NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een ding moet jy nooit doen nie, en dis om oor die verlede te tob.  Jy kan niks aan die verlede doen nie.  Jy kan die horlosie nie terugdraai nie.  Die mens kan alleenlik aan die hede en toekoms iets doen.  Daarom moet jy jou ophou bekommer oor die dinge wat jy nie kan verander nie.

VOORTREKKER- PIONIERS (7)

Dr JP Botha

Lees reeks by Voortrekker-pioniers

Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap  (3)

Met hierdie klein “amptenary” -  ‘n hoofkommandant,  ‘n volksraadsekretaris, ‘n paar veldkornette, huwelikskommissarisse en ‘n landdros, aangevul wanneer omstandighede dit vereis het met persone uit die publiek om spesiale take te verrig soos die inspeksie van plase, het die raad die taak wat op hom gerus het, aangepak.

Die eerste taak wat aandag vereis het,  was die permanente vestiging van die mense wat getrek het in die nuwe gebied en daar is dus onverwyld ‘n aanvang gemaak met die uitgee van erwe in die nuwe dorp Andries-Ohrigstad en van plase in die nuwe distrik wat nou ontwikkel moes word.

Regulasies in verband met die aantekening van plase, die grootte daarvan en die manier waarop dit uitgegee sou word, is reeds op 2 Augustus 1845  deur die volksraad aangeneem.  Die grootte van die plase is deur die ligging daarvan bepaal en die meeste plase is aan die vernaamste riviere en spruite uitgegee om die eienaars daarvan in staat te stel om vir besproeiing voorsiening te maak.

Vanaf 2 Augustus 1845 tot 22 Januarie 1846 is 67 plase langs die Dorpsrivier (later Ohrigstadrivier genoem), Kasperrivier, Bleyrivier, Kaloniesrivier, Wagenpadsrivier, Vlakfonteinspruit, Tafelbergspruit, Bergrivier, Treurrivier, Vaalkopspruit en Kranskloofspruit uitgegee. In dieselfde omgewings is vanaf 22 Januarie 1846 tot 9 Oktober 1847 nog 26 plase toegeken, sodat die totaal vir hierdie streek uiteindelik op 93 te staan gekom het.

Ook is daar vanaf 4 Augustus 1845 tot 10 Augustus 1846 ‘n totaal van 95 plase vanaf die oorsprong van die Spekboomsrivier tot waar hy in die Steelpoortrivier inloop, uitgegee.  Terselfdertyd is ook 81 plase in die omgewing van die Steelpoortrivier vanaf 4 Augustus 1845 tot 8 Desember 1847 uitgegee en aangeteken. Van Magneets hoogten al de waters die af loop naar Olifan(s)rivier en over tot aan Streypoort, is vanaf 4 Augustus 1845 tot omstreeks 15 Oktober 1847 sowat 98 plase uitgegee.  Verder is ook vanaf 6 November 1845 tot 15 Mei 1846 in die omgewing van “Delagoa’s berg”uitgegee.

Strydfontein, die plaas van die hoofkommandant, was 7 kilometer noord van die dorp aan die Ohrigstadrivier geleë en het min or meer, soos ook die geval met die ander plase was, ‘n oppervlakte van 3 000 morge beslaan.  Nooitgedacht, die plaas van Jacobus Burger, was 5 kilometer onderkant Strydfontein geleë en die plase van sy vernaamste ondersteuners soos DJ Joubert, WJ Joubert, Van Breda en T van Niekerk was nie ver daarvandaan nie.

Volgens die getal aangetekende plase was die Ohrigstadse bevolking aan die begin dus gladnie onaansienlik nie, ‘n feit wat ook deur tydgenote bevestig word.  Daar kon dus spoedig met die ontwikkeling van die landbou ‘n aanvang gemaak word om in eie behoeftes te voorsien.

Die dorp self het ook van groei en vooruitgang getuig.  Die Trekkers het kort na hul aankoms op die terrein waar Ohrigstad sou verrys ‘n gesamentlike poging van stapel gestuur om ‘n voor te grawe wat die nuwe dorp van water moes voorsien.  Tydens ‘n publieke byeenkoms wat reeds op 30 Julie 1845 gehou is, is besluit om die grootte van die erwe wat uitgegee sou word op 100 tree in die vierkant te bepaal. Burgers wat aan die watervoor arbei, sou elkeen as beloning ‘n erf ontvang. Hierdie beplanning het ook vir jong mans bo 16 jaar oud gegeld, mits binne tydperk van een jaar ‘n woning op die bepaalde erf opgerig word.  Erwe is ook aan persone wat nie aan die watervoor help grawe het nie teen die som van 25 Rds te koop aangebied. ‘n Sekere Tobias Smuts was met die taak van opmeting van die erwe en strate van die dorp belas en sou as vergoeding vir sy diens ‘n stuk grond buite die dorp ontvang.

Die werksaamhede aan die watervoor het nie na wense gevorder nie, sodat die volksraad spoedig genoodsaak was om aan elkeen wat nog 50 tree ver daaraan arbeid lewer, ‘n tweede erf as beloning aan te bied.  Frans Schutte, die opsigter by die werksaamhede, is eweneens met ‘n erf vir sy diens vergoed.  Die voor moes een en ‘n half meter wyd wees en omtrent ‘n half meter diep.  Die raad het verder streng voorsorgmaatreëls getref dat die water skoon en bruikbaar sou bly deur alle diere van die voor te laat weghou.

Soos dit gewoonlik met die verdeling van water onder belanghebbers aan dieselfde voor gebeur, het hier ook ongeregeldheden als onaangenaamenheden plaasgevind. Om hierdie rede was die volksraad later verplig om vir Marthinus Joubert as opsigter oor die watervoor en –sluise van die dorp aan te stel.

