Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Staan jy naak voor God in jou sonde of is jy met Jesus gekleed? As jy naak is, wil God jou vandag toemaak met die bloed van Christus ons Verlosser. Ja, in die gees trek ons vir Jesus aan: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” - Rom.13:14.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (32)
Mnr Ramaphosa sê ryk lande het ‘n plig om grootskaalse hulp aan arm lande soos Suid-Afrika te gee. Die probleem is egter nie dat SA te min geld het nie, maar dat die Kaders té veel steel en wanbestuur.
Ontwikkelingshulp het in die praktyk grootliks ontaard. Daar word van arm mense in ryk lande gevat, en vir ryk politici in arm lande gegee.
Die pad na voorspoed is nie om te bedel of om ryk lande emosioneel te probeer afpers nie. Lande word nie ryk deur ontwikkelingshulp nie.
1901: DR HF VERWOERD SOU VANDAG VERJAAR
KULTUURDAGBOEK 8 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Soos reggeaarde nasionaliste nooit die moord op dr Verwoerd op 6 September vergeet nie, sal hulle ook nie die herdenking van sy geboortedag op 8 September vergeet nie. Daarom bring ons vandag 'n kort uittreksel oor sy lewe met 'n paar fotos van hom, sy gesin en sy lewe om hierdie dag saam te herdenk.
"Pas nadat Mandela en sy terroristebende tronktoe gestuur is in 1964, het sogenaamde vryheidsvegters verklaar dat Mandela dalk nog met 'n swart kommunistiese regering Suid-Afrika eendag sou regeer. Dr Verwoerd se woorde hierop sal nog lank en hard in die aangesig van ons mense se huidige lyding onder hierdie bestel teen die kranse weergalm: 'God verhoed dit!' "
GOD - DIE GROOTSTE GOED!
Hannes Ollewagen
Ps. 16:1-11
“Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.” (:2).
Dawid – ’n man na aan God se hart. Hy was nie sondeloos of volmaak nie. Maar hierdie man was opreg. Sy liefde vir God was nie uit voorgee of alleen die belydenis van sy lippe nie. Sy verhouding met God was opreg en daarbenewens ook vir hom belangrik. Tewens, dit was vir hom dié belangrikste verhouding in sy lewe.
Hier in Psalm 16 lees ons waar Dawid uit eie beweging ’n gedig aan God skryf. Hy wil sy liefdesverklaring aan God neerpen om uiting te gee aan sy diepe liefde wat in hom is vir God. En in hierdie gedig stel Dawid dan duidelik dat daar vir hom in hierdie lewe niks beter as God is nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (31)
‘n Man en sy gesin het ‘n appelboom in hulle tuin gehad. Die boom was besonder vrugbaar en het elke seisoen honderde heerlike, rooiwang appels geproduseer. Hiervan het die gesin geleef en, soms, as daar ‘n oorvloed vrugte was, mandjies vol daarvan verkoop, vir ander eetgoed, klere, meubels en benodigdhede, selfs luukse goedere. Inderdaad was hulle baie geseënd met die boom agter in die tuin.
Toe kom die winter. ‘n Besonder koue en harde winter, wat hulle koud gelaat het, alhoewel daar nog gedroogte appels en vrugtesap van die somer oor was. Uiteindelik het hulle die meubels verbrand vir hitte en ook selfs klere. Die winter het egter voortgeduur en een mooi oggend het die pa die boom afgekap vir hitte. Dit het vir twee dae genoeg warmte verskaf.
1801: SAREL CILLIERS,VADER VAN DIE GELOFTE
KULTUURDAGBOEK 7 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die bekende Voortrekkerleier, Sarel Arnoldus Cilliers op Klein-Drakenstein gebore. Met die begin van die Groot Trek bevind hy hom in die omgewing van Graaf-Reinet, en in 1836 sluit hy hom aan by die trekgroep van Hendrik Potgieter. Hy neem deel aan die beslissende slag van Vegkop en vergesel ook die Voortrekkers se ekspedisie teen die Matebele.
