NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Tevredenheid maak arm mense ryk.  Ontevredenheid maak ryk mense arm.

WAAGHALSIGE AVONTURE (5)

Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog

Kort Adriaan - Die verhaal van 'n Bittereinder

"Voordat die ruiters tot verhaal kon kom, was drie van hulle reeds platgetrek. Toe die res daarna op vlug slaan, het hy die laaste twee patrone in sy magasyn afgestuur en met genoegdoening sit en kyk hoe nog twee ruiterlose perde saam wegjaag."

Hulle het hom "Kort Adriaan" genoem: soms "Kort Adriaantjie" as hulle so 'n bietjie spot wou byvoeg. Almal het hom geken. Hy was orals. Daar waar 'n politieke byeenkoms, 'n godsdiensoefening, 'n kerkgeleentheid, huweliksfees of verjaardagpartytjie gehou word, daar was Kort Adriaan een van die menigte. Gewoonlik was hy die middelpunt van lag en vermaak. By die kuier onder die bure ook, was hy een van die gereeldste besoekers. Soms het hy sy kuier herhaal: twee, drie maal per dag en gesorg dat sy besoeke met etenstye saamval.

Kort Adriaan het baie tyd gehad, want hy het nie gewerk nie. Daarvoor het hy homself as al te oud beskou. Waarvoor het hy dan vyf seuns en vier dogters grootgemaak? Die seuns moes die veeboerdery behartig en vir die boord, tuin en landjie sorg, waar net genoeg geplant, gesaai en gekweek is om aan die huis en die gesin se behoeftes te voorsien. Die dogters moes huishou onder die toesig van Aletta. Aletta was Kort Adriaan se vrou. Stil, gedwee en huislik was sy.

Omdat almal Kort Adriaan geken het, het hulle hom geduld en verdra. Eintlik het die meeste mense sy geselskap geniet, veral die kinders en die jongmense, want Kort Adriaan was 'n baasverteller en -grapmaker.

Daarby het Kort Adriaan 'n besondere en treffende voorkoms gehad. Op sy kaal voete het hy nog glad nie vyf voet hoog gestaan nie. Sy wilde bos rooibruin hare, waarin die grys al verskyn het, het hom heelwat groter laat lyk, maar eintlik was dit sy lang bos baard wat hom met waardigheid bekroon het. Hierdie bos baard, al lank nie meer rooi nie, maar rooiskimmel en geelgrys, veral om die mond, was Kort Adriaan se trots. Geen skêr of skeermes het nog ooit hierdie baard geskend nie. Soos die hoëpriesters van ouds, het hy hierdie pragtige sieraad met liefde en sorg vertroetel en ondertoe wyd uitgekam, sodat dit sy hele bors en 'n gedeelte van sy buik bedek het. Onder hierdie welige skimmelrooi harigheid was sy gelaatstrekke permanent verberg, behalwe die vinnige swart kykers, wat altyd wakker en onnutsig gevonkel het, en die klein rondepuntneusie wat mens laat dink het aan 'n rooi miershoop tussen die lang, vaal wintergras.

Om 'n heel ander rede nog, was Kort Adriaan se geselskap so algemeen gesog en gewild: op sy kop het hy geen enkele bang haar gehad nie en daar was sommer baie hare! Hy het van 'n voorgeslag afgestam wat dwarsdeur die geskiedenis om hul onverskrokkenheid en volkome doodsveragting beroemd was. Van kleins af was hy die seun van die trek en van die veld, met 'n roer wat in sy hande ontsaglik groot vertoon het, as getroue en onafskeidbare vriend en bondgenoot.

In die jagveld was Kort Adriaan die meester wat hom altyd deur sy veldkennis en vernuf, sy waaghalsigheid, ongelooflike ratsheid en behendigheid onderskei het. Omdat hy die kenner was, het hy hom gewoonlik deur geen spoorsnyer, hulp of vriend laat vergesel nie. Alleen het hy die veld ingestap en alleen het hy sy leeu, buffel of olifant platgetrek.

Kort Adriaan, die soeker na geselskap, was die alleenloper wanneer hy in die veld was. Dan kon hy hom sonder om hom oor honger, dors, of geselskap te bekommer, of sonder enige teken van vermoeidheid, dae lank agter die wild aanstap. Van perdry het hy nie gehou nie. 'n Ryding was vir hom 'n beslommernis, maar te voet was hy die ratse, die onvermoeide en, as hy in die veld was, die sluiper-jagter wat met die veld ineengesmelt het.

