Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer gelowige ouers se kinders as volwassenes hulle rug op die Here draai nadat hulle deur hulle ouers aan die voete van Jesus geleer is, kan die ouers nie verantwoordelik gehou word vir hulle dwaling nie – maar ouers bly verantwoordelik om volwasse kinders te blý vermaan oor hulle dwaling!
ANALISE VAN COVID-INSPUITING- BESERINGS EN DOOD
Dr. Anita Baxas
In 'n ontleding verduidelik dr. Anita Baxas, die veelvuldige beserings en sterftes as gevolg van covid-inspuitings wêreldwyd. Na raming het 20 miljoen mense gesterf en nog 2 miljard is beseer wêreldwyd. En dit na slegs 2½ jaar van die gedwonge vals en dodelike covid-inspuitings.
Dr. Baxas redeneer dat piekproteïen, soos enige proteïen vreemd aan die liggaam, die immuunstelsel teenliggaampies daarteen kan laat opbou. Dit kan die skade aan selle verklaar en uiteindelik die weefsels wat hulle vorm, soos die binneste voering van bloedvate, hartspiere, niere, eierstokke, testes en basies enige orgaan wat die piekproteïen bevat.
Dit kan ook inflammasie, miokarditis, vaskulêre komplikasies soos hartaanvalle, beroertes, breinmis, pulmonêre embolisme, skielike verlies van visie, gehoor, ledemaatamputasies tot erektiele disfunksie verklaar – en vele meer siektes wat nie direk met die covid-inspuitings verband hou nie, maar indirek dmv immuungebreke wat deur die inspuitings veroorsaak word.
Uiteindelik kan dit outo-immuun-siektesimptome en 'n verhoogde immuunrespons veroorsaak, wat die immuunstelsel uitput, wat lei tot immuungebrek.
Die NYT Covid Tracker het in Maart 2023 beraam dat meer as 5,55 miljard mense, 72,3% van die wêreldbevolking, minstens twee keer deur die “vaxx”-gif ingespuit is.
Volgens Michael Yeadon, voormalige Pfizer VP en Hoof van Navorsing, sal die werklike dodetal drie tot tien jaar ná die Covid-inspuitings en "versterkers" duideliker manifesteer. Benewens die direkte “vaxx”-effek, sal elke mRNS-piekproteïen-“opvolg”-inspuiting ook mense se immuunstelsel versteur en verminder en gevolglik tot baie sterftes weens verskeie oorsake lei.
Dr. Yeadon het by verskeie geleenthede sy kommer uitgespreek dat mense ten alle koste moet onthou om covid-inspuitings, of ten minste "booster"-skote moet vermy. Ook sal daar nou in 2024 ‘n opvolgpoging van die Internasionale Geldmag wees om die orige wêreldbevolking almal in te spuit onder wetgewing wat dit verpligtend sal maak. Maar moet asb nie hiervoor val nie; as daar in groot getalle daarteen geprotesteer word en u weier om die giftige doodspuit te ontvang, sal dit nie so maklik vir die huidige regime wees om alle mense te dwing nie. Dit is nooit te laat om bewus en proaktief te word teen 'n moordenaarstelsel wat die mensdom drasties wil verminder, oorlewendes wil omskep in gerobotiseerde transmense wat aan kunsmatige intelligensie (KI) onderwerp is nie - en daarby volle digitalisering van almal in die wêreld se finansies.
Ons MOET onder geen omstandighede die WEF, WGO en die Verenigde Nasies toelaat om die beplande 94-punt-hersiening van die Internasionale Gesondheidsregulasies (IHR) wat die Pandemie-verdrag insluit, deur te forseer nie, wat die VN en WGO die gesag gee om oor gesondheidsregulasies te besluit bo en behalwe nasionale soewereiniteit van die meer as 190 lidlande, insluitende Suid-Afrika.
Dit sal ook wêreldwyd erkende en herkenbare digitale “vaxx”-sertifikate en ID's behels. Dit sal die WGO en die VN omskep in 'n internasionale gesondheidstirannie.
Hierdie maatreëls is onlangs agter geslote deure by die VN se Algemene Vergadering, 19 tot 26 September 2023, bespreek. Dit belangrikste besluit daar was:
President van die VN se Algemene Vergadering keur die hele pandemieverklaring goed – Privaatheidskenners waarsku oor ‘n 'Digitale Gulag' (20 September 2023).
As ons in eenstemmigheid en solidariteit opstaan – en in 'n gees van VREDE – kan ons hierdie reusagtige misdaad teen die mensdom stopsit!