NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

’n Mens hoor gereeld van mense wat geld vervals en deur die gereg vasgetrek is.   As iets soortgelyks maar op kerklike gebied kon gebeur en die vervalsers van die waarheid aan die pen kon ry, sou dit baie beter met ons land gegaan het!

ONTHOU U VERANTWOORDELIK- HEID

Hannes Ollewagen

Matt. 6:19-34

“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” (:31-34).

Wanneer ons na die media kyk, word daar ‘n somber prentjie vir die volgende kalenderjaar geskep. Dit is die nasionale kragnetwerk wat dreig om in duie te stort. Rentekoerse lyk onheilspellend. Die styging in voedselpryse lyk onrusbarend. En wêreldwyd dreig ‘n ekonomiese resessie. So kan ons met die lys aangaan. Dit is dan natuurlik ook te verstane dat ons oor baie van hierdie dinge, en die impak wat dit op ons en ons geliefdes se lewens sal hê, bekommerd raak. Ons moet egter nie vergeet dat die Woord van die HERE ons ook in hierdie verband onderrig en leiding gee nie.

Geliefdes, die HERE gee pertinent aan ons ‘n opdrag dat ons ons nie oor ons daaglikse behoeftes moet kwel nie, maar dat ons heelhartig op Hom vir ons versorging moet vertrou. “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? ...want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.” (:31&32). Ons word deur hierdie gedeelte daaraan herinner dat ongeloof (in sy krag en getrouheid) ook sonde is. Luister maar na die woorde uit Psalm 78 wat ons herinner aan die sonde van die volk Israel wat deur vrees oorweldig is en nie op die HERE se hulp en krag vertrou het nie. “Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en ‘n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel; omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.” (Ps. 78:21&22).

U moet my reg verstaan. Ek sê nie vandag dat ons ons koppe in die grond moet begrawe en ons blind hou vir die uitdagings en gevare rondom ons nie. Ek sê ook beslis nie dat ons in oordrewe charisma vir onsself en almal rondom ons moet lieg en die hele tyd vertel dat ons net positief moet bly want dan sal alles vanself regkom en beter gaan nie. Allermins. Die omstandighede rondom is tog glashelder en die oorsaak hiervan is ook nie te moeilik om te bepaal nie. Die mens hou God nie meer in erkentenis nie en in eiesinnigheid wil elkeen net sy eie wil najaag. Talle kerke soek harder na verskonings om lidmate se sondige optrede te probeer regverdig en polities korrek te wees as wat dit ‘n stem is wat sondaars tot bekering roep. Die mens kwel homsself net oor sy eie behoeftes en probleme en daar word nie meer na ‘n tyd van stille wyding gesoek waar die mens stil raak om sy lewe voor God te oordink en hom oor sy eie sondes te kwel en na geregtigheid te soek nie. Daar word eintlik presies in die teenoorgestelde rigting van Matt. 6 se opdrag beweeg – die mens kwel hom oor die aardse dinge en nie vir een oomblik oor die koninkryk van God en sy geregtigheid nie.

En hoe ironies is dit nie. In hierdie tyd waar elkeen eintlik maar na hartelus kan handel, is die samelewing dan ook so diep ongelukkig en is hartseer en ellende aan die orde van die dag. En die antwoord is eenvoudig – die mens is verwaand genoeg om te dink dat hy vir homself beter kan sorg, homself meer gelukkig kan maak as wat die Almagtige God, die Skepper van hemel en aarde dit kan doen.

Ek en u is geweldig bevoorreg om vandag deur die HERE aan die waarheid uit sy Woord herinner te word. Die waarheid is dat ons lewe en ons toekoms veiliger in sy Hande as in ons eie hande is. En daarom behoort ons die leiding van sy Woord getrou te volg. Ja, ons behoort ook soos die Psalmdigter ons vertroue in Hom met sekerheid te kan bely. “Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.” (Ps. 31:15). En omdat ons bely dat Hy ons God is, behoort ons lewens ook aan sy Woord en wil onderwerp te wees. Ons hou daarvan om te bely dat Hy ons God is omdat ons graag op sy hulp, seën en krag wil staat maak. Maar dit sou ook beteken dat ons ons aan sy verordeninge en insettinge sal onderwerp. Die HERE stel dit tog uit ons gelese gedeelte vanoggend ook duidelik: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid. . . “

Geliefdes, mag die Woord van die HERE vir my en u vandag opnuut bewus maak van die belangrikheid om HOM die absolute prioriteit in ons lewens te maak. Ja, mag dit ons herinner dat Hy nie die Een is vir Wie ons net byderhand wil hou om op staat te maak wanneer ons eie planne nie realiseer nie of wanneer ons teëspoed het wat ons nie kan hanteer nie. Maar mag Hy die Een wees na Wie ons elke dag soek. Ja, mag ons waarlik sy koninkryk en ay geregtigheid in ons lewens eerste stel en Hom volkome met ons toekoms en lewens vertrou. Ja, mag Hy nie alleen ons vertroue in die lewe wees nie, maar ook ons hoogste prioriteit!

Ek groet u met die kosbare woorde uit Psalm 4:6. “Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.”

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 978 gaste aanlyn