Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde só dat hy ander ook daardeur kan leer. Net 'n dwaas besin nie oor sy woorde aan ander nie – hy maak dus nie die keuse om wyse dinge te sê nie en ploeter net voort.
MENSGEMAAKTE NATUURRAMPE
Op 8 September 2023 het 'n verwoestende aardbewing van 6.8 (richter) Marokko getref, hoofsaaklik die Atlas-streek waar meer as 3 000 mense gesterf het en 100 000 kinders geraak is. Duisende mense word steeds vermis onder die hope eindelose puin. Geoloë sê dié aardbewing was die grootste wat die hart van Marokko in meer as 120 jaar getref het.
Verskeie persone het weerlig sien verskyn voor die aardbewing Marokko getref het – blou ligte gevolg deur die verwoestende aardbewing. Die Daily Mail praat ook van geheimsinnige ligte net 'n paar sekondes voor die bewing plaasgevind het. Bespiegelings oor die oorsprong van die ligte is tans wyd verspreid.
Vreemd, niemand van die "amptelike" hoofstroommedia vergelyk dit met die Turkye/Sirië seismiese gebeurtenis op 6 Februarie 2023 (7,8) nie, waarvan 'n groot aantal seismoloë en wetenskaplikes sterk vermoed en dit hardop uitgespreek het dat dit 'n mensgemaakte – HAARP-tegnologie – verskynsel was. (HAARP staan vir High-frekwensie Active Auroral Research Program wat aan die Amerikaanse lugmag gekoppel is.) Die dodetal van die aardbewing in Turkye/Sirië beloop meer as 60 000, met meer as 'n halfmiljoen beseerdes en 'n gebied van sowat 350 000 km2 beskadig – omtrent so groot soos Duitsland. Die HAARP-voorloper en analogie met Turkye kan relevant wees vir die aardbewing in Marokko.
Volgens HAARP se eie webwerf is die program ontwerp as:
"'n Wetenskaplike poging wat daarop gemik is om die eienskappe en gedrag van die ionosfeer te bestudeer. HAARP is die wêreld se mees bekwame hoëkrag-, hoëfrekwensie-sender ... Die program is daartoe verbind om 'n wêreldklas ionosferiese navorsingsfasiliteit te ontwikkel ..."
Die ionosfeer strek ongeveer 80 tot 640 km bokant die aarde se oppervlak, reg aan die rand van die ruimte. Saam met die neutrale boonste atmosfeer vorm die ionosfeer die grens tussen die aarde se onderste atmosfeer – waar ons leef en asemhaal – en die vakuum van die ruimte. (NASA)
Weer- en klimaatverskynsels word op uiterste (onsigbare) hoogtes geïnisieer, voordat dit in ons lewensonderhoudende atmosfeer afspeel.
HAARP, as die kragtigste hoëfrekwensie-sender, het elektromagnetiese lasertipe straalkapasiteite ontwikkel wat vanaf satelliete diep onder die aarde se oppervlak geskiet kan word en aardbewings van hoë magnitude veroorsaak.
ENMOD-metodologieë word ook gebruik om die wêreld se klimate te verander, wat weer uiterstes veroorsaak – klimaatsveranderinge, droogtes, stortreëns, vloede, langdurige en buitensporige moesons, sowel as vernietigende orkane, tornado’s, en verwoestende sneeu- en ysstorms en meer. (‘n Moeson is die periodieke wind in tropiese gebiede wat ’n halfjaar lank uit ’n bepaalde rigting waai en dan feitlik 180° grade van rigting verander. Die windrigting dui die soort moeson aan, byvoorbeeld die suidwes- of die noordoosmoeson. Deur die verandering van windrigting word daar ook ’n ander lugsoort aangevoer, wat die weer in ’n groot mate beïnvloed. Daarom word ook van ’n droë of nat moeson gepraat.)
Die klimaatsverandering wat ons die afgelope paar jaar beleef het niks, maar niks, met CO2 te doen nie. Trouens, die wêreld het baie meer CO2 nodig om lewe te onderhou, want dit is voedsel vir bome wat CO2 in suurstof omskakel – die ondersteuning vir alle lewe op aarde. Die afkap van bome, veral reënwoude, verminder CO2-absorpsie en suurstofproduksie.
In Marokko behels die tektoniese aktiwiteit hoofsaaklik die konvergensie van die Eurasiese en die Nubiese (Afrika) plate. Die Eurasiese plaat druk teen die Nubiese plaat. Dit het bygedra tot die vorming van die Atlasgebergte. Die Atlasberg-ketting loop deur Marokko, Algerië en Tunisië.
Bespiegelings lui dat die Afrika-tektoniese plaat dalk noord beweeg het en met die Eurasiese plaat gebots het, wat die aardbewing van 6,8 op Richter in Marokko verlede week kon veroorsaak het. Dit sou 'n seldsame gebeurtenis wees, 'n onwaarskynlike moontlikheid, want hierdie 8 September aardbewing is verreweg die sterkste wat in die streek geregistreer is vir die afgelope 120 jaar. Nog meer vreemd, geen voorskuddings, tipies vir groter seismiese gebeurtenisse, is geregistreer nie. Daarby het die Marokko-bewing letterlik 'n [Atlas] berg in twee verdeel, 'n uiters a-tipiese gebeurtenis vir 'n aardbewing.
