NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is soos wyn.  Sommige verander met die jare in asyn terwyl ander weer verbeter.

'N EEU VAN ONREG (7)

Lees reeks by 'n Eeu van Onreg

Een Eeuw van OnrechtA Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel.  Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.

KAPITALISTIESE JINGOïSME: TWEEDE PERIODE – Vervolg...

Die South African League, ’n politieke organisasie gebore uit die rassehaat wat die Jameson-inval in die lewe geroep het en aan die hoof waarvan (om die kapitalistiese vraagstuk in die helderste lig te stel) die heer Rhodes self staan, het op ongehoorde wyse in die tweede helfte van verlede jaar teen die Regering begin agiteer. Die bestuurspersoneel vir Johannes­burg was sodanig (die voorsitter was ’n prysvegter, die sekretaris ’n voormalige sosialistiese demagoog uit Londen, ens., ens.) dat daar eers geen ag op hierdie beweging geslaan is nie. Dit het egter spoedig duidelik geword dat die beweging nie alleen deur die kapitaliste gehelp en op die myne sterk ondersteun word nie, maar dat daar op geheimsinnige wyse ’n verband met Londen en Kaapstad aangeknoop was, wat die gebeurtenisse van die afgelope maande nog duideliker gemaak het. Vergaderings is belê, memories oor griewe aan Haar Majesteit  opgestel en propaganda in die pers gemaak, wat alles duidelik aantoon dat daar ’n goed-georganiseerde veldtog teen die Republiek op tou gesit was.

Daar die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek in ’n amptelike depechè die strekking van die agitasie en die verband van die Britse Regering daarmee uiteengesit het, wens ek sy gewigvolle woorde te herhaal:

"Maar hierdie Regering wens verder te gaan. Selfs met betrekking tot die uitlanders wat Britse onderdane is, is dit ’n klein minderheid wat onder die voorwendsel van denkbeeldige griewe sy geheime propaganda van rassehaat voortsit en hierdie Republiek as ’n basis gebruik om ’n rewolusionêre beweging teen hierdie Regering op tou te sit. Oor hierdie minderheid het ministers van Haar Majesteit so treffend die waarheid uitgespreek dat hierdie Regering, wat nie daarop uit is om ongegronde beskuldigings te maak nie maar alleen om die waarheid tot die kennis van Haar Majesteit se Regering en van die wêreld te bring, die woorde van die ministers hier wens te herhaal, woorde van ministers van die Kaapkolonie, wat met plaaslike omstandighede bekend is en bevoegd is om te oordeel:

" 'In the opinion of Ministers the persistent action both beyond and within this Colony, of the political body styling itself the South African League, in endeavouring to foment and excite, not to soothe and allay, ill-will between the principal European races inhabiting South Africa, is well illustrated by these resolutions, the exaggerated and aggravated terms of which disclose the spirit which informs and inspires them.

" 'His Excellency’s Ministers are one in their earnest desire to do all in their power to aid and further a policy of peaceful progress throughout South Africa, and they cannot but regard it as an unwise propagandism, hostile to the true interests of the Empire, including this Colony as an integral part, that every possible occasion should be seized by the League and its promoters for an attempt to magnify into great events minor incidents when occurring in the South African Republic, with a prospect thereby of making racial antagonism more acute or of rendering less smooth the relations between Her Majesty’s Government or the Government of this Colony and that Republic.’

"Rassehaat is egter nie so sterk in Suid-Afrika dat ’n liggaam wat met sy propaganda na ’n rewolusionêre einddoel streef, in hierdie wêrelddeel veel invloed sal kan verwerf nie; en ’n mens vra jou gedurig af waarom hierdie liggaam, op sigself en in sy beginsels, en wat sy lede betref, so niksbeduidend, hom tog oor so ’n mate van welslae kan verheug. Die antwoord is dat hierdie liggaam staatmaak op die beskerming en die ondersteuning van Haar Majesteit se Regering in Engeland en dat sowel die lede as die persorgane daarvan openlik spog oor die invloed wat dit oor die politiek van Haar Majesteit se Regering uitoefen. Hierdie Regering sou geen ag op dergelike bewerings slaan nie, maar wanneer hy sien dat die idee van hierdie liggaam aanhoudend weerklank vind in die toesprake van lede van Haar Majesteit se Regering, wanneer hy sien dat blouboeke saamgestel word wat grotendeels bestaan uit stukke deur lede van die South African League opgestel en uit die leuenagtige artikels en verslae van die persorgane van daardie liggaam, wat daardeur ’n amptelike karakter verkry, dan kan hierdie Regering dit wel verstaan waarom so baie van Haar Majesteit se reggesinde onderdane in hierdie wêrelddeel tot die verkeerde indruk geraak het dat die politiek deur die South African League gevolg, deur Haar Majesteit se Regering goedgekeur word en dus bestem is om tot heil en seën van die Britse Ryk oor die algemeen te strek.

