NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die tyd van die Bybel is krygsgevangenes dikwels van hul klere gestroop en gedwing om die triomftog te volg.   Dit is wat sonde doen – dit laat ons agter Satan inval en ons van ons waardigheid stroop.

'N EEU VAN ONREG (6)

Lees reeks by 'n Eeu van Onreg

Een Eeuw van OnrechtA Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel.  Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.

KAPITALISTIESE JINGOïSME: TWEEDE PERIODE

Die voorgaande verhaal het aangetoon hoe diep ons volk die onreg gevoel en afgekeur het; dit was dus te verwag dat so ’n verraderlike aanval op die Republieke wat uitgegaan het van hul eie leidsman, die Koloniale Afrikaner tot in die mees afgeleë dele sou wakker skud en nuwe kragte op die politieke terrein sou bring. Om aan te toon hoedanig die gevoel was wat deur die inval opgewek is, gee ons hier weer ’n artikel wat verskyn het in die orgaan van die Koloniale Afrikaner-party Ons Land wat ongetwyfeld die gevoel van die Afrikaners vertolk het:

"Het die Voorsienigheid nie die smartlike omstandighede van Suid-Afrika sedert die aanvang van hierdie jaar tot ’n hoër doel oorheers en gereël nie? Wie kan dit betwyfel?

"Die dolksteek waarmee daar gepoog is om die Afrikanerdom vir goed in die Republieke te verlam, het ’n elektriese skok na die nasionale hart gestuur. Die Afrikanerdom het ontwaak met ’n erns en bewustheid wat ons nie sedert die roemryke Vryheidsoorlog van 1881 bespeur het nie.  Van die Limpopo tot in Kaapstad het die tweede Majuba ’n nuwe inspirasie in ons volk, ’n nuwe beweging gewek. Deur die hele Suid-Afrika heen het ’n nuwe gevoel golwend gegaan. Die floue en lawwe imperialisme wat reeds begin het om ons volksbloed te verdun en te vermaer, wyk allengs vir die vars nuwe lug wat ons volk deurwaai. Baie mense wat moeg geword het van die langsame werking van die nasionale idee en hulle aan die imperialisme oorgegee het, het tot inkeer gekom en hulle afgevra wat die imperialisme in Suid-Afrika teweeggebring het. Verbittering en rassehaat voorwaar. Sedert die dae van sir Harry Smith en Theophilus Shepstone en Bartle Frere tot aan die dae van Leander Jameson en Cecil Rhodes gaan die imperialisme in Suid-Afrika gepaard met ’n politiek van bloed en bedrog. Wat ook die goeie vrugte van imperialisme elders mag gewees het, in ons land was die strekking daarvan deur al die jare heen alleen om ons volkslewe en volkskarakter in vreemde groewe te dwing, en die dwang met bloed en trane te beseël .... Waarlik die Afrikanerdom oor heel Suid- Afrika bevind hom tans op die kritieke oomblik van sy bestaan. Nou of nooit: Nou of nooit moet die fondament van ’n alles-omvattende nasionalisme gelê word. Die yster is warm en die smedingsuur het aangebreek ....

"Die skeidsmuur het verdwyn. Laat ons nou pal bymekaar staan. Die gevaar het nog nie verdwyn nie; inteendeel, nooit het die Afrikanerdom ’n politiek van Koloniale en Republikeinse vereniging meer nodig gehad nie. En noudat die sielkundige tydstip aangebreek het, noudat ons volk oor die hele Suid-Afrika ontwaak het, noudat ’n nuwe gloed in ons harte ontsteek is, laat ons nou die hoeksteen van ’n waarlik verenigde Suid-Afrika lê op die bodem van ’n suiwere en omvattende nasionale gevoel” .

Hierdie taal het die jingo’s laat sidder, nie omdat dit dislojaal was nie, want dit was dit natuurlik nie, maar omdat dit bewys het dat die Jameson-inval die Afrikaners wakker geskud het en dat deur hierdie nederlaag van die jingo’s ’n besliste weg geopen was tot nog groter nederlae in die toekoms. Immers, ’n anneksasie-politiek teenoor die Republieke sou in die vervolg ook met die Afrikaners in die Kolonie rekening moes hou. ’n Tyd lank het die jingo’s die hoop gekoester dat hulle onder ’n gewysigde redistribusie-wet die meerderheid in die Kaapse Parlement sou verkry. Die algemene verkiesing van 1898 het aangebreek, met die gevolg dat die Afrikaner-party ’n klein meerderheid behaal het en later, onder ’n redistribusie- wet wat deur die jingo-party aan hul opgedring is, is die parlementêre meerderheid vergroot.

