellik daarna vertel wat Kennedy aan my gesê het.

Die vete tussen Bekker en Botha het kragtiger geword. Toe ek met my daaropvolgende besoek in Washington aangekom het, het Bekker 'n spreekgeleentheid op Capital Hill voor Kongresassistente gereël. Meer as 200 verskeie Kongreslede ingesluit, het opgedaag om my te hoor praat.

Die Ambassadeur het Bekker se vlerke begin knip. Hy kon nie eers die koerantredakteur sien sonder Frikkie Botha se voorgaande toestemming nie. Ek moes uiteindelik die hele saak op die hoogste vlak in die reine bring. Dr Hilgard Muller het in die lig van die Eerste Minister se amptelike instruksies toegegee dat die verantwoordelikheid om meningsvormers en besluitnemers bereik, nie die uitsluitlike prerogatief van die Departement van Buitelandse Sake was nie, en dat Bekker nie die name van enige persoon met die Ambassadeur hoef uit te klaar alvorens hy hulle vir middagete uitneem, soos wat Botha hom beveel het.

Frikkie Botha het waarlik die Staatsdepartement geglo toe hulle aan hom gesê het dat Inligting "agterdeur-diplomasie"onderneem. Hulle was heeltemag reg ook, maar nie in die sin wat Botha gedink het nie. Die Staatsdepartement het besef dat indien Inligting daarin sou slaag om die Kongres, en belangriker nog, die Senaat, se belangstelling te wek in wat in Suid-Afrika aangaan, nie langer die monopolie sou hê om die VSA se buitelandse beleid teenoor Suid-Afrika te bepaal nie.

Die Staatsdepartement se vyandige houding is altyd onmiddellik aan die opposisiekoerantverteenwoordigers in Washington uitgelek, in besonder aan Donald de Kieffer, lobbyis vir die Departement van Inligting in Washington en later handelsadviseur vir die Wit Huis van President Reagan. Ken Owen, later Redakteur van The Sunday Express en toe die Argus groep se verteenwoordiger in Washington. Ons eie diplomate het deelgeneem. (Soos self deur Ken Owen in The Sunday Times van 24 Februarie, 1980 erken is.)

Frikkie Botha se haat teenoor Bekker het uiteindelik so gegroei dat hy gedreig het om tugmaatreëls teen Bekker toe te pas. Bekker kon nie langer direk met die Ambassadeur praat nie, maar moes alles skriftelik aan hom oordra. Op hierdie stadium het Connie Mulder sy voet neergesit. Hy het met mnr. Vorster gepraat en dié het 'n vergadering tussen homself, dr. Hilgard Muller, dr. Connie Mulder en myself belê. Die uiteinde was dat Vorster ingestem het om Frikkie Botha uit Washington te laat verwyder, met die voorwaarde dat Bekker ook verplaas moes word. Dr. Hilgard Muller was so gesteld op die tydsbere­kening van die verskuiwing dat albei amptenare op dieselfde tyd en dieselfde dag verplaas is.

Bekker het die slagoffer geword van sy eie harde werk, sy entoesiasme en die welslae waarmee hy vriende vir Suid-Afrika verwerf het. Ek het sy spoor in 1978 verloor en weet dus nie of hy op hierdie trant voortgegaan het nie. Die Ambassadeur was 'n slagoffer van beroepsjaloesie en sy eie Departement se "lae-profiel, moet-nie-die-boot-skommel" houding, wat die Staatsdepartement so gerieflik gevind het. Toe dit rugbaar geword het dat Botha na Suid-Afrika terugverplaas word, het die Staatsdepartement die ongewone stap geneem om 'n gerug onder Kongreslede te versprei dat hy vanweë sy teenkanting teen Suid-Afrika se regeringsbeleid teruggeroep is. Hulle was reg omtrent sy "politiek".

