NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Isebel adem ʼn gees wat by alle heidene voorkom -  die drang om te wil beheer.   Ons besef nie hoe sterk die vlees is nie.   Dit manipuleer, domineer en intimideer mense soos Isebel met Israel gedoen het!

DIE REGERING HET GELD NODIG...

... EN SOMMER BAIE DAARVAN

E. van Nantes

Die minister van finansies het aangekondig dat hy in die nuwe finansiële jaar, belastings met R13 biljoen gaan verhoog…. dit is nou bo-en behalwe die R15 biljoen verhoging wat hy alreeds in Februarie vanjaar aangekondig het![1]

Die redes deur hom aangevoer vir hierdie verhogings is tweeledig van aard naamlik, dat

(a) persoonlike belastings tot op hede ingevorder, baie minder is as wat oorspronklik verwag is en dat

(b) die BTW tot op hede ingevorder nie aan die verwagtinge voldoen nie aangesien “die vraag na plaaslik vervaardigde- sowel as ingevoerde goedere kleiner is.”

Persoonlike belasting : waarom is die ingevorderde bedrag dan soveel minder as wat SARS verwag het? Is dit omdat belastingbetalers belasting ontduik (wat te betwyfel is gegewe al hul maatreëls om tog net elke moontlike sent wat hulle kan invorder, wel in te vorder), of is dit dalk ‘n verlies aan werksgeleenthede (wat die hoeveelheid belastingbetalers en derhalwe die daarmee gepaardgaande belastinginkomste, noodwendig verminder het)?

BTW : Pryse van goedere, maak nie saak of dit plaaslik vervaardig of ingevoer is nie, word bepaal deur die vraag daarna en die aanbod daarvan. Vraag, aanbod en prys is dus onlosmaaklik deel van mekaar. Gevolglik sal ‘n lae aanbod wat gepaardgaan met ‘n hoë vraag aanleiding gee tot ‘n hoër prys en vice versa. Waarom het die vraag na goedere dan gedaal? Het die prys daarvan te hoog gestyg (bes moontlik a.g.v. loononderhandelinge) of het die Rand sodanig verswak dat die prys van ingevoerde goedere eenvoudig onbekostigbaar geword het, of is daar dalk ‘n nouer verband tussen persoonlike belastings en BTW as wat te kenne gegee word (waar verliese aan werksgeleenthede tot gevolg het dat huishoudings slegs die basiese benodigdhede kán aankoop)?

Bes moontlik is beide opsies hierbo die antwoorde op die onderskeie belastingvrae. Kortom, het werkloosheid in die land toegeneem of afgeneem sedert verlede jaar? Siende dat slegs eersgenoemde die geval kán wees, verstaan ek nie hoe die minister nou verwag om selfs méér belasting uit ‘n selfs kléíner belastingbetalerskorps te tap as die vorige belastingjaar nie!

Met dít in gedagte, begin die herverdeling-van-inkomste-klok hier in my agterkop te slaan want tydens die toespraak van die minister het hy ook verwys na ‘n verhoging in maandelikse staatstoelaes en mik-mik hy na gratis universiteitsonderrig…     en iemand moet natuurlik nou instaan vir hierdie onvoorsiene uitgawes.

Die finansiële stelsel van Suid-Afrika kan slegs as ‘n hibriede stelsel beskryf word aangesien :

  1. die staat (ANC) histories ‘n kommunistiese bestel aanhang waar dit poog om ondernemings en plase by wyse van swart bemagtigings- en onteieningswetgewing vir sý rassegroep te bekom
  2. alle formele ondernemings onder ‘n kapitalistiese bestel staan waar dit slegs deur die ANC geduld word omdat hulle die maksimum inkomste (in die vorm van belastings en BTW) daaruit kan verkry
  3. die massas werkloses weer onder ‘n sosialistiese bestel van gratis behuising, medies en opvoeding val met ‘n maandelikse staatstoelaag om hulle in die lewe te hou.