"As hierdie verkeerde indruk kan weggeruim en die feit bekend gemaak word dat die South African League, sover dit die Suid-Afrikaanse Republiek betref, ’n organisasie is wat hom ten doel stel om kwaad en oproer te stook en die onafhanklikheid van die land            te ondermyn, dan sal hierdie liggaam al gou sy invloed verloor en die gespanne verhoudings wat tans tussen die twee regerings bestaan, sal gou verdwyn. Dan tog sal die Afrikaner-Republieke en die Afrikanerbevolking van hierdie wêrelddeel nie meer vrees dat die belange van die Britse Ryk noodwendig die ondergang van die Republieke en die uitdelging of verslawing van die bevolking met hom meebring nie; dan sal ook altwee die dele van die blanke ras in Suid-Afrika terugkeer tot die broederlike samewerking en ineensmelting wat minstens begin het totdat die verraderlike sameswering aan die einde van 1895 die hartstogte aan altwee kante weer laat herleef het.”

As ’n gevolg van die aanhoudende agitasie van die South African League het daar drie gebeurtenisse in Johannesburg plaasgevind wat deur die heer Chamberlain as die toppunt van die Uitlandergriewe beskou is. Om die wêreld ’n duidelike insig in die aard van die griewe in die algemeen te gee, wens ek sowel die Engelse as die Republikeinse amptelike verhale van die gebeurtenisse hier weer te gee. Die drie gebeurtenisse was: Die sogenaamde "Lombard-geval” met betrekking tot die beweerde mishandeling van gekleurde Britse onderdane in Johannesburg; die sogenaamde "Edgargeval” in verband met die skiet van ’n Engelse onderdaan deur ’n polisiedienaar; en die sogenaamde "Amfiteatergeval” met betrekking tot ’n oproerige vergadering van die South African League.

Met betrekking tot die Lombard-geval sê die heer Cham­berlain:

"As ’n voorbeeld van sodanige willekeurige handelwyse, kan die mishandeling van gekleurde Britse onderdane deur veldkornet Lombard wat onlangs plaasgevind het, aangehaal word. Hierdie amptenaar het sonder ’n lasbrief die huise van verskillende gekleurde persone in die nag binnegetree en hulle van hul bedde gesleep en gearresteer omdat hulle sonder pas was. Die persone wat op dié wyse gevange geneem is, is met groot wreedheid behandel, en daar word selfs beweer dat ’n vrou ontydig van ’n kind beval is en dat die kind daarna gesterf het as gevolg van die skrik en blootstelling aan koue.

"Manne is geslaan en geskop op las van die veldkornet, wat blykbaar sy gesag met die laaghartigste woestheid uitgeoefen het. Die Regering van die Republiek, wat verplig was om handelend op te tree in die saak, het die veldkornet geskors en ’n ondersoek is gehou, waarin hy en die polisie die meeste van die bewerings van geweld ontken het; maar die ander feite is nie betwis nie en vir die verdediging is geen onafhanklike getuienis opgeroep nie. Die Regering het sedertdien die veldkornet weer in sy betrekking herstel. Ongelukkigerwys is hierdie geval in geen enkel opsig alleenstaande nie. Ander Britse onderdane, met inbegrip van verskeie van St. Helena en Mauritius afkomstig, is op willekeurige wyse gearresteer en sommige van hulle is beboet, sonder dat hulle die geleentheid gekry het om hulself te verdedig, onder ’n wet wat selfs nie voorgee van toepassing te wees op persone van hierdie Kolonie nie. Hoe lydsaam die Regering van Haar Majesteit ook mag wees in sy begeerte om op vriendskaplike voet met die Suid-Afrikaanse Republiek te bly, moet dit tog duidelik wees dat ’n voortduring van sake van hierdie aard, wat nie deur herstel gevolg word nie, wel ondraaglik sou kan word.”

