NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

ONTHOU: Despote se krag lê daarin dat mense bang is om weerstand te bied.

2e GROOT TREK (1)

...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK

AHM Victor

Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek

"Mag hierdie werk dien tot bemoediging vir 'n volk wat op die vooraand staan van 'n ander louteringstog – 'n nuwe Groot Trek".
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...

Moord, roof en plundering aan die 'Oosgrens'; die onvermoë of onwilligheid van 'n Blanke liberale Britse bewind om wet en orde te handhaaf; Swarte Ommegang; die Reads en Van der Kemps se gepamperlang van 'natuurkinders' in die naam van Christelikheid; die gewapende Pandoere, Slagtersnek, ens. Dit was die faktore wat die lewensruimte van ons voorsate sodanig ingekort het dat hulle in 1836 georganiseerd Kaapland verlaat het. Hierdie Godvresende voorsate van ons het hulle met hierdie daad die onmin van die Britse regering op die hals gehaal. Wat egter skokkend was, is dat die Kerk van hierdie stoere geslag, in die koor saamgeskel het op die "hardekoppe en dwarstrekkers".  Ja, die volk het sonder sy predikante getrek.

Langs 'n louteringsweg wat tussen neerlaag en oorwinnings noordwaarts gewentel het langs bakens soos Weenen, Bloukrans, Bloedrivier en Vegkop, het die klein bende uiteindelik sy beslag as Afrikanervolk gekry, is sy Volksrepublieke gestig en sou hy by Thaba Bosego en later by Magersfontein, Colenso, Ladysmith, Majuba, Moordpoortjie en Paardekraal sy verdere loutering deurmaak wat sy fisiese neerlaag wat in die Vrede van Vereeniging kulmineer het, van sekondêre belang sou bewys.

Met 'n onoorwinlike geesteskrag waarteen die Milners en andere wat ook die volksiel gesoek het, nie opgewasse was nie, sou steeds gebou word. Die strewe om as Afrikanervolk weer vry te word, het in 1910 met Uniewording momentum gekry, is met die Westminister-statuut van 1932 versterk en het tasbaar tot uiting gekom in die stigting van die Helpmekaar en FAK, die Simboliese Ossewatrek, en is tot 'n hoogtepunt gevoer met die Eerste Ekonomiese Volkskongres in 1939. " 'n Volk Red Homself", was die wekroep. Die Reddingsdaadbond is gestig waaruit die Afrikaanse Handelsinstituut en die Ekonomiese Instituut tot stand gekom het. Landwyd is kultuurverenigings, skakelkomitees, sakekamers, ens, gestig.

Die room van ons Afrikaner-politici het uit hierdie liggame gekom en hulle Afrikaner-integriteit kon nooit bevraagteken word nie. Die feit dat Suid-Afrika sedert 1910 amptelik met 'n Anglo-Joodse staatsvorm regeer is, 'n staatsvorm wat die Boervolk afstootlik gevind het, sou juis die Afrikaner-politici motiveer: terug na die Volksstaatsrepubliek in die aangesig van 'n Sapregering wat aan bewind was. Die 'Volksorganisasies' wat bestaan het uit die Broederbond, OB en FAK, sou voortaan ook waghond speel oor politici en hulle moes ook telkemale ingryp wanneer die versoeking van die kompromie te groot sou word vir politici. Die opdrag aan die NP was deurgaan: terugvoer na die Volkstaatrepubliek wat op die Christelik-nasionale beginsels geskoei sou wees. Die kultuurstuwing het gedurende die oorlogsjare 1939-45 buitengewone momentum gekry en dit moes uiteindelik kulmineer in 'n oorwinning van die NP in Mei 1948. Die hoofmandate was: Ons vryheid binne die Volksrepubliek en apartheid tot elke prys.

Hierdie is enkele buitelyne van ons volkswording teen welke agtergronddie verdere maatskaplike, godsdienstige, politieke, ekonomiese en opvoedkundige ontwikkelinge gesien moet word met die klem soos dit op die volgende geval het:

  • Afrikanerdom in beweging op Christelik-nasionale grondslag.
  • Vrymaking binne die Volkstaatlike republiek wat nou setel in die historiese veroweringsreg van die Witman.
  • Die bevestiging van die Blanke staat.

Ons wat reik na die Lig
onder lanfer van jul wasdom,
ons strengel deur die sekelgroei
van jul takke
deur jul Wag-'n-bietjies,
en huil-Boerbome,
deur die Broederskap van Bos
op
óp
en uit
gekneusde kelke van verset
sal baie bye skep...

Die politieke verloop sedert 1949... vervolg...

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2203 gaste aanlyn