Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons na Jesus kyk en ’n God van liefde raaksien, word ons opnuut bewus van ons eie bedorwenheid. Dat dit die Skepper gekos het om mens onder ons te word sodat ons die ewige lewe kan verkry, gaan ons verstand te bowe!
ONTGINNING VAN GOUD EN ANDER MINERALE
SKOOLPROJEK
Suid-Afrika het van die rykste mineraalneerslae ter wêreld, en uitvoere van goud en verskeie ander minerale verdien jaarliks baie miljarde rande. Dít is die rede waarom Suid-Afrika buitelandse vyande in die vorm van die Internasionale Geldmag het wat baie graag hierdie land van ons wil afneem om al ons ondergrondse rykdomme vir hulself in te palm.
Mynbou het baie belangrik geword en word tegnies al hoe meer gevorderd. Vadag word rekenaars gebruik om rotsbarstings te voorspel, brande op te spoor, en myn-ingenieurs te help om myne te ontwerp.
GOUD
Bakke en ornamente van goud wat in die Transvaal gevind is bewys dat mense reeds 700 jaar gelede daar goud kon ontgin. Vroeë Europese reisigers het klein hoeveelhede goud in die Magaliesberge en by die Oranjeriviermond gevind, en in 1871 is 'n myn by Eersteling naby Potgietersrus begin. Meer goud is later ontdek, veral na die oostekant by Lydenburg, Barberton en Pelgrimsrus. Barberton was die middelpunt van die goudstormloop en meer as 20 000 fortuinsoekers het daarheen gestroom.
Ondergrondse werk
Mynwerkers werk onder onaangename toestande diep onder die grond. Tenspyte van streng veiligheidsmaatreëls kom rotsbartsings, brande, gasontploffings en oorstromings voor. Koel lug word in die myne gepomp wat anders ondraaglik warm sou wees weens hoë rotstemperature. Die werkers boor gate in die goudhoudende rots diep onder die grond met lugdrukbore. Die gate word met plofstof gevul en wanneer dit ontplof, maak dit die goudhoudende rotse los en kan dit in hysbakke met die skagte na bo gebring word.
Wat gebeur bogronds?
Wanneer goudhoudende rotse bogronds kom, gaan dit na die reduksie-aanleg waar dit gewas, gesorteer, vergruis, chemies behandel, gefiltreer en in vorms gegiet word. Staafgoud bevat 88 persent goud, 9 persent silwer en 3 persent onsuiwerhede, en weeg net meer as 31 kilogram. Later word die silwer en die ander onsuiwerhede by die Rand-affinadery in Germiston verwyder. Hier word geaffineerde goudstawe wat 99,6 persent suiwer goud bevat, vervaardig.
Daar is ook myne wat hulle eie affinadery ter wille van kostebesparing wil aanlê byvoorbeeld die Harmony-goudmyn wat tot R5 miljoen aan affinaderykoste kan bespaar as sy proefnemings met 'n eie affinadery 'n sukses is. Hul loods-affinadery het suksesvolle proefnemings vir die uitsmelt van 86 kilogram goud met 'n 99,99% suiwerheid voltooi. Mintek, wat die tegnologie voorsien, het met die ontwerp van 'n aanleg van handelsgrootte begin. As die projek goedgekeur is, sal Mintek 'n affinadery met 'n verwerkingsvermoë van 2000 kg goud per maand oprig en in gebruik neem. Die koste daarvan en die aankoop van die Mintek-tegnologie is sowat R3 miljoen.
Die meeste geaffineerde goudstawe word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gekoop om aan banke, goudhandelaars en private kopers dwarsdeur die wêreld te verkoop. Die prys word deur die Londense Goudmark vasgestel. Van die goud word aan goudjuweliers in Suid-Afrika verkoop.
Goudmyne betaal hoë belastings en voorsien duisende mense van werk. Groot bedrae geld word bestee om mynboumetodes te verbeter, nuwe myne te ontwikkel en werksomstandighede veiliger te maak.
Die Kamer van Mynwese van SA
Drie jaar nadat goud in 1886 aan die Witwatersrand ontdek is, is die Kamer van Mynwese gestig om die belange van die goudmynbedryf te beskerm. Later is dit utgebrei om alle mynbou-instansies in Suid-Afrika te verteenwoordig. Hulle werf en lei mynwerkers op, stel veiligheidstandaarde vas en sorg dat navorsing oor mynbou gedoen word. Dit onderhandel ook met mynwerkers se vakbonde oor salarisse en produktiwiteit.
Die National Union of Mineworkers (NUM)
Die NUM was die eerste unie vir mynwerkers wat net uit Swartes bestaan, en is in 1982 gestig. Dié Unie onderhandel met die Kamer van Mynwese van Suid-Afrika oor kwessies soos salarisse, produktiwiteit en werksomstandighede. Dit is geaffilieer by COSATU. Die eerste hoofsekretaris was Cyril Ramaphosa.
