Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en waarsku die mense – as iemand hom nie laat waarsku nie en die swaard neem hom weg, dan is sy bloed op sy eie hoof. As daarenteen die wag die swaard sien kom en die basuin nie blaas nie sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard neem 'n siel uit hulle weg – sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis – Eségiël 33
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (14)
Dr Gustav Norval
Kompensasie en eise na entstofskade:
Voor 1986 kon ouers van beseerde kinders die farmafia voor die hof daag en kompensasie eis. So moes die kliek in 1986 alleen 1,7 biljoen dollers aan ouers uitbetaal wie se kinders hulle beseer het, maar slegs op die voorwaarde dat die ouers stil sal bly oor wat met die kind gebeur het!!!! Maar toe kom ou President Reagan, en in antwoord op die geweldige toename in eise teen die farmafia se entstofskade, teken hy sowaar in 1986 die National Childhood Vaccine Injury Compensation Act, wat bepaal dat dokters alle gevalle van entstofskade op rekord moet plaas en dat ouers geen farmafirma aanspreeklik kan hou vir skade aan hul kinders nie. Die wet vrywaar dus die farmafia wat entstowwe maak, sowel as dokters wat die entstowwe toedien van enige aanspreeklikheid, indien enige lid van die publiek deur die verpligte toedien van enige entstof op die een of ander wyse benadeel sou word.
Die wet het familielede en slagoffers van entstofbesering finaal verhinder om enige farmafia firma of dokter vir enige skade voor die hof te daag met die volgende bepaling: “...no vaccine manufacturer shall be liable in a civil action for damages arising from a vaccine-related injury or death”. Die wet was in werking gestel nadat heelwat ernstige fisiese skade voorgekom het by kinders wat met die DPT-entstof geënt was, waarna sekere firmas miljoene dollers se skadevergoeding aan slagoffers se families moes opdok. Volgens bepalings van die wet moet enige skade binne 4 uur na toediening van die entstof plaasvind en deur ‘n medikus genoteer word, alvorens ‘n ouer geregtig is om met die NVIC vir kompensasie te skik. Die farmakliek was in die wolke oor die wet, want toe het hulle die groenlig gekry om ongesteurd voort te gaan met hul winsgewende aanslag teen kinders. Hulle kan nou letterlik met moord wegkom.
Ouers of familielede van slagoffers kan wel eise instel, nie teen die korporatiewe skurke wat hul kinders beskadig nie, maar kompensasie kan geëis word van ‘n publieke fonds wat die regering uit belastingfondse en fondse uit oorhoofse belasting op entstowwe vir die doel daargestel het en wat as die US National Vaccine Injury Compensation Fund bekend staan. Die arme belastingbetaler moet pa staan vir eise wat spruit uit die farmafia se skade aan kinders (Miller). Maar, dan moet die ouers kan bewys dat die besering binne 4 uur na toediening van die entstof gebeur het. En dit terwyl die meeste skade dae of selfs jare na toediening verskyn! Die fonds betaal $250,000 aan ouers uit (en meer as breinskade plaasvind) en vir interessantheid kan genoem word dat die fonds teen 1994 $522 miljoen en in 1999 reeds $700 miljoen se kompensasie aan ouers moes uitbetaal wie se kinders beskadig was (met die belastingbetaler se geld natuurlik), terwyl honderde ander eise nog gesloer het en nog steeds hangend is. Teen 2000 was byna 100,000 eise deur die owerhede uitgegooi. Slegs 25% van eisers kry dit wel reg om geld te ontvang.
Fisher van die National Vaccine Information Center (NVIC) het die volgende oor die stand van sake te sê: “Every citizen is forced by law to use vaccines which are being poorly studied, tested and regulated for safety, as well as unsafely administered, and no one is held accountable when a citizen, usually a child is injured or killed by that product. The public has little way to exert economic pressure to force vaccines off the market, force improvements of existing ones... ...because nobody has the right to refuse to use them or hold manufacturers and negligent physicians accountable when injuries and deaths occur. The Federal government has pressured states to set up tracing systems to tag and track all children from birth to ensure that they are injected with multiple vaccines, all of which have not been adequately studied to evaluate their impact on humans. Nor is there informed consent in America when it comes to vaccination. At its core, forcing individuals to risk injury or death without their consent is a violation of civil and human rights.” Ja, sowaar.
In Japan het baie ouers eise teen farmaseute gewen en in Engeland het 1,300 ouerpare vir GalaxoSmithKline, AventisPasteur en Merck &Co. vir MMR-skade voor die hof in 2004 gesleep, maar die farmafirmas het gedreig om die ouers finansieël uit te roei as hulle met hul eise sou voortgaan. So kom die kliek met moord weg en word duisende kinders fisies en geestelik beskadig. En dan word ouers se belastinggeld gebruik as kompensasie vir die skade wat die skurke veroorsaak in hul geldgierige winsjag op die publiek. Ouers moet ook kan bewys dat die skade entstofverwant is en dan duur hofsake aanknoop wat baie maande kan sloer alvorens hulle ‘n skamele $250,000 ontvang vir hul moeite en verdriet. Wat een verfoeilike klugspel en dit net sodat ‘n paar wolwe megadollers kan maak! As daar slagoffers is, soveel beter.
Big Business laat hom nie voorskryf of hof toe sleep deur die publiek nie en hulle tree outoritêr op sonder om tot verantwoording geroep te word. Die publiek word gemelk en na die maai met kinders wat in die proses beseer word. Ouers, gee liewer u kind borsvoeding en heilsame voedsel wat ‘n kind se immuunstelsel teen kindersiektes versterk, eerder as om die kans te waag dat jou kind ‘n slagoffer word van die farmafia-kartel. En dan opgesaal sit met fisiese- en geestelike skade, of erger nog, geneties verander word deur gewetenlose doller-behepte boewe in lugversorgde wolkekrabbers.
Vervolg (15)