In die Tweede Vryheidsoorlog, so word vertel, het Kort Adriaan 'n besondere en byna unieke rol gespeel. Toe al die burgers deur die Republikeinse Regering vir die verdediging van die grense opgeroep is, het Kort Adriaan ook by sy kommando aangesluit en saam met die ander burgers die aanslae van die vyand probeer stuit. Maar toe die Engelse magte eers die hoofstede beset het en die Kakies met sterk afdelings die hele platteland begin insypel, het hy soos baie ander burgers die kommando verlaat, nie om die stryd gewonne te gee nie, maar om sy huis en besittings te gaan beskerm.

Tuis het hy die vyandelike stropers ingewag. Stropers was hulle inderdaad, want toe die Boeremagte ontbind en dit daarna met guerilla-taktiek vir die vyand moeilik maak, het die vyand met verwoestende teenmaatreëls teruggeslaan. Hulle het die boereplase stelselmatig verinneweer deur die woonhuise af te brand, die vee te konfiskeer en die tuine, landerye en implemente te verwoes, sodat die Boerekommando's van hulle ankers losgeruk kon word en geen lewensmiddele vir hulle geproduseer kon word nie. Daarby het die vyand dit nodig gevind om die Boerefamilies, die vroue en die kinders en menigte bejaarde mans wat nie aktief aan die stryd kon deelneem nie, gevange te neem. Die vroue en kinders het hulle in konsentrasiekampe saamgehok, waar ontbering en siekte-epidemies duisende afgemaai het.

Die mans het hulle saam met ander Boerekrygsgevangenes oor die see verban, na St Helena, die Bermuda-eilande, Ceylon en tropiese Indië.

Kort Adriaan het nie weer by die Boerekommando's aangesluit nie. Hy wou sy eie stryd op sy eie manier met die vyand aanknoop; nie omdat hy verwag het dat hy alleen die magtige Engelse leer sou kon oorwin nie, maar omdat hy as eenmankommando selfstandig kon optree en 'n groter aandeel in die oorlog kon hê. In werklikheid het Kort Adriaan se prestasie baie gunstig met die van 'n hele kommando vergelyk.

Die onverdeelde plaas wat hy saam met ander verwante bewoon het, het aan die westelike hang van die berg gelê en reg teenoor die plaas, aan die agterkant van die berg, was die dorp wat na die val van Pretoria ook deur die vyand beset is. In hierdie dorp het die Engelse 'n groot laer getrek en oorlogsvoorrade byeengebring. Dit moes dien as basis vanwaar die gereelde klopjagte en plundertogte op die omliggende platteland uitgevoer kon word.

Bo van die berg af het Kort Adriaan die vyand bespied en hulle bedrywighede en bewegings gadegeslaan. Toe die eerste patrollies na die plase in die omgewing uitgestuur word, het hy geweet dat sy plaas en werf ook aan die beurt sou kom. Hy het sy veetjies bymekaar gemaak en hulle in die berg en die klowe self opgepas en tussenin by sy huis ook toesig gehou dat die waardevolle besittinkies behoorlik weggesteek word. Die ossewa en die trekgoed het hy gereed gehou, sodat sy vrou en kinders kon vlug as die gevaar dreig.

Dag na dag het hy van bo van die berg af, met stygende verbittering, gekyk na die rookpluime wat oral van die plase en brandende Boerewonings af opstyg. Hy het hom, voorgeneem dat, indien sy plaas op daardie manier deur die Kakies besoek word, hulle duur daarvoor sou moes betaal.

Sy beurt het gou aangebreek. Toe hy merk dat die vyandelike kolonne op sy plaas afstuur, het hy sy wa betyds laat inspan en sy huisgesin laat trek na 'n veilige oord, soos voorheen reeds beplan en afgespreek. Enkele van die buurfamilies het die voorbeeld gevolg: andere het verkies om tuis te bly. Kort Adriaan het op 'n strategiese plek posisie ingeneem, vanwaar hy - binne trefafstand van sy mauser - alles wat op sy werf plaasvind, kon volg.

