NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jakobus som die hart van al die probleme in die wêreld sowel as in die kerk op:   “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug... Reinig die hande.... en suiwer die harte...” (Jak.4:1, 7,8).

DIE BESTAAN VAN DIE DUIWEL

Het jy al ooit gewonder waarom soveel teoloë die bestaan van die duiwel ignoreer of selfs openlik ontken, terwyl die Bybel so duidelik daarvan melding maak? Wel, hier is die antwoord.

Volgens kenners was die kerkvader Augustinus die mees invloedryke Christelike filosoof van alle tye. Hy het geloof in ‘n samevattende raamwerk geplaas en was die belangrikste teoloog wat die kerk nog ooit opgelewer het. Hy was ‘n denker en het geleef in ‘n tyd waarin die kerk in groot spanning was met die een teologiese struweling na die ander.

Hy het sy lewe daaraan gewy om te stry teen dwaalleringe in die kerk. Tog net jammer dat hy self so sterk onder invloed van die Griekse filosofie was, dat dit sy denke oor God en die Bybel totaal oorheers het.

Augustinus is in 348 nC in Algerië gebore. Hy het ‘n heidense vader, maar ‘n Christenmoeder gehad wat baie vir haar seun gebid het. Hy was buitengewoon begaafd en sy ouers, wat nie welaf was nie, het hom met groot moeite goeie klassieke onderrig laat kry. Hy het later klas gegee in Retoriek en was ‘n bekende onderwyser in sy vakgebied. Sy studies in Filosofie  en die teenstrydige godsdienste van sy tyd, het later die oorheersende passie in sy lewe geword. Hy het desperaat gejaag na ware wysheid en waarheid, maar kon die losbandige lewenswyse van sy jeugjare nie maklik laat vaar nie.

In 384 nC is hy na Milan om daar onderrig te gaan gee. Daar het hy in Manichaeisme betrokke geraak. Dit is ‘n sisteem van godsdienstige en filosofiese denke wat sy oorsprong in Babilonië gehad het. Dit bestaan vandag nog en die aanhangers daarvan kan uitgeken word deur die bekende Yin en Yang-teken wat hulle as simbool gebruik. Aanhangers hiervan het ‘n radikale tweeledige uitkyk. Hulle sê die hele kosmos is gedurig in konflik tussen twee gelyke ewige primitiewe beginsels soos lig en duisternis, of tussen goed en kwaad. Dit is direk in stryd met die Christelike godsdiens waar ons glo dat God almagtig is, Heerser oor die totale skepping en dat alles en almal, ook  Satan, aan Hom onderdanig is. Omdat Faustus, die leier van die Manichaeiste, nie al Augustinus se vrae kon beantwoord nie, het hy ontevrede  geraak en daarmee gebreek, maar dit het hom altyd agtervolg.

Op ‘n dag het die Here ‘n desperate moeder se gebede vir haar seun verhoor en het hy ‘n stem gehoor wat herhaaldelik gesê het: “Neem en lees.” Hy het ervaar dat dit God se stem moes wees en het hom gehaas na ‘n plek waar hy ‘n kopie van die Bybel agtergelaat het. Die Bybel het oopgeval by die bekende gedeelte in Rom 13:13-14: “Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie”.

Soos wat hy die teksgedeelte gelees het, is sy hart verlig en alle vertwyfeling het verdwyn. So is Augustinus tot Christus bekeer. Hy het later die eerste klooster in Afrika gestig. Hy het egter altyd probeer om die Bybelse geloof en Griekse filosofie bymekaar uit te bring. Hy het altyd gevrees om weer in Manichaeisme te verval en het daarom altyd weggeskram van enige erkenning dat die bose werklik bestaan. Hy het gesê dat die bose slegs die negatiwiteit is wat ontstaan wanneer iets wat oorspronklik goed deur God geskep is, korrup word. Die bose is dus slegs die afwesigheid van goed.

Augustinus het ‘n geweldige invloed op die Christelike etiek gehad en dit klink natuurlik ook baie geleerd wanneer ‘n teoloog sê dat hy die Christelike Neoplatonisme aanhang. (Platonisme is natuurlik afgelei van Plato, ‘n bekende Griekse filosoof van wie Augustinus ‘n aanhanger was. Hy was geensins ‘n Bybelse gelowige nie.)  Daarom gebeur dit dat ‘n teoloog vir ‘n mens sê, soos wat ek al self gehoor het, dat die bose slegs simbolies van die mens se sondige natuur is.

