Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe ouer mens word, hoe meer besef jy dat die ouderdom sinvol en ryk kan wees. Dat jy meer ervaring en meer wysheid het om aan ander deur te gee, dat jy meer tyd het om dinge te doen wat jy nog altyd graag wou doen. En boweal, jy het meer tyd om te bid vir almal wat jy liefhet.
BYBEL EN VOLKSTRYD (10)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
HUISTOE
Luk. 15:18— “Ek sal opstaan en na my vader gaan.”
DIE seun was stout. Hy luister na slegte maters. Hy neem sy erfenis, vertrek na die vreemde. Hy maak sy dierbares se harte seer. Dit gaan met hom sleg. Hy word arm. Die vreemdes help hom nie. Hy sink al dieper. Hy pas naderhand varke op.
Toe begin hy dink ! Hy was stout. Die maters wat hom verlei het, help hom nie. Hy is in ellende. Almal verag hom. Sy vader het verlore geld gesoek, ook telkens verlore skape gesoek, maar die vader soek sy seun nie ! Hy is ’n verlore seun. Die vader het hom nog lief, maar die vader soek hom nie. Hy moet self dink, self tot oortuiging kom, self opstaan en huistoe gaan.
Dis waar van indiwidu, huisgesin en volk.
Ons volk is geskep deur Gods hand. Suid-Afrika was ’n swartmensland totdat Van Riebeeck hier gekom het.
Hy het met sy Hollanders ’n blanke kolonie aan die Kaap gestig. Hulle was nie net blank nie, maar ook christelik. Hulle het gekom met gebed, met Bybel, met kerk, met Sondagsheiliging. Hulle het in getalle gegroei, en verder en verder die binnelande in word gemeentes gestig en kerke gebou. Toe die Hugenote kom, wat opregte gelowiges was, vorm die Geus en Hugenoot tot een volk, ’n Calvinistiese volk met vaste beginsels en vaste oortuigings. Hulle is vas aan die kerk, die Bybel, gebed, Sondag. God het die Boerevolk gemaak met kerk, taal, Bybel en godsdiens.
Afrikanerdom verstrooid
Die ryk diamant- en goudmyne het vreemde nasies hier gebring, by die duisende en honderdduisende. En die vreemde nasies het in stede en dorpe gaan woon. En die Boer is deur oorlog, pes, droogte en depressie van die plase na die stede en dorpe gestoot. En onder die vreemde nasies is hulle verwar en verstrooi en het hulle ontaard. Hulle praat daar vreemde tale, verkies vreemde sedes en gewoontes.
Met die stigting van die christelike kerk het geen christen ooit daaraan gedink om vir Pilatus met sy empire of vir Kajafas met sy sinagoge te gaan vra : Wat sê Petrus of Christus nie.
Vandag het ons die manne van empire en sinagoge se koerante hier tussen ons. Empiremanne en sinagogemanne skrywe alles in hul koerante en daar is Afrikanerkinders, afstammelinge van Geus en Hugenoot, wat daar gaan lees wat oor hul predikant, hul kerk en volk gesê word ; en daar gaan lees wat besluit my sinode, wat leer my kerk !
So ontaard die Afrikaner omdat hy onder die vreemdes sonder kerk, sonder Bybel of gebed, sonder Sondag is. Hulle word as Afrikaners verarm, verag, verdruk. Dit ontaard, dit sink na dieptes.
Selfinkeer
Deut. 27:16 sê : Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag. En die Bybel sê vir ons dat die verlore penning en die verlore skaap gesoek word, maar die verlore seun word nie gesoek nie. Hy moet self begin dink. Hy moet tot homself kom. Hy moet dink wat hy was en wat hy nou geword het.
So het die Afrikanerdom sedert 1938 wakker geskud. Hy het begin dink. Hy het homself afgevra : Het die vreemde sedes van my ’n beter mens gemaak? ’n Beter Afrikaner gemaak? ’n Beter christen gemaak?
Laat die vreemdes sê wat hulle wil. Laat die empire en sinagoge se pers skryf wat hulle wil. Die vraag is : Hoe is my goeie naam, my karakter deur die vreemdes besoedel, verbreek ? En as hy by homself begin nadink, dan sê hy vir almal wat saam met hom ontaard het: Kom ons gaan huistoe.
Afrikaner, laat staan die vreemdes ! Daar is by die vreemdes geen rus en geen vrede nie. Die vreeslike oordele van God rus op hulle ! Daar is by die vreemdes vir jou geen roem nie, daar is net vernedering en skande. Kom ons gaan huis toe ! Die vreemde sedes en gewoontes het ontaarding en versinking gebring, het nou die oordele van God gebring. Kom ons gaan huis toe ! Huistoe na die kerk en godsdiens van my kinderjare ! Daar waar die huisgodsdiens is, die Bybel, die eensgesindheid, waar die liefde is, na die atmosfeer van gebed, kerk, Bybel en Sondag.
Daar is genade, daar het God my die eerste lewenslig laat sien ! Daar is ons verlede. Daar moet ook ons toekoms wees ! Daar is nie hoë mense of lae mense nie. Daar is ons een. Daar is ons almal broers en susters.
Huistoe voor dit donker word !
As ’n moeder die storm sien aankom, soek sy haar kinders en bring hulle in, eer die wolke swart word, eer die storm losbars.
Die Afrikanerdom moet huis toe, voor die storm losbars.
Wat het die mense in Pole gemaak toe die vliegmasjiene dreun, die kanonne bulder, die bloed stroom ? Hoe het hulle gevlug, waar het hulle weggekruip? Waarheen in Noorweë, Holland, België, Frankryk, Suid-Slawië, Griekeland, Rusland ! Dit het vir hulle donker geword! Hulle het Bybel gesoek, gebed gesoek, kerke gesoek, en soms te laat gesoek !
Afrikanerdom ! Die wolke sal hier ook kom ! Dit sal hier ook kom. Dit sal donker word, dit sal laat word ! Kom ons gaan huis toe ! By ons kerk, by ons volk, by die God van ons vaders.
KOM ONS GAAN HUISTOE !