UITERSTE BEPROEWINGS
Ds A.E. van den Berg
“By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” (Job 1:22)
Ons leef net een keer op aarde, maar as ons reg leef, is een keer genoeg. Van een ding kan ons baie seker wees; dat ons op ons lewenspad op een of ander manier beproef gaan word; en nie net eenmaal nie. Hoe ons dit gaan hanteer, toon die gehalte van geloof. Sommige s'n is sterk terwyl ander in selfbejammering vou.
1966: VERWOERD VERMOOR
KULTUURDAGBOEK 6 SEPTEMBER 1966
MAN VAN SY VOLK
Op die dag van sy begrafnis is daar ‘n naamlose briefskrywer se hulde
in ‘n Engelse koerant:
“Vir Henk Verwoerd geen beeld van Brons
in openbare plein of park nie.
“Kap sy gelaat hoog in die Drakensberge uit
‘n krans, groot en sterk, sodat mense dit myle,
myle ver kan sien.
Want sy gelyke kry ons nimmermeer.”
Sy mense noem hom:
Vader van die Republiek.
Bouer aan ‘n tweetalige nasie.
Skepper van aparte vryhede vir sy veelrassige land.
Beskermer teen aanslae van buite;
Dader wat sy land sterk gemaak het.
Hulle noem hom:
Leier en profeet;
Man wat vir sy volk geleef het.
Hulle noem hom:
MAN VAN DIE VOLK
Op hierdie datum is dr. H.F. Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika, in sy bank in die Volksraadsaal vermoor deur Demetrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad.
Dit was die eerste geslaagde sluipmoord op ‘n Suid-Afrikaanse staatsman en het land- en wêreldwye skok en verbystering meegebring. Dr. Verwoerd was op die toppunt van sy lewe as staatsman en het agting en aansien geniet ook by politieke teenstanders. Hy het pas met ‘n nuwe praktiese beleid van interstaatlike betrekkinge in Suider-Afrika begin en wou op hierdie dag vermoedelik aan die Volksraad verslag gedoen het oor ‘n persoonlike gesprek enkele dae tevore met premier Leabua Jonathan van Lesotho. Die sluipmoord het gebeur onderwyl die lede die Volksraadsaal binnegekom het vir die begin van die dag se verrigtinge.
6 SEPTEMBER 1966
Dr. Verwoerd gaan sit alleen in sy bank. Die klokkies lui nog. Dr. Dönges stap agter die bode.
"Wat woel die kêrel so met sy klere?" Hy wil hom net daaroor berispe. Toe swaai die man by die sygang in en werp hom oor dr. Verwoerd se bank.
Dr. Verwoerd kyk op. Hy glimlag. Hy meen seker die man het net gestruikel. Hy lig sy arm asof hy wil help.
Vier maal tref die dolk.
Dit is 2.14 namiddag.
1939: GENL HERTZOG BEDANK AS PREMIER
KULTUURDAGBOEK 6 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sondag, 3 September, kondig Chamberlain, die Britse premier, in die laerhuis aan dat die Britse regering oorlog teen Duitsland verklaar het. Dieselfde Sondag het genl JBM Hertzog, Premier van die Unie van Suid-Afrika, sy kabinet na Groote Schuur ontbied. Hy het die Kabinet reeds die vorige dag uitvoerig ingelig oor sy reeds bekende standpunt dat hy in die Parlement gaan voorstel dat die Unie neutraal bly in geval van 'n oorlog tussen Brittanje en Duitsland.
Op die Sondagvergadering het dit duidelik geblyk dat genl Smuts en ander van sy kabinetslede hierdie standpunt nie onderskryf nie.
1900: DANIE THERON SNEUWEL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Danie Johannes Stephanus Theron is op hierdie dag in Tulbagh gebore, waar hy tot sy tiende jaar skoolgegaan het. Toe het hy reeds besliste leierseienskappe en lofwaardige karaktertrekke aan die dag gelê. ‘n Onderwyssertifikaat en die matriekeksamen het hy in 1889 in Kaapstad verwerf, waarna hy in die distrik Vredefort in die Vrystaat gaan onderwys gee het. In 1891 het hy op ‘n okkupasie plaas in die Soutpansberg begin boer, maar die onderneming in 1893 vaarwel gesê en op Pietersburg by ‘n prokureur gaan werk.
