NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie nuwe jaar sal baie van ons een of ander vorm van pyn en lyding ervaar. Maar ons moet nie bang wees nie want God se liefdevolle hande rondom ons in pyn, help ons om die omstandighede met hoop en moed onder die oë te sien. Daar is geen angs, verlies of lyding van ons waarin God nie deel nie. Wanneer ons dan weet dat God altyd by ons is, selfs al val ons wêreld uitmekaar, sal ons die pyn kan verduur, sonder vrees, sonder angs, met moed en hoop.

'N EEU VAN ONREG (3)

Lees reeks by 'n Eeu van Onreg 

Een Eeuw van OnrechtA Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel.  Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.

DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK

"Maar nou moes ons sê dat ons nie meer tot Engeland kon spreek nie, omdat daar niemand was wat ons wou aanhoor nie. Met vertroue op die almagtige God van reg en geregtigheid het ons ons tot ’n skynbaar hopelose stryd aangegord in die oortuiging dat of ons oorwin en of ons sterf, die son van die vryheid in Suid-Afrika uit die morewolke sou verrys. Met God's                      almag het ons oorwin, en dit het gelyk of ons vryheid weer ’n tyd lank verseker was. Op Bronkhorstspruit, op Laingsnek, op Ingogo en op Amajuba het God ons die oorwinning gegee, hoewel in elkeen van hierdie veldslae die Britse troepe groter in aantal en beter bewapen was as ons."

Ons het reeds melding gemaak van die noodlottige einde van die Trichardt-trek. Die Trichardts het gevind dat Transvaal oorstroom is deur die krygsvolk van Moselekaats, koning van die Matabeles en vader van Lobengula. Die ander Swartstamme in Transvaal was sy honde.

Toe Moselekaats hoor van die naderende Trekkers het hy ’n impi gestuur om hulle te verdelg. Hulle het ’n aantal afgeskeie mense vermoor, dog die impi is op Vegkop deur die klein laertjie van Chari Cilliers verslaan. Hier het ook die Boerevroue hulle deur heldedade onderskei. Kort daarna het die Emigrante deur die Vaalrivier getrek en ná twee gevegte Moselekaats en sy barbare oor die Limpoporivier tot in Matabeleland verja. Na die anneksasie van Natal het Andries Pretorius ook na Transvaal gekom en daar rustig as aanvoerder geleef nieteenstaande die prys wat sir Harry Smith ná Boomplaats op sy hoof gestel het nie. En die Britse Resident in die Vrystaat, wat nou nog aan Engeland behoort het, moes aan die Engelse goewerneur skryf dat die lot van die Vrystaat van hierdie Pretorius afhang. Aan sy invloed was dit te danke dat Moshesh nie die Britse soldate verdelg het nie. In Engeland is besluit, soos die meer aangehaalde Froude sê, om die Afrikaners en die Swartes buite die grense met rus te laat, met die hoop daarby dat die Swartes die Afrikaners sou verdelg.

Die Koloniale Kantoor was dus bly, sê die Engelse parlementslid Molesworth, toe die goewerneur in 1851 van Andries Pretorius, kommandant-generaal van die Transvaalse Boere, ’n brief ontvang waarin hy namens sy volk aanbied om onderhandelings met die Britse Regering aan te knoop met die oog op ’n traktaat van vrede en vriendskap. Die prys op sy hoof gestel, is dadelik gekanselleer, en toe sir Harry Smith in oneer teruggeroep is, is goewerneur Cathcart deur graaf Grey uitgestuur om die onafhanklikheid van die Boere te erken. Die Aberdeen-ministerie wat onmiddellik opgevolg het, het deur sy woordvoerder in die Engelse Laerhuis verklaar: "Dit spyt ons dat hulle ooit oor Grootrivier getrek het. Lord Grey het dit gedoen terwille van sir Harry Smith en teen sy eie beterwete en beter insigte in, daar die Boere vyandig was teen die Britse heerskappy.” Hierdie politiek is byna eenparig deur die Britse Laerhuis bekragtig.

