Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (2)
Ds André vd Berg
"... daar is net een geldige paspoort wat ons tot die hemel sal toelaat en dis die bekering tot Christus. Daarsonder sal niemand tot die hemel toegelaat word nie. Desondanks probeer baie mense met ongeldige reisdokumente die hemel binnekom. Een daarvan is ‘n mooi lewe..."
Geen vreemde begrip
Die verlossing uit sonde was vir die ou Jode geen vreemde begrip nie, maar aan die alledaagse lewe ontleen. As jy vandag in ‘n geldelike verknorsing beland waaruit jy nie
Die Wet van Moses het hierdie tydperk egter tot ‘n maksimum van 7 jaar beperk. Indien ‘n ander persoon gedurende daardie tyd die verskuldigde bedrag aan die skuldeiser betaal het, was jy onmiddellik vry om te gaan. Hy kon jou nie langer in diens hou nie. Die persoon wat ‘n ander een loskoop, is ‘n losser genoem. Hy het jou skuld kom afkoop en jou van slawediens onthef.
Dis presies wat die verlossing van sonde is. Sonde het ons slawe van Satan gemaak.Christus het vir ons kom instaan en ons met sy Bloed losgekoop. Hy is ons Losser en die Satan moes ons laat gaan. Die prys is betaal. Hy kon ons nie langer hou nie. Dis die hoofgedagte van verlossing: Iemand anders dra die straf vir jou sonde in jou plek. Dis soos Christus wat in Barabbas se plek gesterf het.
Die regte paspoort
Ek toer graag in die buiteland. Daarvoor moet ek sekere dokumente hê waarvan die paspoort die heelbelangrikste is. Geen doeanebeamptes het nog ooit na my afkoms, status of finansiële welstand gevra nie; slegs na my paspoort.
Daar is een reis wat alle mense sal onderneem - die reis van die lewe na die ewigheid. En daarvoor is daar net een geldige paspoort wat ons tot die hemel sal toelaat en dis die bekering tot Christus. Daarsonder sal niemand tot die hemel toegelaat word nie.
Desondanks probeer baie mense met ongeldige reisdokumente die hemel binnekom. Een daarvan is ‘n mooi lewe. Daar is nie fout met ‘n mooi lewe nie. God se Woord roep ons telkens op om voorbeeldig te leef. Dis egter nie genoegsaam om ons ‘n plek in die hemel te besorg nie. ‘n Mooi lewe stel jou nie vry van die opdrag om jou tot Christus te bekeer nie. ‘n Voorbeeldige lewe is geen alternatiewe roete na die hemel nie. Die wyse koning Salomo sê in Spr.14:12: “Daar is’n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood”.
Desondanks glo baie mense dat goeie werke hulle tog in plek in die hemel sal besorg. Hulle beywer hul vir armes, behoeftiges en noodlydendes en draai al te graag die liefdadigheidsmallemeule menende dat dit by God punte sal tel.
Goeie werke is belangrik, maar dis slegs van waarde indien dit uit dankbaarheid vir redding gedoen word. As reisdokument na die hemel beteken dit absoluut niks nie. Dis net so goed as wat ek met my rybewys by ‘n doenaebeampte aankom en glo dat hy my tot sy land sal toelaat! Dis ‘n valse paspoort.
Baie mense glo dat goeie menseverhoudings hul ‘n plek in die hemel sal besorg, veral goeie verhoudings wat uit ‘n godvresende ouerhuis spruit. Hier op aarde
Hoe verkry ‘n mens dan die regte paspoort? Deur die bekering. Dit en dit alleen maak van my ‘n kind van God. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om kinders van God te word” (Joh.1:12). Die hemel is uitsluitlik vir die kinders van God ingerig en vir geen ander nie.
Ek het nog nooit ‘n mens teëgekom wat nie hemel toe wil gaan nie. Almal wil, behalwe diegene wat nie glo daar is 'n hemel nie. Die wonderlike vooruitsig van ‘n eindelose vreugde, blydskap en vrede vind by alle mense byval. Jy moet net die regte padaanwysers volg. ‘n Mens ry mos nie Pietersburg toe deur die Bloemfonteinpad te neem nie. Jy moet die regte pad kies.
Een aand bel ‘n verpleegster die dokter en deel hom mee dat ‘n pasiënt se toestand ernstig versleg en dat hy dringend moes kom. By die hospitaal aangekom, het die dokter ‘n voorskrif uitgeskryf en apteek toe gestuur. Toe die medisyne kom, was daar ‘n nota by om te sê dat die voorskrif stiptelik uitgevoer is, maar dat die persoon wat daarvan drink, beslis sal sterf. Die dokter drink toe self die medisyne om die apteker verkeerd te bewys en sterf binne ‘n paar minute. Ons moet nooit die pad na die hemel op eie oortuigings probeer volg nie. Dit