Die antwoord van die Suid-Afrikaanse Republiek op die bogenoemde beskuldigings het as volg gelui:

"Met betrekking tot die Lombardgeval, wens hierdie Regering daarop te wys dat ’n volle maand nadat die beweerde mishandeling van Kaapse kleurlinge plaasgevind het, daar geen klag by enige owerheid in hierdie Republiek ingedien is nie en dat daar nòg aan die Regering, nòg aan die publiek iets omtrent die voorvalle bekend was. Die hele saak was so niksbeduidend dat sommige van die persone wat na beweer word, mishandel was, later voor ’n hof van ondersoek onder eed verklaar het dat hulle nooit uit eie beweging klagte sou ingedien het nie. Wat het egter gebeur? Omtrent ’n maand ná die gebeurtenisse het die sogenaamde South African League daarvan te hore gekom; hulle het van hul amptenare gestuur om van die persone wat na bewering mishandel was, getuienis in te win, en met behulp van Haar Majesteit se vise-konsul in Johannesburg, tussen wie en die League daar steeds ’n opvallende samewerking bestaan het, is daar ’n aantal beedigde verklarings afgelê. Selfs toe nog is daar by die wetlike owerheid van die land geen klagte teen die betrokke amptenare ingedien nie, maar die saak is in die hande gestel van die waarnemende Britse Agent in Pretoria. Toe die bewerings voor die aandag van die Regering gebring is, het hy sonder versuim ’n kommissie van ondersoek aangestel wat bestaan het uit drie here, naamlik landdros Van der Berg van Johannesburg, mnr. Andries Stockenström, advokaat van die 'Middle Temple’, en hoof van die strafafdeling van die Departement van die Staatsprokureur, en mnr. Van der Merwe, Mynkommissaris van Johannesburg — manne teen wie se bekwaamheid en onpartydigheid daar nooit ’n sweem van agterdog by die Uitlanderbevolking van hierdie Republiek was nie en met wie se aanstelling ook die waarnemende Agent hom volkome tevrede betuig het. Die opdrag aan hierdie amptenare was om die hele saak grondig te ondersoek en die Regering van advies te dien, en hulle het die opdrag nagekom deur dae lank getuienis van altwee kante aan te hoor en sorgvuldig na te gaan. Elke weldenkende persoon sal geredelik toegee dat aan die bevinding van hierdie kommissie oneindig meer gewig behoort geheg te word as aan die verklarings van die klaende partye, wat hulself in nagenoeg alle besonderhede teengespreek en die hele ondersoek byna in ’n komediespel laat verander het. Van die sogenaamde mishandeling het in hierdie verslag niks oorgebly nie; die besondere gevalle van beweerde mishandeling het geblyk denkbeeldig te wees; daar is duidelik bewys en bevind dat die klaers in stryd met die wet gehandel het; en alleen het die kommissie dit afgekeur dat die gevangenemings en ondersoek in die nag plaasgevind het en sonder lasbrief. Dit vervul hierdie Regering met die grootste leed om te sien dat die Regering van Haar Majesteit sy beskuldigings grond op die partydige, ongegronde en in baie opsigte valse verklarings van die deur politieke haat voortgesleepte klaers, en die verslag van die kommissie maar met stilswye verbygaan.”

Die Edgar-geval het die heer Chamberlain op die volgende manier voorgestel:

"Maar miskien is die welbekende Edgar-saak die treffendste geval van die willekeurige handelwyse van amptenare en van die steun van sodanige handelwyse deur die geregshowe. Die uitwerking van die uitspraak van die jurie, hartlik gesteun deur die regter, is dat vier polisiebeamptes wat in die nag in ’n man se huis ingebreek het sonder lasbrief en op die blote verklaring van ’n persoon, wat later ook nog onwaar geblyk het, dat die man ’n misdaad begaan het, geregtig is om hom onmiddellik te dood, omdat hy volgens hul eie verklaring, een van hulle met ’n stok geslaan het. As dit regverdiging is, dan is byna elke soort weerstand teen die polisie regverdiging om die persoon wat weerstand bied en wat volkome onskuldig kan wees aan ’n misdaad, onmiddellik te dood. Dit sou oral ’n uiters onrusbarende stelling wees. En dit is des te meer onrusbarend wanneer dit toegepas word in ’n stad soos Johannesburg, waar ’n sterk polisiemag met rewolwers gewapen met ’n groot ongewapende bevolking van vreemdelinge, wie se taal hulle dikwels nie verstaan nie, moet werk. Die nadruklike aanneming van so ’n stelling deur die regter en jurie in die Edgar-saak kan slegs die algemene gevoel van onveiligheid onder die Uitlanderbevolking en die gevoel van onregverdigheid waaronder hulle werk, laat toeneem. Daar sou op gewys kan word dat die bewering dat Edgar die polisie aangeval het, uitdruklik deur sy vrou en andere ontken is en dat die vervolging plaasgevind het op ’n wyse wat in hierdie land as hoogs onreëlmatig beskou sou word, daar die getuies van die verdediging deur die vervolging opgeroep is en dus aan kruisvrae ontsnap het.”