Daarop is Pretorius se voorstel aangeneem, en die twee assistent-hoëkommissarisse Hogge en Owen, met goewerneur Cathcart uitgestuur, het met die afgevaardigdes van die Boere ’n byeenkoms gehou ten gevolge waarvan die Sandrivierkonvensie deur die partye wedersyds onderteken is. In hierdie konvensie, soos ook in die latere Vrystaatse, is die Transvaalse Boere op die volledigste wyse teen inmenging of letsel van Engelse kant gewaarborg, nog met die naturelle noord van die Grootrivier, aan wie dit ook wedersyds verbied is om skietgoed te verskaf. Die Britse kommissarisse het verslag gedoen dat die erkenning van die onafhanklikheid van die Transvaalse Boere groot voordele meebring, daar dit hul vriendskap sou verseker, hul verbintenis met Moshesh sou verhinder en verseker dat geen slawerny sou bestaan nie en dat misdadigers uitgelewer sou word.

Op 13 Mei 1852 het sir George Cathcart, die goewerneur, in ’n proklamasie sy voldoening uitgespreek dat hy as een van die eerste dade van sy bestuur die Sandrivierkonvensie kon goedkeur. Op 24 Junie 1852 het ook die Britse Koloniale Sekretaris die konvensie goedgekeur.

Die Republiek het nou ’n konvensie besit wat, vir sover dit die voorwaardes betref het, hom skynbaar ’n rustige toekoms voorspel het. Die Republiek is behalwe in Engeland ook in Holland, Frankryk, Duitsland, België en veral deur die Verenigde State van Amerika, erken. Die Staatsekretaris van Amerika het op 19 November 1870 uit Washington aan pres. Pretorius geskryf en gesê dat sy regering die soewereiniteit van die Transvaalse Republiek hartlik erken en bereid sal wees alle maatreëls te tref wat daardeur vereis mag word.

Maar op die woord van Engeland selfs in ’n konvensie deur hom goedgekeur en onderteken, kon nie vertrou word nie. Toe diamante in die Vrystaat, nog geen sewentien jaar na die ondertekening van die konvensie, ontdek is, het Engeland aanspraak gemaak op ’n deel van die Transvaalse gebied wat gegrens het aan die deel van die Vrystaat wat hy reeds afgeneem het. Daar is tot arbitrasie oorgegaan. Die arbiters het verskil en die skeidsregter, goewerneur Keate van Natal, het teen Transvaal uitspraak gedoen. Toe het dit geblyk dat die Britse arbiter van die swart kaptein Waterboer twaalfduisend morge grond vir ’n appel en ’n ei gekoop het, en dat goewerneur Keate, in stryd met die konvensie, Waterboer reeds as ’n Britse onderdaan aangeneem het. Selfs dr. Moffat, wat geen vriend van die Boere was nie, het in ’n brief aan die Londense Times hierteen geprotesteer omdat die betrokke grond steeds aan Transvaal behoort het.

Dit was maar net een van die breuke van die konvensie. Toe die vierhonderdduisend gewere aan Swartes in Kimberley verkoop is, waarvan Cunynghame en Moodie getuie was, het Transvaal in 1872 by die Kaapse Hoë Kommissaris hewig protes aangeteken. Hy moes hom egter tevrede stel met ’n parmantige antwoord van sir Henry Barkly.

En om die kroon te span op al die skanddade van Engeland het hierop gevolg die anneksasie van Transvaal deur middel van Shepstone op 12 April 1874. Om die kroon op sy Suid-Afrikaanse konfederasie-politiek te sit, het lord Carnarvon Bartle Frere as goewerneur na die Kaap gestuur. Hy het ook Shepstone na Transvaal gestuur om die land te annekseer as die toestemming van die Volksraad of van die meerderheid van die inwoners verkry kon word. Die Volksraad het teen die anneksasie geprotesteer, die president het geprotesteer, en uit ’n moontlike agtduisend burgers het sesduisend-agthonderd geprotesteer; dog alles tevergeefs.

Biskop Colenso het verklaar dat: "The sly underhand way in which the Transvaal had been annexed, appears to me to be unworthy of the English name.”

Die Vrystaat het eweneens sy innigste               spyt            oor die anneksasie uitgespreek. Selfs Gladstone het sy spyt uitgedruk en erken dat in Transvaal Engeland in die posisie verkeer van die vrye onderdane van ’n koninkryk wat die vrye onderdane van ’n republiek gaan          onderdruk en dwing om ’n burgerskap aan te neem wat hulle nie wil hênie, maar dit het      alles niks gehelp nie.

Sir Garnet Wolseley het verklaar: "As long as the sun shines, the Transvaal will remain British territory,” en weer: "dat die Vaalrivier eerder terug na sy bron oor die Drakensberge sou loop voordat Engeland Transvaal sou afstaan.”

