NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die laaste vreugdes van die lewe is nie net stiller nie maar ook voller en dieper as dié van die jeug.   Die aand van die lewe voorsien sy eie lamp; nie ‘n skerp elektriese lig nie, maar die sagte, warm kerslig van Godsvertroue en dankbaarheid.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (10)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

DIE AANSLAG TEEN DIE WAARHEID

"‘n Geesvervulde se lewe getuig van ‘n behoorlike kennis van God se Woord, ‘n diep gebedslewe, ‘n kalm, beheersde persoonlikheid en gesaghebbende getuienis.  Streef daarna! "

“Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het. Laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Die charismatiese beweging is besig om Protestantse kerke soos ‘n getygolf te tref en chaos en verwarring op sy vernietigende spoor na te laat.  Duisende mense word op ‘n dwaalspoor weggevoer omdat hulle die Woord van God nie ken nie. Daar is ‘n verskil tussen die Bybel te lees en dit te ken.  By geleentheid sê Jesus vir die Skrifgeleerdes van sy tyd: “...Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie..." (Mt.22:29).

Charismate se beheptheid met bonatuurlike ervarings soos die spreek in tale, gesigte, genesings en profetiese openbarings is die sentrale as waarom hulle godsdiens draai.   In hul soeke na verruklike ondervindings, geheimsinnige verskynsels, wonderkragte en bonatuurlike wonders, versaak hulle die Bybelse voorskrifte vir geestelike groei soos gebed, Bybelstudie, volhardende gehoorsaamheid en die ware gemeenskap van die gelowiges.  Daarom val hulle die Bose so maklik ten prooi!

Dis in Amerika geen ongewone gesig om tydens groot charismatiese byeenkoms mense in ‘n beswyming en met stuiptrekkings op die vloer te sien lê nie.  Ander dans, spring of skreeu weer soos besetenes.  Dit rym glad nie met 1 Kor.14:40 nie:  “Laat alles ordelik en welvoeglik toegaan”  Desondanks sluit duisende mense jaarliks by hierdie bewegings aan; mense met ‘n vreemde behoefte aan gevoelsgodsdienste soos wat deur inboorlinge in Afrika en Asië eeue lank beoefen word.

Charismate glo dat wondertekens, soos in die tyd van Jesus en die apostels verrig is, ongelowiges tot bekering sal bring.  Hulle misgis hulle!  Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen die wonderwerke in Jesus en die apostels se tyd en diè van die charismate.  Jesus se wonderwerke was nie psigosomaties of outosuggesties nie, maar Bybels.  Dit was sigbaar en eg - werklike tekens, werklike wonders.

Charismate leer beslis nie uit Jesus se bediening nie.   Dis nie wonders wat mense tot bekering laat kom nie, maar die Woord van God! “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Rom.10:17).   Ten spyte van Jesus se wonder werke het Israel nog steeds nie geglo nie en Hom gekruisig.  Uit Hand.1:15 blyk dat Jesus maar 120 aanhangers aan die aan die einde van sy aardse bediening gehad het.

‘n Magdom van mense het Jesus se wonderwerke aanskou, maar nog steeds nie geglo nie.  Selfs nie eens na die opwekking van Lasarus uit die dood nie!  Joh.12:37 som dit op: “En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie” .  Dieselfde ding het in die vroeë kerk gebeur.  Wonders en tekens het geen verskil gemaak nie.   Die Joodse Raad het Petrus en Johannes selfs tot swye probeer dwing: “En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie” (Hand.4:18).

Ook in die OT het tekens en wonders as sulks nie bekerings meegebring het nie.  Die Farao se hart het verhard gebly.   En Israel self?  Ten spyte van al die wondertekens van goddelike versorging het ‘n hele geslag weens ongeloof  in die woestyn gesterf. Ook toe die profete wondertekens gedoen het, het die Bondsvolk nie geglo nie en het hulle as straf in ballingskap gegaan.

Gevolglik slaan die charismate die bal mis as hulle reken dat tekens en wonders ongelowiges tot geloof sal bring.  Hulle mis die hele doel van getuienislewering.  God roep gelowiges nie op om die Satan met bonatuurlike magsvertoon teen te staan nie, maar om leuens met die Goddelike waarheid te konfronteer.  Terug na die Skrif!

Charismate stomp in der waarheid die verlossingsboodskap af.  Baie van hulle het op grond van ‘n wonder wat hulle aanskou het “gelowig” geword sonder dat die verlossingsboodskap ooit aan hulle gebring is.   Laasgenoemde skyn in charismatiese kringe oorbodig te wees.  Vir hulle gaan dit in werklikheid nie om die Evangelie soos wat Jesus dit verwag nie, maar om belewenis.  Luister maar net na hul prediking; die verlossing in Christus staan nie juis sentraal nie, maar eerder die doop met die Heilige Gees, die spreek in tale en genesings.  En daarmee vat die Satan die aandag van die Skrif af weg en word diè mense instrumenteel in die bose aanslag op die waarheid.

Charismate glo dat evangelisasie nie deur blote Woordverkondiging bevorder word nie.  Daar moet ook wonderwerke wees.  Die gevaar is dat indien wonderwerke die basis vir evangelisasie word, Jesus se verlossingsboodskap ‘n bysaak word.  Want dan word die Bybelse Jesus vir ‘n misterieuse een opsy geskuif en die geloofsfokuspunt verskuif; weg van die Verlosser na tekens en wonders.  Dis gruwelik on-Bybels!