In plaas van ruiterlik te erken dat hierdie Afrikaneroorwinning ’n natuurlike gevolg van die Jameson-inval was, het die jingo’s, nie alleen in Suid-Afrika nie maar ook in Engeland, begin skreeu dat die gesag en prestige van Engeland in Suid- Afrika bedreig word; dat indien daar nie sonder versuim kragdadig ingegryp word nie, Suid-Afrika spoedig vir Engeland verlore sou wees, en dat hierdie bedreiging van die Engelse gesag voortspruit uit die republikeinse propaganda wat die Suid-Afrikaanse Republiek in Suid-Afrika op tou gesit het. So lank as die Suid-Afrikaanse Republiek sy hoof nie voor die Britse gesag wou buig nie, maar met nasionale trots sy jeugdige hoof omhoog hou, sou die ander dele van Suid-Afrika geneig wees om daardie voorbeeld te volg, en daar sou dus vir die Britse opperheerskappy in hierdie wêrelddeel geen sekerheid wees nie. Die Suid-Afrikaanse Republiek moes verneder en in die stof gebuig word; daarmee sou dan as vanself die Afrikaners in die ander dele van Suid-Afrika hul gewaande hoop op ’n groter republikeinse Suid-Afrika laat vaar. Maar hoe moes hierdie vernedering bewerkstellig word? En hoe sou dit kon geskied deur die "konstitusioneie middele” wat deur die mislukking van die sameswering noodsaaklik geword het?

Die nuwe goewerneur van die Kaapkolonie en Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika, wat so ’n roemryke akademiese loopbaan gehad het, wat nederigheid en gematigdheid aan die voete van die heer W. T. Stead geleer het en in Egipte ondervinding opgedoen het hoe om die nasate van Hugenote en Watergeuse te regeer, het wel goed genoeg geweet om "konstitusionele middele” te bedink ten einde die Suid-Afrikaanse Republiek te verneder en in die stof te buig.

Daar was immers die brandende susereiniteitsvraagstuk, waartoe die Suid-Afrikaanse Republiek self aanleiding gegee het en wel op die volgende wyse.

Na die Jameson-inval en met die doel om sommige oorsake daarvan uit die weg te ruim, het die Volksraad van die Suid- Afrikaanse Republiek sekere wette aangeneern, soos byvoorbeeld ’n wet waaronder gevaarlike persone deur die Regering oor die grense gesit kon word; ’n wet waaronder persone wat sonder lewensbestaan of middele was, of aan besmetlike siektes ly, geweer kon word om die Republiek binne te kom. Die Britse Regering het verklaar dat hierdie wette in stryd is met artikel 14- van die Londense Konvensie. Ook sou verbrekings van artikel 14 van die Londense Konvensie plaasgevind het met betrekking tot die sluiting van sekere uitlewerings en ander traktate tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en buitelandse moondhede. Op 7 Mei 1897 het die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek op hierdie beskuldigings geantwoord in ’n uiters belangrike depeché, waarin, nadat die redes uiteengesit is waarom die Regering hom verplig voel om van Haar Majesteit se Regering van sienswyse te verskil, ’n beroep gedoen is om arbitrasie as die geskikste middel om die geskil op te los. Die woorde van die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek was as volg:

"Terwyl hy die sienswyse van Haar Majesteit se regering eerbiedig, het hy met volle vertroue in die juistheid van sy eie insigte, alle vrymoedigheid om die beginsel van arbitrasie, waarmee tans ook die Edelagbare Eerste Volks­raad instem, aan Haar Majesteit se Regering voor te staan met die hoop dat dit aangeneern sal word in die versoenende gees waarin dit gedoen word. Hy meen alle rede tot hierdie voorstel te lê, te meer omdat die skeidsregterlike beginsels reeds in die Konvensie neergelê is in die enigste geval waarin volgens sy mening indertyd geskil voorsien kon word, te wete, met betrekking tot artikel 1, omdat dit reeds deur Haar Majesteit se Regering voorgestel is en deur hierdie Regering aangeneern is met betrekking tot die geskil ten opsigte van artikel 14 van die Konvensie wat ontstaan het insake die sogenaamde Koelievraagstuk, wat deur arbitrasie beslis is, omdat Sy Hoogedel Gestrenge die Staatsekretaris, Chamberlain, self in sy missive van 4 September 1895 aan Sy Eksellensie die Hoë Kommissaris in Kaapstad hierdie beginsel in dieselfde vraagstuk voorstaan waar hy sê:

" 'After 1888, as time went on, the manner in which this Law was interpreted and was worked, or was proposed to be worked, gave rise to complaints on the part of the British Government, and as it seemed impossible to come to an agreement by means of corres­pondence, the Marquis of Ripon took, what Is the approved course in such a case, of proposing to the South African Republic, that the dispute should be referred to arbitration. This was agreed to.’

"Omdat dit vir die Regering voorkom of die skeidsregterlike beginsel in sake soos hierdie die onpartydigste, regverdigste en mees voldoeninggewende weg uit ’n bestaande moeilikheid is en eindelik omdat een van die partye tot ’n konvensie na alle beginsels van billikheid nie kan verwag dat sy vertolking as die alleen geldige en juiste deur die ander party geëerbiedig sal word nie.

"En omdat hierdie Regering ten volle oortuig is daarvan dat ’n regverdige en onpartydige beslissing in hierdie saak miskien nog eerder in Suid-Afrika as êrens elders te verkry sou wees, wens hy met die oog op die teenstrydige elemente, belange en aspirasies wat hulle tans in Suid-Afrika voordoen, en ten einde selfs die skyn te vermy dat hy ’n beslissing wat vir hom gunstig is sou kan of wens te beïnvloed, aan die hand te gee dat die President van die Switserse Bondstaat, wat gereken kan word geheel buite die kwessie te staan en nog vir die een nog vir die ander party simpatie of antipatie gevoel, versoek moet word om ’n bevoegde regsgeleerde as arbiter aan te wys, soos reeds meermale ten aansien van internasionale geskille geskied het. Die Regering sou geen beswaar daarteen maak dat die arbiter aan ’n tydsbepaling onderwerp sou word nie en gee nou reeds die versekering dat hy hom bereidwillig sal onderwerp aan enigerlei beslissing indien dit onverhoop teen hom mag gegee word.

"Die Regering herhaal die welgemeende wens dat hierdie voorstel die Regering van Haar Britse Majesteit welgevallig mag wees, en aangesien die bewerings van verbreking van die Konvensie tans ook in Suid-Afrika ingang vind en die gemoedere steeds meer in gespanne toestand bring en hou, sou dit vir hierdie Regering aangenaam wees as hy die beslissing van Haar Majesteit se Regering inverband met hierdie saak so spoedig moontlik mag ontvang.”

Hierop het die Britse Regering geantwoord dat onder die Konvensie van 1884 in verband met die aanhef van die Konvensie van 1881, die Suid-Afrikaanse Republiek onder die susereiniteit van Haar Majesteit staan en dat dit onverenigbaar was met die ondergeskikte posisie van die Suid-Afrikaanse Republiek dat vraagstukke wat tussen hom en die susereine mag ontstaan oor die vertolking van die Konvensie van 1884, aan arbitrasie onder­werp sou word.

Om alle misverstand te voorkom in verband met hierdie verbasende antwoord, haal ek hier die woorde van die Britse depechè aan:

"19. Ten slotte stel die Suid-Afrikaanse Republiek voor dat alle geskilpunte tussen hom en die Regering van Haar Majesteit in verband met die Konvensie, aan arbitrasie onderwerp sal word en dat die arbiter benoem moet word deur die President van die Switserse Republiek.

"20. Dit skyn of die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek by die doen van hierdie voorstel die verskil oor die hoof gesien het tussen die Konvensies van 1881 en 1884 en ’n gewone traktaat tussen twee onafhanklike moondhede, waaruit kwessies kan voortspruit wat gevolglik die onderwerp van arbitrasie kan word.

"21. In die Pretoria-konvensie van 1881 het Haar Majesteit as Soewerein van die Transvaalse grondgebied aan die inwoners van daardie grondgebied volkome selfbestuur verleen, onderworpe aan die Susereiniteit van Haar Majesteit, haar erfgename en opvolgers, onder sekere bepalings en voorwaardes en onderworpe aan sekere voorbehoud en beperkings uiteengesit in 33 artikels; en in die Londense Konvensie van 1884 het Haar Majesteit gelas dat, met behoud van die aanhef van die vroeëre dokument, sekere artikels daarin vervat in die plek gestel moet word van die artikels van die Konvensie van 1881 vervat. Die artikels van die Konvensie van 1881 is deur die Volksraad van die Transvaal-Staat aangeneern, en die van die Konvensie van 1884 deur die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek.