Hy het in die tyd (1894) aan die Malaboch-oorlog deelgeneem, op grond waarvan volwaardige burgerskap van die Zuid-Afrikaansche Republiek aan hom toegeken is
1939: SMUTS IN OORLOG SAAM MET BRITTANJE TEEN DUITSLAND
Lees volledig by Kultuurdagboek
Net soos dit met die Eerste Wêreldoorlog die geval was, het die Tweede Wêreldoorlog wat op 1 September 1939 uitgebreek het, om die handhawing van die beginsel van die magsewewig gegaan. Onder leiding van Adolf Hitler het Duitsland weer so in sterkte toegeneem dat hy die magsewewig in Europa aangetas het. Nadat Duitsland op 23 Augustus 1939 ‘n nie-aanvalsverdrag met Rusland gesluit het, het hy ‘n week later Pole binnegeval.
Op 3 September het Brittanje en Frankryk oorlog teen Duitsland verklaar. Suid-Afrika het onder Jan Smuts saam met Brittanje geveg, ten spyte van 'n groot getal ontevrede Suid-Afrikaners wat nie hierdie oorlog kon goedpraat nie.
Amerika sou voorlopig neutraal bly, terwyl Japan reeds in ‘n oorlog teen China verkeer het. Ook Italië het aanvanklik neutraal gebly. Die eerste helfte van die oorlog is gekenmerk deur groot Duitse oorwinnings. Naas Pole, is ook Denemarke, Noorweë, Nederland en België deur die Duitse magte binnegeval. Frankryk is in ‘n veldtog van slegs ses weke tot kapitulasie gedwing.
NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK
BOEKE TE KOOP
NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK
Verlede - Hede - Toekoms
Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.
1800: GRAAFF- REINET SE REBELLE GEVONNIS
KULTUURDAGBOEK 3 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1795 het rebelle van Graaff-Reinet hulle teen Kompanjiegesag verset, landdros HCD Maynier verjaag en 'n 'vrye Republiek' verklaar – onderdanig slegs aan die Republiek van Nederland. Met die eerste Britse verowering van die Kaap in 1795 het die rebelle ook hierdie gesag verwerp maar hulle is later verplig om hulle te onderwerp.
Toe die veldkommandant Adriaan van jaarsveld in 1799 op aanklag van vervalsing gearresteer is, het groot protes gevolg maar die daaropvolgende onrus is deur die owerheid onderdruk.
1919: VRYHEIDS- DEPUTASIE KEER TERUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Vryheidsdeputasie onder leiding van genl. J.B.M. Hertzog uit Europa in Durban geland, bitter teleurgestel oor die afloop van hulle onderneming. Hertzog, bygestaan deur N.C. Havenga, D.F. Malan, F.W. Spies, E.G. Jansen en Gey van Pittius (sekretaris) het, aangemoedig deur pres. Wilson (VSA) se beklemtoning van die selfbeskikkingsreg van klein nasies as beginsel grondslag vir die vredesonderhandelinge na Wêreldoorlog I, ook na die vredeskonferensie in Parys (Frankryk), 1919, gegaan om namens Suid-Afrika se nasionaalgesindes te pleit vir die herstel van die voormalige Boererepublieke se onafhanklikheid.
1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 3 September 1917 publiseer De Burger ‘n brief wat drie vroeër gedateer is, onderteken deur J.E. de Villiers. Hierdie brief en sy ondertekenaar was bestem om ‘n unieke rol te speel in die Helpmekaarbeweging, wat gestig is om rebelle se skuld en –boete te delg na die Rebellie van 1914. Jakob Elisa de Villiers (later oom Japie Helpmekaar genoem) is op 31 Desember 1835 op die plaas Waterval, Groot Drakenstein, gebore. Hy was in 1917 ‘n welgestelde boer uit die Paarl, ‘n godsman en ‘n volksman. In sy brief aan De Burger bied hy aan om £500 aan die Helpmekaarbeweging te skenk, mits 500 ander persone bereid sou wees om elk £100 tot die fonds by te dra.
