NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Enigiemand wat meer oor die lewe te wete wil kom kan maar net die Bybel bestudeer; dit is 'n Boek oor die lewe: oor konings, boere, huisvroue, siekes, soldate, diensknegte, elke mens is in die Bybel; ook jou en my lewe word direk daarin weerspieël. Maar as jy nooit jou Bybel bestudeer nie kan jy nie verwag om lewenskennis te hê nie.

KOMPAS NA DIE HEMEL

Ds A.E. van den Berg 

“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad”(Ps.119:105).

Ps.119 is baie anders as enige ander psalm. Dis baie langer, selfs langer as twee van die langste psalms as dit saamgevoeg sou word. Alhoewel die digter nie vermeld word nie, lyk dit asof dit Dawid kon wees wat by geleentheid al sy kort geestelike gedagtes wat hy neergeskryf het as ʼn geheel saamgevoeg het. Ps.119 is egter nie ʼn ketting met ʼn klomp saamgevoegde goue skakels nie, maar eerder ʼn skatkis met goud wat op elke toegewyde leser wag om ontdek te word.

In vers 19 skryf die psalmdigter: “Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie”.

Dis so waar, ons is reisigers op die aarde en word soms genoodsaak om in die donkerte van die lewe ons lewensreis voort te sit. Om dit sonder die liggewende Woord van God aan te pak, is rampspoedig. Daarom het God vir ons die Bybel as ʼn lig vir ons lewenspad gegee en aan die hand daarvan ons ewige bestemming te bereik nl. die Nuwe Jerusalem. Wie dié lig gebruik, verdwaal nie. Wie dit nie gebruik nie, verdwaal en beland op die ou einde soos die ryk man in Luk.16 in die ewige duisternis met geween en gekners van tande.

Ps.119 sê dat die Woord van God soos ʼn brandende fakkel ons lewenspad verlig. Dit maak die Bybel so prakties soos ʼn moderne GPS wat die regte pad aandui. ʼn Lamp in die nag en ʼn lig bedags gee sin aan die lewe.

Dawid het sy lewenswandel op die heilige Skrif ingestel. Hy was dikwels in lewensgevaar soos bv. toe hy tydens ʼn burgeroorlog uit Jerusalem moes vlug en sy toevlug na God se Woord geneem het en nie moed verloor nie.

Kennis van die Bybel is kennis van God. Hierdie kennis lei tot die regte besluitnemings en gee gemoedsrus. Die Bybel is ook lewensondersteunend en die krag wat gelowiges in baie moeilike omstandighede staande hou.

“Al gaan ek ook in ʼn dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.(Ps.23:4).

Kennis van die Bybel is gelowiges se geestelike suurstoftenk asook hul geestelike voedingsbuis en hul hoop op ʼn ewige heerlikheid saam met Jesus.

Een van die grootste waardes van die Bybel is dat dit ons help om leuens van die waarheid te onderskei. En dis baie belangrik in ʼn wêreld waar leuens en dwaalleer oorhand toeneem. Mense weet nie meer wat reg of verkeerd is nie. Hulle word toenemend vanaf kansels mislei om die waarheid te verwerp en die leuen te glo. Paulus waarsku dat dit net voor die wederkoms gaan toeneem:

“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).

Daarom moet mense vandag des te meer kennis van die Bybel hê en mense help om krom paaie reguit te maak: Paulus skryf:

“...sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld (Fil.2:15).

Daarom is kennis van die Bybel onontbeerlik vir die geloofslewe. Die Bybel is God se handleiding wat ons leer om vir God afgesonder in ʼn sondige wêreld te leef. Maar nie net dit nie; die Bybel het ook vir gelowiges raad met hul eie swakhede.   Dis ʼn vaste fondament as dit voel dit asof alles om ons ineenstort.

Dawid sê: Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom. Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep... en uit sy paleis het Hy my stem gehoor....” (2 Sam.22:5-7).

Die Bybel leer ons om reg te leef sodat ons ook reg kan sterf. Niemand leef verkeerd, maar sterf reg nie. Om reg te sterf, moet jy reg leef. En hoe sal jy sonder kennis van God se Woord weet hoe om reg te leef? Jy sal nie!

Daarom is kennis van die Bybel meer werd as ’n universiteit vol geleerdheid. Maar hoe verkry mense kennis van die Bybel? Deur saans so ʼn stukkie te lees en jouself te troos dat jy darem Bybel lees? Allermins! Om maar net ʼn stukkie te lees, troos hoogstens die gewete.

Om kennis van die Bybel te verkry, moet ʼn studie van die Bybel gemaak word. Daarvoor moet tyd ingeruim word. Baie sê dat hulle nie tyd het nie. Dis ʼn leuen!   Wie so sê, het dinge in hul lewe wat belangriker as die saak van die Here. Elkeen maak tyd vir die dinge waarvoor jy lief is – prioriteite!

Geen mensekennis vergelyk met kennis van God nie. Jy sien jou gesig in ʼn spieël, maar jou siel in die Bybel. Die Wet van God toon vir ons die siekte van ons siel aan en die Evangelie die geneesmiddel. Daarom lê die antwoord vir die mens se probleme binne die twee buiteblaaie van die Bybel opgesluit. Mense moet net oopmaak en lees!

Sonde laat mense enigiets met die Bybel doen behalwe om hul te leer hoe om daarvolgens te leef.   Sommige mense sê dat God niks vir hulle sê nie. Hoe kan Hy vir hulle iets sê as hulle Bybels dan toe bly?! Ander kla weer dat die Bybel hulle aanstoot gee. Dit kan gebeur. As die Bybel op mense se tone trap, is dit besmoontlik omdat hul voete in die verkeerde rigting loop!

Vir gelowiges beteken die Bybel alles. Luister wat sê Ps.119 van die Bybel:

Dis ons lewenskompas: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord” (:9)

Dis ons gids: “Ek wil u bevele oordink en op u paaie let” (:15).

Dis ons vreugde: “Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie” (:16).

Dis ons helper: Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne” (:24).

Die Bybel verseker ons van God se ewige beloftes:

“Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees” (:38).

Die lig van die Bybel verhoed dat ons in die slagysters van die vyand trap:

Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie” (:85).

Niemand bereik ʼn bestemming in die donker as hy die pad nie kan sien nie. Dis waar die Bybel van onskatbare waarde is – dit verlig die pad en help ons om gevare te vermy, waarvan om in die hel te beland die heel grootste is. Luister na die ontslape ryk man in Luk.16 se versoek aan vader Abraham:

“En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur —want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie”.

Luister wat antwoord Abraham hom:

Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister” (Luk.16:27-29).

Wat sê Abraham? Hulle het die Bybel, laat hulle dit lees!

Om reg te leef, moet ons in ooreenstemming met die lig van God se Woord leef en ʼn baie duidelike keuse vir Jesus in ons lewens maak. As ons dit doen, sal ons vir seker ons reis voltooi en by die Nuwe Jerusalem aankom. Wat kan wonderliker as dit wees? Aardse reisigers wat by hul hemelse bestemming aankom!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1749 gaste aanlyn