"23. Dus beklee Haar Majesteit, kragtens die Konvensies, ten opsigte van die Suid-Afrikaanse Republiek die betrekking van ’n Suserein wat aan die volk van die Republiek onder sekere voorwaardes selfbestuur toegestaan het, en dit sou met die posisie onverenigbaar wees om die vertolking van die voorwaardes waarop sy selfbestuur aan die Republiek toegestaan het, aan arbitrasie te onderwerp."

In sy beroemde repliek van 16 April 1898 hierop het die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek met onweerlegbare krag aangetoon dat die aanhef van die Konvensie van 1881 verval het, dat lord Derby in 1884 self ’n konsepkonvensie voorgestel het waarin die aanhef geskrap was en dat deur die daaropvolgende aanname van daardie voorstel, die susereiniteit vir goed opgehou het om te bestaan. Aangesien daar om sowel hierdie as ander redes geen susereine verhouding tussen die twee lande bestaan het nie, het die beswaar teen arbitrasie oor onderlinge geskille weggeval, en hy het dus sy versoek aan die Britse Regering om arbitrasie oor onderlinge geskille toe te staan, herhaal.

Maar dit was juis wat die heer Chamberlain nie wou doen nie. Hy was teen arbitrasie gekant omdat dit waarskynlik tot die nederlaag van die Britse Regering sou lei en nie tot dié van die Suid-Afrikaanse Republiek nie; terwyl, soos reeds verduidelik, die susereiniteitsvraagstuk juis deur hom te berde gebring was ten einde dit te gebruik as ’n "konstitusionele voorstel” om die Suid-Afrikaanse Republiek te verneder. In sy antwoord op die argumente van die Suid-Afrikaanse Republiek kon die heer Chamberlain dus alleen bly by sy bewering in verband met die susereiniteit, terwyl hy die argument omtrent die skrapping van die aanhef van die Pretoriakonvensie deur lord Derby selfs nie eens probeer weerlê het nie. Dit was klaarblyklik sy mening dat lord Derby deur sy domheid en onbesonnenheid in 1884 daardie susereiniteit prysgegee het, net soos lord Russell in 1852 die Suid-Afrikaanse Republiek prysgegee het, en met ’n vertoon van oormag en onwrikbare vasberadenheid moes hy nou, net soos Shepstone in 1877, die Suid-Afrikaanse Republiek probeer oorbluf ten einde nie hierdie uitstekende "konstitusionele middel” kwyt te raak nie.

Sy bewering in hierdie depechè dat sowel die susereiniteit van Haar Majesteit as die reg tot selfbestuur van die Suid-Afrikaanse Republiek afhanklik was van die aanhef van die Pretoriakonvensie en dat, indien die aanhef verval het, dan nie alleen die susereiniteit nie, maar ook ons reg tot selfbestuur verdwyn het, was klaarblyklik ook bedoel om die Regering van die Suid- Afrikaanse Republiek te oorbluf; maar in ander opsigte was dit volkome juis. So het die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek dan ook geantwoord dat hy nie meer op selfbestuur kragtens die aanhef aanspraak maak nie, nog kragtens die Konvensie van 1884 (want dit het geen woord omtrent self­bestuur bevat nie), maar eenvoudig kragtens sy reg as soewereine volkeregtelike staat. Met ander woorde, volgens sy opvatting was dit ’n noodwendige implikasie van die Konvensie van 1884 dat die Suid-Afrikaanse Republiek ’n soewereine staat was en uit dié bron van sy regte sou put; dat dit daarom in die Konvensie van 1884 onnodig geag was om iets oor sy regte te sê. In daardie antwoord, wat nie alleen juridies en histories juis is nie, maar buitendien ook op eenvoudige gesonde verstand berus, het ons slim Hoë Kommissaris gemeen ’n uitdaging aan die Regering van Haar Majesteit te sien, hoewel selfs in daardie antwoord die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek hom aan die Konvensie van Londen onderwerp het, soos hy reeds honderde male gedoen het.

