Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hy genees dié wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde – Ps 147:3
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (12)
Dr Gustav Norval
‘n Paar goeie redes waarom ons nie kinders moet laat ent nie (1)
Ouers behoort alle feite oor inenting noukeurig te ondersoek alvorens hulle besluit om kinders te laat ent. Baie pediaters is nie eens bewus van entstowwe se potensiële gevare nie, omrede hulle deur die mediese establishment en farmafia vertel word om entstowwe aan te beveel of aan ouers op te dring. Ons moet veral let op die volgende punte:
* Inenting is ‘n ongetoetsde riskante prosedure:
Horowitz skryf daaroor as volg: “The safety of any vaccine has yet to be proven. Even worse, no risk-benefit study whatsoever has ever been conducted to show that vaccines are not killing and maiming more people than they are helping or saving” (sien: “Death in the Air”). Daar is ook heelwat teenspraak in die mediese establishment wat die kwessie verdag maak, byvoorbeeld: die CDC sê 12-jaar oud kinders moet ‘n tweede MMR kry, terwyl Orenstein van die National Immunizing Program sê nee dit is onnodig.Wie is reg? Horowitz meen dat die entstofbedryf alles in die duister doen, aangesien “...the agency hides behind a privacy clause that exempts them from public scrutiny.”
* ‘n Duiwelsresep:
Soos reeds gemeld, word entstowwe vervaardig deur virusse te kweek op gisplantjies, aapniere, beesembrio’s, kuikenembrio’s, marmot-embrioweefsel, kalfserum, varkpankreas en selfs mensbloed, serum en menslike aborsieweefsel (laasgenoemde is die sogenaamde MRC-5 selle, wat gebruik word vir die maak van MMR- en hepatitis A-entstowwe). Virusse word verkry uit die bloed van siek mense, dan gemeng met dierserum en gekweek op een van bogemelde kweekmediums. Tans oorweeg die FDA om sogenaamde HeLa-selle (kankersel-kweekmediums) vir die maak van entstof goed te keur! (www.fda.gov/cber/minute/0907evolv.txt). Wat van ‘n bietjie slanggif in die resep?
Soos gemeld bevat die entstofkonkoksies chemiese stowwe soos antibiotika (neomisien, polimiksien), gelatien (gemaak uit koeivelle), sorbitolsuiker, amfoterisien (antiswam), ammoniumsulfaat, aluminiumhidroksied, timerosal (kwiketiel), laktoon, laktose, fenol, soja-proteïen, MSG (mono-natriumglutamaat, nou in meeste entstowwe), kaliumdifosfaat, fenoksie-etanol (antivriesmiddel), formalien, polisorbaat en skaap-rooibloedselle (in DPT) (google: “Vaccine Ingredients and Contact Info”).
Nanobakterieë (miniatuur soorte bakterieë) groei graag op kalfserum-kweekmedium en dit word beweer dat hulle een of ander rol speel in die ontstaan van arteroskerose, hartsiekte, nierstene, niersiektes en artritis. Hierdie nanobakterieë mag ook in die ampule beland. En soms is daar bakteriese giwwe (endotoksienes) in die kweekmedium. Wat ‘n duiwelsresep en dit om kleuters mee te ent!
Maar is al hierdie stowwe dan nadelig, kan ons vra? Volgens Wikler kan ammoniumsulfaat lewerskade veroorsaak, aluminium gee breinskade, stuiptrekkings en Alzheimer se siekte (en kanker in proefdiere volgens google: ”Vaccinations may be Rx for Disaster”), formalien onderdruk die immuunstelsel en is ‘n karsinogeen, d.w.s. kan kanker veroorsaak, amfoterisien kan bloedklonte gee, MSG lei tot breinskade (sien die boek “Heksebrousel” oor MSG) en fenole is neurotoksies – om maar net ‘n paar van die skadelike stowwe se uitwerkings te noem.