Die antwoord van die Regering Van die Suid-Afrikaanse Republiek was as volg:

"Die Edgar-geval word van deur u Regering aangevoer as 'the most striking recent instance of arbitrary action by officials and of the support of such action by the courts.’ Daardie geval word gebruik as ’n afdoende bewys van die beweerde geregtelike wanbestuur van die Republiek en dit sal dus van belang wees om ’n oomblik hierby stil te staan. Wat is die ware feite? Ene Foster (’n Engelsman) is sonder enige wettige aanleiding deur ene Edgar in die nag van 18 Desember 1898 aangerand en neergeslaan, sodat hy vir dood bly lê het en eindelik in die hospitaal oorlede is. Edgar het toe in sy kamer ingevlug en onder geskreeu van omstanders het enkele polisiedienare, onder ander polisiedienaar Jones, op die toneel afgekom, die aangerande vir dood sien lê en toe na Edgar se vertrek gegaan om hom as misdadiger (hy het hom inderdaad skuldig gemaak aan manslag en skynbaar aan moord) te arresteer. Daar hy op heterdaad betrap was, was die polisiedienare volgens wet, nie alleen van hierdie Republiek nie, maar van die hele Suid-Afrika en van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, geregtig om in die huis in te breek, ten einde die misdadiger te kan gevange neem. Onderwyl hulle in die huis ingebreek het, is Jones deur Edgar ’n geweldige slag met ’n gevaarlike wapen toegebring, en in noodweer het Jones Edgar geskiet, met die gevolg dat hy gedood is. Die vraag is nie of Jones geregtig was tot hierdie uiterste stap nie; die staatsprokureur van hierdie Republiek het deur hom vir manslag te vervolg, reeds sy sienswyse uitgedruk dat sy saak ’n saak vir die jurie was. Die vraag is alleen of enige jurie, in enige land ter wêreld, in omstandighede soos hier uiteengesit, iemand skuldig sal vind aan misdaad, en of, as hulle hom nie skuldig bevind nie, dit dan as ’n flagrante en merkwaardige geval van wanbestuur in die regspleging kan gebrandmerk word. Die Regering voel oortuig daarvan dat ook die Engelse regspleging vol is van gevalle waarvan die feite net so sterk is as in hierdie geval en hy kan nie insien waarom ’n voorval wat in elke land in die wêreld sou kan plaasvind, spesiaal as ’n beskuldiging opgewerp moet word nie.

"Hierdie Regering wil nie stilstaan by die blaam wat deur Haar Majesteit se Regering op die openbare aanklaer van Johannesburg, deur wie die vervolging van hierdie saak behartig is, gewerp is nie. Die feit dat hy van suiwer Engelse bloed is, dat hy sy regsopleiding in Londen geniet het, dat hy algemeen deur die Uitlanderbevolking gerespekteer word weens sy bekwaamheid, onpartydigheid en karakter, sal natuurlik by Haar Majesteit se Regering nie opweeg teen sy onstrenge handelwyse om getuies wat vir die verdediging bestem was, vir die vervolging op te roep en die gevolglike verydeling van ’n denkbeeldige kruisverhoor nie. Hierdie Regering wens slegs daarop te wys dat die feit dat die Edgar-geval die sterkste is wat Haar Majesteit se Regering teen die regspleging in hierdie Republiek kon aanvoer, die sterkste en welsprekendste bewys moontlik is dat oor die algemeen geneem, die regspleging op die goudvelde van hierdie Republiek nie alleen gunstig afsteek by die van ander dergelike goudvelde nie, maar selfs by dié van ou en gevestigde lande. Die onware voorstellings in die pers oor hierdie geval gedoen, toon genoegsaam aan dat die nuusblaaie van die Witwatersrand, wie se verdagmakery ’n deel van die georganiseerde veldtog teen hierdie Republiek en sy Regering uitmaak, genoodsaak word om hul leuenagtige kritiek uit te oefen op denkbeeldige gevalle van wanbeheer, wat dikwels geheel en al uit die lug gegryp is. Waar die pers tot sulke middels gedryf word, moet die ware griewe niksbeduidend wees.”

Die beskuldiginge van die heer Chamberlain met betrekking tot die sogenaamde Amfiteatergeval:

"Daar word lig gewerp op die mate waarin die polisie vertrou kan word om hul pligte met billikheid en beskeidenheid uit te voer deur die gebeurtenisse aangehaal deur die ondertekenaars van die versoekskrif en wat plaasgevind het op ’n byeenkoms belê deur Britse onderdane met die doel om hul griewe te bespreek, en op 10 Januarie in die Amfiteater in Johannesburg gehou is.

