NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wat net ten dele ken, ons roem soms in onsself! Ons praat storterend, ons begryp en vertolk aweregs, ons redeneer onlogies soos kinders, ons sien in 'n spieël verwronge beelde; nie eens op ons insigte of vertolkings mag ons ooit roem nie – slegs in Christus!

ADINA SE BRIEWE (8)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

HOOR WAT SÊ HY ALLES

In rabbi Efraim se brief wat hy 'n paar weke na ontvangs van Adina s'n geskryf het, sê hy dat hy baie beïndruk is met sy dogter se beskrywing van Jesus se doen en late in Galilea en dat Hy moontlik 'n nuwe profeet is wat deur God gestuur is om sy volk te kom onderrig en te ondersteun voor die koms van die werklike messias.  Hy dink egter dat dit 'n bietjie verregaande van haar is om aan Jesus goddelike eienskappe toe te skryf en selfs te beweer dat Hy mense se sondes kan vergewe.  Hy raai haar aan om nie te vergeet nie dat die enigste saligheid wat ons kan verwerf, alleen daarin bestaan dat ons die wet van God, wat Moses vir ons gegee het, nougeset moet onderhou en nie daarvan moet afwyk nie. Hierdie teregwysing van haar vader het vir Adina diep getref.   Toe sy uiteindelik weer so ver kom om aan hom te skryf, het sy dit met 'n beswaarde gemoed begin, maar na mate sy voortgegaan het om vir hom te vertel hoe Jesus die skares onderrig het in kennis van die koninkryk van God, het haar geesdrif en geloofsvertroue weer opgevlam in haar pleitredes om haar geëerde pa tot geloofsoorgawe te probeer bring:

Aan my liewe Vader

Nadat ek u brief twee weke gelede ontvang het, het ek baie gedink en baie tot Jehova gebid en gevra dat Hy my die sekerheid van my geloof in Jesus moet bevestig of aan my moet openbaar of ek 'n dwaalspoor volg.  Ek het bo alle twyfel die sekerheid ontvang dat Jesus die beloofde Messias is, wat in die geskrifte van die profete aangekondig is en dat Hy die Seun van die almagtige God is, wat gekom het om ons tot geloof in Hom te roep en ons van ons sondeskuld te verlos.

En nou bid ek dat Pappa ook tot hierdie wonderlike geloofsoortuiging sal kom.  Daarom wil ek graag vir u vertel hoe Jesus sy dissipels en die skare wat Hom volg, oor die koninkryk van God en die ewige lewe onderrig.  Hy doen nie net wonderwerke nie, maar Hy leer die mense met groot gesag van die hiernamaals en die ewige dinge en wat daar in die hemel aangaan en hoe ons hier op die aarde moet leef om daardie heerlike saligheid saam met Hom te beërwe.  Hy doen hierdie onderrig baie keer deur interessante verhale te vertel, wat elke keer 'n dieper betekenis het.

Toe ek en Salóme by die Galilese See gaan besoek aflê het, het Jesus vir ons 'n storie vertel wat oor 'n saaier gegaan het.  Die saad wat hy gesaai het, het op verskillende plekke geval, op harde grond, op klipbanke, tussen die onkruid en in goeie bewerkte grond.  Die saad wat in die pad op harde grond geval het, is deur die voëls opgepik.  Dié op die klipbanke het ontkiem, maar kon nie wortelskiet nie.  Die saad tussen die onkruid het opgekom, maar is verstik.  Dié wat in goeie grond geval het, het gegroei en goeie vrugte gedra.

Die saad is die Woord van God.  As mense dit hoor en nie verstaan nie, val die saad in hulle op harde grond.  As mense die Woord hoor en aanvaar en weer afvallig word, val die saad op die klipbanke, waar dit wel ontkiem, maar nie kan wortelskiet nie.  As iemand die Woord in sy hart deur bekommernisse en die verleidelikhede van die lewe laat verstik, val die saad in die dorings en die onkruid.  Maar as iemand die Woord hoor en verstaan en dit aanvaar en daarvolgens leef, val die saad in goeie grond, wat goeie vrug sal dra.