1848: TRANSORANJE TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gebied ten noorde van die Oranjerivier is in die veertigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur voortdurende botsings tussen verskillende bevolkingsgroepe. Konflik, spanning en onrus het hoogty gevier. En dit sou uiteindelik tot die uitbreiding van die Britse gesag oor gebied lei. Tussen die Afrikaners wat daar woonagtig was, was daar ‘n diep politieke kloof. Die lojaalgesindes onder Michiel Oberholster het Britse onderdaanskap begeer, terwyl die republikeine onder Jan Mocke geensins onder die Britse gesag wou kom nie.
1902: PRETORIA NORMAAL- KOLLEGE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Uitvoerende Komitee van Transvaal het op 10 Julie 1902 besluit om agt erwe en twee huise in Sunnyside, Pretoria, van mnr EF Bourke te koop vir die instelling van 'n normaalkollege.
Op Dinsdag 2 September 1902 het die stigting van die kollege werklik plaasgevind toe mej Maria Elizabeth Bosman van Newcastle haar vir inskrywing aangemeld het.
OM IN DIE GEES TE BLY
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.” (:23&24).
Geloofsekerheid. Hoe weet ek dat ek werklik gered is? Daar is sommige wat van mening is dat dit iets is wat God alleen weet. Menige mens sal dalk antwoord dat ons maar hoop dat ons eendag die ewige saligheid sal beërwe. Myns insiens is hierdie saak veels te belangrik om maar eenvoudig te hoop dat dit eindelik goed sal uitwerk. Ons ewige saligheid is iets waarmee ons onsself ernstig mee moet bemoei en waarvoor ons hard moet ywer. Christus gee ons pertinent hierdie opdrag in Luk. 13:24. “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”
1904:ACVV (VROUE- VERENIGING)
KULTUURDAGBOEK 1 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikanervrou as pioniermens en Voortrekkerleidster is oorbekend. Sy het wondere verrig. Die invloed van die Afrikanervrou ná die ellende van die Tweede Vryheidsoorlog en haar rol met die opheffing van 'n verwarde, vernederde volk wat verstedelik en verarm het, steek egter selfs hoër uit. Georganiseerde vrouebewegings het in ons land immers nie om stemreg en gesag gepleit nie maar het ontstaan om die gemeenheid en beleid van uitwissing ten opsigte van die Afrikanervrou en Afrikanerkind in die konsentrasiekampe deur Brittanje, teen te gaan. Hulp is verleen en protesvergaderings gehou – in Kaapstad, Paarl en op Cradock.
Vroueverenigings het oral ontstaan en kosbare werk verrig, maar verenigde optrede was nodig want die ellende was ontsaglik, en hulp was noodsaaklik soos met die armblanke vraagstuk in 2011.
1918: DR DF MALAN SE BEROEMDE TOESPRAAK
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag spreek dr DF Malan 'n vergadering op Malmesbury toe en bepleit vir die eerste keer onafhanklikheid vir Suid-Afrika. Dr Malan het die onderwerp sterk aangeroer, hoewel sy partyleier, genl JBM Hertzog, en die Nasionale Party self gesê het dat die tyd nog nie daarvoor ryp is nie – maar met die duidelike verstandhouding dat daar ook "aan die ander kant geen anti-republikeinse propaganda gemaak sou word nie". "Aan die ander kant" het egter nie aan dié verstandhouding voldoen nie, en dr Malan het sy openbare onafhanklikheidspleidooie daarna as "geheel onvermydelik" bestempel:
KULTUUR- DAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1918: Lees in hoofartikel waaroor dr DF Malan se onafhanklikheidstoespraak hoofsaaklik gehandel het.
2. 1871: Basoetoeland se administrasie word met dié van die Kaapkolonie verenig.
3. 1929: Die spoorlyn tussen Messina en Beitbrug, die grenspos tussen SA en Zimbabwe, toe nog Rhodesië, geopen.
4. 1977: Die administrasie van Walvisbaai in SWA word na Kaapprovinsie verplaas.