Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"...gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie." – Spreuke 30:8-9
DAPPER CARLSON AMPER VSA VERBIED
Die voormalige Fox News-gasheer, Tucker Carlson, het die eerste Amerikaanse media-persoon geword wat die Russiese staatshoof een-tot-een ondervra het sedert die Oekraïne-konflik byna twee jaar gelede opgevlam het, maar dit het hom amper sy Amerikaanse burgerskap gekos. Vanuit talle oorde is op die Amerikaanse regering beroep gedoen om Carlson nie toe te laat om na die VSA terug te keer nie. Die Biden-administrasie en die Amerikaanse korporatiewe media het hulself in 'n irrasionele waansin opgesweep oor die onderhoud wat die Russiese president Vladimir Poetin Dinsdag aan die konserwatiewe Amerikaanse joernalis Tucker Carlson toegestaan het.
Die twee uur lange onderhoud, wat meestal gesentreer het op betrekkinge tussen Moskou en Kiëf, het meer as 46 miljoen kykers op Carlson se X-rekening (voorheen Twitter) en net minder as 'n miljoen kykers op YouTube in die eerste ure sedert die vrystelling Vrydag gekry. In 'n vorige plasing op X vroeër hierdie week het Carlson Westerse media-afsetpunte daarvan beskuldig dat hulle vir "hul lesers en kykers" lieg deur Kiëf se standpunt te bevorder terwyl Rusland s'n geïgnoreer word.
Tydens 'n pers-inligtingsessie Vrydag het die Kremlin-woordvoerder Peskov voorspel dat nadat die stof gaan lê het, "daar 'n diepgaande ontleding van hierdie onderhoud" in die Weste sal wees. Die Amerikaanse bevolking is reeds Donderdag deur die Veiligheidsraad gewaarsku om niks te glo wat Poetin te sê het nie – so deursigtig die vrees dat landgenote die waarheid oor hulle regering se gekonkel en korrupsie sal hoor! Tot die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, die vervalle Hillary Clinton, het in haar dwaasheid die konserwatiewe verslaggewer as 'n "nuttige idioot" beskryf.
Ook uit Duitsland is daar ‘n groot lawaai gemaak. Die Duitse kanselier Olaf Scholz het die Russiese president Vladimir Poetin daarvan beskuldig dat hy die situasie in die Oekraïne ‘n growwe wanvoorstelling gee, en beweer dat hy 'n "absurde storie" oor die oorsprong van die konflik vertel het tydens sy onderhoud met Tucker Carlson. Scholz het Vrydag tydens 'n besoek aan Washington, DC gepraat, en het Poetin se onderhoud met die voormalige Fox-gasheer sterk gekritiseer.
Die gesprek wat Donderdag gepubliseer is, was die onderhoud tussen 'n Amerikaanse media-persoonlikheid en die Russiese leier sedert Moskou sy militêre operasie in Februarie in die buurstaat van stapel gestuur het. Poetin se onderhoud met Carlson het vir meer as twee uur geduur en 'n wye reeks onderwerpe gedek, met die fokus op die voortslepende vyandelikhede.
Poetin het 'n lang oorsig van die eeue van gedeelde geskiedenis tussen Rusland en die Oekraïne aangebied, met die argument dat Westerse moondhede Oekraïne gebruik het om Rusland te antagoniseer ná die val van die Sowjetunie. Hy het gewys op NAVO se uitbreiding ooswaarts, die VSA-geleide blok se toetredingsgesprekke met Oekraïne, sowel as Westerse steun vir Kiëf se 2014 Euromaidan-staatsgreep, wat hy as 'n "kolossale fout" beskou het.
Die Russiese leier het gesê dat Moskou nooit betrokke sou geraak het as dit nie vir die “bloedige verwikkelinge van Maidan” was nie. Die krisis het eers vererger nadat Kiëf troepe gestuur het om 'n separatistiese beweging te stuit wat deur die Russiessprekende mense van Donbass geloods is, wat saam met mense in die Krim die staatsgreep teengestaan het.
"Hulle het 'n grootskaalse militêre operasie van stapel gestuur, toe nog een ... Dit alles teen die agtergrond van militêre ontwikkeling van hierdie gebied en die opening van NAVO se deure. Hoe kon ons nie kommer uitspreek oor wat aan die gebeur is nie?” het Poetin voortgegaan.
Op 'n vraag hoe die konflik tot 'n einde gebring kan word, het Poetin gesê gevegte sal vinnig ophou as Washington en sy bondgenote wapenverskepings na Oekraïense magte stop, en bygevoeg dat Moskou gereed is vir 'n dialoog vir 'n vreedsame skikking.
Dit mag tog die moeite werd wees om president Poetin se verduideliking oor die oorsaak van die oorlog met die Oekraïne more op Gelofteland te plaas...