NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie.  Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland.  Daarna word hy soos room - ryk en dik!

BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (25)

5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)

Dis nie uit moedswilligheid of ‘n gebrek aan simpatie dat die kinders laat opdaag nie. Hulle moes inderdaad vir elke kilometer wat hulle gery het, vanaf Kleinbrak tot Porterville, hulle pad oopveg – hier en daar teen gewapende bendes, verskrikte en moedelose mense vanuit plakkerskampe en uiteindelik teen die stormweer. Die feit dat Mandie en haar man met ‘n tweewieldryf dubbelkajuit Mazda ry, het nie gehelp nie en hulle moes ‘n paar maal deur Koot en Lena se Land Cruiser gesleep word. Die derde voertuig, ‘n Volkswagen Touareg, het self oor die weg gekom.

Die oomblik wat hulle stilhou by die smeulende opstal, hardloop ‘n tiental manne uit boord na hulle toe, duidelik nie om enige ander rede as om hulle te dood nie.

Koot spring onmiddellik en sonder huiwering by die Land Cruiser uit, neem met beide hande dooierus oor die voertuig se dak en skiet vinnig, maar doeltreffend na die aanstormende spul. Hy ignoreer die skote wat op hom afgetrek word, wissel vinnig van teikens en as die 1911A Colt .45 se sluitstuk na die agt skote – een in die loop en sewe in die magasyn – agter stil staan, lê daar drie gesneuweldes en een probeer homself regop kry na ‘n skoot laag in sy abdomen.

Peet kniel voor sy Touareg en skiet met sy eie wapen op die ander manne. Die res van die aanvallers hardloop in verskillende rigtings weg. Na die intense klap van skote is alles nou onheilspellend stil. Mandie spring uit en wil dadelik na die huis hardloop, maar Koot keer haar.

“Wag! Ek sal eers gaan kyk wat aangaan.”

Die agterdeur is gebrand, maar vreemd genoeg, staan dit nog in die kosyn. Koot skop dit twee maal en staan dan terug as die houtdeur oopslaan, maar met vonke wat nog spat.

Hy loop versigtig na binne, bang dat daar ‘n deel van die plafon of dakbalke op hom kan val, deur die kombuis en gang, waar hy by elke slaapkamer inkyk. Hy hoop steeds dat sy skoonouers veilig uitgekom het, maar wanneer hy by die hoofslaapkamer inkyk, kan hy, selfs as leek op die gebied, sien dat die brand hier ontstaan het. Die groot dubbelbed het inmekaargesak, met net die yster katel, kopstuk en voetstuk wat nog oorbly.

Feitlik op die vloer is daar die oorblyfsels van twee verbrande mense. Hy weet dis twee, want daar is twee verbrande skedels, maar verder is daar net ‘n hopie as. Koot staan vir ‘n oomblik geskok in die deur, terwyl die trane oor sy wange loop. Op die grond langs die bed lê die ou Star pistool. Die sluitstuk staan agter vasgeslaan na ‘n laaste skoot uit die magasyn en, ten spyte van die vuur, het slegs die grepe geskroei, maar die wapen is origens klaarblyklik ongeskonde, waar dit op die teëlvloer lê.

Koot loop die kamer binne, asof in ‘n dwaal en tel die wapen op. Dis nog warm van die vuur, maar brand hom nie. Hy hoor die gebrande planke op die gangvloer kraak en as hy omkyk, staan Mandie en Lena agter hom.

“Wag eers!”

“Is dit Pa en Ma?”

“Ek dink so, maar julle moet liefs nie inkom nie.”

*

Die wolke het vir ‘n oomblik weggetrek en Bella kan ver af in die vallei sien hoe die plaashuis brand. Daar is niks wat sy kan doen nie, behalwe om te hoop en bid dat die mense, die oom en tannie by wie sy toestemming gekry het om hier te kom bly, veilig is.

Sy het maar gesukkel om uit die Toyota te kom en hier op die rots te kom sit, maar sy het nie meer kans gesien vir die beperkte en bedompige binneruim van die kar nie.

Verbeel sy haar…? Sy luister mooi, en ja, sy hoor iets… die geluid van ‘n kar-enjin wat van lae na hoë omwentelinge wissel. Soms is dit stil, maar ander kere, soos nou, kan sy dit duideliker hoor.

Haar hart begin bons. Is dit dalk net Max wat aankom, wat sy woord gehou het? Sy het die afgelope jare daaraan gewoond geraak dat mense haar in die steek laat, dikwels mense op wie sy haar vertroue ten volle geplaas het, vriende en selfs familie wat net nooit opgedaag het nie.

Na vyftien minute waarin haar hoop opgevlam en weer getaan het, sien sy veraf, baie laer en na haar regterkant toe, die skielike blink van die enkele sonstraal op die windskerm van die Frontier. Sy spring opgewonde op, net om die skielike, intense skietpyn in haar enkel te ervaar. Hoe kan sy so onnosel wees?

*

Sodra die wolke effens wegtrek, kan Max die weerkaatsing van Bella se Toyota se agterruit sien. Dis soos die kraai vlieg nie ver nie, miskien ses of sewe honderd meter, maar hy is nie ‘n kraai nie en moet ry.