Toe ek met Senator Edmund Muskie (later Staatssekretaris) gepraat het, het hy aan my gesê dat indien Suid-Afrika se Ambassadeurs in die VSA soos die agtereenvolgende Israeliese Ambassadeurs opgetree het, ons land se stem ook beter in hoë kringe gehoor sou word. Muskie het nooit eers die Suid-­Afrikaanse gesant te siene gekry nie.

Dat dr. Mulder en ek reg was aangaande Frikkie Botha, het duidelik geword toe mnr. Vorster besluit het om Pik Botha as sy opvolger aan te stel. Die verskil was soos tussen dag en nag. Toe mnr. Vorster vir dr. Mulder en myself ingelig het dat Pik Botha na Washington sou gaan, het hy gesê: "Ek weet die ander Botha was 'n nat kombers. Julle wil iemand hê wat bereid is om op te tree. Wel, Pik sal julle nie teleurstel nie".

Tot sy krediet het Pik Botha in die VSA onmiddellik na die top van die totempaal gemik. Hy sou nie 'n lae profiel handhaaf nie. Hy sou nie 'n Staatsdepartement-ja-broer wees nie. Hy sou die boot skommel en hy het dit geskommel. Binne een jaar het hy meer in die openbaar verskyn, toesprake gelewer en meer op TV opgetree as wat Frikkie Botha in vyf jaar gedoen het. Vir die eerste maal sedert Taswell het die Amerikaanse Administrasie en die pers ag geslaan op wat Suid-Afrika se Ambassadeur te sê gehad het. Vir die eerste maal het miljoene Amerikaners besef dat Suid-Afrika 'n Ambassadeur het, en dat hy werklik 'n paar punte beet het wat die moeite werd was om te oorweeg. Dat Pik Botha, vanuit die Ambassadeurswoning ook in die pos in die kabinet in Suid-Afrika gewoel het, het gehelp. Maar dit is 'n treurige storie dat 'n hardwerkende Inligtingsbeampte vanuit Washington oorgeplaas moes word, bloot omdat die Ambassadeur in 'n niksdoen beleid verstrik wat sy eie politieke afkeer van apartheid gepas het.

Ek is oortuig daarvan dat die lae-profiel-houding van Buitelandse Sake voordat Connie Mulder Minister van Inligting geword het, beslis daartoe bygedra het dat buitelandse regerings en hulle politieke ondersteuners swak oor Suid-Afrika ingelig was.

Ek is ewe oortuig daarvan dat dit die lae-profiel-beleid was wat gelei het tot die situasie in die VSA waar die Kongres geen rol in die formulering van VSA se regeringsbeleid teenoor Suid-Afrika gespeel het nie. Nadat dr. Mulder by Inligting oorgeneem het, het sake spoedig verander. Toe 'n eerste regsman as lobbyis in Washington aangestel is om vir die Departement Inligting te werk, het Pik Botha onmiddellik die geleenthede wat dit sou bied raakgesien. Alhoewel hy vir my en my twee Adjunk-Sekretarisse meer as keer genader het om 'n soortgelyke medewerker tot sy beskikking te stel ( vergoed uit Inligting se geheime fonds) het hy nie die moed gehad om dit met Brand Fourie te doen nie. Ek het, op my beurt, geweier om op te tree te Botha en die regte kanale volg. Botha het my nooit hieroor vergewe nie.

Pik Botha was seker die uitsondering op die gebied van hoë-profiel diplomasie. Hy het werklik daarin geslaag om die Amerikaners van die Suid-Afrikaanse Ambassade bewus te maak en om na Suid-Afrika se "Saak' luister. Maar sy metodes was dieselfde as dié wat Connie Mulder en ek alreeds so lank aanbeveel het: "Ons moet isolasie afweer en hoe gouer verteenwoordigers uit hulle leuenstoele opstaan en begin praat, hoe gouer sal die wêreld kennis neem van ons teenwoordigheid en van ons besware", het Mulder eendag in 'n seldsame vertoon van gramskap aan Vorster gesê. Botha was wis-en-seker die uitsondering, want toe dr. Mulder en ek in Skandinawië aangekom het, het ons dieselfde houding aangetref as wal Frikkie Botha se gebied hoogty gevier het. By een Suid-Afrikaanse Konsulate was die diplomate te bang om die Suid-Afrikaanse landsvlag te hys, uit vrees, so het hulle aan dr. Mulder vertel, dat hulle opgemerk sou word en demonstrasies sou uitlok! Mulder was woedend en het by sy terugkeer reguit na Vorster gegaan. Dit het 'n direkte opdrag van Vorster aan dr. Hilgard Mulder geverg om die vlag gehys te kry. Tien jaar later, was daar nog geen berigte van demonstrasies nie!

