NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.

7 SEPTEMBER

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.

SO KAN 3e WÊRELDOORLOG LYK

Daar was deur baie jare reeds talle sogenaamde sieners in die verlede wat geroem het oor hulle visioene. Maar min van hulle was Christene en maar min van hulle het so in die kol soos Siener van Rensburg en Johanna Brandt voorspel wat met Suid-Afrika baie jare later as hulle eie leeftyd, sou gebeur. Daar is genoeg rede om te glo dit is omdat die Here daardie vooruitskouinge aan hulle gewys het – as kinders van die Here kon hulle daardie beelde nie gefabriseer het nie.

So was daar nog ‘n persoon in die vorige eeu waarvan min mense bewus is maar wie baie interessante voorspellings oor wêreldtoestande in toekomstige tyd gemaak het,veral oor die uitbreek en verloop van die Derde Wêreldoorlog. En meer spesifiek moet ons hier Siener van Rensburg se voorspelling uitlig waar hyself in 'n visioen Engeland onder die water sien verdwyn het, “want", het Siener gesê, "God gaan Engeland op hierdie manier straf vir al die verskriklike dinge wat hulle aan talle lande, en ook aan die Afrikanervolk gedoen het.”

 

Alois Irlmaier was 'n eenvoudige Duitser, amper so eenvoudig wat Siener van Rensburg was. Irlmaier wat in 1959 oorlede is het in sy leeftyd talle visioene gehad. Probleme met die Midde-Ooste is onder andere ingelui met ‘n moord op ‘n vooraanstaande persoon, waarvan Irlmaier gesê het:

"Ek sien' n grote wat val, 'n bloedige dolk lê langs hom— dan is slag op slag ... Die twee moordenaars is deur ander betaal om dit te doen. 'n Derde persoon sterf, en dis oorlog. Die een moordenaar is 'n kleingeboude swart man, die ander 'n bietjie groter met helderkleurige hare. Ek dink dit vind plaas in die Balkan, maar is nie seker nie..."

Soos wat Adriaan Snyman dit verwoord het is die verloop van gebeure dat die oorlog met ‘n dagbreek begin en vinnig eskaleer. Die boere sal nog in die kroeg sit en kaartspeel, dan kyk die soldate van 'n ander land by die vensters en deure in. So ver as Regensburg is daar geen brûe oor die Donaurivier nie.

Massas eenhede marsjeer van die ooste af na Belgrade. Drie gepantserde magte kom teen 'n hoë spoed en sonder vooraf waarskuwing van die Donaurivier af oor Wes-Duitsland na die Rynrivier. Die bevolking slaan paniekbevange op die vlug na die weste. Baie motors blokkeer die paaie. Alles wat 'n hindernis in die pad van die oprukkende tenks is, word platgery — motors inkluis. Irlmaier sien geen brûe verder as Regensburg nie en byna niks bly van Frankfurt oor nie. Die Rynvallei word vernietig, hoofsaaklik deur lugaanvalle.

Rusland val Europa met drie speerpunte binne. Die eerste deur die woude al langs die Donau deur Praag, tot by die Bavariese woude en die noordweste. Die tweede speerpunt gaan van oos na wes oor Sakse, en die derde kom van die noordooste na die suidweste. Vliegtuie vlieg soos 'n swerm wit duiwe op. Die Russe stop nêrens nie. Dag en nag storm hulle in gelid om die Ruhrvallei te bereik waar daar baie oonde en vuurmaakplekke is.

Die geel draak, Sjina, val Alaska en Kanada binne, maar kom nie ver nie. Die vliegtuie laat bomme val in 'n lyn wat 'n geel stof uitsprei. Hulle gooi ook die geel stof af tussen die Swart- en Noordsee. So word 'n doodsgebied geskep so wyd as die helfte van Bavaria. In hierdie gebied kan niks oorleef nie en die Russe se voorrade word afgesny.

Dit sal 'n helder nag wees wanneer hulle dit begin gooi. Die tenks rol voort, maar die soldate in die tenks word heeltemal swart wanneer hulle die stofgebied inry. Waar die stof val, gaan alles dood —geen bome, geen bosse , geen vee, geen gras —alles ver lep en word swart. Die huise bly staan. Enigeen wat oor die stofstreep gaan, sterf. Dan begin alles by die speerpunte verbrokkel.  Hulle moet almal na die noorde gaan. Wat hulle by hulle het, gooi hulle weg. Niemand sal weer terugkom nie.