Dit is die hele geskiedenis van die susereiniteitsgeskil tussen die twee regerings. Die Suid-Afrikaanse Republiek het gevra om arbitrasie oor sekere geskille, en Engeland het by monde van die heer Chamberlain geweier, omdat van ’n susereine mag nie verwag kan word om by wyse van arbitrasie geskille met sy ondergeskikte te besleg nie, maar dat hy volgens die nuwe beginsels wat in Birmingham in sy volkereg ingeskroef is, regter in sy eie geskille met ander moet wees. Die houding deur die Suid-Afrikaanse Republiek in hierdie merkwaardige briefwisseling ingeneem, word gestaaf deur die handelwyse van lord Derby tydens die onderhandelinge omtrent die Konvensies, maar ook daarna toe hy ’n telegram omtrent die inhoud van hierdie Konvensie aan die Hoë Kommissaris gestuur het om aan die Regerings van altwee die Republieke oor te bring en wat as volg gelui het:

High Commissioner,                       To British Resident,

Cape Town.                                                Pretoria.

"28. Please inform Transvaal Government, that I have received the following from the Secretary of State. Begins: 27 February. Convention signed today. New South Western boundary as proposed, following trade road British Protec­torate country outside Transvaal established with delegates’ consent. They promised to appoint Border Commissioner inside Transvaal co-operate with ours outside, Mackenzie — British Resident. Debt reduced to quarter million. — Same complete internal independence in Transvaal as in Orange Free State. Conduct and control diplomatic intercourse foreign Governments conceded. Queen’s final approval treaties reserved. Delegates appear well satisfied and cordial feeling between two Governments. You may make the above known.”

Verder word die bewering ook gestaaf deur die uitdruklike verklarings van lord Rosmead en die weleerwaarde heer D. P. Faure dat dit duidelik verstaan was by die aangaan van die Londense Konvensie dat die susereiniteit verval het; om selfs nie eens te praat van die getuienisse van die kant van die Transvaalse deputasie nie. Die susereiniteit het selfs dus nie die minste skyn van bestaan nie, en tog soos ek verder sal aantoon, is die heer Chamberlain bereid om op hierdie punt ’n oorlog met die Suid-Afrikaanse Republiek te begin wat volgens sy beskeie sienswyse natuurlik alleen op anneksasie sal uitloop.

Terwyl die twee Regerings met hierdie vraagstuk besig was, was die kapitaliste natuurlik ook besig om hul vuurtjie aan die brand te hou. Rhodesië was nie alleen ’n onverwagte mislukking nie, maar was per slot van sake ryker aan Swartroorloë as aan betaalbare goudmyne. Die kapitaliste-groepe wat die grootste belang in die Witwatersrand gehad het, was ook die meeste geïnteresseerd in Rhodesië en heel natuurlik het dit vir hulle gerade voorgekom dat dieTransvaalse myne ook die skulde van hul ondernemings in Rhodesië sou dra, ’n vereffening wat egter, veral met die oog op die aandeelhouers, alleen uitvoerbaar was deur ’n politieke samesmelting van die twee lande.

Om hierdie doel te bereik, moes ’n gedurige agitasie in Johannesburg aan die gang gehou word, sodat die veraf wonende Engelse aandeelhouers voorberei kon word vir die dag waarop die anneksasie van Transvaal langs konstitusionele weg sou plaasvind.

Die argument wat bestem was om maklik ingang te vind by hierdie Europese aandeelhouers was dat deur die administrasie van die Suid-Afrikaanse Republiek ’n toestand op die goudvelde ontstaan het wat erg nadelig was vir die finansiële belange van die mynbedryf; met ander woorde, uit hierdie oogpunt beskou, was die sogenaamde "uitlander-griewe” ’n onuitputlike ryk en betaalbare myn.

Hierdie agitasie het in die eerste plek regstreeks van die kapitaliste uitgegaan en het in die loop van 1897 so hewig geword dat die Regering besluit het om ’n kommissie van amptenare en mynmagnate te benoem ten einde ’n grondige ondersoek na die beweerde finansiële griewe in te stel. Wat die Regering betref, het die kommissie in hoofsaak bevind:

1.  Dat die prys van dinamiet (85 sjielings per kis van 50 pond elk) te hoog was onder die bestaande konsessie en dat ’n prysvermindering wenslik was of deur kansellasie van die konsessie, of deur die regsgeldigheid van die konsessie in die hof te toets.

