Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om heeltemal jouself voor God te wees vra bevrydende genade. Die Geesvervulde mens het nie 'n "geestelike" houdinkie nie maar 'n ongekunstelde, spontane, eerlike eenvoud en diepgaande natuurlikheid.
HOE DURF KERKE DIT GOEDPRAAT!!
Ons leef in 'n wêreld van toenemende versagting van booshede en gruwels soos ook homoseksualisme. Mense word wysgemaak dat die wetenskap klinkklaar bewys het dat sommige mense homoseksueel gebore word en hul optredes gevolglik as alternatiewe erotika aanvaar moet word – veral deur kerke wat gesorg het dat ons Afrikanervolk saam in hierdie verrottingsput beland het waarin ons nou in ons laaste ‘lewende’ fase verkeer voordat ons saam met die hele wêreld oppad heltoe is! En as u nie help bid en pleit tot ons Skepper en Redder nie, mag Hy dalk net besluit dat die hele volk uitgewis word soos Hy al in die verlede te midde van ontsaglike volksondes gedoen het.
Op 8 Februarie 2019 het 'n berig in Die Kerkbode verskyn met die opskrif: “Geskiedenis is gemaak”. Louis van der Riet, 'n openlik homoseksuele man, is as leraar van 'n NG gemeente in Kraaifontein bevestig. Dit het destyds 'n opskudding veroorsaak omdat die NG Kerk op daardie stadium nog oor selfde-geslag-verhoudings verdeeld was. Van der Riet se bevestiging is as “ ’n dapper stap en getuienis” van die kerkraad opgehemel. Dit het hoofstroomnuus geword.
Op 18 Februarie verskyn daar in Die Kerkbode 'n opvolgberig in groot swart letters: “Gemeente kies liefde bo vrees". Dit was 'n infame leuen omdat die gemeente nooit ’n keuse gebied is nie. Dit blyk selfs dat die volle kerkraad voor hul besluit sowel as tydens die verkiesing nie ten volle oor die saak ingelig was nie. Dit was dus niks anders as 'n losbandige omgang met 'n heilige saak nie!
Dat die kerkraad kwansuis “eenparig” vir die betrokke leraar gestem het, was dus ’n oningeligte besluit. Die gemeente het nie gekies nie. Daar is vir hulle gekies. ’n Plek waar God geëer is, het een geword waar God se Woord verontagsaam en gemanipuleer is om mense se wense te pas.
Paulus waarsku: “...want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede” (2 Tim 4:3).
Die voorsitter van die betrokke kerkraad het destyds gesê: “Ons gevoel was dat ons nie iemand se seksuele status behoort te bespreek asof dit ’n abnormaliteit is nie. Iemand se seksuele status mag, in terme van ons besluit, nooit ’n faktor by oorweging wees nie.” Dis onsin! Van der Riet se aanstelling was ’n bewustelike besluit om 'n homoseksuele leraar aan te stel. Uit en gedaan!
Die Bybel is baie duidelik daaroor dat homoseksualiteit 'n gruwel vir God is. 'n Kerk wat dit ontsondig is vermetel, om die minste te sê. Sodra kerke dinge wat duidelik in die Bybel staan, begin betwyfel, het die Bybel vir hulle geen gesag meer nie. Liefde vir God word slegs deur gehoorsaamheid aan die Bybel gekenmerk: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie.” (Joh.14:15)
Rom.1 sê dat homoseksualisme die onetiese gevolg van die oorspronklike sonde is. Adam het God se reëls oortree waarna die hele mensdom die gevolge daarvan moes dra. “Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid ..” (Rom. 5:18).
Rom.1:26 sê verder dat omdat mense die skepsel eerder as God vereer het, hulle hul bewustelik aan homoseksualisme oorgegee het. Dit maak van homoseksualisme 'n valse godsdiens. Hierdie verering van die skepsel is baie duidelik aan uitspattige homoseksuele fees-optogte wêreldwyd te sien – hier in ons land ook in Knysna en ander plekke.
Die verheerliking van die skepsel is uiteraard opstand teen God. Rom.1 leer gelowiges eerstens hoe homoseksualisme in God se oë lyk en tweedens hoedat dit gemeenskappe se vermoë om na God se Woord te luister, laat verloor. Elke toegewing aan gruwels verdoof die mens se gewete en skaad sy siel.
Dis soos 'n ruiltransaksie. Eerbaarheid word vir boosheid, heerlikhede vir smet (:23), kennis van God vir leuens (:25) en natuurlike geslagtelike verkeer vir onnatuurlike optredes verruil (:26-28). Dis 'n bepaalde volgorde – eerbaarheid vir smet, waarheid vir leuens en daarna natuurlike geslagtelike- vir teennatuurlike verkeer.
Die aanvaarding van homoseksualisme word deur ongelowiges oor die boeg van menseregte gegooi. Dis hoegenaamd geen regverdiging nie. Die Bybel roep gelowiges op om weerstand te bied: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes 6:12,13). Ook teen owerhede – polities en kerklik!
Gelowiges staan geskok oor dit wat in die NG Kerk en sekere kerke toegelaat word. Is die kerk as die liggaam van Christus nie veronderstel om gruwels te beveg nie? God straf nie net homoseksuele mense nie, maar ook gemeenskappe en derhalwe kerke wat hierdie gruwels huisves. Het Paulus dalk 'n profetiese visie gehad van dit wat aan die einde van die tyd met die kerk gaan gebeur?
“...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom1:32).
Mag ons hemelse Vader hierdie arme verdwaalde Afrikanervolkie uit hierdie stinkende gat van verrotting uittel voordat daar van ons niks meer oor is nie!