NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie toelaat dat die handjie vol kosbare aardse ure wat God jou geleen het tussen jou vingers deurglip in 'n transaksie waar jy onsigbare dinge verruil vir sigbare dinge nie – die sigbare dinge is tydelik...

VERGEWE MEKAAR

Hannes Ollewagen

Efésiërs 4:17-32

“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” (:32).

Vergifnis – iets wat elkeen van ons so maklik wil ontvang en die meeste van ons tog so moeilik uitdeel. Almal van ons oortree tog een of ander stadium teen ‘n ander. Ja, hoe goed en mooi ons ookal probeer om die gebod van God na te kom en te onderhou, struikel ons maar dikwels. En wanneer ons die gebod van liefde teenoor ons naaste vir ‘n oomblik vergeet, doen ons gewoonlik iemand skade aan. Ons kom iemand te na. Ons maak iemand seer of stel iemand teleur. Ja, hetsy dit in woorde, deur ons optrede of selfs in sommige gevalle deur ons gebrek aan optrede is. Ek hoop dat ons kan sê dat die meeste van ons dan gelukkig op ‘n stadium oor ons verkeerde optrede skaam en berou kry. Maar hoe seer maak dit nie wanneer iemand opregte berou het oor sy oortreding, maar die ander party nie bereid is om te vergewe nie.

Geliefdes, ons volk se akker is met die onkruid van onvergewensgesindheid besaai. Daar is families waar familielede al vir jare nie met mekaar praat nie omdat die een ‘n ander nie kan vergewe nie. Daar is families waar sommige nie die begrafnis van ‘n geliefde bywoon nie, omdat die een die ander nie kan vergewe nie. Daar is al kerke uitmekaar geskeur omdat mense mekaar nie kan vergewe nie. Daar is kerke wat nog bestaan met lidmate wat week in en week uit saam eredienste bywoon, maar mekaar nie kan vergewe nie. Die hoë getal egskeidings onder volksgenote is ‘n bewys van mense se onwilligheid en onvermoë om te vergewe. Ja, ons praat van man en vrou – twee mense deur God tot een vlees verbind is– wat deur onvergewensgesindheid uitmekaar geskeur word.

Ons moet verstaan dat hierdie ‘n ernstige saak voor God is, geliefdes. Christus het op die vraag van Petrus rondom vergifnis vir ons ‘n baie duidelike antwoord gegee.

“Toe kom Petrus na Hom en sê, Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” (Matt. 18:21&22).

En na afloop van hierdie antwoord vertel Christus die gelykenis van ‘n dienskneg wat sy heer om genade gesmeek het omdat hy nie dit wat hy aan sy heer verksuldig was kon betaal nie. En nadat hy van sy heer vryspraak ontvang het, het hy teenoor ‘n mededienskneg opgetree en geweier om sy mededienskneg ook vry te spreek. En dan stel die HERE dit vir ons prontuit dat ons sy toorn en grimmigheid wek wanneer ons nie bereid is om ons naaste te vergeef soos wat Hy ons ook dikwels vergeef wanneer ons teenoor Hom oortree nie.

“En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totday hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (Matt. 18:34&35).

Christus het ons dan ook leer bid. En in hierdie gebed leer Hy aan ons om vir vergifnis te bid. Maar terselfdertyd sluit Hy doelbewus hierby in dat ons aan God moet vra om ons te vergewe soos ons ook diegene wat teen ons oortree te vergewe. Dit lê die verpligting van vergifnis met erns op ons, want as ek weier om ‘n ander te vergewe, kan ek nie hierdie woorde op hierdie wyse tot God bring nie. Dit sou beteken dat ek God vra om my nie te vergewe nie, omdat ek ook ander mense nie vergewe nie. En die HERE stel dit tog duidelik dat dit ook is wat sal gebeur.

“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” (Matt. 6:14&15).

Geliefdes, ons word soms in ons eer gekrenk wanneer ander mense teen ons oortree. En ons word soms deur ander se optrede baie, baie seergemaak. Maar niks van hierdie dinge wat ons kan aanvoer, is ‘n veronskuldiging vir onvergewensgesindheid nie. Ons bedroef ook God wanneer ons teenoor Hom oortree – tog vergewe Hy ons. Stéfanus kon ook seker om wraak en vergelding tot God geskreeu het toe sy volk hom gestenig het. Maar tog doen hy die teendeel.

“En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” (Hand. 7:60).

Ja, geliefdes – natuurlik het ons weereens vir Christus as die volmaakte voorbeeld in hierdie verband. Hy wat met hoon en veragting op die mees vernederende en pynlike wyse terreggestel is, het seker rede gehad om nie te wil vergewe nie. Hulle wat Hom leed aangedoen het, het immers God se Wil en Raad weerstaan. En tog onderstreep sy optrede in hierdie situasie sekerlik die belangrikheid van vergewensgesindheid in God se oë vir ons.

“En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. ...” (Luk. 23:34).

Geliefdes, moenie langer met ‘n onvergewensgesindheid in u hart rondloop nie. Dit bedroef God. En dit is nie bevorderlik vir u verhouding met God nie. Bid God om u hart met liefde te vul. Ja, die liefde wat alles bedek. Die liefde wat God in ons hart en ons lewens wil sien. En mag u met hierdie hart vol liefde geen plek vir onvergewensgesindheid oorhou nie. Ja, mag ons mekaar in liefde verdra, mag ons mekaar volgens die voorbeeld van Christus in liefde vergeef en so aan God eer en blydskap toebring.

“Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.” (Kol. 3:13).

Amen.

 

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1942 gaste aanlyn