M.b.t. die kwik (timerosal) in entstof: in die VSA kry kinders gemiddeld 12 inentings voor hulle 6 maande oud is (drie DPT’s, drie Hepatitis, drie polio’s en drie MMR’s) wat 62,5 mikrogram kwik aan die kleuter gee en wat skade aan die ontwikkelende brein kan veroorsaak. Veral outisme. Dit is waarom outisme na die instelling van MMR-enstof drasties toegeneem het (google: “The MMR-Autism Debate”). In die VSA alleen is daar 80,000 gevalle van sogenaamde “laat outisme” (wat sowat 18 maande na geboorte verskyn) tussen 1980 en 2002 opgeteken. In California byvoorbeeld word 9 gevalle van outisme per dag aangemeld en hierdie kinders het almal teenliggaame in die bloed wat teen die brein gerig is, asook maselvirusskade in die derms. Selfs die CDC het timerosal ondersoek en bevestig dat kleuters by die duisende verwoes word deur hierdie kwikbevattende brousel (google: “Disease Deities on Capitol Hill Address Autism”). Die Amerikaanse Kongres het o.l.v. Dan Burton en C. Shays hieroor in Julie 2000 gedebatteer, maar die polemiek het daar doodgeloop en die farmafia kan weer vry asemhaal en kinders met timerosal bydam.
McReardon skryf as volg oor die dinge in entstowwe: “...there is ample evidence in the scientific literature that serious viruses, bacteria, or components and toxins, as well as foreign animal or cancer-related proteins and DNA are finding their way into the commercial vaccines intended for humans” (google: “What is Coming through that Needle”). Vreemde kieme en vreemde gene in entstowwe dus. En dit moet in ons kleuters ingespuit word! Dit is alles behalwe per ongeluk of toevallig in entstowwe: hier sien ons populasie-moord in aksie! Verder is daar die gevaar dat kalfserum (waarop entstofvirusse algemeen gekweek word), beesvirusse, malkoeisiekte-prione, en Mycoplasma-kieme (wat “yuppy flu”, kanker, arthritis en fibromialgie) bevat. Beesvirusse wat algemeen in kweekmediums en selfs in entstowwe gevind word, sluit die volgende in:
- Die BVD diarree-virus: gevind in 13% van MMR-entstowwe tydens toetse uitgevoer in 2001: dit was teenwoordig in 20% van dermaandoenings in kleuters en toetse wys dat dit ook long- en breinskade gee en selfs steriliteit kan veroorsaak.
- bees-poliomavirus/BPV: wat kanker in beeste veroorsaak
- bees- enterovirus/BEV tipe 4
- para-influensavirus tipe 3
- Bees leukemievirus/BLV (bloedkanker in beeste)
- Bees visnavirus/BVV (breinskade in beeste)
- BIV (bees immuungebreksiekte virus)
- bees herpesvirus tipe 4 (BHV-4)
In die kuiken-embrio-kwekery waarop griep-, pampoentjie- en maselentof gemaak word, kry ons die volgende kieme:
- Voël leukose virus (ALV): bekend daarvoor dat dit maklik aan mensselle bind en bloedafwykings veroorsaak
- voël endogene virus (AEV)
Maar dit is nie al nie: die entstowwe wat in kinders ingespuit word, is deur die bank besmet met diergene en diervirusse en dit met die goedkeuring van die FDA, die sogenaamde waghond wat ‘n wakende oog oor die publiek se voedsel en medisyne moet hou! Virusse kan vreemde gene uit dier- of mensweefsel (en selfs gene vanaf ander virusse in die kweekmedium) in hul eie gene inbou en so in die enstof beland (Mc Rearden). Die kweekmedia word gewoonlik vir baie jare oor-en-oor gebruik en daar bestaan ook nog die gevaar dat ou selle kankeragtig word en dat die kankergene ook in die virusse opgeneem word! Die langdurige oor-en-oor gebruik van dier- en mensweefsel was in 1986 deur die WGO goedgekeur sonder in agneming van die laasgemelde feit. Die FDA keur ook die feit goed dat 100 pikrogram vreemde gene (sowat 100 miljoen DNA-stringe) per ampule bemark kan word vir inenting. Eina!
Vervolg ...(13)