Dieselfde patroon is in Japan gevind. Die jong Suid-Afrikaanse diplomaat wat ons op die lughawe kon ontmoet het, kon nie 'n woord Afrikaans praat nie. Carel von Hirschberg, destydse Suid-Afrikaanse Konsul-Generaal in Japan het aan my en dr. Mulder vertel sy instruksies van Brand Fourie was om nie eers op die mees vyandige en verdraaide nuusberigte oor Suid-Afrika in die Japannese pers te reageer nie. "Ons mag nie aandag trek nie", het hy gesê.

Die Japannese pers het ten koste van Suid-Afrika baljaar. Omdat niemand kapsie gemaak het teen die leuens en verdraaiings nie, kan 'n mens niejuis die Japannese regering en die publiek verkwalik omdat hulle dit as die voile waarheid aanvaar het nie. Dit het my herinner aan wat wyle Dag Hammerskjold, Sekretaris-Generaal van die Verenigde Volke op 22 Desember 1957 gesê het: "Die waansinnige het op die markplein geskreeu. Niemand het gaan staan om horn te antwoord nie. Aldus is sy stelling as onomstootlik bewys."

Na die skietvoorvalle by Sharpeville (in 1960) het die hele Departement van Buitelandse Sake die gestalte van 'n reuse-skilpad aangeneem, met sy nek, kop en pote deeglik onder sy gestreepte dop ingetrek. In stede daarvan om uit te gaan en aan die wêreld te vertel waaroor dit alles gaan, het Ambassadeurs aan almal opdrag gegee om stil te bly. Ek, en vele ander in die Departement van Inligting, het eenvoudig aangehou om te praat. Miskien was ons 'n bietjie meer trots op ons land. In elk geval, tussen 1960-1961 was ek sekerlik die enigste amptenaar by die Ambassade in Washington wat uitgegaan het en met studente en koerantverslaggewers gepraat het en, moeilik soos dit was, bereid was om oor die radio en op televisie Suid-Afrika se standpunt te verdedig. In die proses het wit en swart studente eenkeer op my gespoeg. Tog was ek in staat om ons saak op baie plekke te stel. Ander Inligtingsbeamptes het dit elders ook onvervind.

Die houding van Inligtingsamptenare teenoor hulle kollegas in Buitelandse Sake het ook byna onherstelbaar versuur. By skemerkelkpartytjies en onthale het 'n sekere patroon begin ontwikkel. Sodra die regering se beleid onder skoot gekom het, het diplomate opgemerk: "Ag, verskoon my tog, ek moet regtig road beweeg", en daarmee die pers-of inligtingsattache verlaat om op eie houtjie voort te worstel.

Baie van ons senior diplomatieke verteenwoordigers het die gewoonte gehad om soos volg op moeilike vrae te antwoord of hulle antwoorde aldus in te lei: "Wel, om die waarheid te s@, die houding van die huidige regering ...". In teenstelling, het die Inligtingspersoneel hul antwoord begin met, "Ons in Suid­-Afrika ...". In daardie dae het ek dikwels gesê dat as 'n swart regering toe in Suid-Afrika aan die bewind sou kom, hulle nie veel veranderinge in die geledere van hulle senior diplomatieke personeel sou hoef aan te bring nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2712 gaste aanlyn