Shepstone se vernaamste redes vir die anneksasie was dat Transvaal Sekoekoenie nie kon oorwin nie, en verder dat die Zoeloes gedreig het om Transvaal te oorweldig. Wat Sekoekoenie betref, het hy kort tevore om vrede gesmeek, en hy is deur die Republiek met tweeduisend beeste beboet. En wat die Zoeloe-volk betref, is die dreigende gevaar nooit deur die Republiek gevoel nie. Vierhonderd burgers het in 1838 die Zoeloe-mag verbreek en in 1840 Panda, vader van Cetewayo,  gekroon. Sir Bartle Frere het op 12 Januarie 1879 in ’n brief aan sir Robert Herbert erken dat dit vir hom vreemd was dat die Zoeloes Natal so lank ongehinderd gelaat het totdat hy uitgevind het dat die Zoeloes in die tyd van Dingaan totaal verslaan is deur die Boere. Kort voor die anneksasie het ’n klein afdeling Transvaalse burgers die opperhoof Umbeline tot in die hart van Zoeloeland agtervolg. Maar Colenso toon aan wat ’n bedrieglike stokperdjie die Zoeloe-moeilikheid was. Daar het etlike jare lank tussen Transvaal en die Zoeloes ’n geskil bestaan oor ’n strook grond op die grens wat sedert 1869 deur die burgers beset en bewoon was. Voor die anneksasie, toe Shepstone nog in Natal was, is hierdie kwessie na hom verwys en hy het duidelike uitspraak teen die Boere en ten gunste van die Zoeloes gegee. Daar kon dus geen rede vir ’n Zoeloe-aanval op Transvaal wees nie. Shepstone was egter skaars oorheerser van Transvaal, wat hy tot Engelse gebied verklaar het, of hy vind uit dat daar sulke sterk getuienis was vir die aanspraak van die Boere dat die Zoeloes geen eis ten opsigte van die betrokke grond gehad het nie. Die goewerneur van Natal, Bulwer, het ’n grenskommissie aangestel wat ten gunste van die Zoeloes uitspraak gedoen het; maar Shepstone het hewig teen hierdie uitspraak uitgevaar, en Bartle Frere en die hoë kommissaris het hom blindelings ’gevolg, met die gevolg dat Engeland ’n ultimatum aan die Zoeloes gestuur en die Zoeloe-oorlog daarop gevolg het, wat die Engelse naam in Suid-Afrika veel skade onder die naturelle berokken het.

Ons sien dus dat Shepstone se twee vernaamste redes van alle waarheid ontbloot was.

Dit was natuurlik vir die Staatsekretaris moeilik om sy opdrag "om te annekseer indien die meerderheid van die bevolking daarvoor is” te handhaaf teen die feit dat sesduisend- agthonderd uit die agtduisend burgers beswaar gemaak het; maar sonder dat die minste rede daartoe bestaan het, het sowel Shepstone as Carnarvon verklaar dat die naamtekeninge op die petisie teen die anneksasie onder dreigemente verkry was. Juis die teenoorgestelde was waar. Toe die vergadering op Pretoria gehou is om die petisie te teken, het Shepstone die kanonne op die byeen-vergaderde mense laat aanlê. En boonop het hy nog ’n proklamasie uitgereik waarin hy gedreig en gewaarsku het teen die ondertekening van die petisie.

Toe hierdie redes dus uit die veld geslaan is, moes hulle hul beroep op ’n voldonge feit. Carnarvon het gesê dat hy die afgevaardigdes slegs sou mislei as hy hulle enige hoop op teruggawe sou gee. Gladstone het dit herhaal deur te sê dat hy nie die koningin kon aanraai om haar soewereiniteit aan Transvaal te onttrek nie.

Toe daarop gewys is dat die anneksasie ’n growwe skending van die Sandrivier-traktaat is, het sir Bartle Frere in 1879 gesê dat as ’n mens na die Sandrivier-konvensie wil teruggaan, jy net so goed tot die Skepping kon teruggaan!

Dit moet hier ook nie vergeet word nie dat die grond wat ten gevolge van die Keate-beslissing in 1870 buite die grense van die Republiek geval het, nou deur Shepstone by Transvaal ingelyf is as grond wat aan Transvaal behoort.