"Die Regering is tevore verwittig van die doel van die byeenkoms en sy toestemming is verkry, hoewel dit nie regtens noodsaaklik was vir ’n byeenkoms wat in ’n beslote plek gehou word nie. Die persone wat die byeenkoms gereël het, gee te kenne dat hulle deur die Staatsekretaris en die Staatsprokureur in kennis gestel is dat persone wat gewelddade pleeg of opruiende taal besig, verantwoordelik gehou sou word, en as bewys van die vreedsame doel van die byeenkoms, het persone wat daaraan deelgeneem het geheel en al ongewapend daarheen gegaan, waardeur verstaan word dat hulle selfs nie kieries by hulle gehad het nie. So min is enige onluste gevrees, dat selfs dames uitgenooi en teenwoordig was. Tog was die uitslag dat beëdigde verklarings van verskeie getuies van verskillende nasionaliteite ooreenstem dat die vergadering nouliks ’n aanvang geneem het of dit is opgebreek, en baie persone wat dit bygewoon het, is gewelddadig aangerand deur georganiseerde troepe van vyandige volksleiers, wat onder die aanhitsing en leiding van persone in diens van die Regering gestaan het, en daar is geen poging van die kant van die polisie aangewend om tussenbeide te tree nie; in sommige gevalle het die geweldpleging selfs met die bystand of die byvals betuiging van die polisie geskied. Aan die Regering van die S.A. Republiek is gevra om ondersoek in te stel na hierdie skandelike gedrag, maar die versoek is met ’n besliste weiering beantwoord.”

Hierdie beskuldiging is in die volgende bewoording beantwoord:

"Die Amfiteater-geval word deur die Regering van Haar Majesteit gebruik om te bewys hoe onbekwaam die polisie op die Witwatersrand is om hul pligte te vervul en die orde te handhaaf. Die League-vergadering is in die sogenaamde Amfiteater in Johannesburg gehou, met voorkennis van die Staatsekretaris en die Staatsprokureur, en die beskuldiging is dat, in weerwil van daardie feit, die oproer wat by die vergadering ontstaan het, nie deur die polisie onderdruk is nie.

"Die ware feite is as volg: Die heer Wybergh en ’n ander persoon, altwee in diens van die South African League, het die Staatsekretaris en die Staatsprokureur meegedeel dat hulle van plan was om hierdie vergadering in die Amfiteater byeen te roep, en verlof gevra om dit te doen. Hulle is meegedeel dat geen verlof van die owerheid nodig was nie en dat solank die vergadering nie tot ongereeldhede en rusverstoring aanleiding gee nie, hulle volkome binne hul regte sou handel. Hulle is toe op die feit gewys dat deur die handelwyse en propaganda van die South African League, daardie liggaam by ’n aansienlike deel van die bevolking van Johannesburg baie ongewild was en dat daar na alle waarskynlikheid rusverstoring sou plaasvind as daar nie ’n genoegsame aantal polisie-agente aanwesig was om die orde te handhaaf nie. Hierop het die here geantwoord dat na die Edgar-geval die polisie in slegte reuk was, dat die vergadering baie stil sou wees, dat die teenwoordigheid van die polisie sou bydra of aanleiding gee tot wanorde en dat hulle daarom liewer geen polisie daar wil hê nie. Die Staatsekretaris en die Staatsprokureur het daarop met die polisiehoofde van Johannesburg in verbinding getree, met die gevolg dat ook hulle van mening was dat dit beter sou wees as geen aanmerklike aantal polisie op die vergadering aanwesig sou wees nie. Die Regering het toe op hierdie advies van die beamptes van die League, sowel as van sy eie polisiebeamptes beveel dat die polisie hulle van hierdie vergadering moet weghou; hy het dit in goeie trou gedoen en met die doel om die League ongesteurd sy stem te laat hoor.

"Die voorgestelde vergadering is egter wyd geadverteer en daar die gevoel onder ’n sekere deel van die Witwatersrand se bevolking teen die League so bitter was, het ook ’n aansienlike deel van die opponente van hierdie liggaam daarheen gegaan. Die weinige polisie wat teenwoordig was, was magteloos om die wanordelikhede teen te gaan en toe enige oomblikke na die begin van die oproer die polisie op die toneel verskyn, was die vergadering opgebreek.

"Op sigself geneem sou hierdie gebeurtenis nie van veel belang wees nie, want dit is ’n afgesonderde geval wat betref die goudvelde van hierdie Republiek, en selfs in die besgeorganiseerde en beheerde samelewings vind soms dergelike onreëlmatighede plaas. Die erns van die saak sit egter in die onregverdige beskuldiging van Haar Majesteit se Regering as sou die vergadering opgebreek gewees het deur amptenare van hierdie Regering en as sou hierdie Regering botweg geweier het om ’n ondersoek daaromtrent te laat instel.

