NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons weet dat daar eintlik net twee keuses in die lewe is sal ons meer betrokke raak by die dinge wat gedoen moet word: ons kan kies om betrokke te wees en die pyn daarmee saam verwerk; of ons kan kies om onbetrokke by dinge om ons te wees en die verveling daarvan verduur.

BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (24)

Geskryf deur Philip Venter  (u kan die boek bekom deur hom te skakel by  083 444 7672)

Juan Mentz is vasgekeer, of so vasgekeer as wat ‘n mens met kaal hande ‘n luiperd of rooikat in ‘n hoek kan dryf en verwag dat jy hom gaan aankeer of oortuig tot oorgawe. Soos die twee roofkatte geen sin vir humor toon in so ‘n geval nie, is dit dieselfde met Juan.

Die dertigtal manne het hom in die verwoeste en geplunderde winkelsentrum gewaar, hom na alle kante gekeer en die net al stywer gespan, totdat hy in die parkeerarea verdwyn het.

Wat weggeraak het, kan gevind word en met nog vyf en twintig makkers wat bygekom het, deursoek hulle elke voertuig, onder die voertuie, in die hoeke van die parkerings, op die trappe, oral. Uiteindelik gewaar een van hulle die vlietende gedaante van die man, waar hy op hardloop, tot binne in ‘n groot, verlate supermark.

Met die besef dat hulle ‘n oormag is, is daar geen plan wat beraam word nie, maar eerder ‘n ongekoördineerde frontaanval. Hulle hardloop in saamgepersde bondels deur die vier naaste rye as waar Juan hom bevind, met sommige van hulle wat klaar begin skiet na waar hulle reken hy moet wees. Dit veroorsaak aan die een kant ‘n verlies aan enige vorm van nugtere denke, en aan die ander kant die moontlikheid dat hulle mekaar kan raakskiet.

Soos gewoonlik met ‘n man wat neig na psigopatie, ervaar Juan geen vrees nie, net ekstase. Die feit dat hy self doodgemaak kan word, kom by hom op, maar as sy psige daaraan proe, is daar geen smaak van angs nie, eerder opgewondenheid. Hy dink nugter en helder, met elke detail van die supermark se binnekant wat in sy sintuie vasgevang word.

Met adrenaliengedrewe vlugvoetigheid spring hy teen die kante van die leë rakke op, net aan die ander gangetjie vanwaar die manne hulle bevind. Die eerste gewaarwording wat hulle het, is wanneer hy minder as twee meter van die bondel af en ‘n meter en ‘n half hoër as die langste man se kop, bokant hulle verskyn. Die volgende is wanneer hy begin lostrek met die pompaksie haelgeweer.

Op hierdie afstand het die swaar SSG-ladings verwoestende effek. Natuurlik is daar geen spasie om te sprei nie, maar die 16 .32 kaliber balletjies vermorsel vel, been en weefsel.

Die sewe skote uit die wapen volg baie kort op mekaar, soos hy die voorste handgreep span na elke skoot en die oomblik as dit weer vassteek aan die voorkant, trek hy die sneller. Hy versit net effens van teiken na elke skoot en as die wapen leeg is, spring hy van die rak af, hardloop om die vérpunt van die ry en met die Walther trek hy opnuut op die bondel los, wat nog half verdwaas staan.

Met die nou-leë pistool voor in sy broek gedruk, mik hy in die algemene rigting van die aanvallers met die 30-06 en trek eweneens los. Op hierdie afstand het die 180 grein spritzer koeëls nog niks van die aanvanklike trompsnelheid van bykans 900 meter per sekonde verloor nie en het ewe dodelike effek as die haelgeweer, behalwe dat dit deur meer as een lyf per skoot trek.

Die bondel is verskrik, verward en angstig. Van hulle begin skiet na waar Juan was, maar hy is eenvoudig nie meer daar nie. Hy het om die punt van die ry gehardloop, en die Walther gelaai met ‘n vars magasyn. Op ligte tred hardloop hy die lengte van die ry af, totdat hy naby die uitgang is. Hy skiet eweneens die pistool op die manne en dan is hy by die deur uit en weg. Verergd kyk hy na sy linkervoorarm, waar ‘n koeël uit ‘n AK hom skrams getref het.

*

“War is 99.9% boredom and 0,1% unmitigated horror”

*

Baie soldate sal eerder die klein gedeelte van angs en uiterste benoudheid ervaar as die lang periodes van wag. Dis wanneer die onbekende aan jou senuwees begin knaag en jou van binne af opvreet; hetsy dit die lê in ‘n loopgraaf is, die wag op ‘n bult, of, soos in die meeste gevalle, in donkergehoude onkunde, op wag vir die besluite van die senior-offisiere.

Die gesoute soldate sal hierdie tussenpouses gebruik om briewe te skryf, hulle toerusting na te gaan, gewere en ammunisie skoon te maak, gate in uniforms toe te werk en, indien die situasie dit toelaat, koffie of tee te maak en oor die bekers daarvan te sit en gesels. Diegene sonder ervaring sal sit en bang wees.