Reeds teen die begin van 1846 was die aanvraag na erwe te Ohrigstad so te sê versadig, want politieke verwikkelinge wat tot skeuring in die gemeenskap gelei het, het veroorsaak dat die getal inwoners  mettertyd verminder het.  Nietemin was daar aan die begin spoedig sowat 30 wonings en twee winkels aan die hoofstraat, ongeveer twee kilometer lank, te sien, terwyl aan die noord- en suidekant van die dorp twee skanse opgerig is om moontlike inboorlingaanvalle die hoof te bied. Die volksraad het planne beraam om ‘n raadsaal te laat oprig want gedurende die eerste maande is die vergaderings by private woonhuise op die dorp gehou.

Intussen het die raad nie uit die oog verloor dat een van die vernaamste oorwegings wat aanleiding tot die trek gegee het, was om in opvolging van Smellekamp se advies, deur middel van die Portugese hawens verbinding met die buiteland te bewerkstellig nie en daar is dan ook kort na die aankoms van die mense in die nuwe gebied besluit om ‘n kommissie na die baai te stuur om die geskikste pad daarheen te vind en sake met die Portugese owerheid te bespreek.  As so ’n weg eers gevind en bevredigende reëlings met die Portugese getref is, so het die emigrante gehoop, sou hulle spoedig uit Holland artikels soos klere, gereedskap, verf, medisyne en ander verbruikersgoedere waaraan daar groot behoefte was, kon verkry in ruil vir velle en ivoor en dat hulle binne afsienbare tyd ook in staat sou wees om onderwysers en ‘n predikant te verwelkom om in hul geestelike nood te voorsien.

Die leiding van die ekspedisie wat deur ‘n geselskap van 26 man onderneem sou word, is opgedra aan Carolus Trigardt wat nou deur die raad met die rang van veldkornet beklee is.  Hy was in staat om deur middel van sy kennis van die Portugese en hulle taal, belangrike diens aan die emigrante te bewys en het ook van die volksraad volmag ontvang om aan die oostekant van die Lebombo plase ten behoewe van die Trekkers aan te teken.

Carel Trigardt het voorgestel dat die geselskap die reis te voet moes aflê om eers die geskikste pad wat die minste gevaarlik vanweë tsetsevlieë sou wees, te vind, maar sy togmaats het verkies om te perd en met waens met velle en ivoor belaai, af te reis.

Teen 27 Oktober 1845 was hulle die Lebombo reeds oor langs ‘n betreklik maklike roete en nie lank daarna nie het hulle die baai bereik, maar hulle het al hul trekdiere en perde as gevolg van die tsetsevlieg en perdesiekte verloor.

Die Portugese wat daarvan oortuig was dat daar voordeel uit die handel met die Boere te hale was, het beleefd en hulpvaardig voorgekom, maar toe die kommissie op hul terugtog na Ohrigstad, waar hulle teen die einde van die jaar aangekom het, hulself vermeet het om op afstand van enkele dagreise van die baai af ‘n baken in te plant om die grens van die Portugese grondgebied volgens hul opvatting, aan te dui, het die vriendskap in gramskap oorgegaan. Die Portugese goewerneur het dadelik toe hy van die daad verneem, by Potgieter daaroor geremonstreer en hom laat weet dat die baken net so goed op die middel van sy lyf ingeplant kon gewees het.  Hy wou weet of dit in opdrag van Potgieter geskied het en sy boodskap het gelui dat indien dit die geval was, hy niks meer met die emigrante te doen wou hê nie en dat die handelsbetrekkinge wat daar bestaan het, gestaak word.

Dit het die Trekkers laat skrik en die volksraad het, om ‘n herhaling van sulke insidente te voorkom, nou voorsorgmaatreëls getref om te verseker dat niemand hom binne die Portugese gebied ter woon vestig nie; ook mog in die toekoms niemand sonder toestemming van die volksraad ‘n reis na Lourenco Marques onderneem nie.

Ontmoedig deur die mislukking van hierdie eerste poging om ‘n behoorlike handelsverbinding met Delagoabaai daar te stel, het die owerheid te Ohrigstad meer as ‘n jaar lank nie weer ernstige aandag aan ‘n handelstog na die hawe geskenk nie en ‘n individuele poging van ‘n sekere J van Helsdingen om as vennoot in ‘n sekere Portugese handelsmaatskappy handelsbetrekkinge op te bou, is verydel deur die te vroeë oorlye van die betrokke persoon.

Eers teen die einde van 1846 het daar nuwe hoop opgevlam toe ‘n Portugese handelaar, Joao Albasini, met ‘n paar vragte negosie vanaf Delagoabaai te Ohrigstad aangekom het en met die berig dat hy van ‘n pad na die baai weet wat deur ‘n vliegvrye, waterryke en berglose streek gaan.  Dit sou dus ‘n pad wees wat die vernaamste struikelblokke in die weg van die opbou van ‘n gereëlde handel, te wete tsetsevlieë, koors en berge uitgeskakel het.  Die pad het egter een groot nadeel gehad:  Dit het deur die gebied geloop van Manukosi, die Kaalswarte wat na bewering vir die moord op die Van Rensburg-trekgeselskap verantwoordelik was.  Manukosi was die Boere geensins goedgesind nie.  Die volksraad het hiervoor egter nie teruggedeins nie. Hulle het met Albasini ooreengekom dat hy in Mei 1847 weer na Ohrigstad sou terugkeer om die pad te gaan aanwys.  Om moontlike aanvalle van Manukosi die hoof te bied, sou hy op dié tog vergesel word van minstens 150 gewapende man en 40 waens terwyl hy self vir 50 kg kruit en 200 kg lood sou sorg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1398 gaste aanlyn