Maar dis presies wat die charismate doen – hulle godsdiens is gruwelik on-Bybels!

Wie sy vertroue in tekens en wonders stel, kan nie deur die geloof gered word nie ongeag hoe ernstig hulle ook al die naam van die Here Jesus aanroep.   Egte reddende geloof is deur Jesus alleen en nie deur wonderwerke nie!

Paulus het hom ten doel gestel om alleenlik die gekruisigde (verlossende) Jesus te verkondig (1 Kor.1:23).  ‘n Boodskap wat dit nie bevat nie, is nie ‘n evangelie-boodskap nie!  Die Evangelie is nie tekens en wonders nie, maar die reddende krag van God deur Christus.  Jesus het dikwels diegene wat om tekens gevra het, berispe.

Die charismate se benadering tot kerk-wees, is heeltemal verkeerd.  Hulle bou mure sonder ‘n fondament!   Die charismatiese beweging is die tragiese verhaal van ‘n skip wat in ‘n hawe ingevaar, maar geen Bybelse ankerplek gevind het nie!

Daar is groot onderlinge verwarring in die charismatiese beweging omdat baie van hulle nie weet wat hulle presies glo nie.  Daarom is daar soveel verdeeldheid en versplintering aan die orde van die dag.   Dit gebeur wanneer jy die genoegsaamheid van die Bybel ontken.  Verwarring word jou voorland!

Gelowiges het geen nuwe openbaring uit die hemel nodig nie.  Judas, die broer van Jakobus skryf dat hy geroepe is “om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (Judas :3).  Die Griekse woord eenmaal beteken eenmalig. Wie hierdie waarheid ontken, deur nog openbaring by te voeg, rand die waarheid aan!

Wees versigtig vir ervarings!  Gelowiges moet hul ervarings altyd aan die Skrif toets.  Moet nooit, maar nooit, soos die charismate, die Skrif aan jou ervarings toets nie!   Die charismate beweeg bitter ver van die Bybelse leer af weg.

Charismate sê dat as die krag van die Heilige Gees in ‘n mens kom, verskeie fisiese gebeure plaasvind.  Sommige begin onbedaarlik te bewe, ander val om, sommige begin onophoudelik te spring terwyl ander se hande so saamtrek dat dit soos kloue lyk.   Sommige mense se gesigte vervorm, ander knip die oë onbeheers.  Sommige begin swaar asem te haal, hittegloede te beleef en abnormaal te sweet.  Klink dit na die vrug van die Gees waarvan Gal.5 praat?  Nee, allermins nie!   Dit klink eerder na demoniese openbarings!

Om jou teologie op sulke dinge te bou, is dodelik!  Dit gebeur wanneer mense meer waarde aan ervarings as aan die Skrif heg.  Want dan maak jy jou lewensboot los van die stewige anker van die Skrif om dit op die see van misterieuse geheimsinnigheid te laat ronddobber en alles wat jy dan sien, as komende van God te aanvaar.  Dis niks anders as selfbedrog nie.  Dis soos om ‘n huis op sand te bou!

Charismate kritiseer graag Protestante omdat hulle hul geloofslewe en teologie slegs op die Bybel grond.  Daarmee blus Protestante kwansuis die Gees!   God wil kragtig deur hulle werk, maar hulle weier om sy krag in wonders en sensasionele, geheimsinnige ervarings te soek.  Die Heilige Gees werk nie op die normale vlak van die lewe nie, slegs bonatuurlik.  As jy dit nie daar gaan soek nie, sal jy dit nooit vind nie!

Benewens hulle verregaande onkunde, kan die gevaar wat hierdie siening inhou, nie genoeg beklemtoon word nie.  Dit kan mense die ewige lewe kos!  Jesus het ons baie duidelik gewaarsku: “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25).

Paulus skryf ook hieroor aan die Tessalonisense: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom....” (2:2:3).  Dis een van die tekens van die naderende wederkoms van Jesus – daar kom ‘n reuse kerklike verval.  “en dan sal die ongeregtige geopenbaar word...hy wie se koms is volgens die werkinge van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (:8,9).

Hierdie verval waai alreeds baie sterk in talle kerklike kringe.  Dit gaan kort voor lank orkaansterkte bereik.  Moenie daardeur weggewaai word nie!  Volg die goeie raad van ons teksvers “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het. Laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Hoe sal ons aan die einde van die tyd weet of dit wat ‘n persoon of ‘n kerk sê van God kom?   Daar is net een onfeilbare toets - nie dat hy tekens en wonders kan doen nie, maar stem dit wat hy leer met God se Woord ooreen?   Hoe lyk ‘n geesvervulde lewe?

Iemand wat met geheime tekens en bonatuurlike gawes omgaan?  Nee, dis towenaars!  ‘n Geesvervulde se lewe getuig van ‘n behoorlike kennis van God se Woord, ‘n diep gebedslewe, ‘n kalm, beheersde persoonlikheid en gesaghebbende getuienis.  Streef daarna!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9655 gaste aanlyn