"Hierdie Regering sou nie geweier het om ondersoek in te stel as daar klagtes by hom of by die plaaslike howe ingedien was nie, en in sy antwoord op Haar Majesteit se versoek om so ’n ondersoek het hy dit ook gesê, soos sal blyk uit die aanhangsel. Hierdie Regering maak beswaar teen die stelselmatige verbygaan van die plaaslike owerhede en die gedurige klaery by die verteenwoordigers van Haar Majesteit oor dinge wat beslis by die howe van hierdie Republiek tuishoort. In plaas egter van by Haar Majesteit se Regering te kla wanneer alle ander redelike middels van verhaal tevergeefs aangewend is, maak hulle hul gedurig skuldig aan die verbygaan en minagting van die plaaslike howe en owerhede deur steeds alle beuselagtige en partydige klagtes in die eerste plek te berde te bring, en daardeur ook word Haar Majesteit se Regering gedurig in die dubbelsinnige en ongewenste posisie gebring van hom in die binnelandse aangeleenthede van die Republiek in te meng in stryd met die Konvensie van Londen. As daar klagtes by hierdie Regering of die bevoegde amptenare of howe Ingedien gewees het dan kon die feite maklik nagegaan gewees het en dan sou ook bewys geword het dat die weinige amptenare wat as deel van die publiek by die vergadering teenwoordig was, hul bes gedoen het om die onreëlmatighede tee te gaan en dat sommige van hulle selfs in hul pogings om die vrede te handhaaf, beseer is.

"In plaas van sulke klagtes af te keur en die klaers na die plaaslike howe te verwys, neem Haar Majesteit se Regering die klagtes aan en verleen dan ’n amptelike karakter daaraan deur hulle ter kennisname van hierdie Regering deur te stuur en ter bestemder tyd ook in blouboeke ter kennisname van die wêreld te publiseer. Haar Majesteit se Regering sal geredelik erken dat geen staat in die wêreld, hoe swak en gering ook, wat enige eergevoel besit sulke dinge anders dan met lede oë kan aansien nie, en wanneer die verhouding van die twee regerings gespanne word, dan moet die ware oorsaak in hierdie handelwyse van Haar Majesteit se onderdane gesoek word, wat nie deur Haar Majesteit se Regering afgekeur word nie en nie in denk­beeldige of beuselagtige griewe is nie.”

Ek het nou die vernaamste finansiële en administratiewe griewe van die Engelse uitlanders nagegaan; ek sê Engelse uitlanders omdat van die ander nasionaliteite onder die nuwe bevolking byna nooit of regstreeks of deur diplomatieke vertoë klagtes gehoor word nie. Kan dit met die minste skyn van reg en billikheid beweer word dat die griewe ’n oorsaak tot ingryp oplewer? Watter misdade is hier teen die mensheid of teen die volkereg gepleeg? Word die aangevoerde griewe en misbruike nie deur gebeurtenisse wat byna elke dag in die mees beskaafde lande ter wêreld plaasvind, geëwenaar nie? Met reg kan ’n mens op die onderhawige geval die woorde toepas waarmee die Russiese Regering die wederregtelike tussenkoms van die Britse Regering in die binnelandse sake van die koninkryk van Napels gebrandmerk het:

"Ons kan verstaan dat as gevolg van vriendskaplike besorgdheid die een Regering in ’n welwillende gees aan ’n ander advies gee, dat sodanige advies selfs die karakter van ’n vermaning    sou kan aanneem, maar ons glo dat dan die uiterste perke toegelaat is.          Minder as ooit behoort dit nou in Europa vergeet te word dat .... dit nie die uitgestrektheid van grondgebied is nie, maar die heiligheid van ’n ieder se regte wat die verhoudings tussen state reel. Om ’n poging aan te wend om (van die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek) konsessies aangaande die binnelandse bestuur van die Republiek deur dreigemente of dreigende vertonings te verkry, is ’n gewelddadige usurpasie van sy gesag en ’n poging om in sy plek te regeer; dit is ’n openlike verklaring van die reg van die sterke oor die swakke.”

Nieteenstaande al sy huigelagtige beskuldigings is dit die Britse Regering heel goed bekend dat die administrasie van die Suid-Afrikaanse Republiek nieteenstaande die byna ongeëwenaarde moeilikhede waarmee die Regering en wetgewing te kampe gehad het, op ’n gesonde grondslag rus, en gerus met dié van ander lande in dergelike omstandighede vergelyk kan word; dat die griewe waarmee by wyse van blouboeke die menslike gevoel van die Britse publiek gaande gemaak word, grotendeels denkbeeldig is en selfs as hulle volkome waar was, tog geen grond oplewer vir ’n regmatige inmenging in die binne­landse aangeleenthede van die Republiek nie. Dit het dus nodig geword om na ’n ander "konstitusionele middel” te gryp.

