NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan?  Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.

JACK die RIPPER

                                 deur Gustav Norval saamgestel

                           Knight en ou Kwien Victoria

Die Britse koningshuis se kaste is vol geraamtes. Hulle smeer toe vir die vale om te keer dat die koninklike manewales op die lappe kom. So hier en daar val ‘n geraamte wel uit een van Buckingham Paleis se kaste wat hulle nie kan keer nie. Een so ‘n geval was die aanslag op Prinses Diana se lewe soos beskryf in King en Beveridge se boek “Princess Diana, the hidden evidence”. Nog een van die geraamtes wat uitgeval het was die Jack the Ripper-saga wat die joernalis-skrywer Stephen Knight uitgesnuif en opgeteken het in sy boek “Jack the Ripper- The Final Solution.” Skrywer wil graag sy bevindings hier weergee om twee redes, naamlik om daarop te wys hoe Britse bloubloed-adelikes en koningshuis hulself besig hou met skandes en intriges en tweedens, hoe van hierdie lords, sirs en Queen wat betrokke was in skandale, hulself ongevraagd bemoei het met die twee klein Boere-Republieke in die 1800’s en verder.

Die rolspelers in die ripper-saga was:

Prins Eddie, Walter Stricker, Dr William Gull (die ware “ripper”), Sir Charles Warren (destydse hoof van Scotland Yard Polisie) en Koetsier Netley

*Queen Vic se kleinseun, Prins Albert Christian Edward, Duke of Clarence of Prince Eddie soos hy bekend gestaan het, kroonprins en toekomstige koning van die British empire: Eddie was ‘n nikswerd neelsie, ‘n rokjagter en ‘n verleentheid vir die koningshuis. Iets moes gevind word om hierdie haantjie uit die kwaad te hou en daarom het ouma Queen hom gestuur om skilderlesse te neem by die bekende Londonse skilder, Walter Stricker.

*Sir Charles Warren, waarna die dorp Warrenton vernoem is het hom bemoei het met die Boere se sake in die 1880’s. Hy het ‘n vernederende drag slae van die burgers by Spioenkop op die lyf geloop, waarna hy stert tussen die bene uit die land gestuur is om ‘n onbeduidende pos in Gibraltar te vul.   Wie en wat was Warren en watter rol het hy gespeel? – ons gaan derhalwe terug na 1888 in London toe Jack the Ripper se moorde opslae gemaak het,

* Koetsier by name John Netley het die prins elke oggend vanaf Buckingham paleis na die agterstrate van Whitechapel neem waar Eddie sy skilderlesse moes neem.

*By die skilder se huis het ene Annie Elizabeth Crook as huishoudster gewerk en dit was ook nie lank nie of die prins het ‘n verhouding met Annie aangeknoop. Annie was ‘n katoliek en ‘n sogenaamde “commoner” wat nie sou deug as ‘n toekomstige koningin nie, weens haar status en geloof, veral omrede die koningshuis anti-katoliek en Anglikaans was en steeds is. Daarom het die troue tussen Eddie en Annie in die geheim plaasgevind.

                                         Annie

Niemand moes hiervan weet nie, want dit sou die ‘scoop’ van die jaar wees as hierdie storie op die lappe sou kom. Die koetsier het daarna vir Eddie soggens na die huisie geneem wat Eddie vir Annie aangeskaf het en waar sy hulle eersteling verwag het. Eddie het ook ander draaie gery deur die rooiligstrate van Whitechapel waar hy ‘n sekere sosiale siekte opgedoen het.

‘n Geheim bly egter nie altyd ‘n geheim nie en Annie se vriendinne het gou agtergekom hoe die wind waai: dat Annie met ou Queen Vic se kleinkind getroud was, ‘n Anglikaan met ‘n katoliek en daarby die kroonprins met ‘n kind oppad. Wat ‘n wonderlike kans was dit nie om geld uit die suurknol Victoria te wurg nie. Daar was juis geen liefde tussen Queen Vic, haar lords en Sirs van die Tory-Party en die opposisie, naamlik die Social Democrat Labor Party nie.   Die gevolg was dat Annie se 5 vriendinne, wie se sedelike lewe alles behalwe aanbeveelbaar was, ‘n anonieme brief aan ou Queen Vic gerig het oor Eddie en Annie se mannewales en dat hulle hierdie storie aan die Labor Party sou gee, ‘n skandaal wat die ou Queen en haar Tories uit die paleis en uit die kussings sou lig, indien die ou vrou nie sou opdok nie. Mens kan jou kwalik indink hoe hierdie stywe-lip lady met die bollatjie hierdie afpersery deur straatvroue begroet het!

Om te raas en te skel op Eddie sou nie help nie en ‘n plan moes gemaak word om die Empire van anargie en totale ondergang te red. Queen Victoria, die hoof van die Saxe-Coberg-und-Gotha koningshuis, Patron Saint van die Britse ridderordes: “the Most Worthy Noble Order of the Garter”, “Order of the Bath”, “Order of the Thistle” en “Order of St.Patrick”, ensovoorts was bereid om te lieg, te steel en te moor om die Empire en die koningshuis van ondergang te red.

Daarom het die Queen vir Sir Charles Warren, 33 graad Scottish Rite “Grand Inspector General” en hoof van Scotland Yard ontbied, om te help om die saak ten gunste van die queen te beredder: “We are in trouble” het sy aan Warren vertel. Warren het ‘n vry hand van Victoria gekry om hierdie kwessie dadelik in die kiem te smoor, al sou dit wat kos in geld en menselewens. Nie net die Tory Party, die Windsor huis en die Empire was in gedrang weens sedelose vrouens se afpersing en die streke van ’n voortvarende en onverantwoordelike prinsie nie, maar…… as die Britse koningshuis val, dan val ook die mag wat die Empire en Europa beheer, naamlik die Most Worthy Order of the Noble Garter, wat bestaan uit 28 Britse- en Europese adelikes, mense wat hulself beskou as die nasate van koning Dawid, Jesus en King Arthur.