Jesus het graag sy leringe aan die volk oor die ewige lewe, met verhale aangevul wat daarop betrekking het, wanneer hulle nie goed verstaan wat Hy vir hulle sê nie.  Hy het graag verhale vertel uit die natuur, of wat in die werklike lewe kon plaasgevind het, soos dié van die onkruid in die koring.  Hy het gesê die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het, maar sy vyand het in die nag daar onkruid kom saai.  Hy het sy diensknegte belet om die onkruid uit te trek, want die koring sou daardeur beskadig word, maar teen oestyd moet hulle eers die onkruid bymekaar maak en dit verbrand en dan die koring bymekaar bring in sy skuur.

Die koring waarvan Jesus praat, is die gehoorsame mense wat in God glo en die onkruid is die ongelowiges.  In hierdie lewe is hulle maar moeilik van mekaar te onderskei, maar wanneer die oestyd kom en God se oordeel oor die ganse mensdom voltrek word, sal die koring van die onkruid geskei word.  Daarom moet ons seker maak dat ons geloof opreg is.

By 'n ander geleentheid het Hy vertel van die eienaar van 'n wingerd wat sy arbeiders op verskillende tye van die dag gehuur het, maar teen die aand het hy hulle presies eweveel betaal.  Dié wat die heeldag gewerk het, was hiermee ontevrede, al het hulle die loon ontvang waarvoor hulle met die eienaar ooreengekom het.  Jesus sê daar is baie wat meen hulle moet eerste wees, maar hulle sal laaste kom, want baie is geroep, maar min is uitverkies.

In hierdie verhaal stel Jesus vir Jehova voor as die eienaar van die wingerd en die gelowiges is die arbeiders wat in sy wingerd werk. Maar daar is altyd mense wat dink dat hulle belangriker as ander is, weens hulle herkoms of posisie.  Jesus sê niemand het voorrang bo 'n ander in die koninkryk van God nie.  Dit gaan net oor God se goedheid en genade alleen.

Jesus het nog 'n kort gelykenis vertel wat ook oor die bewerking van 'n wingerd gegaan het.  'n Man het twee seuns gehad.  Hy het hulle geroep en vir die een gesê om daardie dag in sy wingerd te gaan werk.  Hierdie kind van hom het toe ewe liefies gesê:  "Goed Pa, ek sal gaan, want ek wil dit baie graag doen."  Maar hy het nooit daar uitgekom nie.  Die man het ook vir sy ander seun gesê om in die wingerd te gaan werk, maar dié het sommer botweg geweier en gesê:  "Ek sal nie gaan nie."  Later het hy spyt gekry oor sy onbeskofte gedrag teenoor sy pa en tog na die wingerd gegaan en daar gaan werk.

Jesus stel met die seun wat gesê het dat hy sou gaan en dit toe nie gedoen het nie, vir Israel voor.  Die volk het mos dikwels belowe om God se wil te doen, maar was dan keer op keer ongehoorsaam.  En nou kom tollenaars en sondaars en prostitute in berou na God en gaan uit dankbaarheid oor hul redding in sy wingerd werk.

Dan is daar nog 'n gelykenis wat oor 'n wingerd gaan, wat Jesus vertel het toe daar 'n aantal skrifgeleerdes en Fariseërs in die gehoor was.  Pappa, ek vertel hierdie verhaal van Jesus vir u met groot huiwering, omdat ek self nog nie weet wat die betekenis daarvan alles inhou nie.

Jesus het vertel van 'n grondbesitter wat vir hom 'n mooi wingerd aangelê het en dit baie goed versorg het. Daarna het hy die wingerd aan 'n paar boere verhuur en self op reis gegaan.  Toe dit tyd word om die druiweoes in te samel, het hy van sy slawe na die boere gestuur om sy deel van die oes te gaan haal.  Maar hulle het sy slawe gevang, geslaan, doodgemaak en gestenig.  Hy het weer ander slawe gestuur wat dieselfde lot ondergaan het.  Daarop stuur hy sy eie seun na hulle met die vertroue dat hulle hom tog sal ontsien.  Hulle het geweet dat die seun die erfgenaam van die wingerd is.  Hulle het vir mekaar gesê:  "Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis."  Hulle het dit toe gedoen.

