NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer iemand sê hy het nie tyd gehad om iets vir jou te doen nie, is dit nie 'n stelling van 'n feit nie maar 'n verklaring van prioriteite.

HOU VOL OM DIE HERE TE VOLG

Hannes Ollewagen

Josua 14:1-15

“En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.” (:9).

Geliefdes, na die volk se uittog uit Egipte het hulle eindelik tot by die beloofde land gekom. Hierdie wonderlike land wat hulle gedurende hul trek altyddeur voor oë gehou het. ‘n Begeerlike land; ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Die volk het nie sonder uitdagings tot hier gekom nie. Daar was gevare van oorloë, honger, dors en dergelike dinge. Maar in al hierdie dinge het die HERE hulle nie verlaat nie. Die HERE het in al hierdie beproewinge aan die volk sy mag getoon sodat hulle in Hom kon glo. Die HERE was aan sy volk altyd trou. Hulle het dan telkens gesien dat daar geen bedreiging of gevaar op hul pad was waaruit die HERE hulle nie deur sy wonderlike krag kon verlos en red nie.

Alvorens die volk die beloofde land ingetrek het, het hulle op bevel van die HERE spioene gestuur om hierdie land te verken. En hierdie spioene het gemerk dat hierdie land werklik ‘n land van melk en heuning is. Ja, ‘n land wat hul verwagtinge oortref!

“En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning,...” (Num. 13:27).

Ongelukkig het die volk die HERE op hierdie punt teleurgestel. In plaas daarvan om in stille ootmoed die opdrag van die HERE om hierdie land in te neem, met geloofsvertroue te gehoorsaam, murmureer die volk teen hierdie bevel. Hulle voer nie in gehoorsaamheid die opdrag van die HERE uit nie. Dit was alleen Kaleb en Josua wat volgehou het om die HERE hierin te volg en deurgaans op die HERE vertrou het in teenstelling met die ander spioene wat deur hul vrese, aan die HERE ongehoorsaam geword het.

Geliefdes, hierdie twee manne, Josua en Kaleb, was nie die eerste of die laaste manne wat met volharding die HERE gedien het terwyl die mense rondom hulle agter hul eie gedagtes aan geloop het nie. Dink maar aan Noag wat in ‘n wêreld van onreg steeds in sy lewenswandel regverdig en opreg gebly het.

“...Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (Gén. 6:9).

En hierbenewens het hierdie man ook volgehou om die HERE te volg. Hy het die bevele van die HERE met getrouheid gehoorsaam. Ja, al het die opdrag om ‘n ark te bou vir hom dalk bespotting van die mensdom ingehou, was hy steeds aan God getrou en gehoorsaam. Ons lees ook van Lot wat in ‘n goddelose samelewing geleef het. Maar hy het nie aan hierdie goddeloosheid gewoond geraak nie.

“...en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke —“ (2 Pet. 2:7&8).

Hy het ‘n regverdige man gebly en die HERE in getrouheid gevolg. En ons sal seker nie van getrouheid kan praat sonder om te dink aan die drie vriende van Daniël nie. Hulle het weens getrouheid aan hul geloofsoortuiging die dood in die gesig moes staar. Maar dit het hulle nie van stryk gebring nie. Hierdie manne het botweg geweier om die heidense afgodery na te volg, maar om die HERE getrou te bly navolg. Hulle sou eerder vir Hom sterf as om in goddeloosheid te leef.

“As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” (Dan. 3:17&18).

Geliefdes, het ons nie nodig om meer gereeld van hierdie mense se getrouheid aan die HERE te lees nie? Ja, in die dae waarin mense selfs van baie kansels af aangemoedig word om aan die HERE ontrou te word. Ja, sogenaamde kerke wat selfs goedkeuring aan homosekuele praktyke gee en hul teen weinig sondes uitspreek. Veel eerder sal die dwalleeraars met welluidende verskonings mense oor hul ongeregtigheid paai. En op hierdie wyse word mense van die HERE af ‘weg’ gepreek! Ja, hulle word nie gemaan om aan die HERE getrou te bly en om in getrouheid sy insettinge en verorderinge te onderhou nie, maar eerder aangemoedig om die begeerlikhede van die vlees agterna te loop. En kom gerus volgende Sondag terug wanneer jou gewete jou dalk aanspreek, want die ketter op die kansel sal jou weer paai en aan jou vertel dat hy eintlik weet wat “die Bybel eintlik bedoel” as God wat aan ons sy onveranderlike Woord gegee het. Julle dwalleeraars sal sekerlik in jul verwaandheid verstik!

Geliefdes, wanneer u dalk ontmoedig word wanneer u na die goddeloosheid van die samelewing rondom u kyk, dink aan hierdie getroue manne waarvan ons uit die Woord van die HERE leer. En laat ons hierdeur besiel word om daarna te streef om die HERE, die onveranderlike God, met dieselfde getrouheid te volg. Ek en u moet dalk ook meer gereeld die woorde van die Psalmdigter uit Ps. 119:4&5 uitroep.

“Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou.Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!”

En ons behoort die woorde van die HERE uit 1 Sam. 26:23 aan ons harte vas te knoop.

“ Die Here tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid ...”.

Mag ons die HERE in getrouheid na ons beloofde land volg, geliefdes, met die oog gevestig op Christus wat ook vir ons die toonbeeld van getrouheid was. Hy was aan God getrou tot in sy pynlike en vernederende dood. En mag ons deur ons getrouheid aan die HERE ook deur Hom tot oorwinning gelei word en ons deel in sy beloofde land ontvang.

“...Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.” (Open. 2:7).

Ons deel in hierdie beloofde land sal ook ons grootste verwagtinge oortref.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 507 gaste aanlyn