Die derde en laaste "konstitusionele middel” waarna die heer Chamberlain gegryp het as ’n voorwendsel om hom gewelddadig met die binnelandse sake van die Suid-Afrikaanse Republiek in te meng, was die aanspraak op gelyke politieke regte vir alle ingesetenes van die Suid-Afrikaanse Republiek. Ook in hierdie eis het hy die aspirasie van die heer Rhodes gevolg. Na die Jameson-inval naamlik het die heer Rhodes as ’n nuwe program vir die "progressiewe” politiek van Suid-Afrika hom bedien van die slagspreuk: "Gelyke regte vir alle blanke persone suid van die Sambesie.” Later het die heer Rhodes, met die oog op die stem van die gekleurdes in die Kaapkolonie, die kreet verander tot: "Gelyke regte vir alle beskaafde persone suid van die Sambezi.” En ter bestemder tyd het ook Downingstraat met die eggo gekom: "Gelyke politieke regte vir alle persone in die Suid-Afrikaanse Republiek.”

As ’n politieke aspirasie mag dit in Suid-Afrika net so wenslik of onwenslik wees as in Engeland, waar die heer Chamberlain een van die woordvoerders van die party is. wat steeds teen alle ..manhood suffrage” gekant was.

Die heer Chamberlain beperk hom egter nie tot vriendskaplike raadgewing nie, maar eis die stemreg vir alle uitlanders. Die Suid-Afrikaanse Republiek het reeds ’n kieswet waaronder elke persoon wat reeds sewe jaar in hierdie Republiek is of nog sal wees, op volkome stemreg geregtig is. Maar die heer Chamberlain gaan baie verder en maak aanspraak op ’n veel uitgebreider stemreg. Op watter gronde maak hy die aanspraak?

Hy beroep hom op die besprekings wat die Konvensie van 1881 voorafgegaan het. In daardie besprekinge is egter alleen sprake van burgerregte of siviele regte, met betrekking waartoe daar steeds alle moontlike gelykheid bestaan sedert die Sandrivier-Konvensie. Die handhawing van die gelykheid van hierdie siviele as onderskeie van politieke regte, bepaal artikel XII van die Pretoria-Konvensie:

„A1 sodanige (aan H.M. lojale) persone sal volle vryheid besit om in die land te bly met genieting van alle burgerlike regte en beskerming vir hul persone en eiendomme.”

In 1882 is die stemreg van ’n verblyf van een jaar tot vyf jaar verander sonder dat daar beswaar van die kant van Haar Majesteit se Regering ontvang is. En in 1884 is in die nuwe Konvensie van daardie jaar op die nadruklikste en ondubbelsinnigste wyse bepaal:

"Art. XIV. Alle persone wat nie inboorlinge is nie en hulle skik na die wette van die Suid-Afrikaanse Republiek (a) sal volkome vryheid he om met hul huisgesinne te kom, te reis of te woon in elke deel van die Suid-Afrikaanse Republiek; (b) hulle sal die reg hê om huise, fabrieke, magasyne, winkels en eiendomme te huur of te besit; (c) hulle mag hul handel dryf in persoon of deur sodanige agente as hulle mag goed vind om aan te stel; (d) hulle sal nie onderhewig wees wat hul persone of eiendomme betref aan belastings hetsy algemene of plaaslike behalwe die wat aan die Burgers van genoemde Republiek opgelê is of sal word nie.”

Hier dus is spesifiek aan alle blanke uitlanders die reg van vrye beweging van roerende en onroerende goed te besit, van handel te dryf en van gelyke belasting met die burgers gewaarborg. Daar is geen sprake van politieke regte nie en daar was ook; nooit voor hierdie jaar 1899 sprake van gewees nie. Die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek sou dus geheel binne die perke van die Konvensie handel as hulle die heer Chamberlain sou meedeel dat hulle alleen oor die stemreg, as ’n suiwer binnelandse vraagstuk, te beslis het; en verder dat, deur onder die Konvensie aanspraak te maak op die reg om aan die Regering ’n kieswet op te dring, die heer Chamberlain die party is wat die Konvensie verbreek.

Die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek het egter ’n veel verhewener standpunt ingeneem. Die Staatspresident het na Bloemfontein gegaan om selfs binnelandse vraagstukke in ’n vriendskaplike gees met die Hoë Kommissaris te bespreek, o.a. ook die stemregkwessie, daar dit hom alleen te doen was om die vrede van Suid-Afrika en die welsyn van al sy inwoners te bestendig en te bevorder.