Daarop vra Jesus vir die priesterhoofde en Fariseërs, wat dink hulle gaan die eienaar van die wingerd met daardie boere doen wanneer hy terugkom?  Hulle antwoord was dat hy daardie slegte mense 'n vreeslike dood gaan laat sterwe en die wingerd aan ander boere gaan verhuur, wat hom sy deel van die oes op die regte tyd sal gee.  Toe Jesus vir hulle sê dat die koninkryk van God van hulle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer, het hulle besef dat Hy op hulle sinspeel.

Met hierdie gelykenis het Jesus vir God voorgestel as die grondbesitter, vir Israel as die wingerd, al ons godsdienstige leiers as die boere, die profete en priesters wat aan God getrou gebly het, as die slawe en Jesus self as die seun.

Jesus het hierdie gelykenis vir hulle vertel om hulle skynheiligheid en hulle plan om hom dood te maak, te ontmasker.  Pappa, dis wat ek nie kan verstaan nie.  Jesus praat ook van sy eie dood.  Waarom is die wetgeleerdes so teen Hom?  Waarom haat hulle Hom so dat hulle Hom selfs wil doodmaak?  Hy doen aan almal net goed, nie net aan ons eie mense nie, maar selfs aan die veragte Samaritane en die gehate Romeine.  Ek weet  Pappa sal sê, maar dan kan Hy mos nooit die verwagte Messias wees wat ons volk van die Romeine gaan verlos nie.  Ons glo ook dat Hy nie gekom het om teen die Romeine oorlog te maak nie, maar om die koninkryk van God in ons harte te kom plant en ons van ons sondeskuld te verlos.  Ek bid elke dag dat Jehova dit ook aan u moet openbaar, dat Jesus gekom het om Middelaar te wees tussen God en sy volk hier op die aarde.

Ek gaan vir Pappa ook vertel van 'n baie treffende gelykenis wat Jesus vir die mense vertel het toe Hy op pad na Jerusalem toe was.  Daar was weer 'n aantal Fariseërs en skrifgeleerdes in die gehoor.  Die verhaal wat Jesus vertel het, het oor 'n groot maaltyd gegaan, waarheen baie mense uitgenooi is deur die man wat dit aangebied het.  Maar nie een van die genooides kon kom nie.  Hulle het almal, voor die voet, verskillende verskonings aangebied.  Die teleurgestelde gasheer het daarna sy slaaf bevel gegee om al die armes en kreupeles en blindes en verlamdes in die stad bymekaar te maak en na die maaltyd te bring.  Hulle het gekom en aangesit en dit geniet.

Jesus sê met hierdie gelykenis vir ons dat God twee keer uitnodigings uitgestuur het na die feesmaal in sy koninkryk.  Die genooide gaste het nie die eerste uitnodiging wat deur die profete gerig is, aanvaar nie, maar net soos die gasheer sy bediende uitgestuur het om die behoeftiges op straat na die maaltyd te nooi, so stuur God sy Seun om die behoeftiges van hierdie wêreld uit te nooi na die feesmaal in sy koninkryk.

Sien Pappa dit nou?  God se Seun is JESUS!  Met hierdie gelykenis het Hy dit self te kenne gegee.  Ek glo dit met my hele hart en ek dank God dat ek Hom kon leer ken.  Maar ek voel as 'n swak ou mensie onwaardig om weer voor Hom te verskyn.  Maar Hy is so onuitspreeklik goed vir ons en ek weet Hy sal ons nooit verstoot nie.

