Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk die mense wat in ewigheid nie sal wankel nie, wat die reg het om op God te vertrou en hulself kinders van God te noem? Dawid skryf in Psalm 15 presies wie hulle is:
- Dit is mense wat nie onreg bewerk nie
- Hulle lieg en belaster, beskinder, besteel en bespot nie ander mense nie
- Dis daardie mens wat kinders van die Here met respek behandel
- Dis die mens wat vas staan by sy beloftes
- Dis hy wat nie woekerwins en dobbelgeld gebruik nie
- En dit is die mens wat geen omkoopgeskenk tot nadeel van ander neem nie
Durf ons sê dat die huidige SA-regime kinders van God is en nie sal wankel nie?... Hulle ineenstorting kom so seker as God leef.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (1)
Ds André vd Berg
Lees reeks by Hoe kom ek in die hemel?
Inleiding
Mense vra graag vrae. Sommige daarvan is belangrik, ander nie. Die belangrikste vraag wat iemand jou
Die woord redding het altyd ‘n gunstige betekenis. Dit getuig van groot dankbaarheid weens die verlossing uit ‘n noodsituasie. Dink jou vir ‘n oomblik in die lewe van ‘n opvarende wat besef dat die skip waarop hy vaar, besig is om te sink. Wat gaan nie alles deur sy gemoed nie? Dit
Dieselfde geval met ‘n persoon wat in ‘n brandende gebou vasgekeer en ter nouer nood deur ‘n brandweerman gered word. Hoe oneindig dankbaar is hy nie! In beide gevalle was die dood ‘n feitlik uitgemaakte saak. God het egter anders besluit en aan hulle die lewe teruggegee.
Dis egter nie die wonderlikste verlossing nie. Daar is een redding wat ‘n luider uitroep van vreugde en groter dankbaarheid verdien en dis die redding van die siel van die ewige dood. Ja, om van die ewige, brandende hel gered te word, is en bly die wonderlikste redding. Ongelukkig besef die meeste mense dit nie. Mense word so deur materiële dinge beheer. Alles draai om geld en besittings!
Wanneer ek in die buiteland gaan reis, lees ek vooraf alle moontlike leestof oor die betrokke reisgebied sodat ek nie ‘n besienswaardigheid mis nie. Ek doen dit natuurlik ook om my geesdrif so ‘n bietjie op te jaag. Ongelukkig is daar maar min mense wat werklik geesdriftig vir hul ewigheids-eis voorberei!
Mense raak dikwels so behep met hul besigheid of werk, dat hulle hulself nie tyd vir geestelike sake gun nie. Ek wonder baie keer of dit nie met sulke besighede juis beter sal gaan indien besigheidslui meer tyd aan geestelike sake wy nie. Baie besighede gaan juis ten gronde omdat besigheidslui se lewens so bitter verkeerd is.
Ongelukkig is daar ook baie mense wat nie in ‘n hiernamaals en gevolglik ‘n hemel glo nie. Hulle leef asof hulle nie ‘n siel het nie en wie nie ‘n siel het nie, het mos ‘n hemel nodig nie! Nee, ek weet dat ek ‘n siel het en daar ‘n hemel is. Ek ondervind dan gereeld verlangens wat nie deur aardse dinge bevredig word nie. Gevolglik weet ek dat ek vir iets heerlikers as die aarde bestem is!
Wat is redding?
Wat is redding? Die verlossing van die liefde vir sonde. Daarvoor moet ons van die gewoonte om te sondig ontslae raak. En dis natuurlik net moontlik indien ons van die behoefte om te sondig bevry word. ‘n Behoefte kweek ‘n gewoonte.
Hoe raak ons van hierdie behoefte ontslae?
Die Duitse baron wat so berug was vir sy spekskietstories vertel dat hy by geleentheid met sy perd op ‘n damwal gery toe dit struikel en hy in die water beland. Hy kon nie swem nie en sê toe die volgende: “Was dit nie vir my kragtige arm wat my aan my eie hare beetgekry en uitgesleep het nie, het ek daardie dag sekerlik verdrink!” Ons
Verlossing veronderstel altyd sondevergifnis. Dit gaan dit immers vooraf. As God nie sonde vergewe het nie, sou geeneen gered word nie. Dan was die hemel leeg!
Wat is sondevergifnis? Wanneer sonde jou so pla, dat jy jou hart in berouvolle skuldbelydenis voor God uitstort en Hy jou vergewe. Hy belowe dit telkens in sy Woord: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9).
As Jesus sonde vergewe, dink Hy nooit weer daaraan nie, asof ons dit nooit begaan het nie. Die verhaal word vertel van ‘n sewejarige dogtertjie wat eeue gelede in Duitsland gewoon het. By geleentheid het sy haar priester vertel dat sy met Jesus kon praat, waarna die priester haar gevra het om Hom te vra of Hy die priester se sonde waarvoor hy skuldbelydenis gedoen het, wel vergewe het. Toe die priester later weer by haar kom en vra wat Jesus van sy sonde sê, het sy geantwoord: “Jesus vra, watter sonde?” Dit onderstreep weereens die wonder van vergifnis. Jesus vergeet dit geheel en al!
Daar is ongelukkig ook mense wat die betekenis van verlossing glad nie verstaan nie. Vir hulle is Jesus se kruisdood iets wat Hy moes doen om God tevrede te stel. Hierdie siening stem ooreeen met die dwaallering van die Jehowagetuies aangaande die doel van Jesus se kruisdood. Nee, Jesus het in die plek van sondaars gesterf sodat hulle vryspraak by God kon kry. Jesus help ons nie bloot om verlos te word nie; Hy is ons verlossing!
Ek vertrou dat jy jou lewe al vir Jesus gegee en die saligmakende verlossing verkry het. Hy het immers sy lewe eerste vir jou gegee. Ons word mos nie gered deur iets vir Jesus te gee nie. Dis Hy wat eerste gee - Hy gee Homself.