Vlak voor sy oë het die vyandelike afdeling verbygetrek en oor die hele plaas versprei. Alles het hulle deursoek en orals met klaarblyklike opset en baldadigheid tekere gegaan. Die hoenders en die varke het hulle met openlike genot rondgejaag, gevang, doodgesteek, of sommer vermink. Ook die woonhuis het hulle oopgebreek en begin deursoek. Met 'n groeiende wrok in sy hart het Kort Adriaan die vandalisme aanskou en toe die rook by die vensters van sy huis begin uitborrel, het hy sy geweerslot met beslistheid toegestoot.

'n Paar oomblikke daarna het die geweerskoot oor die plaas weergalm en 'n Kakie met 'n hoë helmhoed, wat met duidelike gesag die verwoesting gereël het, het agteroor van sy perd af neergeslaan ... 'n dodelike koeëlskoot op die knoppe van sy skouers deur.

Verbasing het die Kakies aangegryp. 'n Oomblik het almal besluiteloos bly staan in afwagting van die skote wat nog moet volg, sodat hulle die oorsprong daarvan kan bepaal. Maar daar gebeur niks verder nie. Kort Adriaan het nie daarvan gehou om patrone te mors nie en wou ook nie sommer sy posisie verraai nie. Elke skoot moes raak wees. Hy het met sy hand genoeglik oor sy kenbaard gestreel, tydsaam 'n rol tabak uit sy onderbaadjiesak uitgehaal, met sy knipmes 'n netjiese skyfie afgekerf en dit behendig in sy mond weggebêre. Terwyl sy swart oë elke beweging van sy vyand by sy huis volg, stoot hy die tweede patroon in sy geweerloop. By die hoek het nog 'n Kakie neergeslaan met 'n koeël  deur die hart, terwyl die klank van die skoot langs die berg weergalm.

Teen hierdie tyd was die Kakies al oor die hele plaas en die landerye versprei. In die geharwar het die meeste hulle nie eers gesteur aan die enkele skoot nie, maar by Kort Adriaan se huis, waar die tweede slagoffer al 'n geheimsinnige koeël ten prooi geval het, het dit groot konsternasie veroorsaak.

Nog onseker oor waar die koeëls vandaan kom, het die meerderheid gaan dekking soek. 'n Enkele offisier te perd het nog trots en penregop in die saal bly sit, terwyl hy met sy verkyker die berghang bespied. Hierdie teiken was te aanloklik. Kort Adriaan het met 'n genoeglike snorkie deur sy ruie baard die skoot afgeknip en die offisier vooroor van sy perd laat aftuimel. Onvervaard het hy die gedoente op sy werf en die paniekerige reaksies van die soldate aanskou.

Blykbaar het hulle snuf in die neus gekry dat die skerpskutter hom êrens in die berg moes skuilhou. 'n Patrollie van omtrent twintig ruiters het losgebreek en in verspreide orde na die voet van die berg gejaag. Kort Adriaan het besef dat dit vir hom tyd was om te versit. Hy het egter nie gevlug voordat hy eers twee van die voorste ruiters netjies uit die saal gelig het nie. Daarna het hy tussen die bosse verdwyn.

Terwyl die ruiters die berghang deursoek en nog meer soldate by hulle aansluit, het Kort Adriaan ongemerk langs 'n digbebosde sloot teen die skuinste afgesluip, by die brandende huis verby, tot onder langs sy wenakker, waar die sloot in die kaal laagte doodloop. Van daardie kant het hy tydsaam die bewegings van die vyand dopgehou, totdat die astrantheid van 'n paar soldate wat te ver in die vrugteboord afgedwaal het, hom vererg sy geweerkolf teen die skouer laat druk het. Twee skote het blitssnel na mekaar geknal. Twee soldate het doodstil in die garsakkertjie bly lê, terwyl hulle maats in die rook van die brandende huis gaan skuiling soek.

Kort Adriaan het agteruit teen die lae slootwal teruggesak, sy broek afgestof en ongeërg met die sloot langs teruggesluip tot regoor sy huis. Binne driehonderd tree van hom af het die vyand met sy vernietigingswerk voortgegaan en oral op die plaas rondgesoek na die venynige skerpskutter. Kort Adriaan het hom soos 'n bosaap in die ruie olienhoutbos toegetrek en sy vergeldingsgedagtes laat voed met die verwoesting wat hom voor sy oë afgespeel het.