Daar is nog geen bewys dat HAARP en moontlik ander ENMOD-tegnieke toegepas is om die Marokko-ramp te veroorsaak nie. Maar vermoedens versterk by die dag en kan moontlik binnekort bevestig word.
Die voor die hand liggende vraag is: waarom sou Marokko die slagoffer wees van 'n mensgemaakte, moedswillige, kolossale ramp, soos hierdie 6.8 moordenaar-aardbewing?
Kan dit wees omdat Marokko in Januarie 2022 die eerste Noord-Afrika land was wat 'n ooreenkoms met China se ‘Belt and Road Initiative’ onderteken het? Nou, Marokko se jarelange pro-VS. affiliasie is by 'n kruispad aangesien Marokko hom tot China gewend het vanweë die potensiaal vir ekonomiese ontwikkeling van buitelandse beleggings.
Die Verenigde State moet sy steun aan die Marokkaanse regering herbevestig deur beleggings te verhoog, miskien met 'n mate van dwang, om die politieke vennootskap te handhaaf. Indien nie, kan Marokko na China draai en die Chinese regering kan Marokko as 'n beginpunt vir Chinese invloed in Noord- en Wes-Afrika gebruik.
Marokko is ook van strategiese belang vir China, Europa en die VSA, vanweë sy toegang tot die Middellandse See, die Atlantiese Oseaan en die Afrika-kontinent. Maar dalk ook as gevolg van haar groeiende energiesektor, wat uitgebrei het in die nasleep van die Russiese inval in die Oekraïne.
Marokko het uitsonderlike hulpbronne van wind- en sonenergie op land, en moontlik selfs meer potensiaal vir die ontwikkeling van aflandige windenergie. Belegging in hierdie potensiaal sal Marokko onder die geledere van die grootste skoon energie-produserende lande plaas, 'n fees vir die Groen Beweging-ondersteuners.
Maar, miskien nog belangriker, Marokko het ook aansienlike skalie-olieneerslae by Timahdit en Tarfaya in die Atlasgebergte – heel toevallig daar waar die aardbewing gekonsentreer het... Ontginning van hierdie deposito's is tot dusver nie onderneem nie weens die diepte van die deposito's en verwante kostefaktore.
Skalie-olie is 'n koolwaterstofhulpbron, styf gebind in ondeurdringbare rots, en vereis dat hidroliese breking om ontgin te word. ’n Seismiese gebeurtenis kan hidroliese breking vervang, die rots breek, wat die olie makliker – en goedkoper – maak om te ontgin.
Marokko het beduidende skalie-oliebronne, sesde op die wêreldranglys. Reserwes word geskat op meer as 53 miljard vate olie, insluitend 22 miljard vate in Tarfaya, en 15 miljard vate in Timahdit.
Kan die dodelike aardbewing 'n waarskuwing wees, of is dit dalk bedoel om makliker toegang tot Marokko se groot skalie-koolwaterstofbronne te verkry? Herinner dit aan die 2010-aardbewing in Haïti, waarvan Haiti nog moet herstel? Haïti het aansienlike buitelandse skalie-oliereserwes.
Natuurlik kan die meeste mense – die breë bevolking – nie glo dat sulke boosheid afkomstig is van die mense wat voorgee dat hulle die wêreld bestuur nie, maar intussen die mensdom uitwis. Daar is 'n natuurlike verwerping in elke normaal handelende en denkende mens van die idee dat ons, mense, glo en vertrou in ons regerings, in wat ons noem "ons owerhede", terwyl hulle ons heeltyd mislei – reeds vir eeue.
Die monsters teen die mensdom, veroorsaak deur 'n relatief klein elitistiese doodskultus, gaan die mensdom se verbeelding te bowe. "Hulle" weet dit. Dit is 'n slim, dekades lank bestudeerde Tavistock Institute "Social Engineering"-strategie, wat hulle in staat stel om voort te gaan om mense te flous.
Op die ou einde is dit kamtig alles “klimaatsverandering”, lekker dom want daar bestaan nie nou so iets nie, dis alles leuens.
Kom ons hou op domwees. Laat ons vir onsself begin dink en optree, vir Ons, die Volk, selfstandig dink en leef, as vrye mense, nie meer vertroue in regerings, in sogenaamde owerhede, of in gekoopte en korrupte “wetenskap” nie.
Dit is nie maklik nie. Maar ONS MOET – as ons die mensdom wil beveilig en ons beskawing wil ondersteun om te oorleef. Ons MOET vry bly van alles wat op ons afgedwing word – soos totale beheer, digitale verslawing, digitalisering van alles, insluitend programmeerbare digitale geld wat binnekort op ons afforseer gaan word, transhumanisme en nog baie meer. Ons MOET weerstand bied en uit die matriks beweeg – en ons eie lewens op 'n nuwe onafhanklike vlak begin.