Krugerrande
Krugerrande kom in vier groottes voor, almal met die afbeelding van president Paul Kruger daarop. Die grootste munstuk bevat een ons suiwer goud en die kleinste net 'n tiende van 'n ons. Omdat suiwer goud sag is, bevat die munstukke koper om dit harder te maak. Krugerrande is in 1967 ontwerp om mense in staat te stel om goud as 'n belegging teen die internasionale markprys te koop.
Johannesburg
In 1886 het George Harrison en George Walker, delwers en nutsmanne aan die Witwatersrand se Confidence-rif, 'n ryk goudafsetting op die plaas Langlaagte ontdek. Dit was die baie groot Hoofrif van die Witwatersrand. Prospekteerders het daarheen gestroom en binne 'n paar maande het 'n plakkersdorp met 3 000 inwoners ontstaan. Dit was die begin van Johannesburg, ons grootste stad en finansiële sentrum.
Deesdae word bome en gras op Johannesburg se talle mynhope geplant om dit mooier te laat lyk. Soms word mynhope weer gesif om die erts wat agtergebly het uit te haal. Groot hoeveelhede goud word so herwin.
Gold Reef City
By Gold Reef City Johannesburg kan jy met 'n mynskag afgaan om te sien hoe 'n goudmyn ondergronds werk. Daar is ook 'n outydse koerantkantoor, 'n vroeëre weergawe van die Johannesburgse Effektebeurs en baie ander voorbeelde van hoe mense geleef en gewerk het tydens die goudstormlope in wat vandag die stad Johannesburg is.
ONS ANDER MINERALE
Asbes
Asbes bestaan uit baie sterk vesels wat bestand is teen hitte en die meeste chemikalieë. Dit word nie meer in Suid-Afrika ontgin nie omdat bevind is dat dit ernstige longsiektes en party soorte kanker veroorsaak. As gevolg van die omgewings- en gesondheidsgevare het die wêreldproduksie daarvan afgeneem. Veiliger alternatiewe is gevind vir die meeste produkte waarheen asbes was..
Koper
Meer as 1 000 jaar gelede het Ngunisprekendes koper by Phalaborwa in die Oos-Transvaal ontgin. Goewerneur Van der Stel se geselskap het in die Namakwalandberge na koper gesoek en koperhoudende rotse 11 kilometer oos van die huidige dorp Springbok gekry. In 1966 is 'n oop mynbouaanleg by Phalaborwa begin, en koper word in die Noord-Kaap, Vrystaat en Transvaal ontgin. Koper het talle nywerheidsgebruike. Dit is 'n goeie geleier van elektrisiteit en word in elektriese toebehore en draad gebruik.
Mangaan
Mangaan word gebruik om yster en staal van hoë gehalte te maak. Dit is in 1922 naby Postmasburg in die Noord-Kaap ontdek. Suid-Afrika is die derde grootste mangaanprodusent en lewer sowat 15% van die wêreldproduksie.
Platina
Die platina-groep bestaan uit ses metale. Platina is baie waardevol en mense koop dit nie net vir juweliersware nie maar ook as 'n belegging met die hoop dat die waarde daarvan sal toeneem, daarom word dit ook genoem witgoud. Platina word gebruik in die raffinering van petroleum en die vervaardiging van kunsmis en besoedelingsvrye uitlaatstelsels vir motors. Suid-Afrika beskik oor die meeste platinareserwes ter wêreld. Dit word in die Transvaal en die Kaapprovinsie ontgin.
Uraan
Uraan is 'n noodsaaklike radio-aktiewe metaal wat gebruik word om kernenergie op te wek, en is in 1923 vir die eerste keer in die goudhoudende rotse aan die Witwatersrand ontdek. Navorsing oor kernenergie is eers in die 1940's begin. Vandag herwin meer as 20 maatskappye jaarliks duisende ton uraan as 'n neweproduk van goud.
Ystererts
Ystererts word gebruik om baie dinge mee te vervaardig. Nadat die reusagtige Yster- en Staalkorporasie (Yskor) in 1934 buite Pretoria tot stand gekom het, was daar 'n dramatiese toename in ysterproduksie vir plaaslike en oorsese gebruik. Sowat die helfte van Suid-Afrika se ysterafsettings is by die Sishen-myne in die Noord-Kaap, en ander is by Phalaborwa en Thabazimbi. Die vernaamste hawens vir die uitvoer van ystererts is by Richardsbaai in Natal en Saldanhabaai in die Wes-Kaap.
Chroomerts
Die meeste van die wêreld se chroomerts word in Suid-Afrika in Noord-Transvaal aangetref. Dit word gebruik vir vlekvryestaalgereedskap.
Silwer
Silwer word aan die Witwatersrand ontgin as neweproduk van goud. Suid-Afrika lewer jaarliks byna 150 ton en is die 15e grootste produsent.
Suid-Afrika lewer ook die meeste vermikuliet, aluminiumsilikate, ferrochroom en vanadium, asook die tweede meeste sirkonium en titanium.
Is ons nog verbaas dat die wêreld ons land met geweld wil vat?