Die heer Milner het daar gesê dat "indien die vraagstuk op ’n bevredigende en standvastige grondslag gereël kon word, die spanning sou verminder en dat alles mettertyd sou regkom.” Hy het in die laaste tyd sy bes gedoen om aan te toon dat hy dit nooit gesê of bedoel het nie; dat die stemregkwessie slegs een van die brandende binnelandse kwessies was waarin Haar Majesteit se Regering soveel belang stel, en dat die gunstige beslissing van die stemregkwessie geensins die partye op die ander geskilpunte tot ooreenstemming sou bring nie. Die houding van die heer Milner in verband met hierdie en ander geskilpunte, was egter sodanig gewees dat ek liewer niks verder oor sy gedrag wil sê nie, en hom oorlaat aan die oordeel van die openbare mening en van die geskiedenis.

Aangesien daar geen ooreenstemming tussen die partye moontlik was nie, het president Kruger Bloemfontein verlaat en die kieswet sodanig gewysig dat die Oranje-Vrystaat, die Afrikaners van die Kaapkolonie, en selfs die heer Schreiner, Eerste Minister van die Kaapkolonie, openlik hul instemming met die aangebragte verbeterings betuig het.

Die heer Chamberlain het nou egter nie meer op vriend­skaplike nie, maar op dreigende toon aan die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek begin skryf, en hy het eindelik voorgestel dat die vraag of die nuwe wet aan sy doel beantwoord, deur ’n gesamentlike kommissie bespreek sou word.

Intussen het uit die informele gesprekke tussen die Staats­prokureur en die Suid-Afrikaanse Republiek en die Britse Agent die vooruitsig ontstaan op ’n spoedige en bevredigende oplossing. Daartoe deur die Britse Agent gepols, het die Britse Regering gesê dat indien die stemreg op vyf jaar gebring word sonder ingewikkelde voorwaardes en die goudvelde een-vierde van die lede van die Volksraad kon kies, hy bereid sou wees om die daaraan gehegte voorwaardes dat die aanspraak op die susereiniteit sou verval, geen toekomstige inmenging meer sou plaasvind nie en geskille deur arbitrasie sou beslis word, op hul meriete te oorweeg. Toe hierdie voorstel egter formeel gedoen is, het die Britse Regering geweier om die voorwaarde met betrekking tot die verval van die aanspraak op susereiniteit aan te neem, hoewel die Hoë Kommissaris in ’n depechè reeds verklaar het dat dit hom voorkom of die susereiniteitsvraagstuk ’n etimologiese en geen politieke vraagstuk is nie. Kort daarna het die Britse Regering feitlik dieselfde voorstel gedoen, maar met weglating van die voorwaarde omtrent die verval van aanspraak op die susereiniteit. Daar die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek hierdie verval van die grootste belang geag het vir die handhawing van sy volkeregtelike status, het hy geweier om die voorstel in daardie vorm aan te neem. Hy het nou egter die uitnodiging tot ’n gesamentlike       ondersoek aangeneern; maar die Britse Regering het geantwoord dat dit te laat was en dat hy feitlik van sy uitnodiging afgestap het.

Hier dan sien ons in die helderste lig:

1.  Dat hoewel    die Hoë Kommissaris gese het dat            die susereiniteit al een van etimologiese belang was en     hoewel die Britse Regering nooit die argumente van die Suid-Afrikaanse Republiek omtrent die verval van die susereiniteit in 1884 kon weerlê nie, die Britse Regering nogtans onwillig is om dit prys te gee en op dié grond bereid is om ’n oorlog in Suid-Afrika te begin.

2.  Dat die Britse Regering die Suid-Afrikaanse Republiek tot ’n gesamentlike ondersoek uitnooi, en as die uitnodiging aanvaar word sonder dat dit weer teruggetrek is, dan word die aanvaarding met alle tekens van minagting van die hand gewys.

Is daar ’n ander voorbeeld in die geskiedenis van die beskaafde wêreld van dergelike lae bedrog en huigelagtige spel met die hoogste belange van Suid-Afrika?

En is dit te verwonder dat Suid-Afrika alle vertroue in Britse staatsmanskap verloor het?

Voorwaar, van al die skandelike handelinge waarmee die Britse naam in hierdie wêrelddeel besoedel is, ken ek geen laer en verfoeiliker as hierdie nie.

En die gevolg van hierdie bedrog sal met die bloed en die trane van duisende onskuldige persone beskryf word.

SLOT vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15843 gaste aanlyn