Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek het my Hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene... Jesaja 65:2-3
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (2)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
" Met so 'n onbevoegde Afrika-regering sou die land werklik gou onregeerbaar word en sou Suid-Afrika met al sy rykdomme vinnig in buitelandse skoot val, het hulle geredeneer – 'n sataniese maar suksesvolle plan vir onstabiliteit en ekonomiese verval in Suid-Afrika waardeur almal vandag kan sien. Daarom behoort u te begryp dat die finale slag nog nie geslaan is net omdat die kommunistiese ANC ons land sonder enige weerstand gekry het nie – die wêreldgeldmag moet nog sy pond kom opeis, en 'n Suid-Afrika mét kernwapens sal die oorname te riskant vir ons vyande maak. Daarom dan dat Obama jaar na jaar 'n beroep op die swart Suid-Afrikaanse regering doen om die verrykte uraan wat uit die ses kernbomme onttrek is en by Pelindaba toegesluit lê, aan hom te gee."
Wanneer het die idee vir 'n kernprogram posgevat?
Die Suid-Afrikaanse Weekly Mail skryf in 1993 dat dokumente wat dateer uit die tyd van JG Strijdom as Eerste Minister die eerste militêre moontlikhede vir kernwapens bevat het. Tesame met Suid-Afrika se ryk bronne van uraan, die land se nuwe opkomende goudmyne wat die land in een van die rykste lande ter wêreld sou laat ontwikkel, en die groeiende behoefte aan elektrisiteit en water, kon ons by kernontwikkeling groot baat vind.
Die briljante wetenskaplike, dr Ampie Roux, was die man wat gemoeid was met die totstandkoming van 'n ondersoekkommissie om moontlike kernkrag vir hierdie behoeftes te ondersoek. In Junie 1958 het hy reeds sy volledige navorsing vir 'n ontwikkelde kernnavorsingsprogram voorgelê. Dit het van ontginning en vervaardiging, die aanwending van klein kernontploffings binne mynskagte, tot die gebruik van kern as brandstof ingesluit. Hierna het die moontlike gebruik van verdere newe-produkte van uraan maklik in plek geval tot daar ook duidelikheid verkry is oor die vervaardiging van reaktormateriale.
'n Professor in Politieke Wetenskappe in Amerika, Helen Purkitt, het in 'n artikel, The Case of South Africa, groot erkenning aan dr Roux gebring oor sy breë veld van ontdekkings oor die potensiële gebruike van kernstof, oor vredevolle ekonomiese vooruitgang tot die bou van militêre toestelle. Professor Purkitt was van mening dat die rol wat Pretoria kon speel tesame met die twee grootste kernleiers in die Weste, Amerika en Brittanje, van onskatbare waarde sou wees, met in aanmerking dat baie groot hoeveelhede uraan van Suid-Afrika reeds deur hierdie twee lande aangekoop word. Sy was uitgesproke oor haar vertroue dat Pretoria 'n lojale lid van hierdie Westelike politieke kamp sou uitmaak.
Hierna was dit nie vreemd dat Suid-Afrika 'n lid van die Internasionale Atoomenergie Agentskap (IAEA) geword het nie. Suid-Afrika het hier beroemd geword as die mees ontwikkelde kernland minstens in die Afrika-kontinent en het daardeur 'n permanente plek op die IAEA-bestuur verwerf.
Nie lank hierna nie is dr HF Verwoerd as Eerste Minister van Suid-Afrika verkies. Sy beleid van afsonderlike ontwikkeling het natuurlik reg in die hand van Suid-Afrika se talle buitelandse vyande gewerk, en kort hierna moes Suid-Afrika uit die Statebond bedank wat talle skeurings tussen ons en ander lande gebring het. Dit het uiteindelik ook gelei tot skeuring met die IAEA.
In die vroeë 1960's het die Suid-Afrikaanse regering toe besluit om 'n onafhanklike kernprogram te begin.