Eskaders vliegtuie styg op. Twee gaan na die gevegsfront tussen wes en suidwes. Die eskaders draai na die noorde en sny die pad van die Derde Leër af. Uit die ooste kom ruspertenks, maar almal daarin is dood. Die voertuie hou net aan met loop tot waar hulle vanself gaan staan. Hier gooi die vlieëniers ook klein, swart houers af. Dit ontplof voordat dit die grond raak en versprei 'n geel of groen stof wat lyk soos rook. Wie ookal in kontak met die rook kom, sterf. Die gif is so erg dat die mense swart word en die vlees van hulle beendere afval. Vir 'n jaar daarna groei geen organisme daar nie. By die Ryn is die aanval uiteindelik afgeweer.  Uit die speerpunte sal niemand huis toe gaan nie. 'n Natuurlike katastrofe of iets soortgelyks sal veroorsaak dat die Russiese leërmag na die noorde uitwyk. Die laaste veldslag sal rondom Cologne plaasvind. Hulle vlieg na die noorde. In die middel is daar 'n gebied waar niks leef nie. Dan vlieg hulle na die verre noorde waar die derde speerpunt ingekom en alles afgesny het. Hulle sterf almal, geeneen van hierdie leërs sal huistoe gaan nie.

Hy sien 'n enkele vliegtuig van die ooste of aangevlieg kom wat iets in die water laat val en dan gebeur iets vreemds. Die water styg hoër as 'n toring, val dan terug en alles word oorstroom. Daar is ‘n aardskudding en die helfte van Engeland gly in die water. Drie groot stede van Engeland word ook vernietig. Die een deur water, by die tweede styg die see so hoog dat jy net die kerktoring sien, en die derde stad val in die water.

Die lande aan die kusgebied word oorstroom. Die see is baie onstuimig, die golwe styg so hoog soos huise en skuim asof dit ondergronds kook. Eilande verdwyn, die klimaat verander. Januarie sal so warm wees dat die muskiete dans, sê Irlmaier.

Daar kom 'n groot donkerheid wat 72 uur sal duur. Dan val hael, gepaard met weerlig en donderslae, en 'n aardskudding laat die aarde vibreer. Moenie na buite gaan nie. Daar sal net kerslig wees. Mense wat die rook inasem, krimp ineen en sterf. Moenie die vensters oopmaak nie, maak dit dig met swart papier. Alle oopstaande water sal giftig word, en ook alle voedsel wat nie in houers toegemaak is nie. Moet ook nie voedsel in glas bewaar nie, want dit sal nie heeltemal toegemaak kan word nie. Buite gaan die dood deur die rook voort en baie mense sterf.

Na 72 uur is alles verby. Maar hou die kerse aan die brand. En bid ernstig. Oornag sal daar meer mense sterf as in die twee vorige wêreldoorloë. Moenie 'n venster vir 72 uur oopmaak nie.

Die riviere sal so min water hê dat 'n mans daardeur kan loop. Die vee sal vrek, die gras word geel en droog, die dooie mense sal geel en swart word. Die wolke van die dood dryf na die ooste.

In die stad met die ystertoring (Parys) breek daar rewolusie uit. Die inwoners steek die stad aan die brand en dit word met die grond gelykgemaak. In Italië heers ook chaos. Duisende mense word vermoor, en die pous slaan op die vlug. Baie kerklikes sal ook doodgemaak word en baie kerke stort in duie. Die eilande (dele van Engeland) aan die kusgebiede sink as gevolg van die woeste see en getygolwe. Daar is ook groot openinge in die see wat weer vol raak wanneer die enorme golwe terugtrek. Daar breek  ‘n revolusie in Rusland uit, asook'n burgeroorlog. Die lyke is so baie dat hulle nie meer van die paaie verwyder kan word nie. Die Russe glo weer opnuut in God. Die grotes onder die partyleiers pleeg selfmoord. Hy sien 'n rooi massa, gemeng met geel gesigte, dit is opstande en verskriklike moorde.

Hy sien drie neges as 'n tydsaanduiding, maar weet nie hoe dit bereken moet word nie. Die derde nege bring vrede. Na alles verby is, het 'n baie groot deel van die volke gesterf en die mens vrees God opnuut. Aborsies word weer verbied, en daar is vrede en 'n goeie tyd breek aan. "Na hierdie gebeure breek 'n lang en vredevolle tyd aan, en die wat dit ervaar sal baie voorspoedig  wees en kan hulleself gelukkig ag. Maar die mense sal weer van vooraf moet begin, daar waar hulle voorouers begin het."

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1414 gaste aanlyn