Wat hierdie hibriede stelsel nog erger maak, is dat die ANC ‘n diktatoriële regeringsvorm navolg met daardie 2/3 meerderheid stem waaroor dit beskik. Neem as bewys hiervan net die hoeveelheid hofsake waarin die ANC hulleself al bevind het rondom beleidsbesluite óf die maniere waarop hulle met belastinggeld omgaan in die aankoop van stralers, die veiligheidsopgraderings aan persoonlike villas, ensovoorts. Waar die ANC, veral nou met die opkomende hersiening van die kredietgradering, poog om die beeld van ‘n Eerste-wêreld-standaard te skep, is dit totaal en al te laat omdat sy piesangrepubliek-praktyke oor die laaste 21 jaar uiteindelik aan die hele wêreld daar buite blootgelê is. Hoe ironies is dit nie dat die regering deur howe en internasionale graderingsagentskappe in die bek geruk moet word omdat hulle hul eenvoudig nie aan die inwoners en opposisie partye van die land steur nie!

Ek vind dit lagwekkend dat die ANC so spartel om die ekonomie te beskerm teen die rommelstatus-etiket terwyl die land as sulks alreeds geruime tyd lank ‘n rommelhoop ís. Alle staatsdepartemente en semi-staatsinstellings is lááánkal tot in die grond “bestuur” deur onbekwame, voorheen benadeeldes. Van hoë treintjies tot onafgelewerde posstukke tot substandaard onderwys, tot vliegtuigies wat teen verliese rondsweef tot ‘n verbrokkelende infrastruktuur, die ANC het voorwaar alles waar hy sy hand aan geslaan het van ‘n kant af opgeneuk.

Die feit dat SARS in die moeilikheid is, is maar net die resultaat van die hibriede ekonomiese stelsel wat deur die ANC nagevolg is. Hulle het gedink dat die bydraes uit die privaatsektor die staatskas as ‘n onuitputlike bron van fondse sou verseker vir hul uitspattige lewenstandaarde en die uitbetaling van maandelikse toelaes aan miljoene voorheen benadeeldes. Die regering het na 21 jaar geen werksgeleenthede geskep nie, inteendeel, dit kon nie eens bestaande werksgeleenthede in die staatsdiens in stand hou nie! Ons weet reeds geruime tyd van die 22% personeelvermindering deur die poskantoor beoog sowel as die vrywillige verminderings by PetroSA, MAAR die minister van finansies gaan 35 biljoen meer invorder in die nuwe finansiële jaar by wyse van hoër persoonlke belastings, BTW en suikerbelasings! Ek is nie geskool in die ekonomie nie, maar al wat ek vir hom as nugterdenkende kan sê is, “good luck with that one”.

As eienaar van ‘n klein sake-onderneming sien ek jaar na jaar hoe my omset net verder en verder krimp, hoe my debiteure sukkel om my te betaal en hoe kwotasies op nuwe toerusting net nie aanvaar word nie, kortom, kliënte het eenvoudig nie meer geld nie! Wat erger is, is dat my boekhouer my meedeel dat hierdie stand van sake eerder die norm as die uitsondering is. Miskien verstaan die uwe die minister nóú hoekom daar nie hierdie jaar aan sy verwagtinge voldoen is nie. Gemeet aan die minister se aankondiging, sou sy raad aan my seker wees om my pryse hoër te maak ten einde my kwynende winste aan te vul. Ongelukkig werk dit nie so nie minister, want ek funksioneer binne ‘n kapitalistiese bestel waar pryse deur vraag en aanbod vasgestel word. Jy sien, die kliënt weeg die waarde van my produk, hy vergelyk pryse en besluit dan om aan te koop aldan nie. Jy aan die ander kant dwing jou substandaard/onsigbare diens op my af waarvoor ek geen vraag of behoefte het nie en dwing my dan by wyse van wetgewing om jou die hoogste moontlike bedrag daarvoor te betaal sodat jou omset nie jaar na jaar krimp nie.

Die ANC en sy makkers het by feesmaal op feesmaal uit die goue bekers van hierdie land gedrink en nooit gedink dat daar ééndag ‘n dag sou kom waar die spreekwoordelike vinger teen die muur “rommelstatus” kom skryf nie.  

 


[1] http://www.fin24.com/Budget/south-africans-to-pay-more-tax-next-year-20161026

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3111 gaste aanlyn