Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sien oral om ons hoe mens onder die spreekwoordelike broodlyn leef; vroeër jare het ons feitlik nooit 'n blanke bedelaar gesien nie, vandag het elke straathoek een of meer. En ons gee dikwels 'n geldjie of iets anders om hulle te help, maar dink ons ooit aan hulle geestelike broodlyn, daardie groter behoefte wat dikwels nie raakgesien word nie? Gebruik die geleentheid om met hierdie mense oor hulle emosionele en geestelike welstand te praat en u sal verbaas wees hoe groot behoefte hulle daaraan openbaar!
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (4)
Ds André vd Berg
Die einde van Christus se verlossingsplan
God bestem ook ‘n heerlike einde aan sy verlossingsplan wanneer Christus aan die einde van alle tye na die aarde gaan terugkeer. In die gelykenis van die tien maagde (Matt.25) vergelyk Christus dit met ‘n huweliksfees. Interessant genoeg, is hier weer van ‘n deur sprake - een wat op ‘n gegewe tyd gesluit en nie weer oopgemaak word nie. Baie mense sal, soos die vyf dwase maagde wat te laat by die fees aangekom het, so naby aan die hemel kom, en nogtans mis.
Absolute sekerheid
Die meeste mense glo dat geen mens alreeds hier op aarde van ‘n plek in die hemel seker
Tydens die ballingskap het die Israeliete geglo dat God hulle verwerp en as’t ware aan die hel oorgegee het. Daarom het die Here vir Esegiël tot profeet geroep om die saak reg te stel. God praat deur hom en sê vir hulle: Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom moet bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! Waarom wil julle tog sterwe?” (33:11).
Die vaste wete dat ons alreeds hier op aarde van ‘n plek in die hemel seker is, word in Joh.14 baie duidelik gestel as Jesus spesifiek sê dat Hy vir ons plek in die hemel gaan voorberei het. Aan die kruis sê Jesus vir die bekeerde misdadiger: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43). Ons
Die hemel gaan vir ons drie verrassings oplewer. Eerstens gaan daar mense wees wat ons nie daar verwag het nie. Tweedens gaan ons mense mis wat ons wel daar verwag het. En derdens, die grootste vreugde van almal, ons gaan self daar wees!
Toe daar by geleentheid aan ‘n gelowige gevra is of hy werklik glo dat daar ‘n hemel gaan wees, het hy geantwoord: “Ja, want ek bly daar”. Die hemel was in hom lank voordat hy in die hemel was. Mag dit ook van ons gesê word!
Die hoofdoel van redding is nie om mense in die hemel te kry nie, maar om die hemel in mense te kry. Mag God ons gees derhalwe losmaak van alle aardse dinge wat dit mag bind sodat ons nou alreeds vir ons hemelwoning voorberei. Paulus vermaan die Kolossense en sê:“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge” (Kol.3:2-3).
‘n Jong Britse sendeling wat ‘n tyd lank in die Ooste gewerk het, het op die vooraand van sy terugkeer na Engeland baie ernstig siek geword. Hy het net aan sy terugkeer gedink - sy ouers, sy susters en die meisie met wie hy wou trou. Toe die dokter hom oor die ware toedrag van sy gesondheid inlig, nl.dat hy sterwend was, was hy vir ‘n oomblik stomgeslaan waarna sy gesig weer verhelder het: ”Wel dan gaan ek na my hemelse tuiste waarvan ek so baie gepreek het!” het hy opgewonde uitgeroep. Dis hoe ons oor die hemel moet dink. Daardie innerlike vrede wat die Heilige Gees ons gee, is, al is ons ook sterwend, onuitspreeklik verblydend!