NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg... Ek sal nie swyg nie, tensy Ek dit vergeld het... Ek sal doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie...  maar julle wat die HERE verlaat... Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word - Jesaja 65.

BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (22)

Die dorp is in ‘n hele paar dele verdeel, nog lank voordat die aanval plaasgevind het. Omdat die meeste mense die ou Transvaalse Oos-Rand geken het, is dit volgens daardie omgewing se name ingedeel. Vanaf die groot sirkel aan die suidekant, oos en wes, is bekend as Withok. Net noord daarvan aan die oostekant, is Springs, wes is Boksburg in die industrieë, die industriële gebied aan die westekant is Germiston, die middedorp Kempton, oos van die N1 Benoni, tot by die Levubupad en die laaste gedeelte, ook waar die kamp is, Bapsfontein. Die roepseine is Whiskey Een, Sierra Een, Bravo Twee en Drie (dis effens verwarrend) en so aan.

Jac, ‘n ou eks-sammajoor van die lugmag, tree die manne en vroue aan. Nicodemus wag dat almal op parade is en sien dan iets vreemd.

“Martie, wat maak jy hier?”

Martie, die kostannie, het haar voorskoot verruil vir bosdrag en sy het ‘n ou, maar oënskynlik diensbare .303 oor haar regterskouer en ‘n R5 in haar hande. Sy lyk vasberade en doelgerig.

“Ek gaan nie, as my kleinkinders eendag vra wat het ouma gemaak in die oorlog sê: ‘kos’ nie. Ek dink dis tyd dat Dawid, Tim, Jac en ander se vroue dit hierdie keer doen. Ek gaan saam fight.”

Nicodemus wil eers teëpraat, maar hy besef dis nie nou tyd daarvoor nie. Dis wragtig die tweede vrou in twee dae wat so met hom maak!

Nadat hy seker gemaak het die groep en seksieleiers verstaan alle bevele, verdaag hy hulle en binne drie minute is al die manne en vroue op hulle bakkies en na hulle onderskeie poste. Daar bly genoeg mense in die kamp oor, tesame met voertuie, dat dit lyk asof die plek normaal funksioneer, indien die vyand verkenningshommeltuie sou stuur.

*

In plaas daarvan om uit te stres, angstig te wag vir die tyd om verby te gaan, te wonder wat alles verkeerd gaan of kan loop, of hy die geveg gaan oorleef of Tamar, Martie of enige van die ander, lê Nicodemus en dink.

Normaalweg is dink iets wat die meeste mense vermy, aangesien dit inspanning verg. Hulle sal eerder ‘n video of fliek kyk, waar iemand anders klaar vir hulle gedink het, hetsy die skrywer van die boek waarop dit gebaseer is, die draaiboekskrywer, die akteurs of die regisseur, maar Nicodemus hou van dink. Hy kom nie altyd by ‘n gevolgtrekking uit nie, of ‘n oplossing nie, en dikwels sal hy knaag aan ‘n probleem asof dit ‘n enigma is, en as hy uit sy gedagtes moet uitbeweeg indien iets opduik, soos ‘n vraag wat gevra word, iemand wat naderkom, selfs sy oor wat jeuk, sal hy die gedagtegang onderbreek, om later, as die geleentheid hom voordoen, weer te hervat.

Onwillekeurig dink hy aan die doel van die mens en mensdom, hier waar hy agter die ou Mauser wag vir die vyand om nader te kom. Hulle het inderdaad skielik tot by die weegbrug so ‘n paar kilometer buitekant die dorp beweeg en nou wag hulle. Vir wat?

‘n Stadigbewegende hommeltuig kom aangevlieg, eers as ‘n stippeltjie na die suide, maar gaandeweg al duideliker. Ongeveer vier honderd meter vanaf hulle skuilings, hang dit vir ‘n paar oomblikke stil en begin dan omdraai om weg te beweeg. ‘n Skoot knal skielik en duidelik so ‘n ent weg van Nicodemus af. Die hommeltuig spat aan stukke. Nicodemus hervat sy gedagtegang ‘n minuut later.

‘n Amper-paniekbelaaide stem kom oor die Radio:

“Alfa Een, kom in vir Bravo Twee!”

“Alfa Een, stuur.”

Die man aan die ander kant vergeet vir die omblik van alle radioprosedures.

“Oom, ons is vasgekeer. Die spul het ‘n masjiengeweernes gemaak van die spaza op die hoek van Bantjies en Eerstestraat. Ons lê in ‘n vlak sloot en ons kan nie ons koppe oplig nie!”

“Hou vas, Bravo Twee, ek is nou daar!”

“Nicolaas, kom saam met my!”

“Wat van ons?”

“Julle bly net hier, Tamar en Martie!”

Daar is ‘n vasberadenheid in sy stem en die twee vroue praat nie hierdie keer teë nie. Nicodemus sit sy Mauser neer en tel die ou R1 op. Hy maak seker die magasyn is vol, die wapen gespan en die drie spaar magasyne ook vol. Hy toets die spanning van die magasynvere en tevrede dat dit reg voel, sit hy dit in die webbing-sakke.

“Nicolaas, los daai lang geweer by Martie en ruil haar vir die R5, asseblief.”

Die twee manne loop die trappe vinnig af, versigtig by die deur en dan vinnig oor die oop agterplaas van die gebou, al langs die mure van die res van die geboue, totdat hulle die veraf gestotter van die RPD-masjiengeweer hoor.