Daar was ook nog ander dinge wat vir Transvaal onder ’n republikeinse bestuur verkeerd was, maar nou onder die Engelse bestuur volkome reg was. In die oorlog tussen die Republiek en Sekoekoenie het die Britse hoe kommissaris daarteen geprotesteer dat die Republiek in die bevegting van Sekoekoenie van Swazies en vrywilligers gebruik maak. Onder die Britse bestuur is hierdie oorlog voortgesit, eers met troepe, maar toe hulle deur die Swartes verslaan is, is ’n leër Swazies opgeroep en ook van vrywilligers gebruik gemaak. Hoeveel Swazies daar was, blyk uit die feit dat 500 Swazies gesneuwel het. Die gruweldade wat in daardie stryd deur die Swazie-helpers van die Engelse gepleeg is, is verskriklik.

Colenso, wat in die geleentheid was om te oordeel, sê van die gevolge van die anneksasie van die Republiek: "Die moeilikheid met Zoeloeland, en ook dié met Sekoekoenie, is die regstreekse gevolg van die ongelukkige anneksasie van Transvaal, wat ons tegemoet sou gekom het as ons nie van hul land soos ’n klomp vrybuiters besit geneem het nie, deels deur 'trickery’ en deels deur 'bullying’.” En op ’n ander plek sê hy: "En so het ons Transvaal geannekseer en die daad het as sy Nemesis die Zoeloe-moeilikheid meegebring.”

Dat die Britse Regering steeds die gedagte gekoester het om van die Zoeloes gebruik te maak om Transvaal te verdelg wanneer ’n geskikte geleentheid daartoe sou aanbreek, blyk uit ’n brief van sir Bartle Frere, destyds hoe kommissaris, aan generaal Ponsonby, waarin hy sê:

"Dit is ’n feit dat toe die Boere-republiek ’n mededinger en ’n half-vyandelike mag was, dit in Natal te swak was om die Zoeloes te paai, soos ’n mens met ’n mak wolf maak wat net die skape van die bure verslind. Ons het weliswaar steeds moenie gesê; maar nou dat altwee die kuddes aan ons behoort, voel ons ’n bietjie verleë as ons hulle nou moet afkeer.”

En weer in ’n brief aan sir Robert Herbert:

"Die Engelse was wel daartoe geneë om die Zoeloes teen die Boere te help. Dit was vir my ’n skok om uit te vind hoe na aan die wind die voorgangers van die teenswoordige Natalse bewind in die ondersteuning van die Zoeloes teen die Boere geseil het. John Dunn verklaar dat hy Zoeloes van gewere voorsien het met medewete van die regering. (Dus ook van hierdie kant ’n verbreking van die Sandrivier-konvensie.) Dit is ongetwyfeld dat in Natal die simpatie sterk aan die kant van die Zoeloes en teen die Boere was, en wat nog erger is, nou nog is.”

In sulke omstandighede dan het die anneksasie plaasgevind. Die Engelse het weer nie geskroom om van die hulp van Swartes teen die Boere gebruik te maak nie, soos op Boomplaats. En op alle maniere is getrag om dit tot die Britse volk te laat deurdring dat hier ’n groot onreg gepleeg is; maar selfs die hoë kommissaris wou dit nie insien nie, en onderwyl hy geluister het na die woorde wat uit ons bloeiende harte kom, het hy die wens uitgespreek dat hy artillerie met hom meegebring het om ons uitmekaar te ja, en hy het wanvoorstellings omtrent ons gedoen en ons aanhoudend beklad.

Ons het hoopvol gesê dat die volk glo dat as die koningin van Engeland en die Engelse volk weet dat in Transvaal ’n volk verdruk word, hulle dit nie sou gedoog nie. Maar nou moes ons sê dat ons nie meer tot Engeland kon spreek nie, omdat daar niemand was wat ons wou aanhoor nie. Met vertroue op die almagtige God van reg en geregtigheid het ons ons tot ’n skynbaar hopelose stryd aangegord in die oortuiging dat of ons oorwin en of ons sterf, die son van die vryheid in Suid-Afrika uit die morewolke sou verrys. Met God's almag het ons oorwin, en dit het gelyk of ons vryheid weer ’n tyd lank verseker was.

Op Bronkhorstspruit, op Laingsnek, op Ingogo en op Amajuba het God ons die oorwinning gegee, hoewel in elkeen van hierdie veldslae die Britse troepe groter in aantal en beter bewapen was as ons. Nadat hierdie oorwinnings nuwe krag aan ons argumente verleen het, het die Britse Regering, onder leiding van die onvergeetlike Gladstone, besluit om die anneksasie te vernietig en ons geskonde regte aan ons terug te gee.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15598 gaste aanlyn