*

Na die geveg is daar ‘n paar ure stilte. Onwillekeurig hervat Nicodemus sy gedagtes van ‘n paar uur gelede.

Hy dink terwyl hy na die manne se nuutste uitvinding kyk. Dis in werklikheid ‘n baie ou patent, wat hulle weer nuutgemaak het. Van ‘n paar ou 210 liter dromme het hulle die een kant geseël met ‘n dikkerige plaat wat stoomdig kan vasmaak met ‘n enkele groot vlerkmoer. Dis gemonteer op twee tweepoot-staanders en kan met ‘n slinger gedraai word. Met vuil wasgoed aan die binnekant, word kookwater uit die donkie daarin getap, met tuisgemaakte waspoeier en as die slinger gedraai word, tuimel die hele affêre. Die stoom en die waspoeier maak dat die vuilgoed loskom. Dis primitief, maar die wasgoed kom skoon daaruit.

“Pennie?”

Hy kyk op na die vraag in Tamar se oë.

“Vir my gedagtes? Ek dink maar aan die sin van ‘n mens se lewe.”

“Oe, dis diep. Is dit nie waarmee die meeste filosowe en teoloë hulleself besig hou al vandat die mensdom sy oë oopgemaak het nie?”

“Ja, maar hulle sien dit anders as ek. Ek dink in elk geval so.”

“Waarom sou hulle?”

Nicodemus bly ‘n rukkie stil, diep in gedagte.

“Ek weet dwarsdeur ‘n mens se lewe is jy besig om spore te laat. Jou opvoeding, kinders, opleiding, werk, gemeenskap, oral is jy besig met menswees. Maar uiteindelik gaan dit oor die einde en ek praat nie net van die dood en die lewe hierna nie, maar hoe, waar en wanneer jy dood gaan. Elkeen van ons, maak nie saak hoeveel jy in die bank het nie, hoeveel eiendom, selfversekerheid, vermoëns, kontakte of wat ookal jy jou toekoms op baseer nie, elkeen van ons is bang ons eindig sonder kos of geld onder ‘n brug in die koue.”

“Dis maar baie donker, swartgallig en pessimisties, weet jy?”

“Ek weet. Maar vat nou die afgelope tyd. Kyk daar na Bartel en Maggie Myburgh. Hulle het ryk geboer anderkant Mara. Hulle moes in die vroegoggend met feitlik die klere aan hulle lyf vlug. Hy sê vir my toe hy terugkyk, het hy sy hele lewe in die kar se spieël gesien afbrand. Ons moes vir hulle kos, slaapplek en klere gee.

“Sien jy daardie maer man daar anderkant die vuur, met die suur uitdrukking op sy gesig? Hy het alles verloor, sy vrou inkluis. Hy het voorlaasjaar as ‘n ryk man afgetree. Dan is daar Oom Barney, daar anderkant die eerste tente. Hy het nog nooit werklik iets gehad nie en hy is glad nie daaroor gepla nie. So kan ek aangaan. Feitlik elkeen wat jy hier sien sal hulle lewens moet begin terugbou van niks af, sodra daar vrede kom. Eendag. En intussen is dit belangrik hoe elkeen van ons sal doodgaan.”

“En jy?”

“Ek het vir jou, my kinders en kleinkinders.”

“En jou huis.”

“Ja, en my huis. Waaraan dink jy?”

“Ek kom net agter dat soos omstandighede verander, verander mense ook. Nie net wat aanpasbaarheid betref nie, maar ook waardes, ingesteldheid en selfs liefde.”

“Hoe bedoel jy?”

Tamar wys na ‘n paartjie wat styf teen mekaar sit oorkant die oopte.

“Kyk nou vir Joppie en Arlene. Sy was nog altyd ‘n mooi, aangename en vriendelike jong vrou, met baie kennisse, vriendinne en half sorgeloos, of so het sy voorgekom. Joppie is maklik twintig, vyf en twintig, miskien dertig jaar ouer as sy. Was altyd eenkant, nie nors nie, maar nie ‘n mens-mens nie en soos jy kan sien, nie juis iets vir die oog nie. Een nag het sy benoud gebel – toe die selfone nog gewerk het – en gesê daar is mense in die huis. Rowers en hulle het die plek aan die brand gesteek. Joppie was binne ‘n halfminuut daar, net in sy slaapbroek, tekkies en ‘n groot rewolwer in sy hand. Hy het vier van die spul doodgeskiet, haar en een kind uit die brandende huis gesleep, maar haar man, Hein, was reeds dood. Van daar af is sy en hy onafskeidbaar. Onder die ou normaal, sou dit nooit gebeur het nie.”

“Hoe ken jy hulle?”

“Sy is my oorlede neef, Hein, se weduwee.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2338 gaste aanlyn