Hy ry verby ‘n rotsagtigheid aan sy linkerkant en skielik, voor hom, is daar ‘n vallei, nie baie breed of lank nie, miskien sowat ‘n honderd by honderd en vyftig meter. Alhoewel hy kyk of daar nie ‘n roete om die water is nie, kan hy nie een sien nie en moet noodgedwonge daar deur.

Onder normale toestande sou dit droog wees en maklik om te oorkruis, maar nou is dit ‘n lang, breë plas water. As hy meer tyd gehad het, sou hy eers die voertuig tot stilstand gebring het, uitgeklim en die dam – wat dit nou is – deurgeloop het, maar instinktief voel hy aan dis nie nou die regte ding om te doen nie.

Hy maak weereens seker die oordrakas se hefboom is gesluit in vierwieldryf laestrek. Hy huiwer vir ‘n oomblik met die voorwiele wat net-net in die water is, haal onwillekeurig diep asem en ry teen ‘n gelykmatige en bestendige spoed die water binne. Indien hy sou snelheid vermeerder, loop hy die gevaar om nie net te vinnig in ‘n diep poel in te ry nie, maar die water kry nie kans om effens weg te stoot voor die sierrooster, buffer en verkoeler nie. Indien hy spoed skielik sou verminder, maak dit ‘n golf wat terugspoel en oor die enjinkap kan vloei en die enjin so versuip. Veral die elektronika sal ingee in so ‘n geval.

Minder as tien meter binne die plas in, is daar ‘n sterk systroomvloei, wat die kar na links druk, en die agterkant effens oplig. Max skrik, maar na ‘n halfminuut is hy deur die systroom en kan die agterkant weer sak.

Hy het ten minste twintig meter kant toe beweeg en hy stuur weer na die plek waar hy meen die maklikste uit beweeg kan word. Stadig, maar seker, beur die voertuig na die oorkantste oewer, waar daar ‘n gelykte in die sandbank is, en hy maklik sal kan uitklim. Net toe hy begin verlig voel, vang ‘n tweede systroom die kar en neig dit in dieselfde rigting, na sy linkerkant. Hy voel hoe die bande uiteindelik vastrap, maar voor hom is ‘n baie skuins en nat rotsbank en alhoewel hy teen die rigting veg, is dit duidelik dat hy hier sal moet uitry.

*

Sodra die skote begin klap, hoor die klein bende dit. Dis nie baie ver van hulle af nie en hulle kan selfs hoor dat daar meer as een wapen gebruik word. Die man wat leiding geneem het, kyk na die ander en hulle knik net instemmend met hulle koppe. Dis nou maar eenmaal so dat waar daar geveg word, iets sal oorbly na die tyd en hulle het al meer as een keer die geleentheid benut om in so ‘n situasie die derde hond te wees wat met die been wegstap.

Hulle beweeg eers op ‘n drafstappie in die rigting, maar besef later die berg het veroorsaak dat die klank ‘n eggo het en hulle moet effens van rigting verander. Die skote is nou meer hoorbaar.

Die groep het oorspronklik uit meer as veertig manne bestaan, maar die afgelope tyd het gevegte en blote uitsifting van die swakkeres, hulle getal verminder tot sewentien; sewentien harde, onsimpatieke manne, gelei deur ‘n kleurling, of te wel bruinman, wat sy tande op vuurwapens in die Kaapse Vlakte geslyp het vandat hy dertien jaar oud was.

Sy tweede in bevel, of assistant, soos hy na hom verwys, is ‘n blanke man genaamd David. Relatief nog jonk, is hy bitter en verstote, vandat hy weggewys is, baie kilometers, baie soos in meer as duisend agt honderd van hier af, in die noorde van die ou Transvaal, of te wel Limpopo, soos dit die afgelope tyd bekend staan.

Hy voel vernederd en het sy koninkrykie sien inmekaartuimel nadat hy kragte gemeet het met ‘n ou man, sekerlik dubbeld sy ouderdom. Hy het skielik alle aanhang verloor en alhoewel hy sy deurleefde Bybel nog steeds saamdra, lees hy nie eintlik meer daaruit nie. Ten spyte van sy tekortkominge, is hy steeds ‘n bogemiddelde goeie skut met ‘n geweer en die ou Lee Enfield .303 met Tasco teleskoop, het hom nog nooit in die steek gelaat nie. Hy het ‘n baie doeltreffende funksie in die groep.

David was nog nooit getroud nie, het inderdaad nog nooit ‘n vaste verhouding gehad nie, nie met ‘n vrou of ‘n man nie, en dit dra by tot sy haat en bitterheid. Hy het hierdie haat al probeer verkoel in die bloed van heelwat van sy rasgenote, maar dit bly brandend. Hy hoop dat, wanneer hulle hierdie geveg gewen het – hulle het nog nooit een verloor nie – dat daar ‘n sappige jong dingetjie vir hom sal oorbly. Hy gee nie om as sy eers deur die ander gebruik is nie; dit dra inteendeel by tot die opwinding.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2324 gaste aanlyn