Wanneer ons in diepte gaan kyk na wat die Bybel van die duiwel of die bose sê, dan skep hierdie siening natuurlik ‘n geweldige probleem. In Matteus 4:3-11 lees ons van die duiwel wat Jesus versoek het in die woestyn. Ons is dit tog eens dat Jesus nie ‘n sondige natuur gehad het nie? Indien wel, sou Hy nie vir ons die volmaakte offer aan die kruis kon wees nie.  Wie of wat het Hom dan versoek?

As ons nie kan aanvaar dat die Bybel  die gesaghebbende Woord van God, geïnspireer deur die Heilige Gees en letterlik die waarheid is nie, dan beland ons  in ‘n maalkolk van vertwyfeling waar ons nie meer weet wat om te glo en wat om nie te glo nie. Ons beland dan later op dieselfde plek waar die Nuwe Hervormers vandag is, waar ons dan nie eers meer glo dat Jesus werklik opgestaan het uit die dood nie. (Hieroor gaan ons in ‘n latere artikel gesels.)

Volgende week gaan ons kyk na wat die Bybel alles sê oor die bestaan van die duiwel, die dief wat gekom het om te steel, te slag en uit te roei. (Joh 10:10a)

In Genesis 3: 1 lees ons van ‘n oortreder in die Paradys in die gedaante van ‘n slang.  Openbaring 12:9 en 20:2 beskryf hierdie slang van ouds as die duiwel en die Satan. Daarom is Christelike kommentare dit eens dat, alhoewel dit ‘n slang was wat met Adam en Eva gepraat het, dit Satan was wat  deur die slang opgetree het. Hy wou verseker nie hê dat hulle hom herken vir wie hy was nie en het daarom gekies om in die gedaante van die mees sluwe dier van die veld aan hulle te verskyn.

Die volgende vrae het egter nou ontstaan:

  1. Waar kom die Satan vandaan?
  2. Wat is die aard van sy karakter?
  3. Wat is sy uiteinde?
  4. Wat is sy gesindheid teenoor God en  die mensdom?

Gen 1 beskryf die skepping van die aarde en al sy inwoners, maar maak geen melding van ‘n wese soos die Satan nie. Die feit dat ons in Gen 1 lees van God wat van die begin af daar was, is ‘n bewys van ‘n geesteswêreld wat ons nie kan nie sien nie. Psalm 148:1-6 sê vir ons dat God hierdie geesteswêreld met engele bevolk het. Alhoewel ons nie weet wanneer dit was nie, weet ons dat dit voor die skepping van die aarde was.

In Eseg. 28 en Jes. 14 word Satan geïdentifiseer deur profetiese openbarings as ‘n engel wat gesondig het. Hy was eens  magtig en is perfek deur God geskape (Eseg. 28:14-15). Sy val het gekom deur sonde wat in homself ontstaan het, nl. trots  waardeur hy korrup geword het (Eseg. 28:16-17). Hy het teen God in opstand gekom en  het dus sy eie ondergang beteken. Jesaja  voorsien meer inligting oor Satan. Sy oorspronklike naam was “Lucifer”, wat Môrester of Ligdraer beteken. Ons lees ook hier dat hy uit die hemel gegooi is. (Jes. 14:12) en dat sy uiteinde die hel is (Jes.14:15). Jesus het self gesê dat Hy die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val het (Luk. 10:18). Openbaring 20:10 beskryf ook baie duidelik die poel van vuur en swael waarin die duiwel gegooi sal  word.