Op die muur by een slagoffer het die woorde “the JEWES are responsible for the murders” gestaan en Warren het dit dadelik met ‘n lap doodgevee. Volgens Knight was die woord “JEWES” ‘n kodewoord vir Vrymesselaars. In elk geval, ‘n mens kan jouself indink in watter dilemma Victoria, die adellikes, lords en sirs, die ridderordes, geheime organisasies en die Empire hulleself bevind het. Die Queen het Warren gelas om haar persoonlike dokter, Dr William Gull te betrek in hul soeke na die 5 afpersters wat durf waag het om die queen en haar gespuis af te pers. Gull was baie behendig met ‘n snymes en hy was bereid om die mes te gebruik toe hy hoor dat sy queen en sy party in gedrang was.   Eers moes Eddie op ‘n lang vakansie gestuur word en daarna was die koetsier gedwing om Warren en Gull na Annie se huisie te neem. Hulle het Annie ontvoer en na ‘n gestig vir geestesafwykings geneem, waar Gull ‘n lobotomie op haar uitgevoer het, naamlik Gull het haar brein oorkruis deurgesny en arme Annie sou daarna nie eens weet of sy kom of gaan, wie sy was en wat voorheen in haar lewe gebeur het nie.

Sy sou die res van haar lewe in die inrigting, tot haar dood op 58-jarige ouderdom gedurende 1920, slyt. Voordat Gull haar lewe vernietig het, het Warren die name van haar 5 vriendinne uit haar gewurg. Gewapend met die name van Annie se vriendinne, het Gull en koetsier Netley saans die state van Whitechapel kruis en dwars deurgery om die vyf straatvroue te soek. Wanneer Gull een vind, het hy hulle met ‘n trossie druiwe sy koets ingelok en na ‘n stil plek geneem, waarna hy hulle van onder tussen die bene tot by die ken oopgesny en so gelaat het. Die 5 slagoffers was:

                              

1: Elizabeth Stride, 2:Annie Chapman, 3:Mary-Anne Nichols, 4: Mary Kelly en 5: Catherine Eddows

Warren het ‘n brief na die pers gestuur waarin hy geskryf het: “My name is Jack and I will rip them all.” Vandaar die populêre naam “Jack the Ripper”.   Na die vyfde moord het die moordorgie skielik teen die einde van September 1888 gestop, omdat die 5 afpersters uit die weg geruim was.

                                      

                         Warren se brief

 Queen Victoria en haar lords, sirs, Empire-bouers en geheime ridderordes kon weer asemskep danksy Gull alias Jack die Ripper se snywerk.   Die dokter het self in ‘n gestig geëindig waar sy brein ook soos die van Annie Crook deurgesny was, sodat hy ook in ‘n koolkop verander was omdat hy die geheim geken het. Koetsier Netley het sy lewe verloor in ‘n skynbare selfmoord en so was sy mond ook gesnoer. Annie Crook en Prins Eddie se dogtertjie Alice was deur die skilder Walter Stricker aangeneem en sy sou later met sy seun Joseph trou – die einste seun wat die gebeure na byna 100 jaar later aan Stephen Knight vertel het wat toe die storie te boek gestel het. Stephen Knight het ook sy lewe in ‘n skynbare ongeluk verloor. Prins Eddie het in 1894 weens sifilis gesterf.

120 Jaar na die Rippersaga skerm die Britse koningshuis steeds vir wat hulle voorsate aangevang het. In die boekie “They walked in Darkness” (DC Pieters, Bienedell Uitgewers) word beweer dat Queen Victoria nie die dogter van koning Eduard was nie, maar dat sy gebore was uit ‘n buite-egtelike verhouding tussen haar ma en ‘n man wat hemofilie in sy familie gehad het. Die persoon was Baron Dokter CF Stockmar. Vandaar die bloedsiekte wat skielik in haar nageslag verskyn het, maar nooit in haar voorgeslag voorgekom het nie. Daarbenewens het haar ma se buite-egtelike vryer geen porfirie in sy familie gehad soos wat Victoria se voorouers gehad het nie. Vandaar dat die velsiekte nie verder in Victoria se lyn voorkom nie.

Dokumente en bewyse oor Jack die Ripper lê toegesluit in die Scotland Yard Polisie hoofkantoor in London met die veronderstelling dat dit na 100 jaar d.w.s. in 1988, aan die publiek oopgegooi sou word. Maar nee, dit moes nie en so word die waarheid steeds onder die mat gevee, terwyl ‘n stortvloed van disinformasie oor Jack die Ripper se ware identiteit in die media opgedis word. Nog nooit was die moorde van 5 straatvroue so in die nuus soos hierdie spesifieke storie nie. Talle Ripper-verdagtes was in die media geskep om die kollig van die werklike moordenaars te verskuif. Die koningshuis se rol word vir die publiek doodgeswyg. 80 boeke, talle dokumentêre programme en vele films was al oor Jack the Ripper opgedis, in teenstelling met slegs twee films wat die koninklike verbintenis uitlig, naamlik “Murder by decree” en “From Hell”. Jammer dat die Boere nie van al hierdie sappige stories geweet het net voor die Engelse oorlog nie...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2718 gaste aanlyn