Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.
“VIRUS”-TYD - HIER GAAN ONS WEER!
Terwyl die publiek gedink het dit gaan nou goed, het die Kabaal hulle volgende duiwelsplannetjies agtermekaar gesit. Die Bill Gates-befondsde Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Africa CDC) het die afgelope week ‘Monkey-Pox’ (MPox) –apepokkevirus, as 'n openbare gesondheidsnoodgeval verklaar nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) MPox as 'n openbare gesondheidsnood van internasionale omvang verklaar het. Hierdie is glo 'n nuwe seksueel oordraagbare stam van die apepokkevirus.
Suid-Afrika sal weer skarrel om Mpox-entstowwe te koop te midde van “entstof-apartheid”, aangesien Cyril Ramaphosa die naweek die internasionale gemeenskap, vennote en organisasies versoek het om voorraad entstowwe en ander mediese teenmaatreëls te mobiliseer vir ontplooiing in Afrika “te midde van uitbreking” van die siekte.
Ramaphosa, wat in sy rol as die Afrika-unie (AU) se “kampioen in pandemievoorkoming, paraatheid en reaksie” gepraat het, het Saterdag in 'n verklaring gesê Afrika benodig sterk ondersteuning in befondsing, navorsing en die deel van tegnologie, met finansiële bydraes wat gerig is op die Afrika-epidemiefonds onder leiding van Africa CDC.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag versoek dat die vervaardiging van entstowwe verhoog word:
"Ons het wel nodig dat die vervaardigers werklik opskaal sodat ons toegang tot baie, baie meer entstowwe het. Daar is 500 000 MVA-BN-dosisse in voorraad, terwyl 'n bykomende 2,4 miljoen dosisse vinnig geproduseer kan word as daar 'n verbintenis van kopers is. Vir 2025 kan 'n bykomende 10 miljoen dosisse vervaardig word, op 'n ferm verkrygingsversoek," het WGO-woordvoerder Margaret Harris gesê.
Dat hierdie “openbare gesondheidsnood” in 'n nasionale ramptoestand sal verander wat die hele land in nog 'n inperking sal dompel, is ‘n onafwendbare gevolg.
Die vorige inperking het gepaard gegaan met 'n aggressiewe mediaveldtog wat die publieke persepsies beïnvloed het. Moet dit nie weer toelaat nie, leuens op leuens word net groter leuens – hou op om na die media se leuens te luister!
Die “Lockdown” beteken die opskorting van grondwetlike demokrasie en die Handves van Regte. Die 2020 inperking het hierdie land verander in 'n opelug-gevangenis wat deur diktaat beheer word, waar “effektief middernag vanaand” Ramaphosa se gunsteling despotiese refrein was!
Inperking is 'n tronkstraf, wat beteken dat gevangenes tot hul tronkselle beperk word, maar dit is egter onlangs as 'n term vir 'n noodgeval vir openbare gesondheid opgelê. 'n Nasionale Ramptoestand sal 'n polisiestaat inlui wat kan meebring dat hulle ons hierdie keer nie uit die staat van inperking sal laat uit gaan nie!
Die Covid-19-entstof-ontplooiing was 'n massiewe openbare mediese eksperiment waarvan die soortgelyke nog nooit voorheen uitgevoer is nie. Daar is ook intussen miljoene berigte van Covid-19-inspuitingbeserings en sterftes. Dit vereis sekerlik 'n onafhanklike openbare ondersoek, 'n kommissie van ondersoek soortgelyk aan die Zondo-kommissie voordat ons in nog 'n inperking en massa-inentings duik, maar selfs dit sal nie gebeur nie. Dus bly daar net een ding oor: ons weier om met gif ingespuit te word! As ALMAL weier, kan niks aan ons gedoen word nie. En ons weier om ons besighede weer te sluit. Ons gaan nie weer so ‘n pak slae verduur nie en die regime moet dit weet!