Toe die vyand teen die middag eindelik vertrek, het Kort Adriaan al met die sloot langs na die kloof in die berg gesluip om na sy besies te gaan kyk. Bo van die kruin van die kranse af het hy die vyand ook dopgehou en toe hy merk dat 'n afdeling met die pad langs koers kry na die nek waaroor die grootpad na die dorp toe lei, het hy hulle in die nek gaan voorlê.

Binne maklike trefafstand het hy 'n posisie uitgekies wat vir hom 'n wye skietveld bied. Hy het sy kans afgewag, totdat die patrollie reg voor hom was. Voordat die ruiters tot verhaal kon kom, was drie van hulle reeds platgetrek. Toe die res daarna op vlug slaan, het hy die laaste twee patrone in sy magasyn afgestuur en met genoegdoening sit en kyk hoe nog twee ruiterlose perde saam wegjaag.

Daarna het hy doodluiters opgestaan en tussen die klippe en bossies van die berghang verdwyn. Op die hoogste spits van die berg, waar hy hom veilig geag het en vanwaar hy die wêreld rondom hom kon verken, het hy gaan sit en twaalf kerfies in sy geweerkolf uitgesny. Hy het sy eerste slag gelewer.

Daardie agtermiddag laat, teen sononder, het Kort Adriaan sy werf, waar alles in puin gelê is, gaan besoek. Hier en daar het hy 'n dingetjie wat hom handig te pas kon kom opgetel en toe dit donker word, met sy geweer en bondeltjie na sy skuilplek in die berg vertrek.

In die dae wat daarop gevolg het, het hy van die kommando-burgers verneem dat sy huismense almal deur die Kakies gevange geneem is en, volgens aanduidings, met sy eie wa en osse na die konsentrasiekamp vervoer is. By die aanhoor van hierdie nuus het hy sy pruimpie 'n paar vinnige koue gegee, die giftige sap in 'n dun straaltjie sywaarts weggepiets en sonder kommentaar weggestap. Die burgers het hom geken en woordeloos agterna gestaar. In hierdie luim was Kort Adriaan die alleenloper, die jagter.

Dat die vyand die verlies van twaalf man deeglik ter harte geneem het, het spoedig en wyd bekend geraak nadat die vyandelike bevelvoerder op die dorp laat aankondig het dat 'n prys van 'n duisend pond op die kop van die Boere-skerpskutter geplaas is. Ook Kort Adriaan het dit te hore gekom. Hy het sy vonkelende swart ogies vinnig begin knip en selfvoldaan sy skouers agteroor geruk. Dit was maar nog die begin!

Hy het van elke beweging wat die vyand in die omgewing uitgevoer het geweet, sy dit in die daglig of in die nag uitgevoer is. Elke vyandelike patrollie of afdeling wat dit in die buurt van Kort Adriaan se plaas gewaag het, moes aan die bevelvoerder die verlies van manskappe gaan aanmeld ... geen gewondes nie, almal doodskote, fyn gemik, deur die bors of die kop! Die kerfies op Kort Adriaan se geweerkolf het dag na dag vermeerder.

Gedurende 'n donker onweersnag het Kort Adriaan 'n groepie burgers deur die brandwaglinies rondom die dorp gelei tot teen die vyandelike laer. Daarvandaan het hy alleen verder deurgeglip tot by die perdelyn, die tou waaraan die perde vasgemaak was deurgesny, en 'n paar dosyn perde vir die wagtende burgers uitgejaag. Onder die verwarring wat daardeur in die vyandelike laer ontstaan het, het hy ongemerk weggesluip en ure daarna behoue by sy uitkykpos op die berg aangekom. By die burgerkommando is die rydiere, waaraan daar so 'n chroniese tekort was, deur kakieperde aangevul.

By 'n ander geleentheid het Kort Adriaan 'n vyandelike konvooi vanuit die weste met die grootpad sien aankom na die dorp. Die lang trein swaargelaaide waens, onder bewaking van honderde voetvolk en 'n afdeling ruitery in die agterhoede, het teen die steil hoogtes uitgekruie na die nek oor die berg. Vingeralleen het hy die konvooi in die nek gaan voorsit en sy posisie weer so uitgekies dat hy die voordeel van 'n wye skietveld en duikveld aan sy kant het. Hy het die konvooi laat trek totdat die voorste wa vlak voor hom teen die swaarste hoogte moes verbykom. Hy het met een vinnige beweging van sy kop van sy pruimpie ontslae geraak, sy grootrandhoed langs hom neergelê en sy magasyn binne 'n paar oomblikke leeggeskiet ... vyf skote.