2.  Dat die tariewe van die Nederlands Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy vir die vervoer van steenkool en ander artikels te hoog was, en dat dit ook wenslik was om die Maat- skappy oor te neem.

3.  Dat die invoerregte op lewensbehoeftes te hoog was en die bestaan vir die werkman van Johannesburg dus te duur was.

4.  Dat strenge maatreëls getref moes word om gouddiefstalle teen te gaan en dat die wet op die algehele verbod van drankverkoop aan kleurlingarbeiders strenger gehandhaaf moes word, en dat daar ook ’n strenger toepassing van die paswet (waar­onder die verkeer van naturelle-arbeiders gereël word) noodsaaklik was.

5. Met die doel om die maatreëls in paragraaf 4 genoem, uit te voer, het die kommissie aan die hand gegee dat ’n adviserende raad aan die Witwatersrand aangestel moes word wat die Regering van raad sou kan dien met betrekking tot die toepassing van die gemelde maatreëls.

In hoever is aan hierdie aanbevelings uitvoering gegee?

1.  Wat dinamiet betref, het dit geblyk dat daar geen kans bestaan het om die bestaande konsessie met welslae in ’n geregshof te beveg nie, en ook kon nog die Regering nog die Volksraad enige vrymoedigheid voel om ’n kontrak wat aangegaan was en waaronder enorme somme geld uitgegee was, sonder toestemming van die ander party te kanselleer. Die mynbedryf was natuurlik met hart en siel ten gunste van kansellasie, selfs sonder voldoende vergoeding; maar die publiek het toe nog nie geweet wat in die afgelope maande openbaar geword het nie, naamlik dat die De Beers-korporasie self die voorneme gehad het om dinamietfabrieke in Suid-Afrika op te rig en dat hierdie agitasie van die kapitaliste dus bedoel was om hulle ook nog van hierdie groot bron van inkomste meester te maak. Van die belange van die heer Chamberlain in die Engelse ammunisie- en dinamietfirma Kynoch is die publiek wel bewus, hoewel ’n mens aarsel om aan te neem dat die Minister van Kolonies in sy Transvaalse politiek gelei word deur oorwegings van private finansiële belang.

Die Regering en Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek het dus die verstandiger weg gekies om die prys van dinamiet sodanig te verminder dat dit tans omtrent gelyk staan aan die Europese markpryse, vermeerder deur ’n beskermingsinvoerreg van 20s. per kis. Hier moet aangestip word dat die heer Chamberlain, wat geweet het hoe ongewild die dinamietkonsessie in die Suid-Afrikaanse Republiek is, nie geaarsel het om die Regering van die Republiek op dreigende toon en houding te laat weet dat die konsessie in stryd was met die Londense Konvensie.

Die antwoord van die Regering hierop was so verpletterend dat, in verband geneem met die feit wat later bekend geword het, naamlik dat sommige van die beroemdste Engelse en Europese juriste geadviseer het dat die konsessie geensins in stryd met die Konvensie is nie, die heer Chamberlain sedertdien nie weer op die onderwerp teruggekom het nie. Ek haal dit aan om aan te toon hoe elke kleinigheid aangewend word om gronde te vind om die Suid-Afrikaanse Republiek te verneder.

2.  Wat die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy betref, skyn dit of die kapitaliste sedert die tyd van die nywerheidskonsessie van mening verander het en nou dink dat die administrasie van die Maatskappy so goed is as wat redelik verwag kan word en dat naasting dus onnodig geword het. Miskien dink hulle ook, uit hul oogpunt beskou, dat dit beter sou wees dat hulle self die aandele van die Maatskappy opkoop en dat dus die mynnywerheid in plaas van die Regering hom meester sal maak ook van die bron van inkomste.

Met betrekking tot die spoorwegtariewe kan gemeld word dat dit volgens die aanbeveling van die Nywerheidskommissie sodanig verminder is dat daar geen klagte meer gehoor word nie, en dus moet 'n mens daarvan aflei dat alle redes om te kla, verdwyn het.

Die vermindering van hierdie vragpryse saam met die afneem van invoerregte van byna alle ingevoerde benodigdhede vir lewensonderhoud, het ’n verandering van omtrent £700,000 in die staatsinkomste van die afgelope jaar teweeggebring, ’n enorme som in vergelyking met die totaal van die staats­inkomste van die Suid-Afrikaanse Republiek.