Aan die aanhoudende vuur is dit seker dat die geweer vanaf ‘n band skiet en nie die ronde drommagasyn nie. Selfs die band hou net ‘n honderd rondtes en as die vuur vir ‘n oomblik staak, soos die skuts ammunisiebande ruil, hardloop Nicodemus en sy groot neef, Nicolaas, oor die slaggatgeblomde teerpad. Hiervandaan kan hulle sien dat Koos Beetge en sy vyf makkers vasgekeer is deur die masjiengeweervuur. Die naaste skuiling is vir hulle te ver om te wag vir die tyd wat die wapen ophou.

“Kom! As ons oor die heining aan die linkerkant is, kan ons hulle van die kant af nader.”

Die twee hyg oor die muur. Uiteraard is Nicodemus heelwat ouer as sy groot neef, maar gebukkend hardloop, vinnige beweging en blote adrenalienbruise maak dat ‘n mens gou moeg word.

Anderkant die sinkplaatheining is daar ‘n dooie Rottweiler-hond aan ‘n kort ketting. Iemand het hom op kort afstand geskiet. Sonder dat hy dit kan beskryf, maak hierdie insident hom intens woedend. Watse tipe mense is hierdie?

Die RPD het weer begin met sy dodelike vuur. Dis duidelik dat wie-ookal dit gebruik, nie behoorlik opgelei is nie en in plaas van kort, vyf en sewe skoot-sarsies, skiet hulle die band feitlik leeg. Natuurlik word die lope nie geruil nie en as hulle so voortgaan, sal die loop vinnig uitgeskiet wees.

Hulle sluip al langs die betonheining af, totdat hulle reken hulle is reg oorkant die spaza vanwaar die geweervuur kom. Deur ‘n effense skrefie tussen die sementblaaie kan Nicodemus sien dat die geboutjie in wese perfek is vir ‘n masjiengeweernes. Die dubbele baksteenmuur maak dit relatief bestand teen kleingeweervuur – behalwe vir iets swaars soos ‘n .50 Browning-rondte - dit staan so geleë dat dit nie van agter af bekruip kan word nie en daar is vuurdefiliasie na weerskante toe en natuurlik vorentoe.

Die geboutjie staan ook alleen op ‘n groot erf en Nicodemus kan nie verstaan dat hulle nie vroeër die gevaar hiervan ingesien het en daarvoor beplan het nie. Hoe die manne ongesiens daarin gekom het, sal hy ook nie weet nie. Hy kan die loop van die wapen sien uitsteek en die flitse van elke skoot, maar hulle kan nie regop kom en oor die muur skiet nie, daarvoor is dit te gevaarlik.

“Wat nou?”

Sonder om te antwoord, haal Nicodemus ‘n viertal vreemde voorwerpe uit sy broeksak.

“Hoe ver kan jy gooi, neef?

“Jy bedoel by daardie venster in?”

“Ja, dis wat ek bedoel.”

Nicolaas vat een van die goeters wat Nicodemus hom aanbied.

“Wat is dié?”

“Dis tuisvervaardigde rookbomme. Salpeter en suiker, opgekook soos ‘n toffie en in papier, wat in parafien geweek is, toegedraai.”

Terwyl Nicolaas een van die goed beskou, trek Nicodemus ‘n vuurhoutjie en na ‘n oomblik raak die een punt, wat gekonkel is om ‘n lont te vorm, aan die brand.

“Gaan dit nie ontplof nie?”

“Nee, gooi!”

Die eerste een trek regoor die geboutjie, die volgende een te laag en tref die muur onderkant die vensterspleet, maar die derde een val binne die gebou. Al drie begin nou rook. Sonder dat hulle dit so bedoel het, borrel die tweede rookbom, wat onder teen die muur vas is, genoeg rook dat hulle ongesiens oor die muur kan kom en nader hardloop.

Die een wat binne die gebou geval het, het nou ook begin rook spuit en dit peul by die venster, onder die deur en bo, waar die sinkplate effens van die dakbalke afgetrek het, uit. Die masjiengeweer het opgehou vuur en van binnekant is onbedaarlike hoesbuie hoorbaar.

“Nou, neef!”

Nicolaas skop die deur amper van sy skarniere af, met die slot wat padgee en dit swaai skerp na binne met ‘n slag. Nicodemus hou die R1 op sy regterheupbeen, sy regterhand op die pistoolgreep daarvan en met sy linkerhand druk hy die voorste handgreep van bo af ondertoe.

Hy tree tot in die opening van die deur en trek op vol-outomaties los in die klein geboutjie in. Binne sekondes is die magasyn leeg en hy laai ‘n vars een. Sodra hy hiervan ook leeg is, gryp Nicolaas hom aan die arm, kyk hom van effens hoër af – hy is immers byna twee meter lank - in die oë.

“Dis nou genoeg!”

Nicodemus pluk sy arm los uit Nicolaas se greep, maar alhoewel hy die derde magasyn laai, hou hy op skiet. Sodra die rook genoeg bedaar, kan hy in die geboutjie inkyk. Die sewe manne daarbinne is stukkend geskiet.

“Is dit nou uit jou sisteem, Neef?”

“Wat bedoel jy?”

“Ek sien nou al vir ‘n paar dae dat jy besig is om iets binne te hou wat aan jou vreet. Is dit nou uit?”

Nicodemus staan vir ‘n halfminuut stil. Inderdaad voel dit asof daar ‘n swaar bol woede in sy maag was, amper soos hy baie jare gelede ervaar het, toe sy vriend, Skoene Spies langs hom doodgeskiet is, in ‘n lokasie, daar ver in die Oos-Rand, met ‘n koeël wat vir hom, Nicodemus Verwey bedoel is, maar dis nou weg. Nadat hy die skut bo-op die dak van die Hostel, die behuisingseenheid geskiet het, met hierdie selfde R1, het hy ook hierdie selfde verligte ervaring gekry.

“Ja, dis uit.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2338 gaste aanlyn