Ek gaan nou vir Pappa van 'n baie betekenisvolle gelykenis skryf wat Jesus aan die altyd teenwoordige skare mense wat Hom feitlik nooit verlaat het nie, vertel het.  Die verhaal gaan oor 'n bruilof wat plaasgevind het, waarheen tien jong meisies gegaan het en saam met die ander gaste gewag het op die koms van die bruidegom.  Elkeen van die meisies het die donker met 'n brandende olielamp verdryf.  Vyf van hulle het ekstra olie vir hul lampe saamgebring, maar die ander vyf het nie.  Toe die bruidegom uiteindelik om middernag opdaag, was daardie vyf meisies se lampe aan die doodgaan.  Die ander vyf wou nie aan hulle olie leen nie, omdat hulle dan vir hulle self te min sou hê.  Onderwyl die vyf dwase meisies gaan olie koop het, het die vyf verstandiges saam met die ander gaste en die bruidegom die bruilofsaal binne gegaan.  Daarna is die deur gesluit, sodat niemand verder meer die bruilof kon bywoon nie.

Jesus wil vir die skare en vir ons almal met hierdie gelykenis sê dat ons altyd gereed moet wees op die koms van die hemelse Bruidegom.  Ons persoonlike verhouding met God moet altyd reg wees.  Maar Pappa, as Jesus met die hemelse Bruidegom Homself bedoel het, verstaan ek dit alles nie heeltemal reg nie, want Hy is dan hier by ons.  Kan dit wees dat Hy 'n slag van ons af moet weggaan en dan later weer kom?  Ek het gehoor Hy kom een van die dae na Jerusalem.  As ek dan weer so gelukkig is soos daardie keer by die Galilese See, gaan ek met vrymoedigheid vir Hom alles vra wat ek nie verstaan nie.  Ek weet Hy sal vir my alles verduidelik, want Hy stoot nooit iemand van Hom af weg nie, maar trek almal met sy goddelike liefde aan.

Maar Pappa, nou gaan ek vir u oor een van die mooiste verhale skryf wat Jesus aan die mense by die Galilese See vertel het.  Almal wat daar was en dit gehoor het, noem dit die gelykenis van die verlore seun.  Jesus sê daar was 'n goeie pa wat twee seuns gehad het.  Op 'n dag het die wanderlus die jongste een gepak  Hy het vir sy pa gevra om tog asseblief al die besittings en geld wat hy sou erf, aan hom te oorhandig, want hy wil die wye wêreld ingaan en selfstandig gaan lewe.  Sy pa het dit gedoen en hy is daar weg.  Die oudste seun was darem nog beskikbaar om sy pa by te staan.

Die jongste seun het 'n weelderige  en genotvolle en uitspattige lewe in 'n vreemde land gaan voer.  Hy het baie vriende gehad wat gehelp het om sy erfenis te verkwis, maar toe hy kaalgestroop raak, het almal hom verlaat.  Al uitkoms was om hom aan een van die rykes van daardie land te verhuur en sy varke op te pas.  Dit was 'n vreeslike vernedering vir hierdie jong Joodse seun, wat nooit aan 'n vark geraak het nie.  Die honger het hom verteer, want hy kon nie die varke se kos eet nie.

Toe hierdie verlore seun uiteindelik met groot berou in sy hart daaraan dink dat selfs die dagloners op sy pa se plaas daar baie beter aan af is as hy en volop het om te eet, het hy besluit om terug te gaan en sy skuld te gaan bely.  Sy pa, wat nog al die tyd gehoop het dat hierdie verlore seun van hom sou terugkeer, was oorstelp van blydskap en het hom met nuwe guns oorlaai.

Onderwyl die hele huishouding besig was om oor sy terugkeer fees te vier, het die oudste seun daar aangekom en met bitterheid in die hart sy pa verwyt dat hy nog nooit vir hom wat al die jare aan hom getrou was, so'n feesmaal gegee het nie.

Sy pa se antwoord was:  "Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het is ook joue.  Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer;  hy was verlore, en ons het hom teruggekry."

Pappa, is dit nie 'n wonderlike beskrywing van Jehova se barmhartigheid en vergewensgesindheid teenoor al ons ontrouheid en sondes nie?  En is die oudste seun se bitterheid en wrok nie 'n goeie beskrywing van die skrifgeleerdes en Fariseërs se jaloesie en haat teenoor Jesus, omdat Hy hul valse geregtigheid so aan die kaak stel en met groot erbarming besig is om die tollenaars en sondaars, wat andersins verlore sou wees, ook in die koninkryk van God in te nooi nie?