Dit dien as bewys hoe begerig die Regering van die Suid- Afrikaanse Republiek is om griewe uit die weg te ruim sodra dit duidelik bewys word dat hulle werklik bestaan.

3.  Wat betref die toepassing van die Drankwet, die Paswet en die Wet op die Diefstal van Goud, het nog die Regering nog die Volksraad die vrymoedigheid gevoel om ’n adviserende raad op die Witwatersrand in die lewe te roep. Hulle het dieper tot die wortel van die kwaad deurgedring en die toepassing van die wette sodanig verander dat daar nou geen blyke van ontevredenheid meer gegee word nie. Inteendeel van gouddiefstalle word nooit meer gehoor nie, en die verteenwoordigende liggame van die mynbedryf het herhaalde male hul tevredenheid betuig in verband met die toepassing van die Paswet en veral van die Drankwet.

In  hierdie Drankwet het ons ’n toets van ’n goeie administrasie. Die aard van die Drankwet bring mee dat hy een van die moeilikste wette is wat ’n regering ooit kan geroep word om uit te voer, en die mate van welslae deur die Regering en sy         amptenare bereik,    toon nweerlegbaar aan dat            die beskuldiging van onbevoegdheid in die toepassing van die wet wat so dikwels teen die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek ingebring is, van alle waarheid ontbloot en alleen bedoel is om die Regering te belaster en te benadeel. So het nog op 17 Augustus ’n             gekombineerde vergadering van die Kamer van Mynwese, die Kamer van Koophandel en die Vereniging van Mynbestuurders, die drie sterkste en mees verteenwoordigende liggame op die Witwatersrandse goudvelde, die volgende twee besluite aangeneern wat vir hulself spreek:

"1. Hierdie gekombineerde vergadering, wat die Kamer van Mynwese, die Kamer van Koophandel en die Vereniging van Mynbestuurders verteenwoordig, wens weer sy besliste goedkeuring oor die teenswoordige Drankwet uit te spreek en is van mening dat drankverbod nie alleen vir die naturelle in hul eie belang heilsaam is nie, maar ook absoluut noodsaaklik is vir die mynbedryf met die oog op die behoud van hul dienskragte.

"2. Hierdie vergadering wens sy waardering uit te spreek oor die pogings aangewend deur die speurdepartement van hierdie Republiek sedert dit onder beheer van die Staatsprokureur geplaas is, om die onwettige drankhandel te onderdruk, en die vergadering is van mening dat die welslae waarmee die pogings tot dusver bekroon is, die bewering dat die Drankwet onuitvoerbaar is, ten volle weerlê.”

(Die eerste voorstel is deur ’n oorgrote meerderheid en die tweede eenparig aangeneem.)

Vergelyk hierdie verklaring van die verteenwoordigers van die myn- en handelsbelange van die Witwatersrand met die bewering deur die heer Chamberlain in sy groot griewe-depechè van 15 Mei herhaal: "Strenge toepassing van die Drankwet het nog nooit plaasgevind nie en die Wet word eenvoudig ontduik en drank in onbeperkte hoeveelhede aan die naturelle op die myne verstrek.” Toe die heer Chamberlain hierdie woorde neergeskryf het, was hulle absoluut onwaar; maar byna al sy griewe is van dieselfde denkbeeldige gehalte.

Die uitkoms het dus ten volle bewys dat die Regering gelyk gehad het in sy sienswyse dat dit beter was om die toepassing van die wette waaroor gekla is, te verander, as om ’n beginsel in te voer waarvan die gevolge en uiteindelike uitwerking deur niemand voorspel kon word nie.

Die agitasie in verband met die verslag van die Nywerheidskommissie is gevolg deur ’n groot kalmte. Was dit nie dat die Swaziland-moeilikheid stof tot argwaan gegee het nie, sou ’n mens werklik kon gedink het dat daar geen wolk aan die horison was nie. Die twee Regerings was oënskynlik op heel goeie en vriendskaplike voet, en sommige van ons het reeds begin dink dat die tydperk van broederlike samewerking tussen die twee blanke rasse in Suid-Afrika eindelik aangebreek het en dat die vervloekte inval en al sy gevolge van rassehaat en verdeling op ’n end was. Enkele omstandighede het egter aangedui dat die stilte geen rus was nie en dat die vyand inteendeel besig was met ’n laaste poging om sake op ’n krisis te laat uitloop.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 14918 gaste aanlyn