Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wil jy 'n sterk volk sien? Sorg dat die gesins- en familielewe moraal en moreel sterk is. Nou mag ons vra waarom ons volk vandag in hierdie verknegte, moreel en moraal verdrukte toestand is...
SWART POLISIE VERMOOR BLANKE BOER
BERIGTE VAN AKTUELE BELANG
"Toe die werknemer saam met De Vries by die huis uitstap, het die polisie glo op hulle losgebrand.”
’n Boer van Natal is dood in ’n skietgeveg wat volgens die polisie tussen hom en hulle op sy plaas uitgebreek het.
Die mees geloofwaardige weergawe van die gebeure is dat mnr Kobus de Vries (54) se familie beweer die polisie het hom doodgeskiet nadat hulle hom verseker het hulle sal nie skiet as hy uit sy huis kom en hom oorgee nie.
Phindile Radebe, Swart ANC-polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gister gesê verskeie polisielede het Donderdag op De Vries losgebrand nadat hy eerste op húlle geskiet het. De Vries is volgens sy familie in sy skouer en rug gewond. Radebe kon nie bevestig waar De Vries getref is nie want dit sal ongemaklik wees om te erken die Blanke man is van agter geskiet.
De Vries het voor die skietgeveg sy vrou, Rentia, by die Koning Shaka-lughawe in Durban gaan aflaai.
Oppad terug na sy plaas was De Vries glo in ’n onderonsie met werkers van Eskom en polisielede, het mnr. Thinus de Vries (43), sy jonger broer, gesê. Sy broer het glo op sy plaas stilgehou, sy werknemers beveel om die plaashekke toe te maak en nie die polisie op sy erf toe te laat nie, daar hy reeds bedreig was met polisieagtervolging.
“Daar word beweer my broer was op pad huis toe in twee ongelukke betrokke, maar dit maak nie sin nie omdat daar slegs ’n krapmerk aan sy motor was,” het De Vries gesê. Die vermoede is dat dit die ANC-weergawe is om weer van 'n Blanke boer die voorbeeld te maak van wat die Swart regime met die Blankes in die land beoog.
Volgens Van Vuuren het die polisie De Vries se huis omsingel terwyl hy daarin geskuil het.
“’n Werknemer is toe gevra om hom te oorreed om uit te kom met die belofte dat die polisie nie sal skiet as hy hom oorgee nie. Toe die werknemer saam met De Vries by die huis uitstap, het die polisie glo op hulle losgebrand,” het Van Vuuren gesê. Volgens hom wou De Vries terug na sy huis hardloop toe hy in die rug gewond is. Dit was dus 'n in –die-rug-moord, soos ons te wagte kan wees, moedswillig deel van die Blanke volksmoord.
Die werknemer het platgeval en het op sy maag na veiligheid gekruip. Hy vrees nou vir sy lewe want hy is die enigste ooggetuie, het Van Vuuren gesê. En dit verklaar baie.
Volgens Radebe het De Vries teen “verskeie motors” in Babanango gebots,opgedis om hom te diskrediteer. Talle polisielede is na sy plaas gestuur om hom te konfronteer.
“Daar was nogal baie polisielede by sy huis. De Vries het eerste lukraak op polisielede geskiet waartydens ’n polisievoertuig beskadig is. ’n Skietgeveg het toe uitgebreek en hy is dood,” het Radebe gesê. Maar waarom is daar "baie" polisie by sy huis na slegs 'n klein motorongeluk as dit nie 'n voorgenome moordpoging was nie?.
“Daar is 19 vuurwapens in De Vries se huis gevind,” het Radebe gesê, maar kon nie sê of dié wapens wettig in sy besit was nie. Indien dit nie wettig was nie sou dit onmiddellik aan die groot klok gehang wees, so werk die ANC mos.
’n Geregtelike doodondersoekdossier is aangelê.
Thinus de Vries het aan Beeld gesê sy broer sou nooit selfmoord gepleeg het nie.
“Hy was skatryk en baie gelukkig. Ek, my jonger broer en ons pa gaan môre (vandag) self soontoe om ondersoek in te stel,” het hy gesê.
Vriende en familielede van De Vries het ook twee private speurders en ’n private patoloog aangestel wat vandag al na die plaas gaan om self die gebeure te ondersoek omdat hulle glo die waarheid gaan verdoesel word.