Jesus het een keer met die Fariseërs hieroor baie duidelik gepraat, sodat hulle Hom nie kon misverstaan nie.  Hy het oor herders en skape gepraat en gesê Hy is die goeie herder van sy eie skape.  Maar Pappa, toe het Hy ook gesê dat Hy sy lewe aflê vir sy skape.  Dit is dinge wat ek nie verstaan nie, want Hy sê Hy het volmag van sy Vader ontvang om dit af te lê en weer op te neem.

Toe ek en Salóme daar in Galilea was, het die dissipel Johannes vir ons vertel dat Jesus hierdie dinge gesê het toe Hy met die skrifgeleerdes gepraat het.  Johannes kon nie vir ons sê wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het dat Hy sy lewe gaan aflê nie.

Maar Pappa, ek wil vir u nog 'n gelykenis beskryf wat Jesus vertel het.  Dit gaan oor 'n barmhartige Samaritaan. 'n Man wat eenmaal van Jerusalem na Jerigo gereis het, is langs die pad deur rowers aangeval, wat hom aangerand en halfdood daar laat lê het.  'n Priester wat daar verbygekom het, het gemaak of hy hom nie raaksien nie en verbygestap.  Ook 'n leviet het, toe hy hom sien, anderpad gekyk en sy gang gegaan.  Maar toe kom daar 'n Samaritaan verby wat die ongelukkige man jammer gekry het.  Hy het sy wonde verbind, hom op sy donkie gelaai en na 'n herberg geneem en die eienaar betaal om hom te versorg.

Jesus het hierdie gelykenis vir 'n wetgeleerde vertel wat by Hom wou weet wie sy naaste is wat hy net so lief moet hê soos homself, soos wat die wet van Moses hom beveel.  Hy het baie teen sy sin erken dat die Samaritaan die naaste is van daardie ongelukkige man wat onder die rowers deurgeloop het.  Pappa weet mos hoe ons Israeliete die Samaritane verag en niks met hulle te doen wil hê nie.

Ek wil vir u van nog een gelykenis skryf wat Jesus vertel het.  Hy het gesê daar was 'n ryk man wat in groot weelde gelewe het.  By die agterdeur van sy deftige huis het daar 'n baie arm man gesit en meesal gelê, want hy was siek van al die swere wat sy liggaam geteister het.  Sy naam was Lasarus. Hy was honger en het gehoop dat die ryk man se bediendes vir hom van die oorskietkos sou gee om te eet.  Maar dit het nooit gebeur nie.  Hy het in groot ellende daar gelê, onderwyl die honde aan sy swere kom lek het.  Maar hy is uit sy aardse beproewinge verlos toe hy te sterwe kom en deur die engele na 'n ereplek naby Abraham in die paradys weggedra is.

Die ryk man het ook gesterwe.  Toe hy tot verhaal kom, ontdek hy dat hy in die doderyk gepynig word, maar hy kon oor 'n kloof heen vir Abraham en Lasarus sien.  Hy het vir Abraham gesmeek om Lasarus na hom te stuur om hom tog met 'n bietjie water te kom verkoel.  Dit kon natuurlik nie gebeur nie.  Daarna wou hy hê dat Abraham vir Lasarus na sy vyf broers op aarde stuur om hulle te waarsku om nie sulke slegte lewens te ly nie.  Abraham het vir hom gesê dat as hulle nie na die voorskrifte van Moses se wet en die profete wil luister nie, sal dit ook tevergeefs wees as iemand uit die doderyk hulle gaan waarsku.

Pappa weet self dat die Fariseërs glo dat rykdom 'n bewys is dat God 'n mens seën.  Maar dan moet 'n ryk persoon nie sy rykdom selfsugtig bestee nie, maar dit ook tot seën van ander mense aanwend.

Ek het hiermee vir u oor 'n paar gelykenisse geskryf wat Jesus vertel het, sodat almal wat dit gehoor het, beter kan verstaan hoe die koninkryk van God daar uitsien en hoe ons moet lewe om dit te beërwe.

Van u dogter   Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9297 gaste aanlyn