Vrae 1, 2 en 3 is nou kortliks beantwoord, maar wat baie belangrik is, is die antwoord op vraag 4, nl. wat Satan se gesindheid teenoor God en die mensdom is. Sy bedoeling was reg van die begin af om God se planne  met ons  te dwarsboom. Sy einddoel met die mensdom is presies die teenoorgestelde van dié van God. Toe hy die Paradys betree het, was dit met die uitsluitlike doel om Adam en Eva te laat sondig sodat hulle ook ‘n gesindheid van rebellie teenoor God kon ontwikkel net soos syne. Gaan lees  weer die gesprek tussen Eva en die slang in Gen. 3:1-5. Hy wou haar siening van God verwring, haar in God se woord laat twyfel en hy bied aan haar ‘n aanloklike alternatief. Hulle sal soos God wees deur tussen goed en kwaad te kan onderskei, maar hy het nooit vir haar gesê dat daar skeiding tussen hulle en God sou kom nie. Eva het netjies in die strik getrap en ‘n mensdom wat teen God in opstand is, het ontstaan. Vandag nog, ses duisend jaar later, is sy strategie presies dieselfde. Hy laat ons twyfel aan die Woord van God, maak ons verwaand deur trots en eiewaan en deur ons te laat dink dat ons God nie nodig het nie. Deur  sonde waarin hy ons verlei, veroorsaak hy skeiding tussen ons en God.

Die res van die Bybel oor die Satan.

Lev. 17:7 stel dit duidelik dat Satan se magte agter die afgodsdiens van Egipte, soos alle  ander afgodediens, skuil, waar die opdrag is dat die Israeliete nie meer offers mag bring aan “veldduiwels” nie. In Psalm 106 lees ons wat die afgryslike gevolge van Satan se invloed op die heidene was (Ps.106:37-39). Hulle het hulle kinders aan afgode geoffer. In die boek Job lees ons van ‘n direkte aanval op ‘n ware gelowige. Satan se algehele verlustiging in die mens se swaarkry en sy vyandigheid teenoor elkeen wat op God vertrou, word in Job 1 en 2 duidelik uitgebeeld.

Daniël 10 bring ‘n splinternuwe dimensie in Satan se bedrywighede wanneer Daniël ‘n kykie in die geesteswêreld kry en die engel hom vertel van ‘n oorlog tussen die engele van God en die demone van Satan.  In Sagaria 3:2 word Satan by die naam genoem waar hy die Jode teëgestaan het wat uit Ballingskap wou terugkeer na Jerusalem. Die Evangelies openbaar baie oor Satan se vermoë om die mens te beheers, siekte te veroorsaak en selfs diegene wat hulself oopstel daarvoor, geheel en al te beset. In Handelinge sien ons hoe aktief hy is in sy pogings om die vroeë kerk van binne te verrot (5:3 en 13:10) en om mense daarvan te weerhou om op die Evangelie te reageer. Dit doen hy vandag nog.

Die sendbriewe voorsien aan ons die duidelikste lering oor  die metodes wat die duiwel gebruik om ons aan te val en hoe ons as gelowiges dit kan afweer.( Lees 1 Kor.5:4; 1 Kor.10:19-21; Efes. 4:27; 6:10-20;  Jak 4:7; 2 Tess. 2:9; 2 Tim.2:26)

Daar is geen twyfel dat Satan in wese ‘n persoon is nie, ‘n individu wat ander gevalle engele lei in ‘n stryd teen God en wat openlik vyandig is teenoor die mensdom , veral teenoor God se kinders. As  hy ons nie sover kan kry om hom openlik te aanbid soos in die geval van Satanisme nie, dan is die tweede beste vir hom afgodediens. Slaag dit nie, is ateïsme of agnostisisme ook goed. Noem jy jouself ‘n Christen, dan begin hy om jou te laat twyfel aan God se goedheid, die gesag en waarheid van sy Woord , of Jesus werklik geleef en  opgestaan het, ens. Hy plaas gedagtes in jou denke, verlei jou om sonde te doen, veroorsaak misverstande, verwoes lewens, verhoudings, huwelike, gesinne ens. As hy daarin kan slaag om êrens  in jou lewe, jou omstandighede so te skik dat jy ‘n minderwaardigskompleks het, dan het hy ‘n geweldige oorwinning behaal, want dan is  alle verhoudings rondom jou permanent in chaos en is jy as getuie vir Jesus Christus oneffektief. Hy sal ook alles in die stryd werp om jou daarvan te weerhou om te bid, want hy weet goed dat Jakobus in Jak.5:16b sê: “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”

In  dieselfde gedeelte waar Jesus vertel dat Hy die Satan uit die hemel sien val het, sê Hy ook: “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” (Luk.10:19) Waarom sukkel ons dan so om in oorwinning te leef vanuit die krag van ons geloof in Jesus Christus en die waarheid van sy Woord? Die antwoord is eenvoudig: Omdat ons nie rekening hou met hierdie gedugte vyand nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3835 gaste aanlyn