Ewe rustig het hy die magasyn weer volgestoot en die uitwerking wat sy verrassingsaanval op die Kakies gehad het, gadegeslaan. Sy skimmelrooi hare en baard het in volmaakte vermomming met die gras van die herfsveld saamgesmelt.

In die voorste span het die haaragtermuil dood gelê; die drywer van die span, wat voor op die hoë vrag gesit het, het sy hande omhoog gegooi en voor die wa afgetuimel. In die tweede span het die muil wat haarvoor getrek het gestruikel en dood neergeslaan. Agtertoe het twee soldate skielik in hulle spoor vasgesteek en dood neergesyg.

Die uitwerking was skouspelagtig: binne 'n oogwenk het al die voetvolk langs die wapad platgeval; die wat bo-op die waens gery het, het soos pampoene van die vrag afgerol; die ruitery het van agter af aangejaag gekom en by die voorste waens rondgemaal. Dit was heeltemal duidelik dat die Kakies nie geweet het waar om te verdedig of waar om aan te val nie. Van hulle vyand was daar geen teken nie, en daarby kon 'n perd ook nie so goed gebruik word teen die klipperige steiltes weerskante van die pad nie.

Koel en luiters het Kort Adriaan hom vir die tweede bedryf van hierdie skouspel voorberei. Hy het agtertoe gesluip tot bo-op 'n uitloper van die rant. Van daar af, maar nog altyd binne maklike skietafstand, het hy twee skote vinnig na mekaar afgetrek. Hy het gesien hoe die twee berede offisiere agteroor ruk, en toe verdwyn hy agter die rug van die uitloper. Die knal het hierdie keer vir die Kakies aangedui aan watter kant die gevaar lê, maar Kort Adriaan se mauser met rooklose skietgoed het sy spesifieke posisie nie verraai nie.

Na 'n paar oomblikke van huiwering het daar weer lewe in die konvooi gekom. Voetsoldate het oral teen die rant uitgestorm. Drywers en soldate het die twee voorste spanne herstel. Terwyl die aandag van die vyand op die voorpunt van die konvooi gevestig was, en soldate in daardie omgewing na die bron van die moeilikheid soek, het Kort Adriaan agter rantrug vinnig agtertoe gesluip, en toe hy 'n paar honderd tree gevorder het, weer 'n geleentheid gesoek om die vyand skrik te maak.

Binne 'n honderd tree van die waens af het hy hom platgetrek; net sy hare het bo die rantrug verskyn. Hy het sy teikens sorgvuldig uitgesoek en vyf soldate netjies van die aardse lewe verlos.

Langs die hele linie van die konvooi het die Kakies 'n spervuur gelos en die berghelling met koeëls besaai. Kort Adriaan het net sy kop weggetrek en agter die rant tussen die klippe en die bosse weggeraak. 'n Halfuur daarna het hy hoog bo-op die kranse gesit en gekyk hoedat die konvooi sy tog na die dorp voortsit. Daardie aand het hy by sy vuurtjie waar sy vleis aan die braai en sy koffieketeltjie aan die sing was, vir hom netjies tien nuwe kerfies op sy geweerkolf uitgesny.

Maande lank het Kort Adriaan 'n skrikbewind in die omgewing gevoer. Geen Kakiesoldaat wou dit meer in die nabyheid van die berg waag nie, tensy hy met 'n sterk kommando kon saamgaan. Dan selfs het Kort Adriaan hom met sukses laat geld en die getal kerfies op sy geweerkolf het vinnig aangevul.

Op een stadium het die opperbevel van die vyand besluit om al sy magte uit die dorp te onttrek weens die algemene onveiligheid wat daar as gevolg van Kort Adriaan se bedrywighede geheers het.

Teen die einde van die oorlog, vier dae ná die ondertekening van die vredestraktaat, het Kort Adriaan saam met die kommandoburgers en soos almal wat hulle plig vir die vaderland gedoen het, op die bestemde plek sy wapen gaan neerlê ... 'n verminkte ou Lee-Metford! Sy mauser, waarvan die kolf met eenhonderd-en-sestig kerfies versier was, het hy vir die nageslag bewaar.

Geskryf deur Jan van Dyk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 16059 gaste aanlyn