Die geskiedenis van die spioen Dieter Gerhardt
In 'n uitgawe van 'n Mail & Guardian van 2000 word aangehaal uit 'n onderhoud met 'n eertydse Suid-Afrikaanse Russiese spioen, Dieter Gerhardt. Hierin is onder andere openbaar gemaak dat sy moederland, Rusland, met 'n onafhanklike kernprogram in 1964 begin het. Hiertydens was Gerhardt 'n brigadier-generaal in die Suid-Afrikaanse Vloot en admiraal van die Simonstadse basis, die grootste vlootbasis in die Suid-Indiese en Atlantiese Oseane gedurende die Koue Oorlog.
Gerhardt was 'n gerespekteerde persoon wat vir twee dekades lank uiters suksesvolle spioenasie vir die Russe uitgevoer het totdat sy eggenote Ruth, 'n Switserse vrou, gearresteer is toe sy 'n pakkie aan 'n Russiese kontak in Switserland moes oorhandig. Gerhardt is in 1982 in die VSA gearresteer.
Gerhardt se kinderjare het klaarblyklik so verloop: hy het grootgeword in Oos-Berlyn en was een van duisende weeskinders wat as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog na verskeie lande vir pleegsorg gestuur is. In Suid-Afrika is Gerhardt by 'n gesin geplaas wat Duits en Afrikaans kon praat. Gerhardt het in 'n Duitse skool beland waar hy voortdurend probleme veroorsaak het as gevolg van sy rebelsheid. Hierna is hy na die SA-Vloot waar hy uitstekende vordering gemaak het. Presies hoe en waar sy Russiese meesters die eerste maal met hom kontak gemaak het is nie heeltemal duidelik nie maar in sy onderhoud met die Mail & Guardian maak hy dit duidelik dat sy redes vir spioenasie teen Suid-Afrika ingesluit het die "illegal Nazi-fascist system" in die land. Dit het hom ook glo teen Amerika en die meeste ander lande laat draai.
Talle geheime is sedert 1960 deur Gerhardt aan Moskou gebring. Toe dr Ampie Roux in 1960 bekend maak dat Suid-Afrika in staat is om 'n hoogs tegnologiese kernbom te vervaardig, het soveel moontlik van hierdie inligting ook in Moskou geland. Moontlik die grootste skade deur Gerhardt veroorsaak was seker sy spioenasie van die kernprojek Vastrap. Vastrap was 'n reeks eksperimente waartydens afstandbeheer gebruik is om kerntoestelle in 'n afgeleë deel van die Kalahari-woestyn te toets. Die eerste van hierdie eksperimente was geskeduleer vir Augustus 1977.
Gerhardt het selfs die toetsterrein bespioeneer en Moskou so opgewonde daaroor gemaak dat hulle deur kosmiese satelliete die terrein bekyk het, waarna hulle Washington gewaarsku het, maar die Amerikaners het dié teorie glo verwerp.
Die hele opskudding het egter so wyd getrek dat Suid-Afrika naderhand hierdie projek moes staak. Hierdeur het Gerhardt seker die hele rigting vir kernontwikkeling in Suid-Afrika beïnvloed. Met hierdie infiltrasie in die kernprogram is Suid-Afrika, net soos Pakistan 'n dekade later, en nog later Noord-Korea, verhoed om lid te word van die eksklusiewe internasionale entiteit bekend as "The Club of Ten", wat bestaan het uit lande wat wel sover gekom het om op daardie tydstip 'n kernbom te kon bou.
Ná Gerhardt se inhegtenisname in Amerika is hy na Pretoria gestuur waar hy lewenslange tronkvonnis opgelê is terwyl sy vrou Ruth vir tien jaar gevonnis is vir haar aandeel aan Gerhardt se spioenasie. Sy is in 1990 vrygelaat, en Gerhardt drie jaar later as deel van 'n VSA-Russiese spioene-uitruilingstransaksie. Hulle het weer in Switserland ontmoet maar hy is later teruggestuur na Suid-Afrika waar hy voor die Waarheid- en Versoeningskommissie verskyn het.
Waarom Suid-Afrika sy kernwapens moes vernietig
Die mees aangevoerde maar onjuiste rede waarom Suid-Afrika sy kernprogram moes staak, het begin met gebeure soos dié in Angola toe die kommuniste, die Marxist Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) die land met 'n staatsgreep en groot geweld oorgeneem het. Die wreedheid en lyding moes as skrikbewind dien vir lande soos Suid-Afrika. Mettertyd onder John Vorster, toe Eerste Minister van Suid-Afrika (soos beplan en geplant deur wêreldmagte), en onder aanvoering van veral Moskou, en met hulp van die toé nog klein en onbeduidende ANC, is daarin geslaag om Suid-Afrika kwansuis onregeerbaar te maak. Die aantal swart oproerige insidente in die 1960's, 1970's en 1980's in Suid-Afrika was feitlik voor die voet vanuit Moskou georkestreer as deel van 'n groter plan: dieselfde planne as vir die res van Afrika – net soos vir Angola. Maar dit was niks in vergelyking met die land se onstabiliteit in 2015 onder 'n onbevoegde swart regering waar swart teen swart begin opstaan nie – binnekort sal ons 'n ongeëwenaarde opstand aanskou!
Die leuens wat destyds deur verraderlike blanke Suid-Afrikaanse leiers verkondig is dat die sporadiese oproere van swartes die gevolg van protes teen blanke onderdrukking teenoor hulle is en tot grootskaalse oorlog sou lei, is presies wat dit is: leuens, want elkeen van hierdie kraglose vertonings is direk uit die Kremlin beplan. Die rewolusionêre dogma wat tuisgebring moes word ter wille van wêreldoorheersing het beheer geneem, soos ook Janet Mondlane, weduwee van een van die voormalige leiers van die Mosambiekse Frelimo gestel het: "The prime objective was always to enlarge and consolidate the Soviet sphere of influence, all the way tot Cape Town." Ons Suid-Afrikaanse 'leiers' was reeds omgekoop en moes die blankes in Suid-Afrika laat glo dat daar geen ander keuse was nie as om "die wapens neer te lê en die land aan die donker magte te oorhandig ter wille van vrede". Met so 'n onbevoegde Afrika-regering sou die land werklik gou onregeerbaar word en sou Suid-Afrika met al sy rykdomme vinnig in buitelandse skoot val, het hulle geredeneer – 'n sataniese maar suksesvolle plan vir onstabiliteit en ekonomiese verval in Suid-Afrika waardeur almal vandag kan sien. Daarom behoort u te begryp dat die finale slag nog nie geslaan is net omdat die kommunistiese ANC ons land sonder enige weerstand gekry het nie – die wêreldgeldmag moet nog sy pond kom opeis, en 'n Suid-Afrika mét kernwapens sal die oorname te riskant vir ons vyande maak. Daarom dan dat Obama jaar na jaar 'n beroep op die swart Suid-Afrikaanse regering doen om die verrykte uraan wat uit die ses kernbomme onttrek is en by Pelindaba toegesluit lê, aan hom te gee.
Die "vernietigingsproses" was ook nie 'n onbenullige saak nie; daar is persone wat met groot bravade en deursigtigheid vertel van hulle aandeel in die massiewe vernietigingsfases van die verskillende wapens. Suid-Afrika het op daardie tydstip onder andere uitgebreide chemiese en biologiese wapenprojekte aan die gang gehad waarvan vroeër nie groot gewag gemaak is nie. Een voorbeeld daarvan, die Project Coast, het baie klein begin maar so vinnig ontwikkel dat daar teen die tyd dat die laboratorium moes sluit, reeds 'n groot verskeidenheid bakterië en chemikalië ontwikkel is wat net so dodelik was as die VX-senugas wat vroeg in 1989 ontwikkel is.
Dit het later bekend geword dat van hierdie wapens nie vernietig is nie maar 'n groot hoeveelheid onder Mandela se bewind hulle pad na Muammar Gadaffi se Libië gevind het. Die kernbomme se uraan is onttrek en word vandag nog in Pelindaba bewaar. Heel moontlik is daar nog 'n paar misiele en ander wapens ook saam met die uraan toegesluit – die tyd sal ons dit leer.
Vervolg...